Die klop - Behoort u bekommerd te wees? |
| 01 November 2019J. Davy Crockett III |
|
Het u al ooit wakker geskrik as gevolg van ’n onverwagte, dringende geklop aan u deur? U hart klop onmiddellik vinniger en u reageer baie haastig. Indien dit al met u gebeur het, hoop ek dit was ’n onbelangrike gebeurtenis wat u in die verbygaan kon hanteer. In hierdie era van toenemende misdaad, met inbegrip van huisinbrake wat aan die orde van die dag is, floreer die sekuriteitsbedryf met die installasie van alarmstelsels namate mense poog om hulleself en hulle eiendom te beskerm. Gesofistikeerde stelsels is nou beskikbaar om u bewus te maak daarvan dat iemand by u deur is, selfs wanneer u nie tuis is nie. |
| Lees Meer... |
Wat vier u? |
| 01 November 2019Gerald Weston |
|
Die wêreld se grootste vakansietyd is om die draai! Miljarde mense wêreldwyd sal die fiktiewe verjaarsdag van Jesus die Christus vier, maar mense met die gawe van onderskeiding, wonder of iemand wat aanspraak maak op Christelikheid, iets daarmee te doen behoort te hê. Hulle vra: “Waarom probeer mense om ’n dag wat deurdrenk is van heidense gebruike te verchristelik? Waarom vier hulle die geboorte van hulle Verlosser op die verjaarsdag van ’n denkbeeldige songod?” Die viering van Kersfees wat sy ontstaan te danke het aan die heidendom, is onbetwisbaar! |
| Lees Meer... |
Keerpunte in wêreldgeskiedenis: Europa se finale herlewing |
| 01 November 2019Douglas S. Winnail |
|
Baie mense voel aan dat ’n groot verandering in Europa aan die gang is – die legendariese landstreek waar die Griekse en Romeinse beskawings asook die Hervorming hulle oorsprong gehad het. Westerse waardes het in Europa versprei en die moderne wêreld verander. Alhoewel oorlog vir eeue lank ’n herhalende tema in Europa was, het min mense verwag dat die vonk wat in Augustus 1914 die vasteland aan die brand gesteek het, twee wêreldoorloë tot gevolg sou hê wat die kontinent sou verwoes en miljoene mense regoor die wêreld gedood en verwond het. |
| Lees Meer... |
Vrae en Antwoorde: Hoe behoort ’n Christen Kersfees te beskou? |
| 01 November 2019LKG Redaksie |
|
Gee die Bybel enige riglyne oor hoe Christene Kersfees behoort na te kom? |
| Lees Meer... |
Sodat ons nie vergeet nie: Roep die lesse van die Eerste Wêreldoorlog in herinnering |
| 01 November 2019Gerald Weston |
|
Byna meer as ’n eeu het verstryk sedert die beëindiging van die Eerste Wêreldoorlog. Soos tyd verbygaan, vervaag die mensdom se herinneringe aan die “oorlog om alle oorloë te beëindig”. Watter lesse moet ons leer? |
| Lees Meer... |
Is ons ’n dankbare nasie? |
| 01 November 2019Richard F. Ames |
|
Is u nasie dankbaar vir die seëninge wat God voorsien het? Besef hulle daardie seëninge kom van God – net soos ’n nasionale doel? Belangriker nog, besef ú hierdie dinge? Die Woord van God maak dit duidelik dat dit nodig is om dankbaar te wees! |
| Lees Meer... |
Die werke van Sy hande: ’n Heelal spesiaal vir u ontwerp |
| 01 September 2019Wallace G. Smith |
|
Wanneer ons die heelal ondersoek, lyk dit nie toevallig en onbeplan nie. Inteendeel, dit lyk asof dit ontwerp is om vir lewe soos ons s’n voorsiening te maak! Een manier hoe ontwerp sigbaar is, is deur die talle faktore wat fyn en presies ingestel moes gewees het om ’n heelal net vir ons daar te stel. |
| Lees Meer... |
Vyf Profesieë vir die Midde-Ooste |
| 01 September 2019Richard F. Ames |
|
God se Woord identifiseer die Midde-Ooste as die belangrikste ligging vir eindtydse konflikte wat sal lei tot die Wederkoms van Jesus Christus om Sy Koninkryk te vestig. Hierdie vyf profesieë vir die Midde-Ooste beskryf gebeurtenisse wat moet plaasvind voor die Wederkoms – gebeurtenisse waarvoor u behoort uit te kyk! |
| Lees Meer... |
Is Darwin se evolusieteorie tot niet? |
| 01 September 2019Gerald Weston |
|
Ons kultuur is deurdrenk met die aanspraak van Darwin se evolusieleer: Dit is dat natuurlike seleksie wat op mutasies reageer wat plaasvind as gevolg van blote toeval, verantwoordelik is vir lewe op ons planeet – geen God is nodig nie. Wanneer ons egter die kleinste eenheid van lewe – die sel – indringend ondersoek sien ons nie ’n wêreld wat enigsins verband hou met dit wat deur “blote toeval” voortgebring sou kon word nie! Ons sien in plaas daarvan ’n komplekse en merkwaardige wêreld van molekulêre ingenieurskap wat na ’n Opperste Ontwerper verwys. |
| Lees Meer... |
Indien ek ’n ryk man was |
| 01 September 2019Brian Pomicter |
|
Wat is u beste belegging? Wát as geld geen probleem was nie? Wie het nog nie hierdie vraag van ’n vriend of kennis gehoor nie? Wat sou u antwoord wees? Sou u besluit om te reis, ’n huis te koop of u verband af te betaal? Sou u “partytjie-mal” word of sal u ’n aansienlike bedrag in die bank belê? |
| Lees Meer... |