http://www.wvm.co.za/omtrent_ons.php
logo

Omtrent Ons

Die Lewende Kerk van God verkondig die goeie nuus van Jesus Christus se toekomstige Koninkryk aan die wêreld (Mattheüs 24:14; Markus 16:15) en rig ’n kragtige “basuinwaarskuwing” van God se naderende oordeel, wat bekering en geestelike verandering uitroep (Mattheüs 24:21; Jesaja 58:1; Esegiël 33). Ons streef daarna om die oorspronklike Christenskap te beoefen soos dit geleer en uitgeleef is deur Jesus Christus en die oorspronklike Apostels, wat die onderhouding van die sewende-dag Sabbat en jaarlikse Heilige Dae insluit. Lede van die Kerk ag hulleself as die geestelike erfgename van die oorspronklike Jerusalem Kerk in die Nuwe-Testamentiese tyd.

Ons bied die bekroonde weeklikse Tomorrow’s World-beeldsending aan, wat hierdie waarskuwing in miljoene huise regoor die wêreld verkondig. Tesame met die Engelse beeldsendings (deur dr. Roderick C. Meredith, mede-evangelis Richard Ames en pastore Rod King en Wallace Smith), word ’n Chinese uitsending onder leiding van evangelis Gerald Weston aangebied. Soortgelyke programme word onder leiding van die streekspastoor Mario Hernandez in Frans en Spaans aangebied. Vertalings van die beeldsendings word ook in Russies, Duits en ander tale op satelliete regoor die wêreld uitgesaai en is via kabel en die Internet beskikbaar.

Die Kerk publiseer ook die tweemaandelikse Tomorrow’s World- en Wêreld van Môre-tydskrifte met artikels oor Bybelprofesie, huidige gebeure en ’n Christelike lewe en word aan meer as 500,000 intekenaars gestuur. Ons Tomorrow’s World Presents-reeks nooi intekenaars uit na opwindende seminare oor Bybelse en profetiese onderwerpe in stede regoor die Verenigde State, Kanada asook die wêreld.

Die Lewende Kerk van God is aktief in Noord- en Suid-Amerika, die Karibiese Eilande, Europa, Asië, Afrika en Australasië. Ons het meer as 200 leraars wat in meer as 300 gemeentes regoor die wêreld dien. Ons borg ook die Living University, ’n instelling vir afstand-onderrig wat toekomstige leiers oplei in vakke wat aangebied word met ’n Bybelse perspektief.

Dr. Roderick C. Meredith, Voorsittende Evangelis van die Lewende Kerk van God, was een van die oorspronklike evangeliste wat deur wyle Herbert W. Armstrong, in Desember 1952 verorden was. Vir langer as 62 jaar het dr. Meredith die waarheid van God deur sy honderde TV-programme, boekies en tydskrifartikels kragtig aan miljoene mense verkondig. Hy het persoonlike evangelisasie-veldtogte dwarsdeur die Verenigde State, Kanada en die Britse Eilande gelei en gaan steeds voort om die waarskuwingsbasuin te blaas deur sy spesiale Tomorrow’s World Presents aanlyn-aanbiedings, wat luisteraars regoor die wêreld motiveer om na die Woord van God te luister asook daardeur geraak en oortuig te word.

Amptelike Verklaring van Fundamentele Geloofstellings

 

^