http://www.wvm.co.za/artikel.php
logo

Artikels

ARTIKELS PER ONDERWERP

Dit Is Londen wat roep — Penisillien: Nie meer ’n wondermiddel nie!

01 September 2019Simon R.D. Roberts

In ’n wêreld waar antibiotika nie meer doeltreffend is nie, het ons enige ander keuses? Wat sal u doen wanneer u siek word met ’n bakteriële infeksie soos tetanus, tuberkulose of ’n keelinfeksie? Vandag sal ’n dokter ’n kursus antibiotikum voorskryf – maar wat as daar nie ’n “wondermiddel” beskikbaar was nie? Sal daar iets anders wees om u mee te behandel? 

Lees Meer...

Is Darwin se evolusieteorie tot niet?

01 September 2019Gerald Weston

Ons kultuur is deurdrenk met die aanspraak van Darwin se evolusieleer: Dit is dat natuurlike seleksie wat op mutasies reageer wat plaasvind as gevolg van blote toeval, verantwoordelik is vir lewe op ons planeet – geen God is nodig nie. Wanneer ons egter die kleinste eenheid van lewe – die sel – indringend ondersoek sien ons nie ’n wêreld wat enigsins verband hou met dit wat deur “blote toeval” voortgebring sou kon word nie! Ons sien in plaas daarvan ’n komplekse en merkwaardige wêreld van molekulêre ingenieurskap wat na ’n Opperste Ontwerper verwys.

Lees Meer...

Die werke van Sy hande: ’n Heelal spesiaal vir u ontwerp

01 September 2019Wallace G. Smith

Wanneer ons die heelal ondersoek, lyk dit nie toevallig en onbeplan nie. Inteendeel, dit lyk asof dit ontwerp is om vir lewe soos ons s’n voorsiening te maak! Een manier hoe ontwerp sigbaar is, is deur die talle faktore wat fyn en presies ingestel moes gewees het om ’n heelal net vir ons daar te stel.

Lees Meer...

Keerpunte in wêreldgeskiedenis: Die ontnugterende toekoms van die Anglosfeer

01 September 2019Douglas S. Winnail

Betekenisvolle winde van verandering soos geprofeteer begin onheilspellend oor die wêreld waai. Die eens magtige Brittanje, wat op ’n stadium die grootste Ryk was wat die wêreld nog ooit gesien het, is besig om die Europese Unie te verlaat en staan nou alleen met ’n finansiële krisis as ’n toenemend onbeduidende eilandnasie. Amerika wat steeds die wêreld se enigste supermoondheid is, het biljoene dollars skuld, verskeur deur interne verdelings, bekommerd oor opkomende bedreigings van die buiteland en oënskynlik van plan om van sy bondgenote te vervreem.

Lees Meer...

Vrae en Antwoorde: Is Halloween ’n Christelike vakansiedag?

01 September 2019LKG Redaksie

Is daar enige verband tussen Christelikheid en die feesviering van Halloween op 31 Oktober?

Lees Meer...

Die werke van Sy Hande: Die Seekat - ’n Buite-ruimtelike wese in ons oseane?

01 Julie 2019Wallace G. Smith

Glo dit of nie, sommige wetenskaplikes beweer dat die seekat nie oorspronklik van die aarde is nie! Wat kan ons van hierdie merkwaardige dier leer?

Lees Meer...

Keerpunte in wêreldgeskiedenis: “’n Seën vir alle nasies”

01 Julie 2019Douglas S. Winnail

Waarom het sommige nasies op ’n spesifieke tydstip tot stand gekom en voorspoed bereik terwyl ander nasies heeltemal primitief gebly het en in armoede vasgeval het?

Lees Meer...

Wat is vir Duitsland geprofeteer?

01 Julie 2019Rod McNair

Duitsland het onbetwisbaar die invloedrykste nasie in Europa en een van die magtigste nasies in die wêreld geword. Kan Bybelprofesie ons inlig wat om te verwag wanneer Duitsland van die skaduwees van sy verlede wegdraai om die toekoms aan te durf? Wat wag vir hierdie groot nasie? Watter rol sal dit in die eindtyd speel? U behoort te weet!

Lees Meer...

Dit is Londen wat roep: ’n Beter “rewolusie”!

01 Julie 2019John Meakin

Baie mense het onlangs Karel Marx se geboorte sowel as sy radikale idees herdenk. Was sy rewolusie egter dít wat die wêreld regtig nodig het?

Lees Meer...

“Giftige manlikheid” of manlike leierskap?

01 Julie 2019Lawrence Taylor

Die afgelope twee jaar was daar ’n toenemende aanslag op die idee van goddelike manlikheid. Die begrip van wat manlikheid is en die noodsaaklikheid daarvan word voortdurend bespreek.

Lees Meer...
^