http://www.wvm.co.za/kalender.php
logo

God se Kalender

Die Heilige Dae – God se Meesterplan

* Pasga Fees van Ongesuurde Brood Pinkster
Ou Testamentiese Betekenis
’n Fees wat gekenmerk is deur die offer van ’n lam, waarvan die bloed aan die deure van die Israeliete se huise in Egipte gesmeer is sodat hulle gespaar kon word toe God die eersgeborenes van die Egiptenare met die dood getref het (Leviticus 23:5). ’n Fees van sewe dae wat volg op die Pasga. Dan moes enige rysmiddel, soos suurdeeg, wat brood laat rys, uit hulle woonplekke verwyder word en geen gesuurde produkte mag geëet word nie (Leviticus 23:6-14). ’n Fees wat die insameling van die eerste van die twee jaarlikse oeste gedenk. Dit is ook bekend as Pinkster (Pentecost), of “vyftigste”, aangesien dit presies 50 dae ná ’n spesifieke punt tydens die Dae van Ongesuurde Brood plaasvind (Leviticus 23:15-22).
Nuwe Testamentiese Betekenis
Beeld die uitstort van die bloed van Jesus Christus uit vir die sondes van die mensdom. Beeld die plig van 'n Christen uit om sonde te verdryf uit 'n lewe, wat oorgegee is aan Jesus Christus. Beeld die Christene uit wat God se Heilige Gees ontvang.
2015 3 April 4-10 April 24 Mei
2016 22 April 23-29 April 12 Junie
2017 10 April 11-17 April 4 Junie
2018 30 Maart 31 Maart – 6 April 20 Mei
2019 19 April 20 April – 26 April 9 Junie
2020 8 April 9 April – 15 April 31 Mei
2021 27 Maart 28 Maart – 3 April 16 Mei
2022 15 April 16 April – 22 April 5 Junie
2023 5 April 6 April – 12 April 28 Mei
2024 22 April 23 April – 29 April 16 Junie
2025 12 April 13 April – 19 April 1 Junie
*Word die vorige aand na sononder gevier

Fees van Basuine (Trompette) Versoendag Huttefees Laaste Groot Dag
Ou Testamentiese Betekenis
’n Dag van vreugde, onder die Jode bekend as Rosh Hashanah, wat gekenmerk is deur die blaas van basuine of trompette (Levitikus 23:23-25). ’n Plegtige dag van vas en verootmoediging (verse 26-32) en bekend as Yom Kippur by die Jode (Levitikus 23:26-32). ’n Fees van sewe dae wat die insameling van die groot herfsoes simboliseer, soms ook die Fees van Insameling genoem. Vir die duur van dié Fees word daar in “hutte” – dus tydelike huisvesting – gebly (Levitikus 23:33-43). ’n Aparte Fees wat, gebaseer op ’n verwysing in die Nuwe Testament, bekend staan as die Laaste Groot Dag (Leviticus 23:36, 39).
Nuwe Testamentiese Betekenis
Beskryf 'n tyd van oorlog en plae wat beëindig word met die Wederkoms van Jesus Christus. Beeld die tyd uit wanneer Satan gebind gaan word aan die begin van die Millennium tydens die wêreld se versoening met God. Beeld die Millennium uit, die tydperk waartydens Jesus Christus en die heiliges sal regeer. Beeld die komende groot Wit Troon oordeel uit, waartydens alle mense, wat nie voorheen geroep was nie, die geleentheid sal hê om die ware Evangelie te hoor en gered te word.
2015 14 September 23 September 28 September – 4 Oktober 5 Oktober
2016 3 Oktober 12 Oktober 17-23 Oktober 24 Oktober
2017 21 September 30 September 5-11 Oktober 12 Oktober
2018 10 September 19 September 24-30 September 1 Oktober
2019 30 September 9 Oktober 14 – 20 Oktober 21 Oktober
2020 19 September 28 September 3 – 9 Oktober 10 Oktober
2021 7 September 16 September 21 – 27 September 28 September
2022 26 September 5 Oktober 10 – 16 Oktober 17 Oktober
2023 16 September 25 September 30 September – 6 Oktober 7 Oktober
2024 3 Oktober 12 Oktober 17 Oktober – 23 Oktober 24 Oktober
2025 23 September 2 Oktober 7 Oktober – 13 Oktober 14 Oktober
^