http://www.wvm.co.za/kalender.php
logo

God se Kalender

Die Heilige Dae – God se Meesterplan

* Pasga Fees van Ongesuurde Brood Pinkster
Ou Testamentiese Betekenis
’n Fees wat gekenmerk is deur die offer van ’n lam, waarvan die bloed aan die deure van die Israeliete se huise in Egipte gesmeer is sodat hulle gespaar kon word toe God die eersgeborenes van die Egiptenare met die dood getref het (Leviticus 23:5). ’n Fees van sewe dae wat volg op die Pasga. Dan moes enige rysmiddel, soos suurdeeg, wat brood laat rys, uit hulle woonplekke verwyder word en geen gesuurde produkte mag geëet word nie (Leviticus 23:6-14). ’n Fees wat die insameling van die eerste van die twee jaarlikse oeste gedenk. Dit is ook bekend as Pinkster (Pentecost), of “vyftigste”, aangesien dit presies 50 dae ná ’n spesifieke punt tydens die Dae van Ongesuurde Brood plaasvind (Leviticus 23:15-22).
Nuwe Testamentiese Betekenis
Beeld die uitstort van die bloed van Jesus Christus uit vir die sondes van die mensdom. Beeld die plig van 'n Christen uit om sonde te verdryf uit 'n lewe, wat oorgegee is aan Jesus Christus. Beeld die Christene uit wat God se Heilige Gees ontvang.
2025 12 April 13–19 April 1 Junie
2026 1 April 2–8 April 24 Mei
2027 21 April 22–28 April 13 Junie
2028 10 April 11–17 April 4 Junie
2029 30 Maart 31 Maart – 6 April 20 Mei
2030 17 April 18–24 April 9 Junie
2031 7 April 8–14 April 1 Junie
*Word die vorige aand na sononder gevier

Fees van Basuine (Trompette) Versoendag Huttefees Laaste Groot Dag
Ou Testamentiese Betekenis
’n Dag van vreugde, onder die Jode bekend as Rosh Hashanah, wat gekenmerk is deur die blaas van basuine of trompette (Levitikus 23:23-25). ’n Plegtige dag van vas en verootmoediging (verse 26-32) en bekend as Yom Kippur by die Jode (Levitikus 23:26-32). ’n Fees van sewe dae wat die insameling van die groot herfsoes simboliseer, soms ook die Fees van Insameling genoem. Vir die duur van dié Fees word daar in “hutte” – dus tydelike huisvesting – gebly (Levitikus 23:33-43). ’n Aparte Fees wat, gebaseer op ’n verwysing in die Nuwe Testament, bekend staan as die Laaste Groot Dag (Leviticus 23:36, 39).
Nuwe Testamentiese Betekenis
Beskryf 'n tyd van oorlog en plae wat beëindig word met die Wederkoms van Jesus Christus. Beeld die tyd uit wanneer Satan gebind gaan word aan die begin van die Millennium tydens die wêreld se versoening met God. Beeld die Millennium uit, die tydperk waartydens Jesus Christus en die heiliges sal regeer. Beeld die komende groot Wit Troon oordeel uit, waartydens alle mense, wat nie voorheen geroep was nie, die geleentheid sal hê om die ware Evangelie te hoor en gered te word.
2025 23 September 2 Oktober 7–13 Oktober 14 Oktober
2026 12 September 21 September 26 September – 2 Oktober 3 Oktober
2027 2 Oktober 11 Oktober 16–22 Oktober 23 Oktober
2028 21 September 30 September 5–11 Oktober 12 Oktober
2029 10 September 19 September 24–30 September 1 Oktober
2030 28 September 7 Oktober 12–18 Oktober 19 Oktober
2031 18 September 27 September 2–8 Oktober 9 Oktober
^