Waarom het sommige nasies op ’n spesifieke tydstip tot stand gekom en voorspoed bereik terwyl ander nasies heeltemal primitief gebly het en in armoede vasgeval het? Hoe het die klein Brittanje daarin geslaag om ’n wêreldryk te word en waarom het Amerika die grootste nasie op die aarde geword? Waarom word Australië die “Gelukkige Land (Lucky Country)” genoem en waarom het Suid-Afrika en die ander Britse gebiede ontwikkel en floreer, terwyl ander nasies steeds sukkel om te ontwikkel?

Vrae soos hierdie gee leiers en geleerdes al vir lank hoofbrekens – soos die geskiedkundige, Davis Landes, wie se werk The Wealth and Power of Nations: Why Some Are Rich and Some Are Poor op hierdie vraag fokus. Die Bybel bevat egter belangrike antwoorde op hierdie interessante vrae – antwoorde wat grotendeels afwesig is in akademiese handboeke en byna gladnie deur wêreldleiers verstaan word nie. Die opkoms van wat genoem word “die Anglosfeer” – Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Amerika – was nie per ongeluk nie. Die Bybel openbaar dat God besig is om Sy plan op hierdie aarde uit te werk (Daniël 2:21) en daar is geprofeteer dat hierdie nasies van Britse afkoms ’n belangrike rol sou speel in hierdie Godverordende plan, wat ’n kragtige impak op die hele wêreld sal hê.

Die Goddelike plan

Die begin van daardie plan word in die boek Génesis gevind, in ’n merkwaardige reeks profetiese beloftes wat God aan Abraham en sy nageslag gemaak het. In Génesis 12:1-3 is aan Abraham vertel dat indien hy aan God gehoorsaam sou wees, hy ’n groot nasie en ’n seën vir alle nasies sou word. In Génesis 17:1-8 was Abraham belowe dat hy die vader van baie nasies sou word. As gevolg van sy gehoorsaamheid het hierdie beloftes onvoorwaardelik en nog meer omvattend geword. Nog later is aan hom vertel dat sy nageslag “soos die sterre van die hemel” sou vermenigvuldig en hulle sou die poorte van hulle vyande besit (Génesis 22:16-18; 24:60). Daar is geprofeteer dat sy nageslag oor die wêreld sou versprei en aan Abraham is gesê dat alle nasies “in sy saad” geseënd sou wees (Génesis 28:14-15). In Génesis 35:9-10 is die naam van Abraham se kleinseun Jakob na Israel verander (sy afstammelinge sou die Israeliete wees) en in Génesis 48:14-22 is geprofeteer dat Josef se twee seuns, Manasse en Efraim, Jakob se kleinseuns, ’n groot nasie (Manasse) en ’n menigte [gemenebes] van nasies (Efraim) sou word. Ons gratis boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?, verduidelik hoe die volke van die “Anglosfeer” hierdie wonderlike spesifieke profesieë vervul het en dat hulle die moderne nasies is wat van Abraham deur Josef afgestam het.

Die impak van die “Anglosfeer”

Waarom het God toekoms van die nageslag van Abraham, Isak en Jakob laat opteken terwyl die apostel Paulus meld dat die nasies van die wêreld geestelik geseën sal word deur Abraham se saad, Jesus Christus? (Galásiërs 3:8, 16). Die geskiedenis toon aan hoe Abraham se ander afstammelinge ook op baie maniere ’n seën vir baie nasies van die wêreld was.

In Exodus 19:5-6 lees ons dat die Israeliete, (afstammelinge van al twaalf seuns van Jakob), ’n “spesiale” volk moes wees omdat die Wette van God aan hulle gegee is wat hulle sou onderskei van ander nasies (Exodus 20-23). God het beplan dat die Israeliete ’n modelnasie moes wees wat voordeel kon trek uit die seëninge wat van Hom sou uitvloei op die gebiede van gesondheid, voorspoed, vrede en geluk, indien hulle gehoorsaam aan Sy Wette was. Dit sou ’n aanduiding wees in die oë van ander nasies dat die Israeliete “wys” was (Deuteronómium 4:1-9; 6:17-18; 7:12-15). Jesus het soortgelyke opdragte aan Sy dissipels gegee soos om ’n “lig” vir die wêreld te wees (Matthéüs 5:14-16). Alhoewel die ou Israeliete hulle uiteindelik van God en Sy Wette gedistansieer het en in ballingskap verdwyn het, het dit nie die profesieë en onvoorwaardelike beloftes van toekomstige grootheid en seën vir ander nasies ongeldig gemaak nie.

Talle menings is al uitgespreek om die sogenaamde “wonderwerk van die Weste” te verklaar – ’n gebeurtenis wat die opkoms van die nasies van Britse afkoms, veral Brittanje en Amerika insluit. Die geskiedkundige Jonathan Daly het ’n lys van hierdie menings in sy werk, Historians Debate the Rise of the West gemaak. Terwyl hierdie spekulatiewe menings die rol van geografie, klimaat en selfs geluk die krediet gee, word die Bybelse profesieë, wat die opkoms van die Israelitiese nasies tot wêreldwye voorrang voorspel het, na ’n verloop van 2,520 jaar vandag oor die hoof gesien (sien Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika? Wat ook deur die meeste vooruitstrewende geleerdes oor die hoof gesien word, is die rol van die Judeo-Christelike morele waardes in die skepping en vorming van die unieke kultuur van die nasies van Britse afkoms.

Nuwe uitvindings, idees en waardes

Sommige navorsers is van mening dat die ontploffing van wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang in die Weste die gevolg was van ’n denkwyse wat deur ’n unieke benadering tot die Skrif in Noordwes-Europa bevorder is, waar die invloed van die Judeo-Christelike kultuur oorheers het: Dat God “die intelligente Ontwerper van ’n rasionele heelal”, die heelal geskep het om te funksioneer volgens wette wat ontdek kon word en dat dit die plig van “Christene” was om te leer hoe om die ontdekkings toe te pas ten einde die lewens van mense te verbeter. (Sien How the West Won, Rodney Stark, bll. 5, 315-317). Hierdie benadering en ander belangrike faktore, het die Industriële Rewolusie in Engeland aan die gang gesit. Daardie “rewolusie” het sekerlik baie probleme aan??vir gesinne en die samelewing gebring maar verseker ook baie verrassende voordele en het “’n era van geweldige en ongelooflik vinnige vooruitgang begin” met die ongekende ontwikkeling van arbeidsbesparende tegnologie. Vernuwings wat gevolg het was: Die opkoms van krag, stoombote, spoorweë, elektriese gloeilampe, telefone en uiteindelik rekenaars, medisyne en vordering in begrip van die oordrag van siektes, wat mense regoor die hele wêreld bevoordeel het en waarlik ons moderne wêreld geskep het (Stark, bll. 325-337; Daly, bll. 23-26). Dit is interessant is dat 80 tot 90% van alle Nobel-pryse in wetenskap en ander velde vir werk wat die lewens van miljoene mense verbeter het, aan individue in die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk toegeken is.

Terwyl die nasies van die “Anglosfeer” ’n gemeenskaplike taal en soortgelyke instellings deel, is baie daarvan algemene kulturele waardes. Dit sluit in soortgelyke idees van reg en verkeerd, individuele vryheid, die gesag van die reg, gewaarborgde eiendomsregte, respek vir die lewe van die mens as ’n skepping van God, ’n Bybelse benadering tot die huwelik en gesin, die belangrikheid van God-georiënteerde onderwys, die idees oor vooruitgang, die vryheid van vernuwing en die besorgdheid vir ander mense soos vir ’n mens self – wat gebaseer is op Bybelse idees en fundamentele aspekte van die Westerse beskawing. Soos wat die invloed van die nasies van Britse afkoms oor die hele wêreld versprei het (met inbegrip van die vertaling en verspreiding van Bybels), het hierdie waardes ook burgerregte en kulturele waardes van baie ander nasies op voordelige wyses beïnvloed (Daly, bll. 7, 13, 25; Stark, bll. 339-355). Dit was die nasies van die “Anglosfeer” wat die pogings gelei het om die wêreldwye slawehandel uit te skakel, Europa en die nasies van die Stille Oseaan bevry het van tirannie tydens die Tweede Wêreldoorlog en gehelp het om die “Ystergordyn” van Oos-Europa te lig.

Die opkoms van die nasies van Britse afkoms regoor die hele wêreld het daartoe bygedra om antieke Bybelprofesieë te vervul en was ’n keerpunt wat die verloop van die wêreldgeskiedenis dramaties verander het. Die nasies van die “Anglosfeer” was in staat om die gesondheid en voorspoed van ontelbare miljoene mense regoor die aarde positief te beïnvloed – deurdat hulle hulle materiële seëninge vrylik gedeel het asook deur die verspreiding van sekere Judeo-Christelike morele en kulturele waardes. Ten spyte van hulle baie onvolmaakthede getuig die geskiedenis daarvan dat hierdie nasies ’n belangrike rol gespeel het in die fisiese vervulling van God se woorde aan Abraham dat “in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word” (Génesis 12:3) – ’n belofte wat binnekort volledig vervul sal word met die Wederkoms van Jesus Christus.