http://www.wvm.co.za/lees-tydskrifte.php
logo

Tydskrifte

September - Oktober 2015


Persoonlik - Daar moet nasionale en persoonlike bekering wees!

Richard F. Ames

Soos die meeste van u wat hierdie tydskrif al ’n geruime tyd lees goed weet, het ons hier by die Wêreld van Môre vir baie jare die goeie nuus van God se toekomstige Koninkryk verkondig en die Westerse nasies gewaarsku dat, tensy hulle hulle bekeer van hulle toenemende goddelose en onsedelike weë, God hulle streng sal oordeel.

Lees Meer...

Watter Jesus aanbid u?

Roderick C. Meredith (1930-2017)

Misleide mense weet nie dat hulle mislei is nie. Is dit werklik moontlik dat miljarde mense mislei kan wees oor die ware Jesus Christus? U behoort te weet en uself te beskerm teen misleiding!

Lees Meer...

Anatema!

Dexter B. Wakefield

Waarom word sommige geloofsoortuigings “hoofstroom” genoem en ander word vervloek as ’n gruwel of iets erger? Hoe kan u onderskei tussen ’n ketter en ’n ware Christen? Die geskiedenis openbaar ’n paar verstommend ironiese dinge!

Lees Meer...

Londen Roep: Waarom die Sabbat onderhou?

John Meakin

Het u al ooit nagedink oor watter verbeterings u sal aanbring indien u die wêreld regeer? Dit is die taak wat Prospect Magazine, ’n periodieke algemene Britse tydskrif, met elke uitgawe vir hulleself  ten doel stel. In ’n kolom getiteld: “As ek die wêreld regeer?” word skrywers uitgenooi om hulle menings daaroor uit te spreek en dit is dikwels stimulerende leesstof.

Lees Meer...

Hou die Midde-Ooste dop

Richard F. Ames

Israel en sy bure is by die middelpunt van die eeue-oue konflik wat lank gelede reeds in die Bybel voorspel is – konflikte wat sal toeneem teen die einde van hierdie tydperk en wat sal lei tot die Wederkoms van Jesus Christus!

Lees Meer...

Die Werk van Sy Hande. Die raaiselagtige menslike brein

Wallace G. Smith

Wat is die heel ingewikkeldste voorwerp in die heelal? Dit is ’n groot vraag – sterrestelsels bestaan uit honderde miljarde sterre en planete en kan beskou word as ingewikkeld, net soos baie ander natuurlike strukture. Onder die mensdom se skeppings is ’n paar merkwaardige werke van groot ingewikkeldheid.

Lees Meer...

Vrae en Antwoorde: Wat gebeur met diegene wat sterf sonder dat hulle die ware Evangelie gehoor het?

LKG Redaksie

Jesus sê in die Evangelie van Mattheüs dat die oordeelsdag “meer draaglik” sal wees vir die mense van Sodom en Gomorra en Tirus en Sidon, as vir diegene wat Jesus se boodskap gedurende Sy bediening op aarde gehoor en dit verwerp het. Hoe kan dit wees? Indien al hierdie mense geoordeel en veroordeel is, hoe kan sommige mense baie beter as ander op die oordeelsdag vaar? 

Lees Meer...

Profesieë neem gestalte aan - Komende plae: Die vaal perd

Douglas S. Winnail

Bybelse profesieë het lankal bekend gemaak dat net voor die Wederkoms van Jesus Christus, ’n reeks verskriklike gebeure, uitgebeeld deur die vier ruiters van die Apokalips, oor die aarde sal trek. Hierdie komende rampe sluit in: Toenemende berigte van oorloë, hongersnood, natuurrampe en siekte-epidemies.

Lees Meer...
^