http://www.wvm.co.za/lees-tydskrifte.php
logo

Tydskrifte

Maart - April 2020


Stukke van die profetiese legkaart in Europa?

Gerald Weston

Die Britte was moeg daarvoor dat Brussel aan hulle voorskryf watter komkommers aan die Europese Unie se kwaliteitstandaarde voldoen en bemark mag word. Dit was egter ’n geringer kwessie in vergelyking met visvangkwotas wat geplaas was op die waters wat die Britte as hulle eie beskou het.

Lees Meer...

Waarom Paasfees vier?

Gerald Weston

Wat het vierings tydens Paasfees [Easter] met die Bybelse weergawe van Jesus se dood en opstanding te doen? Om die waarheid te sê, baie min of heeltemal niks.Baie min mense sal ernstig bevraagteken waarom hulle die dinge doen wat hulle doen.

Lees Meer...

Wat is die aantrekkingskrag van Shariawet?

Dexter B. Wakefield


Hoewel die Shariawet as streng en hardvogtig beskryf word, verkies baie Moslems regoor die wêreld hierdie wet. Waarom? Hulle motiverings sal u verbaas.

Lees Meer...

’n Meditasie met betrekking tot brood en leë rakke

J. Davy Crockett III


Dit wil voorkom dat die woorde “winterstorm waarskuwing” – of enige sneeu of ys wat voorspel word – ’n dringende behoefte aan brood laat ontstaan. Brood is in die harte en gedagtes van baie mense net so belangrik. Moontlik is dit omdat mense meer dikwels aan brood dink, selfs meer as wat hulle self besef, gebruik God dit in die Bybel om aan die mensdom lesse te leer wat hulle dalk nie op enige ander manier sou kon leer nie. Daar is slegs een soort brood wat nooit opraak nie.

 

Lees Meer...

Die duiwel se dodelike misleidings

Richard F. Ames


Jesus Christus beskryf die Satan kort en kragtig: “Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die vader daarvan” (Johannes 8:44). Die boek Openbaring vertel aan ons dat die duiwel die hele wêreld mislei! Watter metodes gebruik Satan om mense in sy web van leuens en misleiding in te lok? Hoe kan ons weet of ons mislei is? Wat kan ons doen om onsself te beskerm teen die veragtelikhede van hierdie meesterverleier? Lees verder vir die antwoorde!

Lees Meer...

Dit is Londen wat roep: NAVO - Bewaker van vrede?

Simon R.D. Roberts

Vir 70 jaar lank is NAVO al ’n sleutelfiguur in pogings om wêreldvrede te bewerkstellig. Ons wêreldse probleme verdwyn egter nie. Sal vrede ooit bereik word?

Lees Meer...

Die werke van Sy hande: Ons maan - Getroue getuie in die lug

Wallace G. Smith

Dit is so maklik om die maan as vanselfsprekend te aanvaar. Sonder die maan sou die lewe op aarde nie dieselfde gewees het nie – om die waarheid te sê lewe sou glad nie moontlik gewees het nie!

Lees Meer...

Keerpunte in wêreldgeskiedenis: Die komende botsings van beskawings

Douglas S. Winnail

Vir byna vyf eeue het die Westerse nasies groot gedeeltes van die wêreld oorheers. Gedurende hierdie era het Europese nasies en later die Verenigde State, mag verkry en die invloed van die Westerse beskawing oor die grootste deel van die wêreld versprei.

Lees Meer...

Vrae en Antwoorde: Kan Christene enigiets eet wat hulle wil?

LKG Redaksie

Jesus het gesê: “Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie, omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?” (Markus 7:18-19). Beteken dit dat Christene enigiets kan eet wat hulle wil?

Lees Meer...
^