Die Britte was moeg daarvoor dat Brussel aan hulle voorskryf watter komkommers aan die Europese Unie se kwaliteitstandaarde voldoen en bemark mag word. Dit was egter ’n geringer kwessie in vergelyking met visvangkwotas wat geplaas was op die waters wat die Britte as hulle eie beskou het. Daarbenewens was daar die betalings om swakker EU-ekonomieë te subsidieer. Kortom, Brittanje was besig om sy soewereiniteit te verloor en baie Britte het nie daarvan gehou nie.
Die Britse eerste minister, destyds David Cameron, het besluit op wat beskou was as ’n goed berekende dobbelspel, om die probleem op te los. Op 20 Februarie 2016, het hy aangekondig dat hy die mense sal laat besluit of hulle binne die Europese Unie moet bly of om dit te verlaat. “Hy het gesê dat hy sal veg om in ’n nuutgevonde EU te bly en hierdie stemming as een van die grootste besluite ‘in ons leeftyd’ beskryf”. (“EU-Referendum: Cameron sets June date for UK vote,” BBC.com, 20 Februarie 2016).
Die referendum was vir 23 Junie 2016 bepaal. Die kleurryke voormalige Londense burgemeester Boris Johnson, die vuurvreter Nigel Farage en die LP Michael Gove het die “Verlaters” [Leave forces] gelei, maar die verwagting was dat die mense uiteindelik aan die status quo sou vashou, eerder as om ’n sprong in die donker van ’n onseker toekoms te waag. Min mense het geglo dat die Britte dit sou doen. Die leier van die Arbeidersparty, Jeremy Corbyn, wou hê dat Brittanje deel van die unie moet bly, maar het geweier om Cameron te ondersteun. Hy wou eerder die konserwatiewes tot ’n val bring en sy eie “Remain”-ooreenkoms bereik [die mense wat daarteen was om die EU te verlaat].
Die storm het aangebreek
Ek was die aand van die stemming in Brussel, besig om ’n Belgiese burger in ’n buitelug-restaurant naby die EU-parlement te geniet. Teen die einde van die ete was dit duidelik dat ’n groot donderstorm aan die kom was en ek en my kollega het besluit dat dit tyd was om te vertrek en dit was net betyds. Sy satellietnavigasiestelsel het hom net betyds gewaarsku om ’n belangrike vierbaan snelweg te verlaat of om ure lank opgehou te word as gevolg van omgewaaide bome, beskadigde kraglyne en oorstromings. Dit was ’n geweldige storm.
Terug in my hotel in Charleroi het ek die televisie aangeskakel om die jongste nuus te sien. Boris Johnson sowel as Nigel Farage het hulle teleurstelling uitgespreek dat Brexit gou daarna sou volg. Dít was die algemene opinie op daardie stadium. Met die uurlange verskil in tydsones en die stembusse wat laat gesluit het, het ek besluit om tot die oggend te wag om die onvermydelike te hoor.
Die geweldige storm wat die gebied van Brussel dié nag getref het, was niks in vergelyking met die storm wat Brittanje en die EU die volgende oggend getref het nie. Die Britte het die ondenkbare gedoen. Hulle het gestem om die EU te verlaat.
’n Egskeiding is selde maklik en gewoonlik nie so eenvoudig nie. Om egskeidingsdokumente in te dien is een ding. Om deur die besonderhede te werk is heeltemal ’n ander saak. Engeland en Wallis het gestem om uit te tree, maar Skotland, Noord-Ierland en Gibraltar het gestem om te bly. So onlangs as 2014 het die Skotse Nasionale Party ’n referendum gevra om die nie-altyd-so-verenigde Verenigde Koninkryk te verlaat. Die Skotte se dreigement om van die VK te skei en hulle by Europa te skaar, is nie ’n kwessie van leë woorde nie. Hoe om die probleem van grense tussen die Republiek van Ierland, wat in die EU bly en Noord-Ierland, wat deel uitmaak van die VK op te los, bly ’n “tammeletjie”.
Die Brexit-krisis het in Januarie 2019 intenser geraak. Die ooreenkoms wat die eerste minister Theresa May met die EU gemaak het, moes deur die parlement bekragtig word, maar die parlement het vir “geen ooreenkoms” gestem met ’n verbysterende 432 teen 202 stemme. Die “Brexiteers” eis dat die ooreenkoms wat deur eerste minister May onderhandel is en nou verwerp is, die VK onbepaald aan die EU sou verbind, maar sonder enige invloed op die EU-reëls. Hulle glo dat die aanvaarding van daardie ooreenkoms erger sou wees as om in die EU te bly, ’n feit waarmee die “Blyers” [Remainers] saamstem. Die gevolg was ’n dramatiese nederlaag vir die uittreeplan.
Baie mense in Noord-Amerika sien nie die gevare raak wat aan die broei is aan die ander kant van die Atlantiese Oseaan nie. Sal daar op die laaste minuut ’n soort ooreenkoms tussen Brittanje en die Europese Unie saamgeflans kan word of sal daar geen ooreenkoms wees nie, wat deur sommige mense ’n “harde Brexit” genoem word? Die antwoorde sal waarskynlik baie duideliker wees teen die tyd dat u hierdie artikel lees, maar dit maak nie saak na watte kant die wiel draai nie, een ding is amper seker: Brittanje se teenwig van mag op die vasteland asook die gematigde invloed, sal aansienlik daal.
Daar is baie vrae. Wat sal met die Britse ekonomie gebeur? Daar is verskillende menings en slegs die tyd sal antwoorde verskaf. Wat sal met die Duitse ekonomie gebeur? Twintig persent van Duitsland se motor-uitvoere het in 2016 na Brittanje gegaan. ’n Irish Times-artikel het hierdie voorspelling op die vooraand van die 16de Januarie se parlementêre stemmery gepubliseer: “’n Geen ooreenkoms Brexit, kan chaos vir Duitsland se belangrike vervaardigings- en uitvoersektore meebring” (“Germany’s united front on Brexit crumbles ahead of London’s Tuesday vote” Irish Times.com, 15 Januarie 2019). Cyprus Mail Online het saamgestem: “‘Die gevolge van ’n “geen ooreenkoms” sou noodlottig wees,’ het die VDA Duitse motorvervaardigersvereniging na die stemming gesê” (“German carmakers warn hard Brexit would be ‘fatal’” Cyprus-Mail.com, 16 Januarie 2019).
Indien die Duitse ekonomie sou wankel, watter effek sal dit op swakker Europese ekonomieë hê? Let op hierdie baie kommerwekkende gevolgtrekking van ’n verslag met die titel “All or Nothing” van German-Foreign-Policy.com:
In die geval van ’n “harde” Brexit [geen ooreenkoms], mag die Duitse bedryf verliese lei van tot in dubbelsyfer miljarde ... Die Duitse owerheid maak staat op ’n “alles of niks” beleid – ’n grondbeginsel wat ’n karaktereienskap van Berlyn se buitelandse beleid gebly het vir byna 150 jaar – wat Duitsland twee keer in duie laat stort het, om nie te praat van die skade wat aan buurlande veroorsaak was nie (13 Desember 2018, klem bygevoeg).
Die Bybel bied insig!
Hierdie Werk voorspel al dekades lank – gebaseer op Bybelse profesie – dat Brittanje nie deel sal wees van die eindtydse diermoondheid wat in Europa sal opstaan kort vóór Jesus Christus se Wederkoms nie. Brittanje mag op een of ander manier deel wees van ’n groter ekonomiese unie, maar dit sal nie deel wees van die vereniging van tien “konings” wat “een gesindheid” het en ... “hulle krag en mag [sal] oorgee aan die dier” nie. Daardie eensgesindheid sal van korte duur wees. Dit mag aan die begin goed lyk, maar sal lei tot verwoesting op groot skaal en eers tot ’n finale einde kom wanneer die Koning van die konings weer kom om die mensdom van selfvernietiging te red (Openbaring 17:12-14; Matthéüs 24:21-22).
Bybelprofesie openbaar dat daar tien konings (heersers of moontlik lande) in Europa sal wees wat aan die einde van hierdie tydperk “hulle krag en mag [sal] oorgee aan die dier” (Openbaring 17:12-13). Dit openbaar ook dat hierdie bondgenootskap broos sal wees (Daniël 2:41-43). Duitsland is niemand anders as die moderne afstammeling van antieke Assirië nie en sal die kern van hierdie eindtydse mag wees. (Vir verdere besonderhede, sien ons artikel van Julie-Augustus 2018 “Wat word vir Duitsland geprofeteer?”). Daarenteen is die Verenigde Koninkryk deel van die huis van Israel. Dit word in meer besonderhede verduidelik in ons openbarende boekie “Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?”.
Lande gee gewoonlik nie “hulle krag en mag” aan ’n ander nasie nie. Daar is ’n krisis aan die kom wat sal veroorsaak dat die Europese Unie soos ons dit ken, verander sal word. Die Trump-administrasie oefen druk uit op Duitsland om meer aan verdediging te bestee en het gedreig om uit NAVO te onttrek. Soos die cliché gaan, “Wees versigtig waarvoor u wens”.
Op 7 Januarie 2019 het die besigheidsafdeling van The Telegraph ’n kommerwekkende vraag in een van sy artikels gevra: “Is hierdie die jaar wat die wêreld uitmekaar gaan val?” Nadat dit die feite uiteengesit het en bespiegel het dat die wêreld heel waarskynlik deur 2019 sal voortsukkel, eindig die artikel deur te sê: “Die Westerse liberale orde wat ons aan die einde van die Koue Oorlog as vanselfsprekend aanvaar het, is onder ’n bestaansbedreiging” en verwys na die opsomming wat deur ’n globale groep ontleders verskaf is: “Ons stel ons bloot aan probleme op die pad verder – groot probleme”. Dit sal wys wees om waaksaam te wees namate hierdie legkaartstukke in mekaar pas.