Sommige mense ken die waarheid, maar is bang om dit te verkondig. Ander mense ken nie eers die waarheid nie. Wat kan u doen om dit self uit te vind?

Hierdie tydskrif verkondig die eenvoudige waarheid van u Bybel. U kan dit aan uself bewys. Jesus Christus verwag nie van Sy volgelinge om ’n graad in teologie te verwerf om Sy leerstellings te verstaan nie. Waarom is soveel miljoene mense wat hulleself “Christene” noem, dan heeltemal onbewus van Christus se werklike boodskap?


Ons hele Westerse – voorheen “Christelike” – samelewing, is besig om vinnig te verander. Baie opvoeders en skrywers het opgemerk hoe vinnig totaal nuwe idees oor dieselfde-geslag huwelike aanvaar word, die wettiging van dagga, vervolging – dikwels staatsgedrewe vervolging – van mense wat leerstellings van die Bybel volg, wat voorheen deel was van die diepgewortelde struktuur van ons samelewing!

Die oorgrote meerderheid van die “Christelike” kerke doen egter mee met hierdie onbybelse idees en praktyke – of hulle verkondig en moedig selfs ’n paar daarvan aan!Ons het dus deesdae erkende lesbiese predikante in ’n toenemende aantal kerke. Die meeste sogenaamde “Christelike” predikante neem selfs deel aan die praktyk waar mans sogenaamd met ander mans “trou”!

Nou toe nouWat is volgende? Groepshuwelike? Verskeie mans wat gelyktydig met mekaar “trou”? Wanneer hulle probeer om mense daarvan te oortuig dat diere ook intelligensie en gevoelens het “net soos ons”, sal bestialiteit die volgende “burgerlike reg” word? Indien u al die idees en redenasies wat in omloop is noukeurig volg, is die antwoord waarskynlik “ja”! Ons wil tog nie graag diskrimineer teen mense wat werklik “lief” is vir hulle troeteldiere nie, wil ons?

Wat ONTBREEK?

Die probleem met sulke menslike redenasies is dat dit die Skepper van die mensdom en Sy geïnspireerde Woord buite rekening laat. Indien die Bybel enigsins in berekening gebring word, word dit byna altyd op ’n onvolledige of selfs spottende wyse gebruik.

’n Groot probleem is dat die meeste kerkgangers – selfs die meeste predikante – die Bybel nie letterlik opneem nie. Die kweekskole – of teologiese begraafplase soos hulle sekerlik genoem behoort te word – het vir baie dekades lank met idees wat oorspronklik van Duitse “Bybelkritiek” afkomstig is, in hulle jong studente ingepomp. Studente word voortdurend gebombardeer met die idee dat ’n werklike, persoonlike God van mag en geregtigheid waarskynlik nie eers bestaan nie en dat die Bybel self oor baie eeue heen saamgestel is deur verdeelde en verwarde mense, sonder die onfeilbare leiding van ’n Skepper. Hierdie mense sê dat dit duidelik is dat die “wonderwerke” van Jesus en ander dienaars van God bedoel is as metafore of “onderrigmetodes” om, op een of ander manier, God se liefde en genade te beskryf – indien hierdie vae God enigsins wel as ’n Goddelike Persoonlikheid bestaan!

Hierdie studente, beroof van hulle voormalige eenvoudige geloof, gaan dan voort om hulle gemeentes te leer. Dit is dus geen verrassing dat die gemiddelde kerkganger in Amerika, Kanada, Brittanje en Australië [en selfs Suid-Afrika] byna heeltemal onkundig is oor die Bybel en wat dit werklik sê, nie.

Hoe sal al hierdie dinge u lewe raak? Inderdaad, baie kragtig! Spesifieke profetiese aanwysers dui daarop dat ons naby aan die einde van die tydperk van Satan se heerskappy oor hierdie aarde is. Christus sal binne die leeftyd van die meeste van u wat hierdie artikel lees terugkeer. Namate ons nasies hulle egter distansieer van God en van elke oorblyfsel van Christenskap, sal God die onboetvaardige, opstandige mense van die aarde verneder!

Hoe kan u dus voorberei om dit wat gaan kom te oorleef? Iewers op hierdie aarde is daar ’n ware Kerk van God. Hierdie Kerk verstaan werklik die Waarheid van God se doelen wat geprofeteer is oor dit wat voorlê. Diegene wat getrou is in daardie ware Kerk, sal na ’n “Plek van Veiligheid” iewers op hierdie aarde geneem word (Openbaring 12:13-17). Die “vrou” – die ware Kerk – sal “na die woestyn” geneem word (vers 14). Let daarop dat die hemel nooit ’n woestyn genoem word nie! Satan sal probeer om die vrou te vernietig (vers 15) en hy sal gaan om “oorlog te voer” teen die res van haar nakomelinge “wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou” (vers 17).

Hierdie Gees-geleide Kerk, wat binnekort na ’n plek van veiligheid geneem sal word, bestaan op hierdie oomblikU persoonlik behoort uit te vind waar dit is! U behoort bereid te wees om die “Skrifte [te] ondersoek”, soos die mense van Berea (Handelinge 17:11) en aan uself te bewys dat die Bybel geïnspireer is en dat ’n werklike God vandag ’n ware Kerk op hierdie aarde het. Dan behoort u volgens daardie inligting te reageer!

U behoort iets te DOEN!

Indien u uitstel, grappies maak en niks doen nie, kan u moontlik in die komende geprofeteerde “Groot Verdrukking” wat Jesus Christus spesifiek voorspel het, beland (Mattheüs 24:21-22). Jesus het baie duidelik aangedui dat Sy ware volgelinge sou “vlug” om hierdie verdrukking te ontsnap. Hy beveel: “En bid dat julle vlug nie in die winter of op die Sabbat mag plaasvind nie” (vers 20). Indien u versuim om te handel volgens hierdie geïnspireerde opdragte, sal u hele lewe rondom u in duie stort en u sal uself verafsku vir u luiheid en onwilligheid om die sleutelkwessies van die lewe te bewysIs daar ’n ware God? Is die Bybel die geïnspireerde openbaring van God aan die mensdom? Is daar vandag ’n ware Kerk op aarde onder God se direkte leiding?

Al hierdie kwessies is van kardinale belang. Dit sal bepaal of u sal leef en of u oor die volgende paar jaar tydens die Groot Verdrukking en die dag van die Here sal sterf en of u werklik die ware doel van u Skepper sal verstaan – Hy wat ons na Sy beeld gemaak het en wat wil hê dat ons vir ewig Sy werklike seuns in Sy Koninkryk en Gesin moet word.

Indien u versuim om op te tree, sal u die geleentheid verbeur om uself voor te berei om een van daardie konings en priesters te wees van wie Jesus Christus gepraat het, wat binnekort onder Hom sal regeer in Sy vinnig naderende Regering oor hierdie hele wêreld (Openbaring 5:9-10).

Ja, u sal regtig ontsettend baie dinge verbeur indien u nie werklik aandag gee aan Jesus se basiese opdrag nie: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mattheüs 6:33).

Volgens profesieë sal baie mense dit misloop. Miljoene kerkgangers en hulle predikante leef inderdaad in byna totale onkunde oor die ware doel van God en van die werklike begrip van Sy geïnspireerde Woord. Nadat Jesus die toekomstige valse profete beskryf het sê Hy: “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte” (Mattheüs 7:16-17). Dus is die “vrugte” – die resultate – van moderne “kerkdom”, samelewings wat byna heeltemal sonder ware begrip van die Bybel is. Dit sluit ’n bediening in wat hoofsaaklik betrokke is by ’n tipe “maatskaplike werk” – hulle doen min goeie werk in so verre dit gaan om mense te help om God of Sy doel te verstaan. Hierdie predikante is self mislei. Nadat Jesus na die godsdienstige leiers van Sy dag verwys het, sê Hy: “Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val” (Mattheüs 15:14). Die Bybel beskryf dit herhaaldelik uiters duidelik. God vertel ons van Satan die duiwel: “... wat die hele wêreld verlei [mislei]” (Openbaring 12:9).

Word mense werklik mislei? Navorsing wat gedoen is in opdrag van die Amerikaanse Bybelgenootskap het bevind dat die meerderheid Amerikaners (69%) glo die Bybel verskaf antwoorde oor hoe om ’n sinvolle lewe te lei. Terwyl 79% egter glo dat hulle kundig is aangaande die Bybel, was 54% nie in staat om die eerste vyf boeke van die Bybel korrek te identifiseer nie. Ongeveer die helfte van die Amerikaners wat ondervra is, kon nie die vernaamste verskille tussen die leerstellings van die Bybel, die Koran en die Boek van Mormoon beskryf nie. 46% het gesê hulle glo al drie boeke leer ons dieselfde geestelike waarhede (American Bible SocietyState of the Bible 2012).

Nou toe nou! Met so ’n jammerlike begrip van die geïnspireerde Woord van God is dit geen wonder dat mense maklik mislei en gemanipuleer word nie. Dit is dus geen wonder dat baie van u wat hierdie artikel lees, nie baie begrip van die Bybel – of van die spesifieke profesieë van die Bybel – in die kerke wat u bygewoon het, verkry het nie. U was in onkunde, selfs al het u die grootste gedeelte van u lewe gereeld u kerk bygewoon!

Predikante moet WAKKER WORD!

Ek wil nie graag die gevoelens van predikante of priesters regoor die wêreld seermaak nie, maar Ek is as ’n ware dienaar van die lewende God verplig om te sê: Die meeste van u moet gerus wakker skrik! Die meeste van u het absoluut u plig versuim om die basiese waarhede in die Bybel te verkondig. U gemeentes is in absoluteverwarring! ’n Artikel in die Insight Magazine dui aan: “Mense is op soek na troos en antwoorde. Die rede waarom mense nou die kerk verlaat, is omdat hulle ernstige vrae het oor waar hulle dogter wat gesterf het is, of hoe die wêreld gaan eindig. Kerke bied musikale produksies en voedsel aan, maar hulle beantwoord nie dié vrae nie” (27 Mei 2002).

Miljoene Amerikaners, Kanadese en Britte [asook Suid-Afrikaners] woon ’n kerk by, sê standaard gebede op, sing liedere, klap hulle hande en hoop hulle leer iets waardevols. Hulle leer egter nie om werklik die geïnspireerde woord van God te verstaan nie. Hulle word nie in besonderhede van die redes geleer  waarom hulle eintlik gebore is, wat die uiteindelike doel van die lewe is en hoe om daardie doel te bereik nie. Hulle word nie van die talle spesifieke profesieë wat nou begin gestalte aanneem en die invloed wat dit op hulle lewens oor die volgende dekade of twee sal hê, vertel nie. Daar word nie die “hele raad van God” aan hulle geleer soos wat die apostel Paulus dit verkondig het nie (Handelinge 20:27).

In ’n geïnspireerde gedeelte in Hosea – ’n boek wat die Almagtige God direk geïnspireer het as ’n boodskap aan die nasies van Britse afkoms in Amerika en die nasies van die Britse Statebond – sê God: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander” (Hosea 4:6-7). Namate die mag en rykdom van Amerika en die Britse volke toegeneem het, het ons ons beslis van Godgedistansieer. Ons het beslis die wet van die Almagtige God, die Tien Gebooie, vergeet! Terwyl God weereens van ons mense praat, sê Hy: “Ek het hom tienduisendeleringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag” (Hosea 8:12).

Nadat hierdie mense deur die Groot Verdrukking wat nog voorlê gegaan het, sal die Almagtige God hulle terugbring na hulle eie lande en ’n “nuwe verbond” sluit met die Huis van Israel en met die Huis van Juda – twee afsonderlike volke wat uiteindelik herenig sal word. Sal daardie verbond – wat binnekort deur Christus gesluit sal word – op enige manier wegdoen met die fundamentele geestelike wet, die Tien Gebooie van die Almagtige God? Glad nie! God sê dan tog aan ons: “Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees” (Jeremia 31:33).

U eie Bybel vertel tog herhaaldelik aan u dat wanneer Christus se Koninkryk binne ’n paar jaar op hierdie aarde gevestig is, al die nasies daarheen sal stroom. God se geïnspireerde wet sal die grondslag van die hele gemeenskap wees: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vas staan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem” (Jesaja 2:2-3).

Christus se direkte OPDRAG

Byna alle belydende Christene verstaan dat ten einde ’n aanvaarbare offer vir die mensdom se sondes te kon wees, Jesus Christus die wet volmaak moes onderhou. Watter wet het Hy egter onderhou en wat het Hy van Sy volgelinge verwag? Christus beskryf self Sy lewenstaak as volg: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie” (Mattheüs 5:17-20).

Baie mense verstaan deesdae nie die lewensbelangrikheid van hierdie woorde nie! Christus sê dat nie “een jota of een titteltjie” (die kleinste merkies in die Hebreeuse skrif) van die wet sal verbygaan voordat die hemel en die aarde verbygegaan het nie. Aangesien die hemel en aarde nog nie verbygegaan het nie, moet ons verstaan dat die wet nog bly bestaan. Christus het diegene veroordeel wat ander mense valslik leer om selfs die “minste van hierdie gebooie” te verbreek. Inteendeel, Hy het verduidelik dat diegene wat die gebooie doen en ander so leer, “groot” genoem sal word in die Koninkryk van die hemele! Kan enigiets duideliker wees?

Het Sy “vervulling” van die Wet op een of ander manier hierdie Gebooie verander? Het dit dalk na Christus se opstanding verander? Nee! Die hemel en die aarde het nie verbygegaan met Sy opstanding nie. Ons moet verstaan wat Hy bedoel het toe Hy gesê het dat Hy die wet sou “vervul”.

Met ander woorde, Jesus het gekom soos Jesaja voorspel het (Jesaja 42:21), om God se wet “groot en heerlik” te maak en die volle bedoeling en doel daarvan aan te toon. Wat Jesus Christus wou afskaf was die misbruik van die wet en die mensgemaakte “tradisies” wat dit verdraai. Sy offerdood, versinnebeeld deur die tempel-offers, het daardie diereoffers en wassinge irrelevant vir Christene gemaak. Sy lewe het nogtans getoon dat die geestelike wet – die Tien Gebooie – nog van toepassing is en so sou bly vir diegene wat aan Hom gehoorsaam wil wees. ’n Mens kan nie Sy leerstellings na behore verstaan sonder begrip van die Ou-Testamentiese geskrifte en die wet wat daarin vervat is nie.

Satan die duiwel het op ’n subtiele wyse die meeste van vandag se predikante mislei om te glo dat Christenskap ’n splinternuwe soort godsdiens is – oënskynlik afgesnyvan die Ou Testament en die leerstellings wat God deur Moses gegee het. Hoewel sommige mense nie daarvan bewus is nie, het ’n definitiewe anti-Joodse vooroordeel in die vroeëre Christendom ingesluip en duur voort tot op hierdie dag!

Die Bybelse en historiese feite toon dat Christenskap ’n voortsetting was – ’n vergroting en verheerliking van die leerstellings wat God deur Moses gegee het – dit is nieiets splinternuut nie! Die apostel Paulus is geïnspireer om in die Nuwe Testament aan heidense Christene in Efese te verduidelik: “So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is” (Efesiërs 2:19-20). Daar bestaan dus ’n basiese deel van die werklike “fondament” van ware Christenskap in die geskrifte en leerstellings van die Ou-Testamentiese profete – daardie geskrifte waarna Christus en die Apostels telkens as die “Skrif” verwys!

Jesus Christus was ’n besnede Jood (Lukas 2:21-22; Hebreërs 7:14). Dit was sy “gewoonte” om die sewende-dag Sabbat te onderhou – saam met die ander Jode (Lukas 4:16). Sonder om God se Sabbat af te skaf, het Jesus gesê dat die Sabbat vir die mens gemaak is – nie net vir die Jode nie en Christus het ook gesê dat Hy die “Here” van die Sabbat is (Markus 2:27-28). Die Sabbat is dus in werklikheid die ware “dag van die Here” in soverre dit ’n dag van rus en aanbidding is!

Lank na die kruisiging was dit die apostel Paulus se “gewoonte” om ook die sewende-dag Sabbat te onderhou (Handelinge 17:2). Ons vind ook dat Paulus die jaarlikse Bybelse feeste soos Pinkster (1 Korinthiërs 16:8), Pasga en Ongesuurde Brode (1 Korinthiërs 5:7-8) en ander feeste onderhou het.

Die ware Kerk van God – wat twaalf keer in die Nuwe Testament die “Kerk van God” genoem word – het op Pinksterdag, een van die sewe jaarlikse Sabbatte wat God aan Israel gegee het, begin. Christus self sal terugkeer met die “sewende basuin” (Openbaring 11:15) – uitgebeeld deur die Fees van Basuine, nog een van die Bybelse Heilige Dae. Die lewende Jesus Christus, wie die hele Bybel geïnspireer het, het ook Sy dienaar Sagaria geïnspireer om te verduidelik dat ná Christus se wederkoms, diehele wêreld die Huttefees sal onderhou (Sagaria 14).

Beoefen die Christenskap van CHRISTUS! Ware Christene wat die Bybelse Sabbatte en Bybelse feeste onderhou, is in werklikheid baanbrekers. Hulle volg nie net die patroon van die oorspronklike Christenskap wat deur Jesus Christus onderrig en beoefen is na nie, hulle is besig om die Lewenswegte baanwat binnekort deur al die nasies in die wêreld van môre geleer sal word!

Die sewende-dag Sabbat beeld die heerskappy van Christus tydens die toekomstige sewende millennium van die mens se geskiedenis uit. Dit is die “rus” wat God heel van die begin af beveel het (Hebreërs 4:4). Dit is waarom Paulus geïnspireer is om te skryf: “Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God” (vers 9). Dit is belangrik om te besef dat die Griekse woordwat hier as “rus” vertaal word sabbatismos is – die “hou van ’n Sabbat” – terwyl katapausin die gewone Griekse woord vir rus is en dus gebruik word in die res van Hebreërs 4.

God se Sabbat en Sy jaarlikse Heilige Dae beeld Sy groot Plan uit. Ware Christenskap behels natuurlik veel meer as die onderhouding van die Bybelse Sabbatte. Dit behels ’n hele lewensweg wat gebaseer is op Jesus se voorbeeld en Sy leerstellings: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4). Regdeur die hele Bybel, wys God se Woord ons herhaaldelik en duidelik daarop dat gehoorsaamheid aan die Tien Gebooie die lewenswyse is wat die Almagtige God vir Sy ware “heiliges” voorskryf: “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar” (Openbaring 14:12).

Die duiwel het egter die vreemde idee in die denke van die meeste predikante geplant dat “genade” op die een of ander manier die gehoorsaamheid aan die wet van die Almagtige God vervang, wat op een of ander manier ná Christus mee “weggedoen” is. Hulle word geleer dat al wat mens hoef te doen, is om “in Jesus te glo” en dan is jou sondes onmiddellik vergewe, selfs al was daar geen werklike berou tot bekering nie! Baie van hierdie predikante besef dat dit ’n teorie van “goedkoop genade” is. Hulle weet dat die Bybel duidelik sê dat ’n mens berou oor jou sonde moet toon om vergewe te word en om God se Gees te ontvang (Handelinge 2:38). Die Bybel sê ook duidelik: “Elkeen wat die sonde doen, oortree die wet van God. Sonde is immers oortreding van die wet van God” (1 Johannes 3:4 NV).

Indien sonde die oortreding van God se wet is, dan is dit juis dit waarvan die mens hom moet bekeer! Om te bekeer beteken nie om net jammer te wees en dadelik terug te gaan en weer te sondig nie. Om te bekeer beteken om te verander en om om te draai en die ander rigting in te slaan! Hoe duidelik is dit nie!

Ware Christene moet bereid wees om te doen wat Christus hulle geleer het! Selfs “hoofstroom”-teoloë het herhaaldelik erken dat Christus die Tien Gebooie aan die mense geleer en dit self as ’n lewenswyse beoefen het! Waarom faal belydende Christelike predikante dan om hierdie dinge te onderrig? Waarom faal hulle om aandag te skenkaan Jesus se geïnspireerde uitdaging: “En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?” (Lukas 6:46).

Die moderne kerkdom is verward oor al hierdie verskillende basiese kwessies aangesien Satan die duiwel inderdaad duisende godsdienstige leiers “mislei” om iets te preek wat heeltemal anders is as wat u Bybel duidelik staaf! Luister dus na hoe die apostel Paulus geïnspireer is om die Christene van sy tyd te waarsku: “Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval ... Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Korinthiërs 11:4, 13-15).

Mag God u help om “wakker te word” en gewillig te wees om uit die moderne Babilon “uit te kom” terwyl u nog die geleentheid het! Mag God u help om gewilliglik te wees om “alle dinge” te “beproef” en vir uself uit te vind wat u geïnspireerde Bybel werklik sê! Mag God u help om gewillig te wees om te handel volgens God se Waarheid – omte soek waar God se ware Kerk vandag is – om te handel volgens daardie kosbare kennis voor die einde van hierdie tydvak of die einde van u lewe aanbreek.

Statistics on what the public knows about religionPie chart on when professing Christians believe Christ will return