VRAAG: Die Wêreld van Môre-tydskrif maak daarop aanspraak om ’n Christelike organisasie te wees. Ek nog nooit gesien dat dit enige foto’s, kunswerke of grafiese kuns gebruik wat Jesus Christus uitbeeld nie, alhoewel baie ander godsdienstige publikasies dit wel doen. Waarom is dit so?

ANTWOORD: Alhoewel kunstenaars lank reeds Jesus Christus uitbeeld en voorstellings van Hom oorvloedig is in en rondom katedrale, kerke, kunsmuseums, literatuur, godsdienstige dokumente en in mense se huise is dit beslis valse voorstellings.

Geen eietydse prente van Jesus Christus bestaan nie en ook nie beskrywings van hoe Hy fisies gelyk het nie. Slegs een Ou Testamentiese Skrif het oor Sy aardse voorkoms geprofeteer, toe Jesaja lank voor Sy lewe van Hom as ’n mens geskryf het: “Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie” (Jesaja 53:2).

Kunstenaars het dwarsdeur die geskiedenis beelde van ’n “godsdienstige figuur” met lang hare, wit klere en ’n treurige uitdrukking op Sy gesig geproduseer – gewoonlik van die ras en fisiese gelaatstrekke wat in hulle tyd en kultuur bewonder was. Baie mense sluit ook heidense simbole in wat aan die belydende Christelike wêreld voorgestel is, lank na Jesus Christus se dood en opstanding.

Hierdie sogenaamde prente of standbeelde van Christus, bykomend tot die gewildmaking van die voorheen genoemde onjuisthede, beeld ’n man uit met sagte en vroulike eienskappe. As ’n jong timmerman wat buite gewerk het was Jesus se voorkoms egter ongetwyfeld baie manlik en sou Hy Sy hare gesny het volgens die gebruik van die meeste Joodse mans van daardie tyd. Een van Christus se latere Apostels het hom selfs uitgespreek teen mans met lang hare (1 Korinthiërs 11:14). Hierdie getuienis, gekombineer met die Skrif wat uit Jesaja 53:2 aangehaal is, laat ons verstaan dat Jesus ’n gewone Jood van Sy dag was en ’n mens sou Hom nie onder gewone omstandighede in ’n skare kon uitken nie. Inderdaad, by een geleentheid het Hy selfs van ’n skare ontsnap deur met die skare te meng (Lukas 4:28-30). Die feit dat die Evangelieskrywers nooit Sy aardse voorkoms in detail beskryf het nie, bevestig verder dat dit nie ’n saak van godsdienstige belang was nie.

Buitendien is daar baie goeie redes om Hom nie uit te beeld nie.

Jesus se ware eerste-eeuse volgelinge en sekerlik diegene onder die Jode regdeur die Romeinse Ryk, sou uitbeeldings van Hom as afgodediens veroordeel het. Dit sou gewees het as gevolg van hulle begrip van die tweede Gebod, wat Jesus Self beveel het, om saam met die ander nege onderhou te word (Exodus 20:4-6; Matthéüs 19:17; Sien ook Openbaring 12:17; 14:12). Die uiteindelike ontwikkeling van die gebruik van beelde van Jesus Christus of van God die Vader was baie omstrede, maar weerstand het onder die druk van heidense idees en menslike verbeelding geswig. Nietemin staan die Gebod teen afgodediens en “gesnede beelde” nog steeds.

’n Deel van die oortreding van God se duidelike Gebod teen afgodediens, is die ydele daad om gebruik te maak van ons beperkte menslike vermoëns om uit te beeld hoe ons “dink” ons God en Verlosser behoort te lyk. Dit kan daartoe lei dat ons op verkeerde en onware idees fokus. Miskien is dit die rede waarom so baie van die valse voorstellings, Jesus uitbeeld as deel van die ras van die kunstenaar self – ’n onsinnigheid, hoe onskuldig dit ookal bedoel is, wat op sy beurt dien om ontelbare mense oor die geslagte heen te verwar.

Ongeag al die redenasie, sou selfs ’n nederige prentjie van ’n Joodse timmerman slegs die aandag vestig op Sy aardse liggaam wat bestem was vir verskriklike verminking en dood. Die Bybel se beskrywing van die verheerlikte en opgestane Jesus Christus spreek van ’n kragtige figuur wat die verbeelding te bowe gaan: “Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ’n vuurvlam ... sy stem soos die stem van baie waters ... en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag” (Openbaring 1:14-16).

As gevolg van die duidelike opdrag van die tweede Gebod en ons fokus op die lewering van die boodskap van Jesus Christus, ons Verlosser, wat binnekort sal terugkeer as die verheerlikte Koning van die konings, vermy die Wêreld van Môre-tydskrif die lokval van die aanbieding van die “kunste”. In werklikheid is die Jesus waarmee so baie mense bekend is dus vals. Waarom sou ons tevrede wees met enigiets minder as om eendag ons God en Verlosser persoonlik te sien?