Vierhonderd jaar gelede het die Mayflower na sy bestemming in ’n nuwe land gevaar! Sy reis het die wêreld op wyses verander wat baie min mense herken.

In Julie 1620 het 65 passasiers toegekyk toe hulle kaptein bevel gegee het dat die ankertoue losgemaak moes word en hoe hulle skip wegdryf in die stygende getygolf van die Teemsrivier. Hulle klein handelskippie van hout, die Mayflower, het uitgevaar na die Nuwe Wêreld, met passasiers wat gevlug het van vervolging deur die gevestigde kerk van Engeland. Hierdie avonturiers, wat ons vandag die Pelgrims noem, het weggeseil met die hoop om ’n nuwe kolonie te stig, vry van godsdienstige onderdrukking, waar hulle God kon aanbid volgens hulle begrip van die Skrif. Hulle was ’n hegte groep wat mekaar “heiliges” genoem het en ander mense, “vreemdelinge”.

Die eerste hawe waar hulle aangedoen het, was Southampton aan die suidkus van Engeland, waar hulle aanvanklik beplan het om ’n ander skip te ontmoet wat nóg 40 passasiers vanaf Leiden in Holland, vervoer het. As gevolg van probleme met daardie skip, was die 40 reisigers egter gedwing om aan boord van die Mayflower te gaan, wat toe alleen weggevaar het om oor die Atlantiese Oseaan te seil. Gesamentlik het 102 passasiers en 30 bemanningslede, 66 dae op ’n skip deurgebring wat skaars 30 meter lank was en geteister was deur westewinde en sterk seestrome. Hoewel hulle vir Virginia gemik het, het die skip baie verder noord, die land bereik, in Plymouth, wat Massachusetts geword het.

Die verhaal van die Mayflower, wat 400 jaar gelede in Julie begin het, het ’n verhaal geword wat die Amerikaanse geskiedenis versinnebeeld. Kan dit egter ’n groter onderliggende betekenis hê as wat ooglopend is? Waarom het Brittanje en Amerika die wêreldgeskiedenis so kragtig oorheers in die moderne era? Was dit God se bedoeling? Baie mense sien die opkoms van Brittanje en Amerika as ’n raaisel. Hoe kan daardie geheim verduidelik word? Watter rol speel die Bybel en Bybelprofesie om antwoorde te voorsien?

Herdenking of veroordeling?

vir ’n herdenking van hierdie geleentheid is voorberei wat vier hoofdeelnemers ingesluit het: Nederland, die Verenigde Koninkryk, Die Verenigde State en die Wampanoag-nasie van inheemse Amerikaners [Een van die Indiaanse-stamme]. Laasgenoemde twee het inligting op hulle Plymouth400inc.org webwerf beskikbaar gestel en die Nederlandse herdenking is aanlyn beskikbaar op Mayflower400Leiden.com. In die VK het die webwerf, Mayflower400uk.org egter teenkanting van die Nasionale Onderwys-unie uitgelok, wat beweer dat die Mayflower 400-organisasie, koloniale grondvergrype en slawerny verheerlik. Opvoedkundiges het ’n oproep gedoen om die herdenking te boikot en om die webgebaseerde studiemateriaal te verwyder.

Gegewe hierdie geskil, behoort ons nie verbaas te wees as die VK, weinig of wesenlik géén dekking van hierdie herdenking van die Pelgrims se reis te siene kry nie. Dit is egter interessant dat, indien ons ’n bietjie dieper delf, ons sal sien dat die fundamentele ongemak met hierdie gebeurtenis, neerkom op ’n onvermoë om ’n belangrike verborgenheid met betrekking tot die Engelssprekende wêreld te verstaan.

Nie die eerste nie, waarskynlik die vernaamste

Plymouth was nie die eerste permanente Europese kolonie in die Amerikas nie. Jamestown in die suide, is 13 jaar vroeër in 1607 gevestig. Die Pelgrims se kolonie het egter ’n maatstaf geword vanweë die feit dat die redes vir hulle migrasie, baie dieperliggend was as net om handel te dryf. Hulle Mayflower-verdrag het ’n voorlopige regeringsvorm gevestig op grond van hulle begrip van die Bybel. Daardie ideale sou help om ’n volk te vorm wat nog gebore moes word.

Die Pelgrims se sukses het verreikende gevolge gehad. Ander nedersettings het gevolg ná die een by Plymouth, wat uiteindelik gelei het tot die vestiging van die 13 kolonies wat die Verenigde State van Amerika sou word. Hierdie was egter nie die einde van die Britse koloniale uitbreiding nie. Byna twee eeue later is nog ’n vlaag van aktiwiteite gesien. Australië is in 1788 deur Brittanje gevestig. Die Kaapkolonie, wat deel uitmaak van die hedendaagse Suid-Afrika, is in 1795 deur die Nederlanders oorgeneem om die roete na Indië te beskerm teen die rooftogte van Napoleon. Daarna is Nieu-Seeland in 1840 by die Britse koloniale grondgebied gevoeg.

Australië, die Kaapkolonie en Nieu-Seeland word “setlaarkolonies” genoem, byna soos gesien kan word in die “Westward Ho!”-ontdekkingsreise en uitbreiding van Kanada en die Verenigde State. Dieselfde kan gesê word van die Plymouth-kolonie wat vanaf die VK gevestig is. Was dit egter nét koloniale grondvergrype? Geskiedenis en die Skrif openbaar iets heeltemal anders.

In 2009 publiseer die geskiedskrywer, James Belich van die Universiteit van Victoria in Wellington, Nieu-Seeland, ’n boeiende boek, Replenishing the Earth: The Settler Revolution and the Rise of Anglo World, 1783-1939. Hy het daarna gestreef om die merkwaardige groei en welvaart van die Engelssprekende nasies, met inbegrip van die westelike ontwikkeling van die Verenigde State, te verstaan.

Belich het geskryf dat hy daarna streef om hierdie ontwikkeling as geskiedenis te verstaan en nie as die verborgenheid wat so baie mense voorgee dit is nie (bl. 5). Hy bevraagteken Marxistiese teorieë oor kolonialisme en ontmasker vals idees dat oorlogvoering en siekte-epidemies die belangrikste oorsake van uitbreiding was. Die setlaars van die “Anglo-wêreld” was nie sommer net uitbuiters of onderdrukkers nie. Hulle het die inherente rykdom van die aarde ontsluit en ’n oorvloed aan die mensdom gebied. Hy wys byvoorbeeld daarop dat die setlaars in Plymouth, jare lank baie vriendelike verhoudings met die inheemse bevolkings gehad het. Hulle hulp en samewerking het die sukses van die koloniale eksperiment moontlik gemaak.

Interessant genoeg merk Belich op dat die Engelse, stadige beginners was op die gebied van kolonialisering. Die Spanjaarde het hulle eerste kolonie gevestig meer as ’n eeu voordat die Engelse hulle in Jamestown probeer vestig het. Hy teken egter aan dat teen 1900, ongeveer 300 jaar later, Engelssprekendes die wenners van die koloniale avontuur was (bl. 27). Vir Belich was die Amerikaanse en Franse revolusies, asook die vinnige industrialisasie van Brittanje – met die doel om hulle teenkanting teen die Napoleontiese regime in Europa te handhaaf – die belangrikste katalisators vir die toename van die setlaars (bl. 555). Voedsel was nodig vir ’n geïndustrialiseerde arbeidsmag en grondstowwe was nodig vir die nywerheid self. Belich erken ook pligsgetrou die rol van stabiele regsinstellings as ’n bystand vir daardie ekonomiese groei (bl. 554).

Verborgenheid opgelos!

Tog is daar ’n geheimenis wat Belich nie ten volle verstaan of aanspreek nie. Hy merk op dat daar ’n tydsverloop bestaan tussen die opkoms van die Anglo-Saksiese volke in Europa in die vyfde eeu en die oorheersing van daardie volke in die negentiende en twintigste eeu (bl. 5). Hierdie datums is te ver uitmekaar om hom regtig te interesseer. Trouens hy sou dalk verbaas gewees het om te weet wat die Wêreld van Môre-lesers alreeds weet, naamlik dat daar ’n langer periode betrokke was – om die waarheid te sê, ongeveer 2,520 jaar. Hierdie selfde geskiedenis behoort ook die verborgenheid op te los wat die teenstanders daarvan verhoed om die viering van die 400ste herdenking van die Mayflower te waardeer.

Deur bewus te wees van die betekenis van Bybelse profesieë word die geheim uit die weg geruim. Besonderhede van die rede vir hierdie tydsduur en die basis van die verborgenheid rondom die impak van die Engelssprekende volke, word in ons gratis boekie Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?, uiteengesit. Lees dit aanlyn op wereldvanmore.org of vra ’n gratis gedrukte eksemplaar aan van die streekkantoor die naaste aan u. Die lys verskyn op bladsy 2 van hierdie tydskrif. Daar is ’n kragtige en verrassende faktor waarvan ons bewus behoort te wees. Die Puriteine wat vier eeue gelede na Plymouth gevaar het vanweë hulle begeerte om godsdiensvryheid te geniet, sou verbaas gewees het om te sien hoe invloedryk hulle pelgrimstog was vir die ontwikkeling van die Verenigde State en ons moderne wêreld.