’n Voortdurende debat broei in die Parlementsgebou van Groot-Brittanje in die Verenigde Koninkryk. Dit handel oor die “reg om te sterf” en dateer so ver terug as 2006. Op 28 Julie 2014 het die House of Lords die tweede voorlesing van die wetsontwerp, wat deur Lord Falconer van Thoroton voorgelê is bespreek – dit het sowat tien ure lank geduur. Die wetsontwerp is na ’n komitee verwys vir verdere hersiening. Dit was net die begin van ’n lang proses wat in die nabye toekoms kan uitloop op Koninklike Goedkeuring. Om bystand te verleen tydens selfmoord is besig om aanklank te vind in verskillende dele van die wêreld, maar wat presies sal die gevolge wees indien hierdie wetsontwerp die “Koninklike stempel van goedkeuring” ontvang?

Die kern van die “reg om te sterf”-wetsontwerp gee goedkeuring aan individue wat verstandelik bevoeg maar terminaal siek is, of wat chroniese, ondraaglike fisiese pyn het, om te kies dat ’n dokter of familielid hulle help om te sterf volgens die “Dignity with Dying”-beweging, wat aktief die konsep van om bystand te verleen om te sterf bevorder. ’n Opposisie-groep, “Care not Killing” werf steun teen die goedkeuring van die “Right to Die”-wetsontwerp en is ten gunste van beter metodes van sorg in die verligting van lyding, soos die naam aandui.

Agter geslote deure

Bystand om te sterf is nie in die VK wettig nie, maar daar is gevalle waar dit wel gebeur het, bekend. Sabine Michalowski, Regsprofessor aan die Universiteit van Essex, is in ’n mate ten gunste van die wettiging om “bystand om te sterf” toe te laat. In ’n Al Jazeera-onderhoud verduidelik sy hoe pogings om selfmoord te pleeg agter geslote deure plaasvind. Sy verduidelik hoe dit deur sommige mense gesien word as ’n lewensvatbare rede om “medelydende hulp om te sterf” toe te laat (Aljazeera.com, “Who decides when it is time to die?” 31 Januarie 2014). Om iets in ’n hof te wettig, verander egter nie noodwendig inherente morele en etiese feite nie.

Kategorieë van sterf

Die Al Jazeera-uitsending gaan voort deur te sê dat “bystand om te sterf”, waar terminaal siek pasiënte die reg het om lewe-eindigende medikasie self toe te dien, reeds in vier VS-state toegelaat word. “Geassisteerde selfmoord” is wanneer ’n individu nie besig is om te sterf nie, maar aan chroniese pyn ly of gestremd is en word in Switserland toegelaat. “Vrywillige genadedood”, is waar ’n dokter toegelaat word om ’n lewe te beëindig deur medikasie toe te dien en word in België en Nederland toegelaat. Laastens is “genadedood” wanneer ’n derde party lewe-eindigende medikasie toedien, somtyds sonder die toestemming van die individu.

Volgens Dignitas, die Switserse maatskappy se webwerf, neem die maatskappy aktief deel aan die beëindiging van die lewe van diegene met “’n siekte wat onvermydelik tot die dood sal lei, onuithoudbare pyn het of ’n onuithoudbare gestremdheid het”. Hulle voer die opdragte van terminaal siek persone wat vergesel word deur ’n familielid of vriend uit, deur hulle lewens te beëindig. Vir diegene wat die Dignitas-organisasie gebruik om ondersteunende selfmoord uit te voer, is daar ’n risiko. Tans bepaal die wette in die VK dat om ander mense te help om selfmoord te pleeg, nie toelaatbaar is nie. In werklikheid kan ’n persoon vervolg en aangekla word as medepligtige aan manslag – moord – maar tot op datum is nog niemand vervolg vir hierdie ernstige misdaad nie.

Verandering is in die lug

In Quebec, Kanada, verklaar dr. Catherine Ferrier, ’n geriatriese spesialis en ook die president van die Physicians Alliance Against Euthanasia enwat ’n jarelange teenstaander van bystand om te sterf is, in ouderdom-verwante siektes, onomwonde dat sy glo politici probeer om die “doodmaak van pasiënte” gewettig te kry deur “dit gesondheidsorg te noem” (ibid.). Op 5 Junie 2014, is Wetsontwerp 52 goedgekeur, wat nou voorsiening maak vir ’n pasiënt in Quebec om te kies om te sterf (CBC.ca, “Quebec passes landmark end-of-life care bill”, 5Junie 2014).

Hoe lank voor die Britse Parlement hierdie glybaan volg en die deur oopmaak vir dramatiese en verreikende vermindering van die waarde van die menslike lewe? Indien dood beskou word as ’n “menslike reg”, waar sal die lyn dan getrek word om te bepaal wanneer dit moord is en wanneer nie? Sedert Januarie 2014 was daar wette in België wat dit alreeds gewettig het vir terminaal siek kinders, sowel as daardie kinders wat chronies ondraaglike fisiese pyn verduur, om te besluit om hulle eie lewens te beëindig. ’n BBC News-berig het bekend gemaak hoe dr. Gerlant van Berlaer, ’n pediater aan die UZ Hospitaal in Brussel, jeug-genadedood beskou: “Ons speel nie God nie, dit is lewens wat in elk geval sou eindig” (BBC.co.uk, “Belgium divided on euthanasia for children”, 8 Januarie 2014).

Aborsie is ’n tragiese en hartseer gevolg van ’n mensdom wat dink dat hulle self kan bepaal wat reg en wat verkeerd is. Nie so lank gelede nie was aborsie vir die meeste mense in die Westerse samelewing ondenkbaar. Net soos die gesindheid teenoor aborsie dramaties verander het, sal die tyd kom wanneer diegene wat chroniese pyn verduur of terminaal siek is, hetsy jonk of oud, ook soos nuttelose weefsel behandel sal word? Dit lyk of die mensdom se plan is om sake rakende lewe en dood in eie sedelik swak-toegeruste hande te neem.

Noodsaaklike sedelike leiding

Wat sê die Bybel oor die kwessie van lewe en dood? Is lewe of dood ’n menslike reg wat ons besit? Waar kan ons die antwoorde kry?

Prediker 8:6-8 sê aan ons: “Want vir elke ding is daar ’n tyd en ’n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom. Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees – wie kan hom dit te kenne gee? Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nieen niemand het mag oor die dag van die dood nie”.

Die apostel Paulus het die ware God aan die Atheners verduidelik en gesê: “Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee” (Handelinge 17:25). God het ons geskape en aan ons lewe gegee. God is die een wat in beheer is van wanneer ons sterf. Ons mag nie wederregtelik God se mag aan onsself toe-eien om lewe te skep of om die dood toe te laat nie.

Hierdie lewensfeit bly: “En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel” (Hebreërs 9:27). God het die opdrag gegee: “Jy mag nie doodslaan nie” (Exodus 20:13) om die heiligheid en waarde van die menslike lewe te beskerm. Hierdie opdrag sluit “selfmoord” in. Diegene wat ander mense help om selfmoord te pleeg, word medepligtig aan moord in die oë van die Almagtige God!

’n Ongelooflike toekoms wag!

Elke menslike wese is kosbaar in God se oë en Hy het ’n ongelooflike plan wat wag, maar ons moet kies om te lewe. “Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag” (Deuteronomium 30:19). Bestel asseblief ons inspirerende boekie, U uiteindelike Lotsbestemming. Elke mens het die reg om die lewe ten volle te soek, al mag dit moed verg om dit te doen.