Dertig jaar gelede op 29 Julie 1987, het die Britse premier, Margaret Thatcher en die Franse president, François Mitterrand, ’n historiese ooreenkoms onderteken om ’n treintonnel onder die Engelse Kanaal deur te bou. Die doel was om ’n vinniger en doeltreffender reis tussen Frankryk en Engeland te verseker. Hierdie ingenieurswonder word die Eurotonnel, Kanaaltonnel of liefhebbend “The Chunnel” genoem. Hierdie verbinding tussen Brittanje en Frankryk het albei kante bevoordeel, maar wat beteken hierdie prestasie vir die toekoms? Is dit moontlik dat die Eurotonnel kan dien as ’n simbool van die soort samewerking wat alle nasies eendag sal openbaar?

’n Hartlike verhouding

Dit is nie ’n groot geheim dat die Britte en Franse se verhouding oor die eeue deur oorlog en wrok geteister was nie. Na die Slag van Waterloo in 1815 en die einde van Frankryk se oorheersing oor Europa, het daar ’n merkbare verbetering ingetree in hoe die twee nasies met mekaar oor die weg gekom het. Byna ’n eeu later, op 8 April 1904, is die Entente Cordiale onderteken. Hierdie Anglo-Franse ooreenkoms het langdurige vyandigheid opgelos deur ’n aantal moeilike en omstrede kwessies af te handel.

Die Entente Cordiale het die weg gebaan vir samewerking tussen Engeland en Frankryk in die dekade net vóór die Tweede Wêreldoorlog en daarna. Dit het die isolasie verminder wat beide Frankryk en Engeland ervaar het, eersgenoemde uit verpligting en laasgenoemde vrywillig. Oorlog het tot vrede gelei en vrede het gelei tot die moontlikheid van samewerking. Met ’n vriendskap wat deur ’n heilsame vlam aangeblaas is, is die weg gebaan vir die bereiking van iets wat werklik roemryk is, indien die Frans-Britse verhouding net kon bevry word van die knellende greep van die nasionale veiligheidsvrese, kulturele verskille en befondsings-nood.

’n Dapper en ambisieuse droom

Die droom om die natuurlike waterversperring tussen Brittanje en die Europese vasteland te oorkom, dateer uit 1785 toe ’n Fransman, Jean-Pierre Blanchard en ’n Amerikaner, John Jeffries, die lugruim bokant die Engelse Kanaal suksesvol in ’n warmlugballon oorgesteek het. Dit was egter “Napoleon se ingenieur, Albert Mathieu, wat in 1802 die eerste tonnel onderdeur die Engelse Kanaal beplan het. Hy het ’n ondergrondse deurgang met ventilasieskoorstene wat tot bokant die golwe sou strek in die vooruitsig gestel”. (“English Channel tunnel opens”, History.com). Dit was ’n dapper en ambisieuse plan, maar te vroeg vir praktiese ontwikkeling. ’n Ander Fransman, Thomé de Gamond, word beskou as die ware “vader” van die tonnel tussen Frankryk en Engeland. Gamond het voorafvervaardigde buistonnels voorgestel. Dit sou op die kanaalvloer rus, eerder as om deur die harde aarde daaronder te boor.

Dit was die uitvinding van die tonnelboormasjien (TBM) in 1875 wat die droom nader aan realiteit gebring het. Die vroeë TBM’s was in staat om teen ’n spoed van 1.5 meter per uur te boor. In vergelyking daarmee, kon die elf 244-meterlange TBM’s wat gebruik was om uiteindelik die Eurotonnel te voltooi, deur die hardste rots boor teen 4.5 meter per uur, ’n 200% verbetering in doeltreffendheid daarvan om ’n tonnel te grawe!

Boorwerk het in 1881 langs die kus van Engeland in Dover en in Calais aan die Franse kus begin. Nasionale vrees vir veiligheid het die boorwerk egter tot stilstand gebring nadat altwee kante slegs die 1,524 meter (5,000 voet) merk bereik het. In 1974 het die TBM’s weer begin om hulle pad deur die kalkmergel te boor. Dit was vasgedruk tussen die soliede rotsbedding en die intense druk van die watergevulde kanaal van bo af. Vordering is weer gestaak, maar hierdie keer was dit hoofsaaklik te danke aan versuim van die Britse regering om befondsing te verseker.

Die droom word werklikheid

In 1987 het Margaret Thatcher en François Mitterrand die historiese ooreenkoms onderteken om die tonnel te bou. Albei partye het ingestem dat dit geheel en al deur private beleggers befonds sou word. Die finale ontwerp was vir drie tonnels. Twee tonnels met ’n deursnee van 7.62 meter sou passasiers en vrag per trein neem, elkeen in een rigting. ’n Kleiner tweerigting-dienstonnel sou gebruik word vir instandhouding en noodgevalle. ’n Groep Britse en Franse ingenieurs-konstruksiemaatskappye het die 50-kilometer-lange tonnel (waarvan 37 kilometer onder water is, wat dit die langste ondergrondse treintonnel ter wêreld maak) oor ’n tydperk van sewe jaar gebou en het 7,000 werkers 91.44 meters onder die Engelse Kanaal gebruik. Die totale koste van die projek was £12 miljard in vandag se geldeenheid, wat die oorspronklike begroting met meer as vyftig persent oorskry het. Die tonnel is op 6 Mei 1994 vir diens geopen. Met ’n treinspoed van tot 161 kpu is ’n reis vanaf Londen na Parys in slegs drie uur moontlik.

’n Simbool van hoop wat deur vuur beproef is

Die “Chunnel” wat in 1996 een van die “Sewe Wonders van die Wêreld” genoem is, het ironies genoeg op 18 November van dieselfde jaar sy heel grootste brand beleef. Hierdie simbool van nasionale samewerking en ’n werklik uitstaande Britse en Franse gesamentlike prestasie is aan groot risiko’s onderwerp – net soos die gees van die Entente Cordiale ook getoets is deur ’n mensliewende “vuur” in die vorm van die migrante krisis van 2016.

Die tonnel word gesien as ’n waterleiding na ’n beter lewe vir diegene wat uit oorloggeteisterde dele van Afrika en die Midde-Ooste gevlug het. Die ingang van die Eurotunnel in Calais het die knelpunt geword namate die krisis in Europa versprei het.

Die politieke landskap is “stewig gegrond” met die Brexit-referendum wat gehou is op 23 Junie 2016. Tot die groot ontsteltenis van baie mense het 51,9% van die Britse stemgeregtigdes verkies om die Europese Unie te verlaat, eerder as om daarin te bly. Selfs diegene wat gestem het om die EU te verlaat, het gevoel wat destyds “Regrexit” [om berou te hê] genoem is. Hierdie berou kan vergelyk word met die “kopersberou” nadat iets baie gesog gekoop is en die realiteit van die ware koste eers later duidelik geword het. Baie individue regoor die Verenigde Koninkryk het hulle koppe gekrap en gewonder wat gebeur het en baie ander mense wou die wysers van die tyd terugdraai.

Dit sou egter nie die geval wees nie, aangesien die “egskeidingsdokumente” op 29 Maart 2017 deur premier Theresa May geaktiveer is ingevolge artikel 50 van die Lissabon-verdrag. So het ’n tweejaarlange tydrooster van onderhandelings oor die toekomstige verhouding tussen ’n aparte Brittanje en die Europese Unie begin. Huidige gevoelens tussen Europa en die Verenigde Koninkryk het dramaties verander sedert die dae van die droom om Brittanje met die vasteland te verbind!

Nasionale samewerking kom!

Die vertoning van samewerking tussen die eens-vegtende nasies, Brittanje en Frankryk en die ingenieurswonder wat hulle verrig het, is ’n voorbeeld van die soort samewerking wat moontlik gemaak sal word na die Wederkoms van Jesus Christus. Die mensdom het nie vrede geken nie (Jesaja 59:8), maar in die toekoms ... “nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Jesaja 2:4).

Alhoewel dit waar is dat die nasies nie die weg van vrede ken nie, was daar oomblikke van samewerkende vrede en gedeelde prestasie. Die Eurotonnel is net een so ’n voorbeeld. Na die Wederkoms van Jesus Christus na hierdie aarde, sal die moontlikheid vir meer gedeelde sukses – deur nasies wat dan waarlik in vrede met mekaar sal leef – ’n vreugdevolle werklikheid vir almal word.