Min mense besef vandag dat belangrike feite en noodsaaklike lesse oor die Amerikaanse geskiedenis geïgnoreer word en vergete raak.

Gesamentlike pogings om enige verwysing na God in Amerikaanse skole en media uit te skakel en die sogenaamde “aftakeling” van die Bybel deur akademici, het tot wydverspreide Bybelse ongeletterdheid en ’n tragiese onkunde oor die ware feite rakende die totstandkoming van die Verenigde State gelei – veral die ongelooflike rol wat God se ingryping in die Amerikaanse Rewolusie gespeel het.

Terwyl wêreldse geleerdes en liberale teoloë mag spot, het die wegbeweging van die Bybel af, ’n lewensbelangrike perspektief in die bestudering van die geskiedenis uitgeskakel wat ernstige gevolge sal hê. In die Bybel het Moses, lank gelede, die antieke Israeliete deur ’n reeks bonatuurlike kragtige wonderwerke van God uit Egipte gelei. Hulle is gewaarsku: “Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede [dit beteken onthou], dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou hart nie wyk al die dae van jou lewe nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou kindskinders bekend maak” (Deuteronómium 4:9).

Dekades later het Josua sy geslag Israeliete herinner hoe God hulle oorloë vir hulle geveg (Josua 23:2-3) en hulle volk gevestig het in ’n beloofde land deur die waters van die Jordaanrivier te laat ophou vloei (Josua 5:1), die mure van Jérigo af te breek (Josua 6:20) en haelstene op ’n vyandige leër te laat reën (Josua 10:11). Die Bybel vermeld ook dat ander nasies hierdie gebeurlikhede as goddelike ingrypings deur Israel se God erken het (sien Exodus 14:14, 25; Josua 5:1). Eeue later het die profeet Jesaja die afvallige volk van Israel gewaarsku om die vroeë dinge van ouds te onthou en hoe God namens hulle ingegryp het om Sy doel te verwesenlik (Jesaja 46:8-11). Kritici beweer egter dat dit net fabels is!

Nog ’n belangrike les wat ons toenemend wêreldse Westerse samelewings uit die oog verloor, is dat God die verloop van die geskiedenis lei: “Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg” (Job 12:23). Die profeet Daniël boekstaaf dieselfde belangrike boodskap – God “sit konings af en stel konings aan” en dat “die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil” (Daniël 2:21; 4:17, 25, 32; 5:21).

Watter belangrike feite het die Amerikaners en die wêreld vergeet en het God werklik ingegryp om die uitslag van die Amerikaanse Rewolusie te lei? Watter soort bewyse word geïgnoreer en vandag selde genoem?

George Washington en Boston

George Washington het ’n leidende rol in die Amerikaanse Rewolusie en die nasie se stigting gespeel. Sy bestendige karakter en vaste oortuigings was belangrike faktore in die vorming van die aard en vooruitsigte van Amerika. Die feit dat hy geleef het om hierdie jong nasie te lei, lyk asof dit te danke is aan wat Goddelike Voorsienigheid genoem word – die ingryping van God in die mens se sake vir ’n doel. Gedurende 1755 tydens die Franse en Indiaanse Oorlog, was die 23-jarige kolonel Washington een van 1,400 Britse troepe onder bevel van Generaal Braddock wat opgemars het om Fort Duquesne naby Pittsburgh in te neem, toe hulle deur ’n Franse en Indiaanse mag aangeval is. Tydens die geveg is Braddock doodgemaak en elke offisier te perd is doodgeskiet, behalwe Washington. “Die jong kolonel het later aan sy broer geskryf: ‘Maar deur die Almagtige bestiering van die Voorsienigheid is ek beskerm bo alle menslike waarskynlikheid of verwagting; want ek het vier koëls deur my baadjie gehad en twee perde is onder my geskiet, nogtans het ek ongedeerd ontsnap, alhoewel my metgeselle aan albei kante van my platgeskiet is’”. ’n Inheemse Amerikaner wat in daardie veldslag geveg het, het later gesê: “Washington is nooit gebore om deur ’n koeël doodgeskiet te word nie! Ek het sewentien redelike skote met my geweer op hom gevuur en kon hom steeds nie grondtoe bring nie” (Miracles in American History, Federer, bll. 17-19).

Jare later, gedurende die vroeë lente van 1776, met die Britte wat in beheer van Boston was, het Washington beveel dat kanonne deur die sneeu vanaf Fort Ticonderoga (sowat 480 km van daar af) gebring moes word om Dorchester Heights met ’n uitsig op Boston hawe te versterk. Nadat hy die gevaar gesien het, het die Britse Generaal Howe ’n amfibiese aanval op die Amerikaanse posisie beveel. Nietmin, die aand voor die aanval moes begin, het “’n orkaan of vreeslike storm ... ’n suidooster van stormsterk afmetings”, die Boston-omgewing getref en Howe se planne ontwrig. Derhalwe het hy sy aanval op die Amerikaanse posisie afgelas weens die “slegte weer”. As gevolg van die skielike storm en die krag van die Amerikaanse posisie wat bewegings in en uit Boston hawe beheer het, het Generaal Howe die Britse troepe beveel om Boston te ontruim (sien The Weather Factor, Ludlum, bll. 33-34). Washington het weer aan sy broer geskryf: “Hierdie merkwaardige Ingryping van die Voorsienigheid is vir een of ander wyse doel, daaraan het ek geen twyfel nie” (Miracles in American History, bl. 41).

Digte mis, sneeustorm en vriesweer

In die somer van 1776 het Generaal Howe ’n Britse mag van meer as 400 skepe en 32,000 troepe gehad wat op Staten Eiland in New York hawe gestasioneer was. George Washington het ongeveer 8,000 Amerikaanse troepe by Brooklyn Heights op die westelike rand van Long Island versamel. Die Britte was in staat om ongeveer 15,000 troepe agter Washington se linies te plaas en dit tot gevold gehad dat die Amerikaners, wat op Brooklyn Heights omsingel was met hulle rug teen die Oosrivier, swaar verliese gelei het. Die weer was egter weereens ’n bepalende faktor. Sterk winde, ’n laaggety en onophoudelike reën het die Britte van verdere aanvalle op die Amerikaanse posisie weerhou asook daarvan om hulle oorlogskepe na die Oosrivier te stuur om ’n ontsnappingsroete af te sny. Washington het die gevaar van sy posisie besef en het ’n nagtelike ontruiming van Long Island beveel. Daardie nag, omstreeks 23:00, het die wind gaan lê en ’n digte mis het toegesak, wat die Amerikaanse ontruiming verbloem het. Nadat die digte mis later die volgende oggend opgeklaar het was die Britte verbaas om te sien dat die Amerikaanse soldate nêrens te vinde was nie (Seven Miracles That Saved America, bll. 9-11)! Een Amerikaanse soldaat het geskryf: “Soos dit vir ons beskik is deur die Voorsienigheid, het ’n digte mis toegesak, wat verhoed het dat die vyand ons kon sien terugtrek” (The Weather Factor, bll. 36-37). Die uitslag van hierdie veldslag is al beskryf as “so verbasend dat baie mense (met inbegrip van Generaal Washington) die veilige terugtrekking van die Amerikaanse weermag toegeskryf het aan die hand van God” (America’s Providential History, Mark A. Beliles en Stephen K. McDowell, bll. 158-161). Indien die wind, reën en die mis – wat beskryf word as die “hemelse boodskapper” – nie vir die Amerikaners ingegryp het nie, sou hulle gevange geneem word, Washington sou gehang word en die rewolusie sou tot ’n vroeë einde gekom het.

In Desember 1776, terwyl hulle moraal laag was en die Amerikaanse weermag tot ongeveer 2,000 troepe by Valley Forge verminder het, het Washington besluit om die met ysgevulde Delaware-rivier oor te steek en ’n verrassingsaanval op die Britte in Trenton, New Jersey, te loods. Die Amerikaners het op 26 Desember met sonsopkoms tydens ’n windgedrewe sneeustorm aangeval, met die wind van agter terwyl dit in die gesigte van die Hessiese huurtroepe gewaai het. Hierdie troepe het die vorige dag Kersfees gevier. In minder as ’n uur het die Amerikaners byna ’n duisend Hessiërs gevang en net ’n paar manne verloor. Artillerie-offisier, Henry Knox, het oor die oorwinning by Trenton geskryf: “Dit lyk asof die Voorsienigheid geglimlag het oor elke deeltjie van hierdie onderneming” (America’s Providential History, bll. 161-162).

Na die verrassende Amerikaanse oorwinning by Trenton, is Generaal Cornwallis gestuur om Washington en sy troepe aan te val, wat weer die Delaware-rivier oorgesteek het en rondom Trenton ontplooi was. Nadat hy oor die modderige paaie beweeg het as gevolg van reën en ’n Januarie-yssmelting, het Cornwallis uiteindelik Washington en sy troepe vasgepen met hulle rug teen ’n klein baaitjie. Ten volle oortuig dat hy Washington sou kon vang, het Cornwallis besluit om tot die volgende dag te wag om “die jakkals in die sak te kry”. Gedurende die nag was daar egter weer ’n “wonderbaarlike verandering in die weer”. Die temperatuur het gedaal en die grond het gevries wat makliker beweging van manskappe en toerusting moontlik gemaak het. Washington se troepe het hulle vure laat brand en die kamp ontruim. Hulle kon oor die bevrore paaie beweeg om Britse troepe in Princeton, agter Cornwallis, aan te val en te verslaan en sy toevoerlyne te verswak (The Weather Factor, bll. 41-44). Hierdie verrassende verandering van gebeure tot voordeel van die Amerikaners het gebeur as gevolg van ’n “wonderbaarlike” verandering in die weer. Die ontsnapping uit ’n hinderlaag en oorwinning by die Slag van Princeton is gesien as ’n bewys van God se hand in hierdie gebeure.

’n Sleuteloorwinning en ’n spioen

Nog ’n belangrike keerpunt het in die somer van 1777 plaasgevind. Die Britse Generaal, John Burgoyne, het vanaf Kanada met ’n mag van 7,000 manne in die Hudsonriver Vallei afgemarsjeer om by Generaal Howe aan te sluit, wat veronderstel was om noord van Albany, New York, op te marsjeer. Burgoyne is egter by Saratoga deur ’n mag van meer as 15,000 Amerikaners gekeer, wat woedend was oor die brutaliteit van Burgoyne se inheemse Amerikaanse bondgenote. Omdat hy nie die Amerikaners kon verslaan nie, het Burgoyne en sy troepe ’n terugtog begin, net om vasgevang te word in ’n reënstorm wat die paaie in ’n glibberige moeras verander het. Terwyl die Amerikaners die Hudsonrivier voor hom oorgesteek en sy ontsnapping afgesny het, het Burgoyne en 6,000 van sy troepe oorgegee. Generaal Howe kon nooit die reis langs die Hudson voltooi nie, aangesien sy versterkings en voorrade wat uit Engeland moes kom, vir drie maande verhinder was om Amerika te bereik weens teenwinde. Die nederlaag van een van Brittanje se beste generaals in Noord-Amerika deur die koloniste was ’n skok vir Londen, maar dit was as ’n “wonderwerk” in Parys beskou. Dit was ’n keerpunt in die Rewolusionêre Oorlog wat Frankryk in die konflik betrek het aan die Amerikaners se kant (50 Battles That Changed The World, William Weir, bll. 55-59). Generaal Washington het só oor hierdie gebeurtenis geskryf: “Ek wens my land en elkeen wat die saak sukses toegewens het, eervol geluk na hierdie merkwaardige teken van die Voorsienigheid”. Roger Sherman, ’n ondertekenaar van die Onafhanklikheidsverklaring skryf: “Hierdie is die Here se werk en is wonderlik in ons oë” (Miracles in American History, bll. 55-57).

In die herfs van 1780 is die verraderlike plan van Generaal Benedict Arnold, die held van die Slag van Saratoga, onthul deur ’n verrassende sameloop van omstandighede. Arnold het beplan om die Amerikaanse garnisoen by West Point – ’n sleutelposisie vir die beheer van die Hudsonrivier – aan die Britte uit te lewer in ruil vir ’n betaling van £20,000 (sowat ’n miljoen dollar in vandag se geld). Verskeie Amerikaanse brandwagte het Majoor John Andre, wat in siviele drag geklee was, voorgekeer toe hy probeer het om na die Britse linies terug te keer. In ’n holte in sy skoen het hulle ’n kaart van West Point gevind asook besonderhede van ’n beplande aanval. Die onverwagse voorgevoel van Majoor Andre en die ontdekking van Benedict Arnold se verraad was wyd beskou as ’n daad van “Goddelike Beskerming” (America’s Providential History, bll. 163-165). Yale se President Ezra Stiles het in 1873 geskryf: “’n Wonderwerk van die Voorsienigheid het die verraad van Arnold ontdek ... Die grootste deel van die Amerikaanse leër, destyds by West Point, met sy edele Generaal Washington self, sou in die hande van die vyand oorgelewer word” (Miracles in American History, bll. 63-66).

Stygende riviere, storms en ’n skielike stortbui

In Januarie 1781 het die Amerikaanse Generaal Daniel Morgan ’n aanvallende Britse mag onder generaal Cornwallis by die Slag van Cowpens in Suid-Carolina verslaan, in wat ’n “taktiese meesterstuk en draaipunt van die oorlog” genoem was (Miracles in American History, bl. 67. Ná die geveg het Morgan na die noorde teruggetrek en is deur die Britte agtervolg. Cornwallis het die Catawba-rivier slegs ure nadat die Amerikaners dit oorgesteek het bereik, “maar ’n skielike storm het die rivier onbegaanbaar gemaak ... die Britte het die Amerikaners amper by die Yadkinrivier ingehaal, maar weer het reën die rivier laat afkom” en “nog ’n skielike oorstroming het die Britte geblokkeer” by die Danrivier. Dus kon die Amerikaners die rivier na die goedgesinde gebied in Virginia oorsteek. Die Britse Generaal Henry Clinton het hierdie gebeure soos volg beskryf: “Hier is die koninklike leër weer gestuit deur ’n skielike styging van die watervlak wat net vóór dit (bykans wonderbaarlik) gedaal het om die vyand oor te laat gaan” (ibid., bll. 67-68). George Washington het in Maart 1781 geskryf: “Ons het oorvloedige redes om die Voorsienigheid te bedank vir Sy vele gunstige ingrypings namens ons. Dit was met tye my enigste toevlug, want dit het gelyk asof alle ander bronne ons gefaal het” (ibid., bl. 69).

Die hoogtepunte van veldslae in die Rewolusionêre Oorlog is ook deurslaggewend deur die weer beinvloed. In Oktober 1781 het ’n onbesliste konfrontasie tussen die Franse en Britse vlote in die Atlantiese Oseaan – verleng deur veranderende winde – toegelaat dat ’n eskader Franse skepe met troepe en voorrade die Chesapeake-baai kon binneglip. Só is Britse voorraadskepe verhoed om Cornwallis, wat deur 17,000 Franse en Amerikaanse troepe in Yorktown omring was, te bereik. As gevolg van die oorweldigende oormag het Cornwallis probeer om ’n nagtelike ontsnapping uit te voer deur te begin om sy gereelde troepe met ’n veerboot oor die York-rivier te neem. Die eerste groep het dit veilig oor die rivier gemaak. ’n Skielike en erge reënstorm het egter die tweede afdeling soldate stroomaf gewaai en Cornwallis met ’n grootliks verminderde mag gelaat. Hierdie skielike “ongunstige verandering van die wind het die poging om uit te breek heeltemal ontwrig” en soos ’n Britse kolonel gesê het: “So het die laaste hoop van die Britse weermag gesterf”. (The Weather Factor, bll. 59-64). Cornwallis het die volgende dag oorgegee – terwyl ’n Britse militêre orkes “The World Turned Upside Down” gespeel het. Die Amerikaanse oorwinning by Yorktown word as een van die heel invloedrykste gevegte in die geskiedenis beskryf, aangesien dit ’n agt jaar lange stryd om onafhanklikheid beëindig en Amerika op ’n pad geplaas het om ’n wêreldmoondheid te word (The Battle 100, Michael Lee Lanning, bll. 1-4). Dit was aangehelp deur ’n skielike en dramatiese verandering in die weer.

Ná die deurslaggewende slag van Yorktown het Yale se President Ezra Stiles geskryf: “Wie behalwe God kon die kritieke aankoms van die Galliese (Franse) vloot beskik het om te ... help ... in die beleg van Yorktown?” Etlike jare later het George Washington geskryf dat “dit nie geglo kan word dat ’n magtige moondheid soos Groot-Brittanje, wat agt jaar lank bestee het om hierdie land tot onderhorigheid te dwing, se plan gefnuik is nie. Die uitsonderlike ingrypings van die Voorsienigheid in ons swak toestand was sodanig dat dit skaars die aandag van die onoplettendste mens kan ontglip. Die volharding van die Weermagte van die Verenigde State deur bykans alle moontlike lyding en ontmoediging vir die tydperk van agt jaar lank, was niks minder as ’n erkende wonderwerk nie” (Miracles in American History, bll. 71-72) – die kritieke rol van Goddelike ingryping word egter selde vandag genoem.

Die algemene gevoel tydens en ná die Rewolusionêre Oorlog was dat God die Amerikaanse poging tot onafhanklikheid geseën het en dat die Hand van God keer op keer ingegryp het om gebeure in hierdie kritieke tyd te lei – min mense onthou dit egter vandag. In 1787, toe die 81-jarige Benjamin Franklin by die Kontinentale Kongres aangedring het om hulle daaglikse beraadslagings met gebed te begin, het hy gesê: “Ek het ’n lang tyd geleef meneer en hoe langer ek leef, hoe meer oortuigende bewyse sien ek van hierdie waarheid: God is in beheer van die mens se sake” – soos die Bybel op verskeie plekke aandui (America’s Providential History, bl. 172). Baie moderne Amerikaners en burgers van die wêreld het hierdie belangrike les van die geskiedenis vergeet wat so duidelik in die Skrif geopenbaar word.

Die Bybel openbaar dat versuim om die ware feite van die geskiedenis oor te dra en die leiers se gewilligheid om belangrike lesse uit die geskiedenis te ignoreer, ernstige gevolge vir Amerika en ander Israelitiese nasies in die Westerse wêreld sal hê.

Die woorde van die Bybelse profete weerklink deur die tyd heen. Jeremia dui God se waarskuwing aan: “Nogtans het my volk My vergeet ... Soos ’n oostewind sal Ek hulle verstrooi voor die vyand” (Jeremia 18:15-17). Sy woorde bly dieselfde uit die pen van Eségiël: “Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug gewerp het, so dra jy dan ook nou jou skandelike dade en jou hoererye” (Eségiël 23:35). Net so sê Hy deur Hoséa: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet” (Hoséa 4:6).

God gaan nasies wie se mense Sy opdragte ignoreer en vergeet hoe Hy namens hulle ingegryp het, toelaat om te maai wat hulle gesaai het (Jeremia 2:17-19; Hoséa 4:7-9).

Wanneer Amerikaners die 241ste herdenking van hulle onafhanklikheid vier, behoort ons almal hierdie waarskuwings ter harte te neem van die God wat die wonderwerke van die Amerikaanse Rewolusie bewerkstellig het ter harte te neem.