Daar is ’n werklike duiwel wat niks meer daarvan sal hou as om die rolle wat mans, vrouens, ouers en kinders definieer, te verwar nie. Sal u sy aanvalle te bowe kom?

Gedurende Oktober/November 2015 het artikels in hoofstroom koerante en tydskrifte verskyn in verband met enorme brande wat oor die weste van die VSA ontstaan het, miljoene immigrante wat uit Afrika en die Midde-Ooste probeer het om op een of ander manier toegang tot Europa en Brittanje te verkry. Verder omtrent die Presidensiële kandidaat, Donald Trump se plan om ongeveer elf miljoen ongedokumenteerde immigrante uit die VSA te deporteer, asook die groot finansiële krisis wat oor Asië, Europa en Amerika swiep. Hoofstroom media berig ook oor die geweldige verdraaiing van gesinswaardes wat nou oor die hele VSA en Wes-Europa voorkom, van die idee dat “mans met mans trou”, van die gedagtes van baie liberaliste wat nou selfs “seks” met robotte oorweeg! Hulle bespreek ook die toenemende geestelike ongesteldheid en depressie onder ons jeug, oor die stygende getal selfmoorde onder homoseksuele persone en ander mense wat van die tradisionele waardes van die verlede afgedwaal het.

Hulle kan mens vertel oor wat gebeur, maar hulle verstaan nie die betekenis van hierdie gebeure nie. Hulle kan nie – of is nie bereid – om werklik die kolletjies met mekaar te verbind nie.

Kan u eerlikwaar “die kolletjies met mekaar verbind”? Sal u probeer – of is u gewillig om te probeer – om werklik te verstaan waarom ons hier op hierdie aarde is, wat die ware lewenswyse is wat vir ons deur ons Skepper bedoel is en hoe om ware geluk en vervulling te bereik? Is u persoonlik gewillig om aan uself te erken dat daar ’n werklike “geesteswêreld” is? Dat baie van hierdie voorvalle van gewelddadige en sinnelose misdaad – waarin geestelik versteurde of ontstoke individue ander mense vermoor of martel – in werklikheid deur demoniese geeste geïnspireer is wat deur Satan die duiwel gelei is? Is u bereid om te erken dat daar ’n werklike duiwel is – soos Jesus Christus self baie keer beskryf het? Is u gewillig om te erken dat die boek wat ons die Bybel noem, in werklikheid die geïnspireerde Woord van God is en dat dit aan u ware begrip sal gee van al hierdie gebeure wat rondom u aangaan?

Die Bybel self maak die werklikheid van Satan die duiwel en sy demone duidelik. Ons lees van Satan wat mense reg oor die hele wêreld mislei, vir wie “die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Korinthiërs 4:4). Satan die duiwel het inderdaad miljoene verwarde mense “verblind”! God se Woord maak dit baie duidelik, soos die apostel Johannes geïnspireer is om te skryf: “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp” (Openbaring 12:9).

Binne die volgende paar jaar sal ’n ware “geestesoorlog” uitbreek, waarna Satan uiteindelik in ’n afgrond gewerp sal word. God se Woord skryf oor een van Sy magtige engele: “En hy het die draak gegryp – die ou slang wat die duiwel en die Satan is – en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ’n kort tydjie ontbind word” (Openbaring 20:2-3).

My vriende, eers dan sal die massiewe misleiding wat die wêreld oorval het, opgehef word. Eers dan sal mense begin om te besef dat dit ’n feit is dat hierdie wêreld se samelewing eintlik van die Skepper en Sy regverdige en geseënde lewenswyse “afgesny” is.

Wat is Satan “besig om te doen”?

Wanneer u God se uiteindelike doel verstaan en die feit dat Satan die duiwel die allerlaaste teenstander is – die allerlaaste vyand van God en die mens – kan u begin om te verstaan waarmee Satan besig is! Die Almagtige God het die mens na “Sy beeld” geskape – om uiteindelik lede van Sy Geestelike Gesin te word – met Sy ware karakter. Derhalwe is die mens ’n definitiewe bedreiging vir Satan die duiwel. Ware Christene – diegene wat God waarlik gehoorsaam – is bestem om “konings en priesters vir onse God” te word “en ons sal as konings op die aarde heers” (Openbaring 5:10). Vanselfsprekend sal ons dan Satan, wat nou die huidige “owerste” van hierdie wêreld is, vervang (Johannes 14:30; 16:11). Dus word ons die uiteindelike bedreiging vir Satan se voortgesette heerskappy oor die hele aarde!

Dit is duidelik dat, om die mensdom se toekomstige bestemming te vernietig, Satan die mensdom moet uitwis. Hy moet dus ons gesinne vernietig, ons vermoë om kinders te baar en op te voed, alles wat ’n bedreiging geword het vir die voortbestaan en beheer van Satan op hierdie aarde. Satan het dus ’n kragtige motivering om die menslike gesin te vernietig! Hy het ’n sterk rede om die liefdevolle verhouding tussen ’n man en sy vrou te vernietig en hulle normale begeerte en vermoë om kinders in die wêreld te bring – toekomstige volwasse mense wat uiteindelik vir Satan en sy demone kan vervang!

Ons uiteindelike teenstander, Satan die duiwel, is vasbeslote om die ware konsep van die huwelik te vernietig en die vermoë om kinders te hê – kinders wat toekomstige konings sal word om Satan te vervang! Satan het derhalwe alle rede om die hele “mans-trou-met-mans”-verhouding en alles wat dit behels, te probeer bevorder! Hy het baie van ons politieke en godsdienstige leiers beïnvloed – die regters is ook verwar – deur te begin om die gesin te vernietig met baie van hulle beslissings, leerstellings en hulle hele klem op “seks ter wille van seks” eerder as om seks as ’n normale deel van die huwelik te gebruik om ’n gesin te bou wat op Goddelike beginsels gebaseer is! Satan – as die “owerste van die mag van die lug” (Efésiërs 2:2) – is in beheer van die atmosfeer van hierdie aarde, die media, die vermaak en die smerige en verdraaide gesindhede wat deur al bogenoemde oorgedra word! Hy is voortdurend besig om dit in die verstand van jong mense in te prent dat die normale huweliksverhouding as deel van ’n gesin nie meer nodig of selfs “goed” is nie. Hy het dit in die gemoedere van mense geplaas dat seks ’n groot “speelding” is om aan te torring en te geniet op watter manier die mens – onder Satan se invloed – dit ook al wil gebruik.

Dus sal al hoe meer miljoene klein kindertjies binnekort grootword sonder die voorreg van ’n normale gesin, sonder ’n normale vader en moeder om ’n ware gesin in die huis te skep. Namate Satan mense lei om “skenker” sperma te gebruik om kinders buite ’n huwelik te verwek, sal al hoe meer miljoene klein kindertjies grootword sonder om eers te weet wie hulle regte pa is! Dit sal veroorsaak dat hulle “al hoe minder” na hulle hemelse Vader sal opsien en die verhouding wat God met hulle wil hê verstaan – waarvan die menslike gesin ’n voorbeeld is.

Miljoene jong mans sal nie die voorbeeld en onderrig hê om ware manne te word nie. Hulle sal grootword sonder die ontwikkeling van die manlike leierskap soos wat God bedoel het. Vroue sal grootword sonder om die lesse van die gesin te leer en om aan mekaar onderdanig te wees in die huwelik asook om moeders van kinders en helpers vir hulle mans te wees. Die ganse menslike gesin sal toenemend agteruitgaan en daarom sal hele beskawings vernietig word en in algehele verwarring verkeer. Die woord “Babilon” beteken “verwarring! Dit is die woord wat God regdeur die boek van Openbaring gebruik om hierdie algehele stelsel bekend as die “Dier”, te beskryf.

Aan die einde van hierdie tydperk, sal die finale stelsel wat “Babilon” genoem word kragtig afgebreek word: “Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste en ’n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls, omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar weelderigheid” (Openbaring 18:2-3). Terwyl Hy hierdie toekomstige invloedryke en opwindende militêre, politieke en ekonomiese stelsel beskryf, sê God aan Sy ware volgelinge: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (vers 4).

Hierdie skandelike en demoniese stelsel wat binnekort sal verrys, staan as die “Dier” bekend. Die leier hiervan – wat ook die “Dier” genoem word – sal deur ’n vals profeet bygestaan word wat deur “tekens” in staat sal wees om die hele wêreld te mislei. Aan die einde openbaar God hulle aaklige lot: “En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand” (Openbaring 19:20).

Hierin en in so baie ander Skrifgedeeltes, openbaar God dat Hy uiteindelik “genoeg gehad” het van hierdie vieslike stelsel en sy twee leiers – die “Dier” en die vals profeet. Hulle sal tot ’n ewige dood in die poel van vuur verbrand word! Intussen gaan Satan voort met die vernietiging van die menslike gesin deur sy invloed van ’n heeltemal verkeerde benadering tot seks en die huwelik en deur die direkte moord van al hoe meer miljoene babas, in ’n praktyk wat bekend staan as “aborsie”! Satan is baie slim deur die mensdom te beïnvloed om “woordspeletjies” te speel in die manier waarop hulle probeer om hulle walglike dade te beskryf. So beskryf hulle dikwels aborsie as ’n “vrou se gesondheidsbesluit” of iets dergeliks.

Wat hulle u nie vertel nie, is dat hierdie “gesondheidsbesluit” die dood van ’n ontwikkelende mensie behels wat na die beeld van God gemaak is – ’n hulpelose klein kindjie wat uitgewis word deur die brein uit te suig, terwyl dit nog in die skoot van die moeder is! Toekomstige geslagte sal op hierdie praktyk terugkyk as absolute barbaarsheid! Ons hedendaagse samelewing hou daarvan om aan hulleself as “modern” te dink – nie soos die antieke Romeine wat pasgebore babas aan die elemente blootgestel het om te sterf nie – maar ons vermoor doelbewus ons eie klein kindertjies en doen baie ander verskriklike dinge (onder die invloed van Satan), wat uiteindelik die menslike lewe sal vernietig. Daarom word Satan se uiteindelike doel om die mensdom te vernietig ondersteun wanneer ons ons deel doen deur hom te help terwyl hy ons van ons bestemming weglei.

Satan se skelm misleidings

Een van die slimste maneuvers wat Satan gebruik, is om mense te probeer oortuig dat homoseksuele mense nie “kies” om so te word nie. Die idee is eerder dat hulle so as homoseksuele “gebore” word en daarom hulleself nie kan help nie. Hierdie idee is natuurlik vir alle eerlike mense aanloklik en maak dat hulle bereid is om die perverse praktyke te aanvaar wat hulle andersins sou verwerp het!

Die beste wetenskaplikes en dokters wat betrokke is, het feitlik almal erken dat daar geen “homoseksuele gene” is nie! Ja, ’n paar artikels en televisie- en Internet-verslae impliseer of sê direk die teenoorgestelde! Hulle vertel egter leuens! Die oorgrote meerderheid van mense wat hierdie dinge beweer, weet van beter. Soos Josef Goebbels, Hitler se propaganda-man, ewe berug gesê het: “As u ’n groot genoeg leuen vertel en aanhou om dit te herhaal, sal mense dit uiteindelik glo”!

“’n Toonaangewende pro-familie groep het ’n feiteblad oor alternatiewe lewensstyle saamgestel as ’n middel om mense op te voed dat hulle nie ‘homoseksueel gebore’ is nie.

Randy Thomasson verduidelik dat SaveCalifornië.com’s ‘Not Born This Way’ webblad daarop gemik is om individue die waarheid oor alternatiewe seksuele oriëntasies te leer. Die blad verskaf feite oor LGBT (lesbian, gay, bisexual, and transgender) lewensstyle, sowel as wetenskaplike navorsing wat die gewilde aanspraak betwis dat mense homoseksueel gebore word.

‘Sonder enige betroubare getuienis, het die vermaaklikheidskultuur, die ongeletterde media en homoseksuele aktiviste vandag se tieners in die besonder mislei om te glo dat mense homoseksueel gebore word’, erken Thomasson. ‘Die wetenskap vind nogtans geen biologiese basis vir homoseksualiteit, biseksualiteit of transseksualiteit nie’.

Oor die algemeen, sê die pro-familie groep, het die homoseksuele lewenstyl ’n hoër voorkoms van kanker, seksueel-oordraagbare siektes en vroeë sterftes, as dié wat onder heteroseksuele mense gevind word. Hy merk ook op dat die American Psychological Association sy verklaring dat mense ‘homoseksueel’ gebore word, verander het en erken dat daar geen ‘homoseksuele gene’ is nie” (onenewsnow.com, 26 Junie 2012).

’n Baie belangrike aspek van Satan se misleidings en leuens is dat hy die hoofstroom media beïnvloed om inligting oor die geweldige skade wat homoseksualitiet meebring grootliks as onbelangrik af te maak of om direk verkeerde inligting oor te dra! Die waarheid van die saak is – soos die meeste homoseksuele “kenners” self erken – dat homoseksuele mense gemiddeld baie jonk sterf. ’n Baie insiggewende verslag van die Family Research Institute (Februarie 2009) stel dit so:

“In ’n baanbrekerstudie is 6,737 doodsberigte uit 18 van die VSA se homoseksuele tydskrifte gedurende en na die hoogtepunt van die Vigs-epidemie (13 jaar in totaal) vergelyk met ’n groot steekproef van doodsberigte uit gewone koerante. Doodsberigte uit gewone koerante was soortgelyk aan die Amerikaanse gemiddeldes vir langslewendheid: Die gemiddelde ouderdom van sterftes van getroude, nooit-geskeide mans was 75 jaar en 80% van hulle het oud gesterf (ouderdom 65 jaar of ouer). Vir ongetroude of geskeide mans was die gemiddelde sterfouderdom 57 jaar en 32% van hulle het oud gesterf. Getroude, nooit-geskeide vroue was gemiddeld 79 jaar oud by afsterwe; 85% het oud gesterf. Ongetroude en geskeide vroue se gemiddelde sterfouderdom was 71 jaar en 60% van hulle het oud gesterf.

Die gemiddelde sterfouderdom vir homoseksuele mense was egter landwyd feitlik dieselfde – oor die algemeen het sowat 2% van hulle oorleef tot bejaarde ouderdom. Indien vigs as die oorsaak van dood aangeteken was, was die gemiddelde ouderdom 39 jaar. Vir die 829 homoseksuele wat aangeteken is dat hulle van iets anders as vigs gesterf het, was die gemiddelde ouderdom by dood 42 jaar en 9% het oud gesterf. Die 163 lesbiërs het ’n gemiddelde ouderdom van 44 jaar by dood bereik en 20% het oud gesterf.

Selfs toe vigs na bewering nie betrokke was nie, het homoseksuele persone gereeld ’n vroeë dood tegemoet gegaan. Drie persent van ‘homoseksuele’ persone het gewelddadig gesterf. Hulle was 116 keer meer geneig om vermoor te word (in vergelyking met die nasionale moordsyfers), veel meer geneig om selfmoord te pleeg en het ’n hoë verkeersongeluk sterftesyfer. Hartaanvalle, kanker en lewerversaking was besonder algemeen. 18% van lesbiërs het deur moord, selfmoord, of ongelukke gesterf – ’n koers wat 456 keer hoër is as dié van blanke vroue tussen die ouderdomme van 25-44 jaar” (familyresearchinst.org).

Die gevolge van goddelose gedrag

Ons moet verseker die gevolge van homoseksuele en lesbiërs se perverse gedrag in oorweging neem. Jesus Christus het Self gesê: “So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken” (Matthéüs 7:20). Die “vrugte” of die resultate van die mensdom se verdraaide gedrag dui beslis daarop dat homoseksuele gedrag tot verskriklike siektes, menslike lyding en voortydige dood lei.

Aangesien Satan die opperste leuenaar en “vader van die leuen” is (Johannes 8:44), het hy geen gewetenswroeging om sy verwarde dienaars te beïnvloed om gedurig ’n leuen te herhaal nie – om sodoende die mensdom op so ’n basiese punt te mislei – wat die hele bestaan van die mensdom in die toekoms raak! Hy wil die mensdom vernietig. Dus sal hy die mensdom verwar oor alles wat te betrekking het op seks, man-vrou verhoudings, die huwelik, die opvoeding van kinders en ander fasette om ’n gelukkige en suksesvolle lewe te leef.

Baie mense het natuurlik ’n “neiging” om alkoholiste te word, om vetsugtig te word, of om een of ander gebrek of abnormaliteit te hê as gevolg van die genetiese strukturering wat hulle van hulle ouers oorgeërf het. Hulle kan ongesonde gedrag op ’n baie jong ouderdom aanleer. Hulle is egter nie “geskep” om iets teen God se wil te doen nie – nooit nie. God se geïnspireerde Woord maak dit baie duidelik: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13).

My vriende, indien die Almagtige God vir Satan toelaat om voort te gaan om ons mense met al die propaganda en intellektuele “gemors” te bombardeer wat seks en die huwelik aanbetref, sal Satan sy einddoel bereik – die vernietiging van die hele menslike ras! Dit is noodsaaklik dat u almal dit verstaan.

Namate die mensdom hom toenemend van God Almagtig en Sy geopenbaarde lewenswyse distansieer, sal ons al hoe meer gewelddadig raak. Al hoe meer plaaslike oorloë en ’n uiteindelike wêreldoorlog sal uitbreek. Onder Satan se invloed sal die mensdom homself uitwis in verskriklike oorloë wat sal ontstaan. Ons Almagtige God beskryf hierdie komende tyd van afgryse en hoe Hy sal ingryp voordat dit te laat is. Ons lees in Sy geïnspireerde Woord: “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Matthéüs 24:21-22).

Gelukkig, deur Jesus Christus na hierdie aarde as Koning van die konings terug te stuur (Openbaring 11:15), sal die grote God van die skepping Satan oorwin en sy voorneme heeltemal stop om menselewe op hierdie planeet uit te wis!

’n Wonderlike en werklik regverdige wêreldregering sal binnekort na Christus se Wederkoms in die “laaste dae” gevestig word. God se Woord vertel aan ons, “Kom, laat ons optrek na die berg van die Here ... dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Miga 4:2-3). Esegiël openbaar ook besonderhede van wat God sê oor hierdie komende tyd: “En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen” (Eségiël 36:27).

Onder die “insettinge” wat die hele wêreld sal leer om te gehoorsaam is die direkte opdrag: “Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel. En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ’n gruwelike vermenging. Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf” (Levitikus 18:22-24). Hierdie is die onderwysing van ons Skepper – die grote God wat ons manlik en vroulik geskape het. Jesus sê dus: “Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees” (Matthéüs 19:5).

In ons eertydse belydende “Christelike” nasie, het ons nogtans verwarde regters en ander aangestelde hoofde van verskeie buro’s en departemente regoor hierdie land wat die leerstellings van hulle Skepper as ’n misdaad beskou! Ons lees of hoor byna daagliks op die nuus van opregte predikante, regters of sakelui wat gedwing word om op een of ander manier te berus by die beslissing om die absoluut veragtelike praktyke te ondersteun wat direk in die Bybel veroordeel word! In verskeie voorheen “Christelike” nasies word die verkondiging van God se waarheid soms as ’n misdaad beskou.

Nou toe nou!

Net in die afgelope 15 tot 20 jaar het die “god” van hierdie wêreld – Satan die duiwel – die denke van mense so verdraai dat hulle presies die teenoorgestelde glo as wat hulle ’n paar jaar gelede geglo het! Om die omvang van wat werklik besig is om te gebeur duideliker te begryp, skakel ons of skryf onmiddellik aan ons en vra u gratis eksemplaar aan van ons baie insiggewende en skokkende boekie met die titel Satan se Vervalste Christendom. Dit sal u oë oopmaak!

My vriende, ons moet almal leer om “die kolletjies met mekaar te verbind”! Namate hierdie toenemende voorvalle van veldbrande, aardbewings, orkane, droogte, siekte-epidemies en verskeie ander plae op ons toesak, behoort ons liewer bereid te wees om te erken dat die Skepper van hemel en aarde sal ingryp soos Hy gesê het Hy sal! Lank voordat Al Gore of selfs President Obama ooit van “aardverwarming” of “klimaatsverandering” gepraat het, het ons Skepper herhaaldelik – deur talle profesieë in Sy geïnspireerde Woord – voorspel dat verskeie plae Sy volk sou tref indien hulle hulle van gehoorsaamheid aan Sy gebooie en insettinge sou distansieer. Die Almagtige God het aan ons voorvaders gesê: “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek – dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: Die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet ... En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie” (Levitikus 26:14-16, 18-20).

Kort voor lank sal God begin om kragtig “die aandag” van opstandige mense “te verkry”. Hulle sal tot die besef kom dat “iets aan die gang is”. Uiteindelik sal God die nasies in die hele wêreld op ’n manier skud wat Hy nog nooit voorheen gedoen het nie! Sy geïnspireerde Woord sê: “Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ’n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek. Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. En hierdie woord: Nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly” (Hebreërs 12:25-27).

Die geamuseerde “grimlag” sal binnekort van die gesigte van die rebelse mensdom afgevee word wanneer hulle sien hoe die Skepper ingryp om die vleeslike nasies van hierdie wêreld tot hulle sinne te skud! U hoef egter nie een van dié te wees wat in opstand is nie. Tree nou op en moenie toelaat dat Satan u gesin en sy God-geïnspireerde waardes vernietig nie. Bid daagliks vir Christus se Wederkoms. Mag God daardie dag bespoedig!