Gebruik u die volle potensiaal van u brein? Maak u die meeste van die breinkrag wat God aan u gegee het?

Kwaliteit is die antwoord, nie kwantiteit nie!


Baie mense aanvaar die sogenaamde 10 persent mite deesdae as vanselfsprekend – die opvatting dat die gemiddelde persoon slegs 10 persent van hulle brein benut. Die oorsprong van hierdie opvatting is onduidelik. Sommige mense is van mening dat die Amerikaanse skrywer Lowell Thomas daarna verwys het in ’n voorwoord van ’n uitgawe van Dale Carnegie se How to Win Friends and Influence People. Waar ookal die oorsprong daarvan was, die uitwerking en omvang van die mite is wydverspreid.

Wat is verantwoordelik vir wydverspreide verskille in intelligensie van mens tot mens? Die bekende 19de-eeuse sielkundige, William James, het voorgestel dat daar in almal ’n onderbenutte geestelike potensiaal moet wees. Sedertdien is James se navorsing en kamtige metafisiese spekulasie verkeerd verstaan en verkeerdelik aangehaal. Dit is selfs verkeerdelik toegeskryf aan geloofwaardige wetenskaplike persone soos Albert Einstein (Robynne Boyd. Do People Only Use Ten Percent of Their Brains?, Scientific American, 7 Februarie 2008).

Vermis in aksie?

Die waarheid is dat ons “so te sê 100 persent van ons brein gebruik” volgens Ph.Ds Sam Wang en Sandra Aamodt, neuroloë van Princeton en mede-skrywers vanWelcome to Your Brain (2009). Hulle redenasie, gebaseer op uitgebreide navorsing, is dat daar geen “onbenutte gedeeltes” van ons brein is nie en dat die werkende menslike brein basies volledig is.

Indien enige deel van u brein “in aksie verlore geraak het”, sê dr. Wang, “sal u dit agterkom – u sal jammer wees ... of, afhangende van watter deel dit is, mag u dalk nie jammer wees nie!” Neem ook in ag dat enige selle of spiere wat ons liggame nie gebruik nie, geneig is om te kwyn en dood te gaan, tog is die hele brein ’n aktiewe orgaan wat ongeveer een-vyfde van al die energie gebruik wat u liggaam produseer.

Ja, dit is waar dat ons, onder normale omstandighede, die hele brein gebruik wat “vreeslik wonderbaar is” (Psalm 139:14) wat God aan ons gegee het. Baie van die brein se prosesse is egter onbewustelik en werk op hulle beste sonder dat ons daarvan bewus is – hulle benodig nie wat ons gewoonlik aan dink as “hoë intelligensie” nie. In werklikheid kom abnormaal hoë intelligensie dikwels teen ’n prys, soos ons sien in sommige gevalle van outisme en soortgelyke neurologiese versteurings. Gestremdhede kan voorkom wanneer sekere dele van die brein té aktief is, of sonder die nodige inhibisie werk.

Gebruik dit of verloor dit!

Die ware sleutel tot verstandelike ontwikkeling is nie hoeveel van u brein u benut nie, maar hoe goed en hoe dikwels u u brein gebruik! Hoewel ervaring, opleiding, besering of onvermoë ons verstandelike vermoëns kan beperk, kan ons ware potensiaal om te leer, te groei en ons brein met nuttige inligting te vul, veel groter wees as wat die meeste van ons besef. Ons bereik daardie potensiaal deur harde werk!

Een gevaar van die “10 persent” mite is dat dit ons aandag kan aflei van hoe ons ons brein gebruik – asof “meer” belangriker is as “beter”. God se Woord gee aan ons baie beginsels wat aanmoedig in hierdie verband, soos die apostel Paulus se vermaning: “Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit” (Filippense 4:8). Gebruik u u brein om uself te verbeter? Ofstomp u u brein af deur dwelms en leë vermaak?

God het aan u ’n brein gegee – die orgaan waardeur u verstand funksioneer – Hy verwag ook van u om dit wys en nuttig te gebruik. Hy het aan u selfs meer as dit gegee! God het ook aan Christene ’n manier gegee waarop hulle die grense van die fisiese menslike verstand en brein kan oorskry, nie deur menslike inspanning of oppervlakkige belangstelling in die metafisiese nie, maar deur die gawe van God se Heilige Gees – wat die menslike gees verbind met wysheid wat ontoeganklik is vir die vleeslike mens (1 Korinthiërs 2:10-16).