Verstaan die menslike wesens werklik hulle ware potensiaal in ons hoë-tegnologiese wêreld?

Die kosmoloog Stephen Hawking glo “die ontwikkeling van volledige kunsmatige intelligensie [KI] kan die einde van die menslike ras uitspel”. Elon Musk, uitvoerende hoof van SpaceX en produksie ingenieur van Tesla Motors, waarsku dat KI een van die grootste bedreigings vir ons beskawing mag wees. Is sulke vrese geregverdig? Sal KI die ondergang van die menslike ras wees?

Gedurende die middel-20ste eeu het die bekende wetenskapfiksie skrywer, Isaac Asimov, gefrustreerd geraak met die algemene en eenvoudige wetenskapfiksie tema van versteurde robotte met “Frankenstein komplekse” wat teen hulle menslike meesters draai. Hy het ’n reeks kort stories (I, Robot, 1950) geskryf en bied daardeur nuwe perspektief van hoe en waarom KI teen die mensdom mag draai. Net soos die vrees vir KI wêreldoorheersing Asimov [se werk] voorafgegaan het, het dit hom oorleef en gaan dit steeds voort om die populêre verbeelding, rolprent na rolprent, te inspireer.

Rolprent-kritici bespot dikwels films soos Terminator, Oblivion en selfs die film-aanpassing van I, Robot as die oppervlakkige “Frankenstein monster” scenario wat deur Asimov betreur word. Hierdie films het nogtans gewild gebly, wat nie verrassend is nie, omdat dit hulle werklike voortgesette bekommernisse weerspieël.

Lees hierdie onlangse verklaring van The Economist: “Vrese dat die gruwels wat mense skep hulle meesters sal word, of hulle teregstellers, is glad nie nuut nie, maar ... met superrekenaars in elke sak en robotte wat op elke slagveld afkyk, lyk dit na selfmisleiding om dit as wetenskapfiksie af te maak” (9 Mei 2015).

Watter gevaar is groter?

Wat behoort ons meer bekommerd te maak, ons steeds meer verbasende masjiene en rekenaars, van selfone tot speelgoed tot wapen-stelsels, of ons eie menslike natuur? Van I, Robot tot Terminator en daarna, deel hierdie stories ’n ontnugterende ondertoon wat verder strek as eenvoudige moorddadige masjien-chaos. Hulle stel voor dat KI kan besluit om oor te neem, nie net om homself te beskerm nie, maar selfs om sy robotmissie te vervul om die mensdom teen selfvernietiging te beskerm, al sou dit slawerny van dieselfde lewensvorms beteken wat dit bedoel was om te beskerm.

Gegewe hierdie vrese, tesame met moderne vooruitgang in tegnologie, is dit geen verrassing dat kommentators van baie terreine vra: Wat is KI se beperkings? Sal masjiene eendag menslike emosies ten volle herken en dit selfs volmaak kan naboots of ontwikkel? Wanneer, indien ooit, sal die mensdom se skeppings die intelligensie ontwikkel om sake in eie hande te neem, onstuitbaar deur hulle menslike skeppers?

Albert Einstein, die befaamde fisikus en teoretikus, het eenkeer gesê: “Ek weet nie met watter wapens die Derde Wêreldoorlog geveg sal word nie, maar die Vierde Wêreldoorlog sal met stokke en klippe geveg word”. Selfs tydens Einstein se tyd het kernwapens die mensdom binne bereik van sy eie volledige uitwissing geplaas – met of sonder die hulp van KI.

Die Bybel sê nie spesifiek aan ons watter soort tegnologie direk in ons tydperk se laaste groot geveg betrokke sal wees nie. Hoewel dit pynlik duidelik gemaak word dat, ten spyte van ons groot vordering, wanneer ons aan onsself oorgelaat word sal ons uiteindelik ons “wandel op die aarde verderwe” (Genesis 6:12) en onsself uiteindelik vernietig (Mattheüs 24:21-23).

Dit verseker ons ook dat ons eie “intelligente masjiene” ons nie eers sal kan red nie. Ons enigste redding sal uit ’n ander bron kom: Ons God en Skepper, wie nog in die proses is om ons te vorm en te ontwikkel sodat ons eendag ’n beter manier kan aanleer om ons menslike intelligensie te gebruik.

Daardie beter manier behels eerstens ’n “uitverkorene” wat nou deur God geroep word – maar sal uiteindelik almal insluit wat besluit om dit te aanvaar. God het dit van die begin af beplan (1 Petrus 1:17-20) en vir elkeen van ons begin dit met Jesus Christus. Sal u vandag begin om u ware potensiaal te leer ken?