Die ernstige verhaal van Sodom en Gomorra beskryf God se brandende verwoesting van twee stede as gevolg van hulle uitermatige sondige praktyke (sien Gen. 18-19). Bybelse profete het by herhaling die verwoesting van Sodom en Gomorra gebruik as die allerlaaste voorbeeld van God se oordeel oor sondige mense (Jes. 13:1-22; Jer. 50:35-40). Die apostel Petrus verklaar dat hierdie stede tot puinhope verander is as ’n waarskuwing aan diegene wat hulle lewenswyses wil navolg (2 Pet. 2:6).

Vir duisende jare het hierdie intense beskrywing sekere gedragspatrone afgeskrik. Tog het menigte weer die afgelope dekades hierdie ontnugterende waarskuwings verwerp, dit geïgnoreer, of selfs as fabels en bygelowigheid afgemaak. “Voortvarende” mense bevorder vandag dieselfde lewenstyl wat die goddelike verwoesting van die stede Sodom en Gomorra tot gevolg gehad het! Die Bybel het voorspel dat dit sou gebeur - en verduidelik waartoe dit sal lei - in profesieë wat vandag werklikheid word!

Hoekom het God vuur en swael op Sodom en Gomorra laat reën? Baie het die ware rede vergeet of verkies om dit te ignoreer. Die Bybel verklaar dat toe verskeie mans gestop het om ’n besoek te bring aan ’n man met die naam Lot, het “die manne van Sodom, die huis omsingel. En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken” (Gen. 19:4-5). Die meeste verklarende woordeboeke van die Bybel erken dat die mans van Sodom se bedoeling was om hulle homoseksuele drange te bevredig. Alhoewel Lot geantwoord het, “My broers, moet tog nie kwaad doen nie” (Gen. 19:7), het die manne van Sodom probeer om spesiale boodskappers van God seksueel te misbruik (Gen. 19:1). As gevolg van hierdie “uiters goddelose en sondige” gedrag (Gen. 13:13) is die stede van Sodom en Gomorra skielik en totaal vernietig deur ’n daad van God (Gen. 19:24-25).

Hierdie is nie die enigste voorbeeld van goddelike straf vir wat baie vandag die term “alternatiewe” lewenstyl gebruik nie. Manne van die stam van Benjamin het die les van Sodom en Gomorra vergeet en ’n soortgelyke fatale fout begaan. Toe ’n reisende Leviet losies gesoek het in Gíbea, “omsingel die manne van die stad, slegte manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken” (Rig. 19:22). Nadat hulle versoek geweier is het hulle die Leviet se byvrou die hele nag beken en mishandel totdat sy gesterf het (Rig. 19:24-27). Hierdie roekelose daad van seksuele aggressie het ’n burgeroorlog ontketen wat bykans die hele stam van Benjamin vernietig het (Rig. 20).

Die Bybel verduidelik waarom God so ’n verskriklike straf oor Sodom, Gomorra en Gíbea gebring het. Die wette wat God aan Moses gegee het bevat baie duidelike verbodsbepalings teen homoseksualiteit. Levitikus 18:22 gelas: “Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel”. (Lev. 20:13; Deut. 23:17). Hierdie instruksies en swaar strawwe was bedoel om optredes te voorkom en te ontmoedig wat die Bybel as boos, pervers en ’n goddelose gruwel beskryf. Dit is nie net Moses se mening nie; dit is wat God gesê het. Hierdie Bybelse instruksies bevorder nie haat teen indiwidue nie, maar is ontwerp om sekere gedrag te stigmatiseer wat skadelik vir die mens en samelewing is. Hierdie goddelike openbarings het baie menslike samelewings vir duisende jare gelei - tot onlangs!

In die afgelope paar dekades het ons verstommende sosiale veranderings gesien - veral in die “Christelike” nasies van Noord-westelik Europese afkoms. Vandag aanskou ons die groeiende verdraagsaamheid en aktiewe bevordering van homoseksuele gedrag - selfs deur die geestelike leiers. Homoseksuele mans en lesbiese vrouens word toegejuig as hulle in die openbaar erken dat hulle homoseksueel is. Kollege studente word aangemoedig om te eksperimenteer met homoseksuele verhoudings. “Gay pride” optogte word geloods vanaf London tot San Francisco asook tot in Sydney. Wat lank as ’n perversie beskou is word nou as aanvaarbare, normale “alternatiewe” lewenswyses voorgehou. Maar, daar is selfs nog meer op pad!

Homoseksuele politieke drukgroepe wil selfde-seks verhoudings as die wetlike eweknie van heteroseksuele huwelike erken hê. Wette hangende in Swede en Kanada sal enige negatiewe verwysing na homoseksualiteit ’n misdaad maak (WorldNetDaily, Okt. 21, 2002). Onder sulke wette sal sekere Bybelverse as “haatliteratuur” gekwalifiseer word, en om die Bybel aan te haal sal dalk ’n misdaad wees. Hoofstroom Christenkerke beplan om selfde-seks “huwelike” te ondersteun al sou dit beteken dat dit ’n groot uittog van lede sou beteken wat dit sien as ’n grootskaalse verwerping van bybelse opdragte (London Daily Telegraph, Nov. 4, 2002). Vandag het kweekskole en gemeentes baie homoseksuele predikante, wat eenvoudig nie bybelse leringe glo of volg nie.

Baie verwelkom hierdie onlangse en skokkende ontwikkeling as ’n teken van vooruitgang en modernisering. Tog behoort enigeen met ’n aanvoeling van die geskiedenis en kennis van die Skrif van beter te weet. Jesaja verwys na die moreel ontaarde nasie van Israel as “owerstes van Sodom! ... volk van Gomorra!” (Jes. 1:10). Hy verklaar hulle ’n “sondige nasie” (1:4) wat “oortree” het teen hulle God (1:2). Hy sê “hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek” (3:9) - hulle het geen skaamte nie en sien niks verkeerd met hulle optrede nie! Dit is presies waar ons vandag is. Jesaja het ook gewaarsku: “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg” (5:20). Onlangs, gedurende ’n debat oor homoseksuele pare wat kinders aanneem, is ’n Britse Parlementslid belaster. Hy het gesê dat konvensionele huwelike, volgens alle bewyse, die mees stabiele agtergrond verskaf vir die opvoeding van kinders (Daily Telegraph, Nov. 5, 2002). ’n Redaksionele weeklaag “tot watter laagtepunt het ons gekom wanneer ’n Tory voorsitter veroordeel word as vieslik omdat hy die verblindende vanselfsprekende stel” (ibid). Een Britse selferkende homoseksuele verslaggewer het die hele debat oor homoseksuele wat kinders aanneem afgemaak as “politieke korrektheid wat gekheid is” en ’n “verkeerde behebtheid met gelykheid” waarin “mense bang is om die waarheid te praat” (ibid).

Lank gelede het die Bybel voorspel dat hierdie tragiese situasie sal ontstaan en hoekom dit gaan gebeur. Moses het ons Israelitiese voorouers gewaarsku: “Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom” (Deut. 31:29). Die apostel Paulus verduidelik dat omdat mense “dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie” (Rom. 1:28) - insluitend dinge soos homoseksualiteit (Rom. 1:24-27). Hierdie handelswyses floreer waar God se wette verwerp word. Die aanvaarding van homoseksuele lewenswyses het hand aan hand gegaan met die verval van bybelse godsdiens soos ons dit die afgelope dekades sien.

Baie het vandag vergeet dat Jesus praat van ’n komende oordeel (Matt. 10:14-15). God stel dit duidelik: “En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid (Jes. 13:11). Hy het voorspel dat die antieke stad Babilon vernietig sou word soos Sodom en Gomorra (Jes. 13:19-20), en dat ’n toekomstige eindtydse Babilon dieselfde lot tegemoet gaan as gevolg van verregaande sondes (Op. 11:8; 18:1-8). Die profeet Amos het voorspel dat sondige Israelitiese nasies omvergewerp gaan word net soos Sodom en Gomorra. Omdat ons God se instruksies verwerp het, roep Amos uit: “maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel! (Am. 4:11-12). Die storie van Sodom en Gomorra is bedoel om ’n kragtige les oor te dra: dat ongehoorsaamheid aan God se wette tragiese gevolge meebring. Tensy ons ons bekeer van ons moderne terugkeer na die weë van Sodom, toon die Bybel profesië wat vandag vervul word, dat ernstige gevolge net om die draai lê!