Op 23 Junie 2016 het die Verenigde Koninkryk in ’n referendum gestem oor die gewigtige vraag: “Behoort die Verenigde Koninkryk ’n lid van die Europese Unie te bly of die Europese Unie te verlaat?” Die skokkende uitslag, met 52% teen 48%, was ten gunste daarvan om die EU te verlaat. So het ’n ongekende nasionale opskudding van geskiedkundige (en selfs “histeriese”) afmetings, as ’n uitgerekte en ingewikkelde proses van bevryding begin.

Dit is omtrent soos ’n egskeiding. Wanneer dit duidelik is dat ’n huwelik verby is, dan kom die pynlike proses van onderhandeling oor die voorwaardes van die egskeiding. Artikel 50 van die Verdrag van Lissabon bepaal dat ’n lid-land wat die EU wil verlaat, die Europese Raad amptelik in kennis moet stel vanaf watter datum onderhandelings kan begin en dit behoort binne ’n tydraamwerk van twee jaar afgehandel te wees. Artikel 50 was amptelik deur Brittanje aan die einde van Maart 2017 opgeroep na ’n uitgebreide parlementêre debat en ’n suksesvolle stem ten gunste van die amptelike bekendstelling van Brexit. “Egskeidings”-prosedure is daarna in alle erns begin, met elke vooruitsig om moeilik en uitdagend te wees.

Dit bring ’n baie belangrike vraag na vore: Kan Brittanje buite die EU oorleef en floreer of lui hierdie pynlike en komplekse “egskeiding” die doodsklok van ’n eens groot nasie? Sal dit ’n selfvernietigende ineenstorting wees wat onherstelbare skade aan komende geslagte sal veroorsaak? Vir ’n duidelike en reguit antwoord kan u oor premier Theresa May se groot visie van ’n nuwe “Globale Brittanje” lees wat duidelik uiteengesit word deur twaalf eenvoudige doelstellings in haar Brexit toespraak van 17 Januarie 2017.

Dit hang van die oorkombaarheid van vier groot struikelblokke af of hierdie suksesvolle toekoms kan realiseer of nie. Kom ons noem dit seëninge, aangesien Brittanje nie kan voortgaan om voorspoedig te wees sonder hierdie seëninge op die nasie se pogings nie.

Die mense se goedkeuring

Terwyl net meer as die helfte van die VK verheug is om die EU te verlaat, is ’n bietjie minder as die helfte nie verheug nie en sal byna enige iets doen om daardie besluit om te keer. Mev. May se regering is egter ondubbelsinnig: Brittanje het gepraat en sy uitdruklike wil moet gestand gedoen word! Brittanje verlaat die EU! Brittanje is van plan om vir ’n heeltemal nuwe status te onderhandel as ’n soewereine nasie wat met die EU sal handel dryf. Sal die nasie sy gesamentlike goedkeuring op hierdie positiewe toekoms gee?

Brittanje is ’n demokrasie waarin die wil van die mense uitgespreek word deur die parlement. Wat die parlement sê, word gedoen! Brittanje het besluit dat die parlement toestemming moet gee om Brexit-onderhandelings te begin. Die parlement het daarop aangedring om deurlopend op hoogte gehou te word tydens die verloop van die onderhandelings en sal ’n sê hê in die goedkeuring daarvan – of andersins – op die finale uitslag, wanneer dit ookal in 2018 of 2019 plaasvind. Dit sal na verwagting ’n uitdagende en verbete proses wees, met talle geleenthede om die algehele reis na skeiding te dwarsboom of selfs te ontwrig. Sal die parlement uiteindelik hulle goedkeuring oor die Brexit-proses gee?

Die regerende Skotse nasionaliste, noord van die grens, is vasbeslote om hulle eie (tweede) referendum uit te roep oor wegbreking van die VK iewers gedurende die volgende twee jaar. Hulle voorneme is om die Brexit-onderhandelings te dwarsboom en dit as ’n verskoning te gebruik om die VK te verlaat. So ’n stap kan dus lei tot die verbrokkeling van die Verenigde Koninkryk. Net die tyd sal leer of die Skotte hulle goedkeuring aan Brexit sal gee.

Europa se goedkeuring

Ons behoort nooit die vasberadenheid te onderskat wat die EU se leierskap vir hulle visie van ’n “steeds hegter unie” het nie. Die jaar 2017 het die viering van die EU se 60 jaar van vordering in die rigting van hierdie doel gesien. Terwyl sommige mense vra of Brittanje buite die EU kan oorleef, vra ander weer of die EU sonder Brittanje kan oorleef. Gewilde bewegings in Frankryk, Holland, Italië en selfs Duitsland sou graag Brittanje se voorbeeld wou volg indien hulle net kon. Teen die tyd dat die verkiesings in al hierdie lande afgehandel is, sal ons die stand van die EU duideliker sien.

Gevolglik is die EU in geen bui om gaaf te wees nie. Sommige mense sou graag wou sien dat Brittanje gestraf word omdat hulle dinge “deurmekaar krap”, maar so ’n skuif kan die oorlewing van die Unie in sy huidige vorm bedreig. Brittanje het ook gewaarsku dat “geen ooreenkoms” verkiesliker as ’n “slegte ooreenkoms” sal wees. Watter een sal dit dus wees? Sal die EU die Brexit se “partytjie” bederf en sy goedkeuring effektief weerhou of sal wyser raadgewings oorheers, wat tot ’n vriendskaplike en akkommoderende “egskeiding” in die beste belang van albei partye sal lei? Ons behoort te onthou dat die finale uitspraak oor die Brexit-onderhandelings ’n eenparige goedkeuring van al die ander 27 EU-lande moet wees. Dit is ’n groot “vraag” om die minste te sê!

Die wêreld se goedkeuring

Aan die hart van Brexit lê die oortuiging dat Brittanje dit alleen kan hanteer as “Globale Brittanje” en homself weer op die wêreldtoneel herstel as die groot handelsnasie wat dit eens was. Brittanje het ’n globale mentaliteit in sy DNA en het in die verlede aansienlik ondervinding en ervaring opgedoen in die “metode” om demokrasie, vryheid en handel te verdedig. Brittanje lê na aan die hart van die 52-nasie Statebond en sit in die voorste gestoeltes van die Verenigde Nasies.

Sodra die Brexit-proses voltooi is, wink bilaterale handelstransaksies met die meeste ander nasies – groot en klein. Die V.S. president, Donald Trump, het aangedui dat Amerika, Brittanje voor in die ry sal plaas om vinnig ’n effektiewe handelsooreenkoms in plek te stel. Op die wêreldwye handelsfront lyk die toekoms ná Brexit rooskleurig. Dit lyk asof die meeste van die wêreld se handelsnasies gereed is om hulle goedkeuring aan ’n nuwe “Globale Brittanje” te gee.

God se seën

Dit is ’n groot versoeking om te dink dat God in ieder geval nie te veel oor enigiets van Brexit omgee nie. Dit is egter nie die geval nie. Oortuigende bewyse dui daarop dat Brittanje (saam met Amerika) die ontvanger van God se merkwaardige geboortereg-seëninge aan Abraham deur sy kleinseun (Jakob/Israel) en sy agterkleinseun Josef, was (Génesis 48:13-22). Jakob was God se “oogappel” (Deuteronómium 32:9-10). Dit dui daarop dat God baie omgee vir Brittanje se vooruitgang.

Regdeur die Skrif het God Israel gewaarsku om Hom nie te vergeet of van Sy Wette af te wyk nie. Dit is vandag nóg so. Ons behoort nooit die belangrikheid van God se seëninge op die wêreldtoneel te onderskat nie en nog minder wat gebeur wanneer daardie seëninge teruggetrek word.

Brexit vind plaas teen ’n agtergrond van algehele wêreldwye agteruitgang. Die mensdom leef reg aan die einde van sy toegestaande tyd. Die geprofeteerde tyd van “benoudheid vir Jakob” (Jeremia 30:7) word in die konteks van merkwaardige eindtydse gebeure gestel (verse 30:24) wat die Wederkoms van Jesus Christus insluit om oor die aarde te heers (Jeremia 33:15-16) asook die opstanding van Dawid om die koning (30:9) oor ’n nuwe verenigde nasie van Israel (Jeremia 30:3; 31:27-28) te wees, met wie God ’n nuwe verbondsverhouding sal aangaan (31:31-34).

Sal Brexit ten spyte van die beste voornemens, tog ontwrig word en deur onvoorsiene ontwikkelinge oorgeneem word namate die wêreld progressief deur die eindtydse gebeure verswelg word?

Ons wens Brittanje alle voorspoed toe. Moenie die belangrike omvang van God se seën en die konteks van vervulling van eindtydse profesieë vergeet nie. U kan baie meer oor hierdie konteks lees deur aan ons te skryf en u eie gratis boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?, te bestel.