VRAAG: Watter verband is daar enigsins tussen kleurryke eiers en hasies en Christus se dood en opstanding?
 

ANTWOORD: Enigiemand wat met biologie vertroud is, sal dadelik weet dat konyne nie eiers lê nie. Wat het daardie simbole in gemeen? Konyne is bekend vir hulle vermoë om vinnig aan te teel en eiers word as ’n simbool van vrugbaarheid beskou.

Wat het vrugbaarheid met Paasfees te doen? Baie mense wat die vakansiedag vier, besef nie dat Paasfees glad nie ’n Bybelse vakansiedag is nie. Dit is oorgeneem uit voor-Christelike vierings van vrugbaarheid tydens die lente, wat toegewy was aan heidense godinne met name soos Ishtar, Astarte en Ostara, van wie die naam “Paasfees [Easter]” afgelei is. Diegene wat die beeldspraak gebruik van “Son rise” en “sunrise”, mag dalk nie daarvan bewus wees dat hulle “sonsopkoms”-dienste op Paasoggend, wanneer hulle tydens hulle aanbiddingsdiens in die rigting van die opkomende son draai, direk in die Skrif veroordeel word nie. In Eségiël 8:14-16 vind ons dat die Israelitiese vroue in ’n sonsopkoms-erediens “Tammus beween” [huil], ’n praktyk wat God sê Hy verafsku.

Word die slegte goed gemaak?

“Wel, ons ‘doop’ net ’n heidense gewoonte en maak dit Christelik”, mag sommige mense sê. Wat sê God egter oor daardie benadering? Die profeet Jeremia het die baie duidelike en reguit opdrag van God opgeteken: “Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie” (Jeremia 10:2). Hy maak dit net so duidelik in Deuteronómium 12:29-32, waar Hy sê dat Hy nie aanbid wil word op die manier wat die heidene hulle eie gode aanbid nie.

Wil God dus hê dat Christene Hom op Paassondag aanbid? U mag verbaas wees om te hoor dat daar nêrens in die Bybel enige iets opgeteken is oor aanbiddingsdienste op Paassondag nie en dat ons nie vandag enige opdrag het om op hierdie manier te aanbid nie! Soos gereelde lesers van hierdie tydskrif weet, het Christus gesterf en is Hy kort voor sononder op ’n Woensdag in die graf gelê, nét voor die aanvang van die jaarlikse Heilige Dag wat bekend is as die Eerste Dag van Ongesuurde Brode (sien Levítikus 23:6). Ons weet uit die Skrif dat Jesus drie dae en drie nagte – 72 uur – in die graf was, wat beteken dat Hy Saterdag voor sononder opgestaan het! Teen die tyd dat die vroue Sondagoggend by die graf gekom het, het Hy alreeds opgestaan (Matthéüs 28:1-8)!

Nadat die skrifgeleerdes en die Fariseërs daarop aangedring het dat hulle ’n teken van Christus se Messiasskap wou sien, het Hy gesê dat Hy aan hulle “die teken van die profeet Jona” sal gee (Matthéüs 12:39; Johannes 2:19). Hy het inderdaad gesê dat dit die enigste teken is wat Hy sal gee. Jona was drie dae en drie nagte in die groot vis se maag en Christus sou ook vir so lank in die graf wees. Let daarop dat dit ook die latere gebruik van “Goeie Vrydag” as ’n onbybelse fiksie ontbloot, aangesien ’n Vrydag-begrafnis sou beteken dat Christus tot Maandagaand in die graf moes wees. Die Skrif toon egter duidelik dat die graf alreeds leeg was toe die vroue Sondagoggend daar opgedaag het. (U kan hierdie onderwerp in meer diepte bestudeer deur gebruik te maak van ons gratis boekie Paasfees: Die storie wat nie vertel is nie. Dit is eersdaags beskikbaar wees by ons lokale streekkantoor. Die lys van kantore verskyn op bladsy 2.

Hoe Christene onthou

Indien Paassondag dus ’n valse gebruik is en Christene nie die gebruike van heidense kulture rondom hulle behoort na te boots nie, hoe behoort Christene dan Christus se offer te herdenk? Weereens openbaar die Skrif die antwoord: Die apostel Paulus het vir Christene in Korinthe gesê: “... want ook ons paaslam [pasga-lam] is vir ons geslag, naamlik Christus” (1 Korinthiërs 5:7). Tydens Sy laaste pasga-maaltyd saam met Sy dissipels het Christus die nuwe simbole van brood en wyn ingestel wat Sy liggaam en Sy bloed simboliseer (Matthéüs 26:26-28). Later het die apostel Paulus die Christene in Korinthe daaraan herinner dat hierdie jaarlikse onderhouding van die Pasgafees die wyse is waarop ons Christus se offer behoort te herdenk (1 Korinthiërs 11:23-26).

Christus se liggaam is gebreek vir ons genesing (Jesaja 53:5) en Sy bloed is vergiet tot vergewing van ons sondes (Matthéüs 26:28). Christene behoort nie ’n nie-Christelike vakansie te vier deur die gebruik van hasies en eiers en ander simbole van vrugbaarheid wat uit heidense rites oorgeneem is nie. Hulle behoort die Pasga, soos dit deur Christus en die Apostels beveel is, as die ware herdenking van Sy offer te onderhou.