Waarom woon u ’n spesifieke kerk by? Trouens, waarom gaan u enigsins kerk toe? Bowenal, wat sou die lewende God van u verwag?

Die meeste mense woon bloot die kerk by waarheen hul ouers, vriende of familie gegaan het. Tog gaan miljoene mense egter deesdae vir meer persoonlike redes kerk toe. Ek het onlangs met my buurman gesels en hy sê vir my: “Ons het ’n kerk probeer vind wat die beste program vir die jeug aanbied. Aangesien ons kinders het, behoort dit nie die belangrikste oorweging te wees nie?”

Ander mense probeer kerke opspoor wat meer met die tyd tred hou, wat modern en opwindend is, of wat meer aktiwiteite en beter musiek het. Ons dra almal kennis van die groot “mega-kerke” waar tot 10,000 mense byeenkom – genoeg mense om ’n klein stad te vul. In daardie kerke kan mens vir jare bywoon sonder om die meeste van die ander gemeentelede te leer ken. Ook is daar waarskynlik baie min klem op, of geleentheid, vir interaksie of berading met die leraar, of om deel te wees van ’n intieme “familie” kerkgangers wat mekaar verstaan en vir mekaar bid.

Dink daaraan!
Waarom het God ’n Kerk? Wat is die doel daarmee? Waarom het die vroeë Christene na baie “ongewilde” plekke gegaan en selfs hul lewens gewaag om in die geheim in huise, klein gehuurde sale of selfs in grotte byeen te kom? Ons weet dat tienduisende Christene wat Romeinse vervolging gevrees het, letterlik in grotte langs die Appiese Weg in Rome en elders byeengekom het. In daardie vroeë eeue is baie Christene letterlik doodgebrand of in die openbaar vir wilde diere gegooi en tot die dood toe gemartel! Hulle moes ’n baie spesiale rede gehad het om “kerk toe te gaan” en bereid te gewees het om skande en selfs die dood te trotseer. Dit is nodig dat ons almal daaraan oorweging skenk!

Ons moet besef dat God wil hê dat ons – deur Sy ware dienaars en Sy ware Kerk – moet leer aangaande Sy ware doel vir ons lewens, en hoe om daardie doel te verwesenlik. Aangesien God ’n hele kwart van die Bybel aan profesie wy, is dit duidelik dat Hy wil hê dat ons Sy doel met hoe Hy wêreldgebeure lei moet bestudeer en verstaan. Onthou Jesus se opdrag, “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Lukas 21:36).

Toe Jesus Christus in die vlees gekom het, het Hy gereeld op die Sabbat saam met ander Jode in die sinagoge byeengekom. Die Evangelie volgens Lukas sê vir ons: “Jesus het na Galilea toe teruggegaan vol van die krag van die Gees, en berigte oor Hom het deur die hele omgewing versprei. Hy het die mense in die sinagoges geleer, en almal het met lof van Hom gepraat. Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte washet Hy op die Sabbatdag na die sinagoge toe gegaan. Toe Hy opstaan om uit die Skrif voor te lees, is die boek van die profeet Jesaja vir Hom aangegee” (Lukas 4:14-17 NV).

Dit was dus Jesus se “gewoonte” om op die sewendedagse Sabbat saam met Sy mede-Jode te aanbid. Toe Sy tyd aanbreek – as ’n volwasse manlike Jood – om God se Woord gedurende die Sabbatdiens te lees, is die boek Jesaja vir Hom gegee. Nadat Hy ’n gedeelte gelees het wat trouens Sy bediening voorspel het, het Jesus hulle toegespreek: “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul” (vers 21 NV).

Jesus het na die boek Jesaja as die “Heilige Skrif” verwys – die einste woord van God! Hy onderrig, “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Mattheus 4:4). Hier het die Seun van God, wat ons die “Ou-Testament” noem, as geldige Skrif verklaar – en Hy sê ons moet volgens daardie geïnspireerde Skrif leef! Alle ware Christene – opregte navolgers van Jesus Christus – moet dus bereid wees om te leef volgens die geïnspireerde leringe van die Skrif, soos Jesus opdrag gegee het.

Die oorspronklike, ware Kerk was vir eens en altyd gebaseer op die lering en verkondiging van die geïnspireerde woord van God! Die dienaars en ouderlinge het die Bybel ten tye van die dienste verduidelik en uitgelê – deur regstreeks uit die Bybel te lees en deur te wys wat die Bybel se ware verduidelikings van die doel van die lewe, die wette van God en Sy plan met ons almal se lewens is. Kerkdienste het selde, indien ooit, klem gelê op geskiedenis, filosofie of die “tradisies van mense”.

Hoewel kerkkore en aktiwiteite beslis aangenaam kan wees, is kerkdienste slegs van ware nut tot die mate waarin dit die Bybel ten volle verduidelik, gelowiges vermaan eninspireer om werklik te glo en gehoorsaam te wees aan die woorde van die Bybel en om Christus toe te laat om Sy lewe in hulle te laat leef deur die Heilige Gees (Galasiërs 2:20). Gesellige samesyn en vriendskap is wonderlike eienskappe van die ware Kerk van God, maar daardie soort menslike interaksie word ook in die Rotary- of Lionsklub en ander sosiale forums aangetref. Om voor die Skepper te kom om Hom te aanbid en Sy Waarheid te leer, is op ’n heel ander vlak!

Jesus het vir ’n nie-Joodse vrou wat God op ’n “ander” manier aanbid het gesê: “Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbidmoet in gees en waarheidaanbid” (Johannes 4:21-24).

Om die Christus van die Bybel dus werklik na te volg, moet ons God “in gees en waarheid aanbid” (vers 24). En wat is die “Waarheid?” Jesus Christus het verkondig, “Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid” (Johannes 17:17).

Indien u die God van die Bybel en Sy Seun Jesus Christus opreg wil dien en aanbid – indien u Hul seën en beskerming werklik wil hê in die gevaarlike tyd wat voorlê – moet u ernstig, aanhoudend en eerlik probeer om die Kerk op te spoor wat Jesus Christus op die been gebring het, waarvan Hy die lewende Hoof is (Efesiërs 1:22), die Kerk wat werklik Sy volle Waarheid verkondig en onderrig (Handelinge 28:30-31) en wat vandag Sy Werk op aarde doen! U moet bereid wees om die ware God eerlik en ywerig te “soek”. U moet bereid wees om Hom te dien en te aanbid soos Hy in Sy geïnspireerde woord openbaar!

Dit is moontlik uit die aard van die saak “geriefliker” om die kerk van u familie of vriende by te woon, of om na die naaste kerk in u buurt te gaan. Dit mag “lekkerder” wees om ’n kerk by te woon wat ’n groot koor of baie aktiwiteite het. Tog waarsku die Christus van die Bybel ons ernstig, “En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?” (Lukas 6:46). Waarom dan ’n kerk bywoon waar hele gedeeltes en boeke van die Bybel selde, indien ooit, deeglik gedurende die dienste verduidelik en uitgelê word? Waar die mense wat bywoon nie werklik hul lewens, denke en optredes verander as gevolg van die kragtige prediking van God se woord nie? Waar ’n kwart van die hele Bybel, wat geïnspireerde profesie is, selde verduidelik word? Waar die lidmate feitlik geen insig kry dat ons nou in die “laaste dae” leef nie? Waar hulle nie gewys word wat die besondere gebeure is wat Christus se Wederkoms na hierdie aarde sal voorafgaan en waarvoor hulle “op die uitkyk” moet wees nie?

Waarom sal enigeen inderdaad sy of haar tyd in so ’n plek vermors?

Namate die profetiese gebeure van die eindtyd momentum kry – namate die geprofeteerde droogtes, aardbewings, siekte-epidemies en dade van terrorisme ons al meer begin raak – sal die handeklappende, singende mense in die een of ander naburige kerk u “red”? Wie kan u en u geliefdes werklik beskerm indien u nie bereid is om na die God van die Bybel te soek en Hom “in gees en Waarheid” te aanbid nie?

Deur die Wêreld van Môre-tydskrif en hierdie Werk is in aanraking gebring met die ware Kerk van God. Indien God in die proses is om u verstand werklik te open en indien u die moed het om te reageer op die Waarheid, moedig ek u aan om dit “deur te voer”. Gaan dít wat ons sê selfs dieperna. Bewys dít wat ons onderrig uit u eie Bybel. Ons lering kan maklik uit die Bybel self bewys en bekragtig word – omdat dit die Waarheid is.

Ek moedig u aan om vandag te skakel of te skryf en meer van ons gratis literatuur aan te vra. Soos u seker reeds agtergekom het, is al ons literatuur heeltemal gratis. Indien u werklik meer wil verstaan, is daar twee boekies wat van wesenlike belang is wat ek graag wil hê u moet aanvra. Hervestig die Christenskap van die Apostels sal u oë open vir wat werklik met die “hoofstroom” Christendom gebeur het en wat ’n ware Christen te doen staan. Waar is God se ware Kerk vandag? sal duidelik – met spesifieke bewyse uit die Bybel – toon wat die wesenlike identifiserende eienskappe van God se ware Kerk is sodat u kan sien waar daardie Kerk vandag is.

Namate die profetiese gebeure waarvan hierdie Werk u inlig voortgaan om te gebeur en in intensiteit toeneem, en namate God u verstand open vir die groot Plan wat Hy besig is om uit te werk, maak seker dat u reageer. God vertel ons in baie verskillende gedeeltes van Sy geïnspireerde woord om te handel volgens die Waarheid. “En worddaders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie” (Jakobus 1:22).
Mag God u die insig, die geloof en die moed gee om op te tree!