“Alle kerke wat ons veroordeel sal gesluit word ... Ons sal julle seuns sodomiseer ... Ons sal hulle verlei in julle skole, in julle slaapsale, in julle gimnasiums, in julle kleedkamers, in julle sportarenas, in julle lesingsale, in julle jeuggroepe ..”.

Toe “gay-aktivis” Michael Bronski hierdie skokkende stellings in Boston se Gay Community News in Februarie 1987 neergepen het, het hy dit bestempel as “’n wrede fantasie; ’n uitbarsting van innerlike woede”. Ondersteuners het sy woorde afgemaak as blote “satire” of spotskrif.

Dink daaraan! Indien omtrent enige ander beweging sodanige buitensporige stellings kwytgeraak het, sou dit vermy – of selfs verban en vinnig tot niet gemaak gewees het. Nogtans het die baie slim leiers van die homoseksuele beweging bykans ongeëwenaarde sukses behaal om hul lewenstyl en hul doelstellings aanvaar te kry, terwyl hulle die basiese struktuur van Amerikaanse lewe – die huisgesin, kinders, ’n normale huislike lewe en alles waarvoor dit staan, aanval. Homoseksuele aktiviste het ongeëwenaarde invloed oor die media verkry. Nou verkry hulle selfs nog meer mag deur die howe, deur ons skole en kolleges en selfs in die kerke!

Wat probeer hulle bereik? Jesus Christus het gesê: “Aan hulle vrugte sal julle hulle ken” (Mattheüs 7:16). Wat is die werklike “vrugte” – die gevolge – van ’n homoseksuele lewenswyse? Homoseksuele propageerders probeer om hierdie onderwerp te vermy of te verdraai, maar elke eerlike navorser sal erken dat die gemiddelde manlike homoseksueel in sy leeftyd omtrent 50 seksmaats het! Dit is minstens twaalf keer meer as die gemiddelde heteroseksuele man. Hierdie veelvuldige seks-eskapades van die homoseksuele – dikwels in openbare badkamers en toilette met mans wat hulle nie eens ken nie – loop uit op die verspreiding van VIGS en ander siektes teen ’n veel hoёr tempo as onder heteroseksuele persone. Soos Dr. Jeffrey Satinover, M.D. berig in sy uitstekende en goed nagevorsde boek, Homosexuality and the Politics of Truth, “homoseksuele mans is buite verhouding vatbaar vir ’n groot klomp ernstige en soms dodelike infeksies, veroorsaak deur die indringing van stoelgang in die bloedstroom. Hierdie infeksies sluit in Hepatitis B en ’n hele aantal andersins seldsame toestande, soos shigellosis en Guardia lambliale infeksie wat gesamentlik bekend staan as ‘Homofiel (Gay) dermsindroom’. ’n Belangrike oorsig-artikel som dit sό op: ‘As gevolg van hul groter getal seksmaats en seksuele praktyke soos anilingus en anale geslagsomgang, het homoseksuele mans ’n besondere groot kans op besmetting met Hepatitis B, giardiasis, ambebiasis, shigellosis, campylobacteriosis en anorektale infeksies met Neisseria gonorrhoeae, Chlamydia trachomatis, Treponema pallidum, herpes simpleks virus en menslike papillome virusse” (bl. 67-68).

Satinover – ’n hoogaangeskrewe mediese dokter en psigoanalis – demonstreer duidelik dat homoseksuele aktiwiteite tot ’n groot aantal ernstige siektes en ander fisiese probleme lei, asook ’n baie korter lewensduur. Vriende en familielede van homoseksuele betoon aan hulle ’n groot dosis liefde – en “haat” hulle nie – indien hulle hul kan help verstaan watter onherstelbare skade hulle perverse lewenstyl aan hulle doen en hulle kan help om dit vaarwel toe te roep.

Wees eerlik – wat kan die “vrugte” of gevolge wees indien elkeen ’n homoseksuele lewenstyl beoefen? Watter soort lewens sal die mans en vrouens van hierdie wêreld leef?
Absolute waardeloosheid!

Die werklike doel van u lewe

Die Ewige God het mans en vrouens na Sy beeld geskape (Genesis 1:26). Hy het ons manlik en vroulik gemaak. Een van God se eerste take was om die huwelik tussen man en vrou as die basiese struktuur van die menslike samelewing in te stel. “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees” (Genesis 2:24).

In die begin was die vrou spesifiek geskape vir die man; om hom te help en te vertroos, om sy beminde te wees, sy maat en die moeder van sy kinders. Die meeste gelowe en alle ordentlike gemeenskappe het dit vir duisende jare erken. Vir bykans almal van ons, was dit die basis van ons huislike lewe en die grondslag van die ontsagwekkende fisiese vervulling van die mensdom.

En, toe betree die homoseksuele aktiviste die terrein. Hulle wou ’n samelewing skep wat fundamenteel so wanordelik is dat toenemende miljoene mense aan VIGS en ander sodanige siektes sterf. Klein kindertjies – indien daar enige is – sal geen normale huise of gesinslewe hê nie. Indien enige nasie natuurlik werklik die volle homoseksuele agenda aanvaar, sal die bevolking baie gou uitgedun wees, met die oorlewendes al meer sieklik en sterwend. Baie gou sal ’n jonger, “honger” nasie die sterwende nasie oorwin en so hul selftoegediende ellende beëindig. Ons het hierdie patroon gesien in die agteruitgang van samelewings soos antieke Griekeland en Rome.

Ons weet tog immers van beter! Ons lewende Skepper het ons “na Sy beeld” gemaak. Deur ons in hierdie lewe lesse te leer en ons te lei deur Sy Heilige Gees, berei God ware Christene voor om volle lede van Sy “gesin” te wees. Jesus Christus word immers genoem, “die eersgeborene ... onder baie broeders” (Romeine 8:29). God beveel Sy volk omnie die afstootlike gebruike van hierdie wêreld na te volg nie. Hy sê inteendeel: “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige” (2 Korinthiërs 6:17-18).

In teenstelling daarmee, sal die werklike agenda van die homoseksuele aktiviste lei tot ’n algehele herorganisering van ons ganse samelewing! Dit sal uiteindelik alle spore van ware Christelikheid uitwis. Die seksuele afwykendes wat die homoseksuele beweging lei, mik na baie meer as wat meeste mense ooit kan besef. Nogtans gaan die liberale media, die politici en opvoeders so ewe saam met hulle!

Is homoseksuele werklik “so gebore”?

Moontlik die mees vernietigende veronderstelling rakende homoseksualiteit is die voortdurende vloedgolf van propaganda wat deur die homoseksuele aktiviste versprei word dat hulle “so gebore” is, dat hulle “hulself werklik nie kan help” nie. Dat – selfs met berading, terapie of opregte Christelike bekering – hulle “nie kan verander” nie.

Wat is egter die werklike feite?
Lees die volgende opmerkings van A. Dean Byrd sorgvuldig, wat hy vir die Nasionale Assosiasie vir Navorsing en Terapie van Homoseksualiteit geskryf het: “Dr. Francis S. Collins, een van die wêreld se toonaangewende wetenskaplikes wat aan die snykant van DNA werk, het tot die gevolgtrekking gekom dat ‘daar ’n onontkombare komponent van oorerflikheid is in baie menslike gedragsneigings. Vir bykans nie een van hulle is oorerflikheid ooit naastenby bepalend nie’. ... Soos Dr. Collins sal saamstem, kan die omgewing die invloed van die gene beïnvloed en vrye keuse sal die reaksie bepaal op die ontvanklikheid wat teenwoordig is. Dr. Collins het al die navorsing oor homoseksualiteit bondig saamgevat en bied dit as volg aan: ‘Die genetiese basis van homoseksualiteit is ’n area van besondere sterk openbare belangstelling. Bewyse van die bestudering van tweelinge ondersteun wel die gevolgtrekking dat oorerflikheid ’n rol speel in manlike homoseksualiteit. Die moontlikheid dat die identiese tweelingbroer van ’n homoseksuele man ook homofilies sal wees, is egter omtrent 20% (vergeleke met 2 tot 4% van mans in die algemene bevolking), en dui aan dat seksuele oriëntasie geneties beïnvloed kan word maar dat dit nie deur die DNA vasgelê is nie en dat watter gene ook al betrokke mag wees, dit slegs ’n predisposisie verteenwoordig en nie ’n bepalende faktor is nie’” (“Homosexuality Is Not Hardwired”, April 2007).

Hierdie agtenswaardige wetenskaplike erken dat seksuele oriëntasie ’n persoon se genetiese samestelling mag “beïnvloed”. Dit is egter slegs ’n “ontvanklikheid” en nie vooraf bepaal nie.

Ten spyte van sosiale druk om hierdie belangrike feit te verwerp, is ’n noemenswaardige getal wetenskaplikes, mediese dokters en ander kundiges gewillig om vryelik te erken dat niemand “gebore is” om homoseksueel te wees nie.

Die Universiteit van Colombia se professor in Psigiatrie, Dr. Robert Spitzer, was instrumenteel om homoseksualiteit in 1973 van die Amerikaanse Psigiatriese Assosiasie se lys van geestesversteuringe te verwyder. Hy het ’n studiestuk geskryf wat in Oktober 2003 in Archives of Sexual Behavior gepubliseer is. Hy voer aan dat mense hulle “seksuele oriëntasie” van homoseksueel na heteroseksueel kan verander. Spitzer het onderhoude gevoer met meer as 200 persone, waarvan die meeste beweer het dat hulle deur helende terapeutiese berading, hulle begeertes na dieselfde geslag seksmaats όf aansienlik verminder het, όf dat hulle heeltemal verander het na ’n heteroseksuele oriëntasie.

“Hoewel hy nog steeds ’n voorstander van homoseksuele aktivisme is, is Spitzer ongenadiglik aangeval deur voormalige bewonderaars, vir hierdie verbreking van die ideologie dat ‘mense homoseksueel gebore word en nie kan verander’ nie. Onveranderlikheid is ’n sentrale beginsel in die eise om ‘homoseksuele regte’ en ‘homoseksuele huwelike’. Omdat geen enkele studie beskou kan word as deurslaggewend nie, behoort meer navorsing gedoen te word op mense wat homoseksualiteit oorkom het. ’n Aansienlike getal voormalige literatuur oor die verandering van homoseksueel na heteroseksueel is saamgestel en die blote getal afwykings van die ‘gebore as homoseksueel’ teorie behoort as waarskuwing vir navorsers en die media te dien dat daar met versigtigheid voortgegaan moet word voordat verklaar kan word dat die wetenskap ‘bewys’ het dat homoseksualiteit geneties is” (“Born or Bred?”, Junie 2000).

Laastens, lees die volgende noukeurig; “Baie leke glo nou dat homoseksualiteit deel is van wie ’n persoon werklik is vanaf die oomblik van bevrugting. Die ‘geneties en onveranderlike’ teorie is aktief deur die homoseksuele aktiviste en die populêre media bevorder. Is homoseksualiteit werklik aangebore en ’n normale variant van die menslike natuur? Nee. Daar is geen bewys wat toon dat homoseksualiteit eenvoudig ‘geneties’ is nie. Nie een van die navorsers beweer ook dat daar is nie. Slegs die pers en sommige navorsers doen dit wanneer hulle eintlik onverstaanbare inligting aan die publiek gee ... Voordat ons egter die besonderhede oorweeg, hier is wat ernstige wetenskaplikes dink van die nuutste genetika-van-gedrag navorsing. Uit Science, 1994: ‘Wetenskaplikes het van tyd tot tyd beweer dat sekere gene of chromosomatiese gebiede verbind is aan gedragsneigings, net om weer hulle bevindings terug te trek omdat dit nie herhaal kon word nie’.

“Ongelukkig”, sê Yale se [Dr. Joel] Gelernter, “is dit moeilik om baie” bevindings te kry wat spesifieke gene met komplekse menslike gedrag verbind en wat herhaal kan word. “... Dit was alles met groot geskal aangekondig; alles was onvoorwaardelik in die populêre pers begroet; en alles het nou in oneer verval”.

“Navorsers se openbare verklarings in die pers is dikwels hoogdrawend en vergesog. Wanneer hulle egter die wetenskaplike gemeenskap antwoord, praat hulle baie meer versigtig. ‘Gay gene’ navorser Dean Hamer, was deur die Scientific American gevra of homoseksualiteit uitsluitlik in biologie gesetel is. Hy het geantwoord: ‘Verseker nie. Uit bestudering van tweelinge, weet ons reeds dat die helfte of meer van die veranderlikes in seksuele oriëntasie nie oorerflik is nie. Ons studies poog om die genetiese faktore vas te stel ... nie om die psigososiale faktore te weerspreek nie’” (“Is There a ‘Gay Gene’?”, National Association for Research And Therapy of Homosexuality, September 2004).

Selfs die “aktivis” homoseksuele navorsers erken dikwels – soos Dr. Hamer erken in bogemelde aanhaling – dat “seksuele oriëntasie nie oorerflik is nie!” Dink! Indien homoseksuele werklik “so gebore is”, sal dit mos baie “onregverdig” vir die God van die Bybel wees om homoseksuele praktyke te verdoem. Hy sou verkeerd wees om homoseksuele toegang tot Sy Koninkryk te weier, wat die Bybel duidelik toon die geval is (1 Korinthiërs 6:9-11). Die verskeie voorbeelde in die Bybel van God se gramskap teen homoseksuele praktyke sou ’n onregverdige God uitgebeeld het!

Homoseksuele is egter nie “so gebore” nie! Alkoholiste is nie “so gebore” nie! Dwelmverslaafdes, kindermolesteerdes of enige ander sondaars is ook nie “so gebore” nie! Andersins sou God onregverdig wees deur hulle te beveel om te bekeer en te verander. Hy sou die krag van die Heilige Gees moes vervals om enigeen daardeur te help om sonde te oorwin!

God is nie onregverdig nie! Hy sê aan ons deur die apostel Jakobus: “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word” (Jakobus 1:13-14).

Waarlikwaar, God het niemand “gemaak” om ’n homoseksueel te wees nie. Om te beweer dat Hy dit wel gedoen het, sou nie net geweldig verkeerd wees nie, dit sou grens aan laster.

Onthou, ons behoort nie die jammerlike, deurmekaar mense wat verward is oor hul seksuele identiteit, te haat nie. Ons behoort eerder vir hulle te bid en te probeer om hulle te help indien hulle gewillig is om gehelp te word. Ons “help” hulle egter nie werklik as ons die vals ideologie aanvaar wat deur die homoseksuele aktiviste gepropageer word nie. In hulle skaamte en hulle begeerte om “aanvaarding te verkry,” versprei hulle ’n voortdurende stortvloed van waninligting in ’n poging om die publiek te oortuig dat hulle maar “net soos elke ander mens is” en dat homoseksuele gedrag “aanvaarbaar” is.

Die homoseksuele aktiviste en hulle meelopers in die media probeer desperaat om die gruwelike gevolge van homoseksuele gedrag te verbloem, soos dit die geval is met VIGS en baie ander lewensbedreigde en lewensverkortende siektes en ongesteldhede asook in die diepe wanhoop en geweldige hoё vlakke van selfmoord in die homoseksuele gemeenskap. Homoseksuele mense benodig God se hulp om “te ontsnap” uit daardie sondige en vernietigende gedrag.

WIE besluit wat is reg en wat is VERKEERD?

Miljoene belydende Christene besef nie dat die werklike geskilpunt hier is of ’n werklike, persoonlike God ons geskape het en beheer oor ons lewens het, en of die Boek wat ons die Heilige Bybel noem, in der waarheid die Skepper se “Handleiding” is en dat dit werklik deur God geïnspireer is nie. Terwyl die einde van hierdie huidige tydvak vinnig nader, is dit noodsaaklik dat ons die korrekte antwoorde op hierdie twee vrae aan onsself bewys, en dat ons volgens daardie kennis handel!

Indien ons werklik in die slym van die oseane “ontwikkel” het uit verliefde amoebas, heeltemal los van ’n werklike Skepper, dan mag ons “vry” voel om ons te vergryp aan seks buite die huwelik, egbreek, homoseksualiteit, “groep-huwelike”, bestialiteit, kindermolestering, moord, marteling en enigiets anders wat ons vleeslike denke mag bedink. Die fisiese strawwe van VIGS (en ’n duisternis ander siektes en ongesteldhede) – insluitend ’n grootliks verkorte lewensverwagting – moet natuurlik alles in berekening gebring word. In ons oorgeseksualiseerde “nou”-generasie, wat onmiddellike bevrediging van al ons drange en fantasieë vereis, sal selfs daardie geweldige strawwe baie onnadenkende individue nie verhinder om onmiddellike “bevrediging” te soek nie.

Indien die God van die Bybel egter werklik “in beheer” is van die opkoms en verval van nasies en indien Hy ’n verhewe doel vir ons lewens het, sal dit ons baat om aandag te gee aan wat die Bybel werklik sê. Ek is geskok oor die eensydige inligting – en selfs waninligting – wat dikwels deur misleide individue gepubliseer word wanneer hulle ons kastig vertel wat die Bybel oor homoseksualiteit te sê het. Ondersteuners van homoseksualiteit verwys gewoonlik slegs na geïsoleerde Skrifgedeeltes en “dryf die spot daarmee”. Enige eerlike persoon behoort egter gewillig te wees om na die konsekwente veroordeling van homoseksualiteit regdeur die hele Bybel te kyk. Slegs dan sal mens werklik tot ’n dieper kennis van die “denke van God” oor hierdie onderwerp kom.

Weet u dat die Bybel duidelik leer dat diegene wat betrokke is in homoseksualiteit kan verander? In sy brief aan die Christene in die uiters geseksualiseerde atmosfeer van antieke Korinthe, verduidelik die apostel Paulus, “of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge [homoseksuele] of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God” (1 Korinthiërs 6:9-11).

Die Gees van die Almagtige God het algehele mag om enigeen te help om uit homoseksualiteit, alkoholisme, dwelmmisbruik of enige ander verslawing of perversie te kom! Soos Paulus aandui, “sommige” van daardie Christen Korinthiërs was “sodomiete”, maar het hulle “laat afwas” en hulle is “geheilig” deur die Gees van God. Oor en oor, op baie verskillende maniere, vertel God se geïnspireerde Woord aan ons dat, met God se hulp, ’n opregte Christen enige sonde kan oorwin. Soos God die apostel Paulus geïnspireer het om aan ons te sê: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13).

Is homoseksuele gedrag SONDE?

Is homoseksuele gedrag egter ’n volslae sonde teen God en die manier waarop Hy ons geskape het? Natuurlik is dit! Ons het so pas gelees dat almal wat homoseksualiteit beoefen, “die Koninkryk van God nie sal beërwe nie”. Verder beskryf God in baie duidelike taal die beroemde filosowe van Griekeland en Rome: “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie” (Romeine 1:22, 26-28).

God het aan die onbekeerde nasie van antieke Israel gesê: “Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel. En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ’n gruwelike vermenging. Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf. So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug” (Levitikus 18:22-25).

Dit is duidelik dat God aan ons vertel dat sodanige praktyke – indien dit deur die hele nasie versprei – die nasie heeltemal sal vernietig en God se direkte straf oor so ’n sondige volk sal bring. Derhalwe behoort ons as ’n nasie, ons opreg te bekeer as ons hierdie leefstyl aanvaar – en Hom vra om ons te help om werklik na Hom terug te keer voordatdit te laat is!

Hier is dit belangrik om uit te wys dat Christene – wat die potensiaal van die Heilige Gees en God se hulp het – nie mag oordeel vel oor homoseksuele of oor enigiemand anders nie! Christene is “vreemdelinge en pelgrims” in ’n gemeenskap wat hoofsaaklik aan Satan die Duiwel behoort (2 Korinthiërs 4:4). Ons mag nie van hierdie wêreld wees nie, nog minder deel hê aan die oordele en oorloë daarvan. Soos Jesus sê: “My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as My koninkryk van hierdie wêreld was, sou My dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is My koninkryk nie van hier nie” (Johannes 18:36).

Daarenteen, wanneer ons individue teëkom wat betrokke is in sondige gedrag soos die misbruik van alkohol, dwelmmisbruik of homoseksualiteit, moet ons probeer om hulle te help. Ons behoort vir hulle te bid en ons behoort na hulle uit te reik indien hulle belangstel om te verander. Ons moet probeer om die insig en wysheid te ontwikkel wat nodig is om hulle uit die gruwelike probleme waarin hulle betrokke geraak het, te kom. Net soos daar groepe opregte persone is wat alkoholiste en dwelmverslaafdes help om hul probleme te oorkom, is daar ook terapeute en ondersteuningsgroepe wat hulself daaraan toewy om homoseksuele persone te help om uit daardie veragtelike leefstyl te kom. Ons behoort enigeen wat begerig is om uit homoseksualiteit “te ontsnap”, aan te moedig om dit te doen.

Daar is ’n “ontsnaproete”

In sy voorgemelde boek oor homoseksualiteit, beskryf Dr. Satinover ’n hele aantal organisasies wat sukses behaal het deur individue te help om uit die homoseksuele lewenstyl te kom en om naastenby na die “normale” terug te keer. Baie voormalige homoseksuele is sedertdien getroud, het kinders en ’n gelukkige gesinslewe (Homosexuality and the Politics of Truth, bl. 204-209). Satinover beskryf een tipiese groep wat besondere sukses behaal het deur “diepgaande psigologie in hoofsaaklik groepsverband, met helende gebed te kombineer. Deelnemers gaan ’n minimum van agt maande ’n verbintenis aan met ’n klein groepie wat gefokus is op seksuele bevryding in Christus. Berger berig dat vir individue wat volhou en vir die lang termyn verbind bly aan die proses, die suksessyfer meer as 80% is” (bl. 204). Dit is slegs een van baie bewyse – soos bevestig kan word deur mediese dokters, sielkundiges en sosioloë wat saam met hierdie groepe gewerk het – dat hulp werklik beskikbaar is aan almal wat uit die homoseksuele lewenstyl wil kom!

Ek persoonlik wil graag aan almal van u sê wat betrokke is by homoseksualiteit: “God het u werklik lief!” God is die Skepper van elkeen van ons. Alle mense is geskape na Sy beeld. Almal is geskape met die potensiaal om ten volle seuns van God te wees. Die Bybel vertel ons dat “almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee omkinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo” (Johannes 1:12). God is ’n gesin. U Vader wil graag hê dat u deel van daardie gesin moet wees en Hy het spesiale belang daarby indien u gewillig is om aan uself te bewys dat Hy bestaan – en indien u gewillig is om Sy geïnspireerde woord te gehoorsaam.

Die prys is hoog! God het egter absolute uitgaande besorgdheid vir ons wat Hy bewys het deur Sy eniggebore Seun te gee om vir elkeen van ons te sterf (Johannes 3:16). Hy het belowe om Sy Heilige Gees aan ons te skenk as ons berou tot bekering het en gedoop word (Handelinge 2:36-38). Die Heilige Gees is die ware denke en karakter van God wat in ons ingeplaas word wanneer ons werklik berou tot bekering het en Christus as ons Redder, ons Heer en Meester, ons Hoëpriester en binnekort ons toekomstige Koning, aanneem.

Deel daarvan om uit homoseksualiteit te “ontsnap” behels om u geheel en al te distansieer van hierdie hele praktyk en van betrokkenheid met daardie mense wat u weer daarin kan “terugsleep!” Die Skrif sê aan ons: “Vlug vir die hoerery [seksuele ontug]. Enige sonde wat ’n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery [seksuele ontug] bedryf, sondig teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort” (1 Korinthiërs 6:18-20).

Onthou, u hou nie op met rook deur “rond te hang” saam met ander rokers of om sigarette “byderhand” te hou net ingeval u weer lus het vir ’n rokie nie. U behoort dit nie “maklik” te maak om maar weer terug te val in u ou gewoontes nie. Dieselfde beginsel geld vir homoseksualiteit. Vir u eie beswil, dink hieraan en tree op! Onthou ook altyd, daar wag ’n ontsaglike beloning vir diegene wat werklik begeer om die God van die skepping te dien en aan Sy wil te voldoen!

Elkeen van ons behoort bereid te wees om “alles op te offer” ten einde die opstanding uit die dode te haal. Of dit uitkoms uit homoseksualiteit – alkoholisme, dwelmverslawing of bloot net selfsugtigheid behels – elkeen van ons moet gewillig wees om ons deel heelhartig te doen. Daarvoor is ons hulp belowe van ’n liefdevolle Vader en ’n genadige Hoëpriester wat op hierdie oomblik aan die regterhand van God sit en wat meer as gewillig is om ons gebede te verhoor (Hebreërs 4:14-16). Dus, laat ons almal mekaarliefhê en vir mekaar bid. Ons behoort ’n diepe uitgaande besorgdheid vir ons homoseksuele familie en bekendes te hê en opreg te begeer om hulle op enige manier ook al te help.

Lesers wat hierdie tydskrif vir ’n geruime tyd reeds lees sal verstaan dat die Amerikaners en die nasies van Britse afkoms wonderbaarlik deur God geseën is, omdat hulle van Sy geboortereg volke is.

Desnieteenstaande, in ’n kragtige profesie wat aan ons voorsate gegee maar verseker vandag op ons van toepassing is, waarsku die Almagtige God ons: “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek – dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking [terreur] oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet ... En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie” (Levitikus 26:14-20).

Indien ons, as ’n volk, volhou om diegene onder ons in gesagsposisies te bevestig, dit te wettig en hul selfs “geluk te wens”, wat ’n lewensweg beoefen wat God ’n “gruwel” noem, dan behoort ons te verwag dat ’n liefdevolle God ons sal tugtig met toenemende “verskrikkinge” – of terroriste aanvalle – soos bogemelde profesie aantoon, met verwoestende siekte-epidemies, afwisselende droogtes en oorstromingsveldbrande en groot aardbewings. God sal inderdaad ons nasionale trots en mag “verbreek”, tensy ons werklik berou tot bekering toon.

God laat Hom nie bespot nie! Mag Hy elkeen van ons help om werklik te verstaan en om terug te keer na Sy weё terwyl ons nog die geleentheid het!