Op Dankseggingsdag vergader miljoene mense saam met hul gesinne en vriende om ’n goeie maaltyd en die samesyn, en die seëninge om in ’n welvarende nasie te woon, te geniet. Hulle geniet die seëninge van vryheid en geleenthede wat dit bied. Maar dank hulle God vir al die seëninge? Verstaan hulle waarom hulle nasie so geseënd is? In besonder, verstaan ons, wat in Amerika en die Brits-afstammende nasies woon, waarom ons ongeëwenaarde seëninge in die geskiedenis van die mensdom ontvang het?

Of u nou ook al die vierde Donderdag in November soos in die Verenigde State, of die tweede Maandag in Oktober, soos in Kanada, vier, is Dankseggingsdag ’n tyd wanneer mense veronderstel is om hul seëninge te tel. Ons wat in hierdie nasies leef, het ongeëwenaarde seëninge in die mensdom se geskiedenis ontvang. Die Verenigde State van Amerika en die Britse Statebond het in die 20ste eeu die rykste en magtigste nasie en groep nasies in die wêreld geword. Maar daardie nasionale mag en aansien het grootliks afgeneem. Die Verenigde State was eenmaal ’n ekonomiese kragreus en nasies regoor die wêreld het gretig sy uitvoerprodukte gekoop. Vandag is die Verenigde State egter die wêreld se grootste skuldenaar, met ’n nasionale nadelige saldo van $8.5 biljoen – meer as $28 000 vir elke Amerikaanse man, vrou en kind.

Hoe het die Verenigde State en die ander Engelssprekende nasies soveel seëninge verwerf? Dink aan die ontwikkeling van die Noord-Amerikaanse kontinent. Daar was die Engelse se baanbreker nedersettings in Jamestown, Virginia in 1607; die Hollandse nedersetting in wat nou Albanië, NY. is in ongeveer 1614; die Pelgrims het in 1620 in Plymouth, Massachusets aangeland. Na ’n strawwe en rampspoedige winter het hulle dank aan God gebring vir hul oes in 1621, in wat die historici beskou as die eerste Dankseggingsdag!

In presies 70 jaar, van 1783 tot 1853, nadat die dertien kolonies die Verenigde State geword het, het die jong nasie grond bekom om hul kontinentale uitgestrektheid uit te brei “van see na glinsterende see”. Die grootste gronduitbreiding was in 1803, onder President Thomas Jefferson, toe die Franse die Louisiana Gebied aan die Verenigde State verkoop het vir slegs $15 miljoen – slegs 5 sent per akker! Dit word beweer dat die Franse Keiser Napoleon opgemerk het: “Hierdie verkryging van grondgebied bekragtig vir ewig die mag van die Verenigde State”.

Oor die jare het die Verenigde State voortgegaan om ekonomies en militêr te ontwikkel. Na die beëindiging van die Tweede Wêreldoorlog het die Britse Eerste-Minister, Winston Churchill, in sy toespraak voor die Engelse Laerhuis gesê: “Ek moet na die Verenigde State draai, saam met wie ons voorspoed en belange vervleg is ... Die Amerikaners ... het vandag die grootste staat en mag in die wêreld geword, hulle praat ons taal, waardeer ons gemene reg, en strewe ...  dieselfde ideale na” (28 Oktober 1947).

Waarom soveel seëninge?

Is daar ’n Bybelse en geskiedkundige rede vir hierdie mag? Wat is werklik die bron van al hierdie nasionale seëninge? Die antwoord openbaar ons nasionale doel – en u mag verras wees om te leer dat die antwoord begin met die geskiedenis van die aartsvader Abraham. God het ’n ooreenkoms met Abraham aangegaan, en dit is deur Abraham se geloof dat ons geseënd is.

God het Abraham beproef en hom aangesê om sy seun, Isak, te offer. Abraham het in die geloof gehoorsaam, en God het Isak se lewe gespaar! Wat het God, as gevolg hiervan, aan Abraham gesê? “Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het” (Genesis 22:16-18).

Let op dat Abraham se nageslag “die poort van sy vyande in besit sal neem”. Regdeur ’n groot deel van die 20ste eeu het Amerika en Brittanje inderdaad die meeste van die wêreld se seepoorte beheer. As gevolg van ons nasionale sondes het God egter begin om daardie beheer weg te neem.

Wat het daardie antieke verbond met ons vandag te doen? God het Sy verbond met Abraham aan sy seun, Isak, herbevestig en later weer met Isak se seun Jakob (wie se naam verander is na Israel). Jakob het twaalf seuns gehad, insluitende Juda en Josef. Josef het twee seuns gehad, Efraim en Manasse.

Die Skrif boekstaaf dat Jakob hierdie seën aan sy kleinseuns, Efraim en Manasse oorgedra het: “die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het – mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle [Efraim en Manasse] my naam [Israel] genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte” (Genesis 48:16).

Hierdie seëninge word die geboortereg-beloftes genoem. Hierdie profetiese beloftes wat rykdom, oorvloed, militêre mag en internasionale oorheersing insluit, sou in die afstammelinge van Josef vervul word. Dit mag ’n verrassing vir baie van u wees, maar daardie goddelike seëninge wat aan Manasse en Efraim gegee was, is vervul in die Verenigde State van Amerika en die nasies van Britse afstamming. Gereelde lesers van hierdie tydskrif is reeds vertroud met hierdie verstommende Bybelse waarheid. Indien u nie alreeds hierdie waarheid aan uself bewys het nie, skryf asseblief om u gratis kopie van ons insiggewende boekie: Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika? of lees dit aanlyn by www.wvm.co.za

’n Goeie land

Bedink u nasie se seëninge in verband met hierdie goddelike belofte: “Want die Here jou God bring jou in ’n goeie land, ’n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom; ’n land van koring en gars en wingerdstokke en vyebome en granate; ’n land van olieryke olyfbome en heuning; ’n land waarin jy brood sonder skaarste sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ’n land waarvan die klippe yster is, en uit die berge waarvan jy koper sal uitkap” (Deuteronomium 8:7-9).

Amerika se nasionale erfenis omsluit groot natuurprag, vrugbare landbougrond en ryk minerale neerslae vir nywerheidsontwikkeling. Maar het ons die bron van daardie seëninge herken – en geëer? Sal ons Westerse nasies nog langer bly bestaan? Oorweeg God se waarskuwing: “en jy sal eet en versadig word en die Here jou God loof oor die goeie land wat Hy jou gegee het. Neem jou in ag dat jy die Here jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie” (Deuteronomium 8:10-11).

Het ons ag geslaan op daardie waarskuwing, individueel en as ’n nasie? Nasionale sondes bring nasionale strawwe mee, soos President Abraham Lincoln besef het. Toe hy 30 April 1863 as nasionale vasdag verklaar het, het Lincoln gesê: “Dit is die plig van nasies, sowel as enkelinge, om hul afhanklikheid te besit onder die oppermag van God ... en om die goddelike waarheid te erken, soos aangekondig in die Heilige Geskrifte en bewys is deur die ganse geskiedenis, dat slegs daardie nasies geseënd is wie se God die Here is”.

Lincoln het erken dat God die ware bron van seëninge is, nasionaal en individueel. Ons nasionale doel moet erkenning aan ons Skepper insluit! Erken u nasie die oppergesag van God? Of is dit so wêrelds en ondankbaar dat dit God die rug toegekeer het? Dank u persoonlik die Almagtige God vir al die seëninge wat ons so dikwels as vanselfsprekend aanvaar? Kyk wat die apostel Jakobus skryf: “Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie” (Jakobus 1:17). Alles wat u in hierdie lewe geniet wat werklik goed is, kom van God, die gewer van elke goeie en volmaakte gawe. Abraham Lincoln het die Amerikaanse volk daaraan herinner om daardie feit as nasie te erken!

Politieke retoriek of lewensbelangrike waarheid?

Wat gebeur wanneer ’n land ’n nasionale doel kortkom? In die Verenigde State praat politici dikwels oor die belangrikheid van ’n nasionale doel. Tydens sy eerste presidensiële veldtog, het Senator John McCain dikwels van ’n nasionale doel gepraat. Toe hy verlede jaar tydens die Republikeinse Nasionale Konvensie die woord gevoer het, het hy gewaarsku: “Tensy ons die volk se soewereiniteit oor die regering herstel, hulle trots in die staatsdiens herstel, ons openbare instellings hervorm om die uitdagings van ’n nuwe dag te ontmoet en ons nasionale doel weer versterk, sal Amerika se beste dae agter ons rug wees”. Dit is nie slegs ’n Republikeinse tema nie; ondersteuners van die Demokratiese kandidaat, Barack Obama, het dit herhaal, soos ook Nieu-Mexico se goewerneur Bill Richardson toe hy verlede Maart op die 21ste, aan Oregon se Demokrate gesê het: “Barak weet dat die veiligheid en toekoms van elke Amerikaanse kind vereis dat ons ons nasionale doel waarin ons almal deel het, moet herstel, sodat ons dan kan begin met die harde werk om ons verwantskappe te herbou en ons beeld in ’n gevaarlike wêreld te herstel”.

Sewe-en-veertig jaar gelede het Senator James Fulbright opgemerk dat Amerika besig is om sy rigting te verloor. Hy het gewaarsku: “Groter karre, groter parkeerterreine, groter korporatiewe strukture, groter plase, groter aptekerswinkels, groter supermarkte, groter rolprentskerms. Die tasbare en die funksionele brei uit terwyl die ontasbare en die mooie krimp. Die nasionale doel is gelaat om te verwelk ... Die nasionale dialoog raak geleidelik verlore in die skuim van misleidende self-gelukwensing en cliché. Nasionale behoeftes en belange word stadig verswelg deur nasionale besorgdheid oor die ontoepaslike”.

Byna ’n halfeeu na Fulbright, met hierdie jaar se Presidensiële kandidate se retoriek nog vars in ons geheue, behoort ons onsself af te vra: Het ons ons nasionale doel weer versterk, of het ons toegelaat dat dit verwelk? Verstaan ons ooit wat daardie doel is? Is dit  ons nasionale doel om die wêreld se magtigste en welvarendste nasie te wees? Ons het reeds gesien dat die Verenigde State die wêreld se grootste skuldenaar-nasie is. Is dit ons nasionale doel om vryheid en demokrasie uit te brei na elke nasie op aarde? Dit is nodig dat ons verstaan dat alle nasies werklike vryheid kan geniet wanneer hulle die Waarheid van die Bybel gehoorsaam is. Jesus sê: “En julle sal die waarheid ken, en diewaarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32). Toe Hy na die Skepper van al die nasies verwys het, het Jesus gebid: “U woord is die waarheid” (Johannes 17:17). Het ons ons lig laat skyn deur daardie waarheid uit te leef? Doen ons ons deel om daardie waarheid beskikbaar te stel aan die hele wêreld?

Is u nasie gemoeid met die ontoepaslike, of erken dit die Bron van ons doel – en van ons baie seëninge? Wanneer ons Danksegging [Thanksgiving] vier, behoort ons te vra: “Aan wie gee ons dank?” Aan Almagtige God en Jesus Christus? Of aanbid ons die dollar, die pond, die euro, die peso, of die yen? Die Amerikaanse muntstukke en geldeenheid verklaar: “In God We Trust. [Ons vertrou op God].” Indien ons nasie nie ons slagspreuk uitleef nie, sal ons nie standhou nie. Maar u en ek moet in ons eie lewens voorbeelde wees van daardie slagspreuk en daardie Bybelse beginsel!

Die Westerse nasies het ’n reputasie dat hulle materialisties is. Verbruikers-spandering dryf ons ekonomië aan. In die Verenigde State is die dag na Danksegging een van die besigste inkopie-dae van die jaar en is die bynaam “Swart Vrydag” gegee, wanneer miljoene mense na die inkopie-sentrums stroom op soek na winskopies in verbruikersgoedere. [Die naam is ontleen aan die besighede se verwagting dat hul boeke na daardie dag weer uit die rooi in die swart sal wees.] Die Nasionale Kleinhandelsfederasie het selfs vorendag gekom met die uitdrukking “Kuber-Maandag,” vir die Maandag ná Danksegging, omdat beweer word dat aanlyn verkope dan ’n hoogtepunt bereik.

Ja, ons nasies is bekend vir hulle materialisme en ingesteldheid op geld. Die apostel Paulus het voorspel dat hierdie karaktereienskap – saam met ander wat ons sal kan uitken – prominent sal wees aan die einde van hierdie tydvak: “Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af” (2 Timotheüs 3:2-5).

Ydelheid, hoogmoed en ondankbaarheid is sondes wat enige kultuur of beskawing sal vernietig. Dekades gelede, toe Indië se Mohandas Gandhi, sy siening oor die Westerse beskawing gevra was, het hy geantwoord: “Ek dink dit sal ’n goeie idee wees.” Hy het die ydelheid van ’n groot deel van ons Westerse wêreld raakgesien. Enige vroom beskawing behoort die egte lewenswaardes te bevorder, nie die vals waardes van materialisme, ydelheid en hoogmoed nie.

God waarsku ons om nie op ons voorspoed of besittings te vertrou nie. Eerder as om ons te verbeel dat ons voorspoed deur ons eie inspanning verkry is, behoort ons te verstaan dat dit God is wat aan ons die vermoë geskenk het om die rykdom te verwerf (Deuteronomium 8:17-18). Hy waarsku ons: “Maar as jy nogtans die Here jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; soos die nasies wat die Here voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die Here julle God nie geluister het nie” (Deuteronomium 8:19-20).

Dit is ’n baie ernstige waarskuwing oor die lot van enige land wat deur God geseënd was. Tydens Danksegging gee ons dank aan God vir die prag en oorvloed waarmee Hy ons lande geseën het. Maar ons behoort terselfdertyd diep bekommerd te wees aangesien ons nasionale karakter meer en meer besoedeld raak deur sedeloosheid. Sal ons Westerse nasies voortgaan om ongehoorsaam te wees aan die Tien Gebooie en meer en meer die Bybelse waarhede te verwerp, dit wat eenmaal tot ons voorspoed gelei het — en wat tot ware lewe, vryheid en vreugde lei?

Is ons dankbaar?

Die meeste van ons wat hierdie jaar Dankseggingsdag sal vier, is onder die mees materieel geseënde mense op planeet Aarde. Selfs die armste Amerikaners en Kanadese geniet gerief en gemak wat die grootste deel van die wêreldbevolking hulle skaars kan indink. Ons vind nogtans baie om oor te kla.

Wat is die teengif vir hierdie klaery? Die teengif teen klaery is danksegging! Is u dankbaar dat u in ’n relatief welvarende nasie woon? Dat u vryheid het om te aanbid volgens u gewete? Dat u baie geleenthede het om te groei in onderwys en menslike potensiaal? Dat u ’n familie, vriende en moontlik selfs ’n goeie werk het? Ons behoort selfs dankbaar te wees vir die sonskyn en vars lug om ons, en vir die kos en drinkgoed wat ons in staat is om te geniet.

Vir Christene is die grootste voordele egter geestelik! Ons dank God vir die offer van Sy Seun wat vir ons sondes betaal het. Ons is dankbaar vir God se vergifnis en Sy genade. Onthou, Jesus leer ons om te bid: “vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe” (Mattheüs 6:12). Ons is dankbaar vir die gawe van die Heilige Gees na bekering en doop (Handelinge 2:38). Ons is nie slegs dankbaar vir Jesus se offer nie, maar ook dat Hy lewe as ons Hoëpriester, Redder en Middelaar! “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir ... [ons] in te tree” (Hebreërs 7:25). Ons is dankbaar dat Jesus Christus lewe! Neem kennis van hierdie wonderlike waarheid: “Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is” (Romeine 5:10). Hy is ons lewende Redder en ons Groot Hoëpriester, soos die boek Hebreërs beklemtoon! En Hy keer terug as Koning van die konings en Here van die here!

Vandag se Christene is ook dankbaar oor die beloofde toekoms. Ons is dankbaar vir die ware Evangelie – die boodskap wat Jesus verkondig het oor die toekomstige Koninkryk van God, wanneer alle nasie die weg van vrede sal leer. Ons weet dat die wêreld nie sal vergaan in ’n kernvernietinging nie of uitgeblus sal word deur ’n biologiese pandemie nie – want Jesus Christus het belowe om, terwille van die uitverkorenes, net betyds terug te keer om te verhoed dat ons onsself vernietig (Mattheüs 24:22)!

Die wêreld het die Koninkryk van God op aarde nodig. Besef u in hoe ’n mate u geseënd is in vergeleke met baie lande regoor die wêreld? In Oktober 2008 het die Verenigde Nasies die 49 lande waar die jaarlikse per kapita bruto inkomste per persoon, laer as $750  is, as die “Lande wat Minste Ontwikkeld” is, gelys. Baie van daardie lande het ’n jaarlikse inkomste per persoon van laer as $400! Kan u u indink hoe mens in soveel armoede kan leef? Hoe dankbaar is u? Onthou, Jesus het gesê: “En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis” (Lukas 12:48). Ons moet getroue rentmeesters van ons seëninge wees, en ons moet gewillig wees, nasionaal en individueel, om aan ander mense te gee. Ons behoort veral die goeie nuus van die Evangelie aan die res van die wêreld te gee! Dit behoort ons nasionale doel te wees om volgens God se lewensweg te lewe – en om daardie lewensweg met die res van die wêreld te deel! God se weë behoort ons nasie se weë te wees. Gee aandag aan hierdie woorde van Moses: “Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die Here my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem. Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en verstandige volk” (Deuteronomium 4:5-6).

Ja, God sal daardie nasies seën wat besef dat hulle nasionale doel is om te groei in goddelike karakter – om Bybelse waardes uit te leef as skynende ligte in ’n donker wêreld, om te leef volgens God se eie Tien Gebooie en volgens Sy insettinge en verordeninge; en om die goeie nuus van Sy toekomstige Koninkryk, wat deur Jesus Christus, die Koning van die konings,  regeer sal word, te verkondig!

Sal ons ons nasionale doel as ’n dankbare volk verwesenlik? Terwyl ons Dankseggingsdag vier, behoort ons te onthou: Enige ondankbare nasie wat weier om onderworpe te wees aas sy Skepper, is besig om die saad van sy eie ondergang te saai. God is egter geduldig! Hy skenk ons ’n bietjie meer tyd om ons lewens, individueel en as ’n nasie, te verander. God “wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom” (2 Petrus 3:9).

Ja, daar is goeie nuus vir die toekoms. Die meeste mense wat Dankseggingsdag vier, weet nie dat die Bybel ’n toekomstige tyd voorspel wanneer die hele wêreld ’n Bybelse Danksegging sal vier nie – bekend as die Huttefees. Onder die Koning van die konings en Here van die here, sal alle nasies na Jerusalem optrek om die Huttefees te vier! Die Skrif beskryf ’n toekomstige wêreld wat vrede sal beleef onder die heerskappy van die Messias, Jesus Christus, wanneer Hy terugkeer na Jerusalem, die toekomstige hoofstad van die wêreld. “En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ’n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide” (Sagaria 14:4). En wie sal oor die aarde heers na Christus se wederkoms? “En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal die Here een wees, en sy Naam een” (vers 9).

Ja, die Messias, Jesus Christus sal alle nasies verenig onder Sy heerskappy. Hy sal verteenwoordigers van die nasies na Jerusalem bring om te aanbid tydens die jaarlikse fees, genaamd die Huttefees of Fees van Tabernakels. Daar kom ’n tyd wanneer alle nasies die Koning van die konings met danksegging sal aanbid (vers 16). Tot dan het God aan Sy Kerk die opdrag gegee om daardie toekomsblik met alle nasies te deel en om alle nasies en mense te roep tot bekering (Handelinge 17:30).

Mag ons almal met dankbaarheid vervul wees vir God se wil en vir die liefde van God en Jesus Christus. Mag ons daarna streef om die bron van al ons persoonlike en nasionale seëninge lief te hê, te gehoorsaam en te dien. Soos die apostel Paulus in 1 Korinthiërs 15:57 skryf: “Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.”