Miljoene Amerikaners en Britte begin besef dat iets werklik skrikwekkend besig is om met ons samelewing te gebeur. Hulle voel aan dat dit baie ernstig is. Hulle weet egter nie wat dit veroorsaak nie. Hulle weet ook verseker nie wat die oplossing is nie.

Die Amerikaanse dollar en Britse pond het baie koopkrag verloor. Ons verkeer in  ’n absolute geweldige finansiële krisis met baie groot banke en ander gerespekteerde finansiële instellings wat ineengestort het of in gevaar staan om ineen te stort. Die oorloë in Irak en Afganistan het Amerika militêr gedreineer.

Intussen saai kragtige orkane en ander weerverwante rampe verwoesting in ons nasies. Droogtes duur voort in sommige dele en geweldige oorstromings in andere – soos God duisende jare gelede al voorspel het (Amos 4:7-8). Ernstige voedseltekorte raak miljoene mense regoor die wêreld, en op hierdie oomblik sterf baie mense van honger! Wêreldbekende wetenskaplikes waarsku ons toenemend dat verskriklike siekte-epidemies ons erg gaan tref, soos nog nooit voorheen in moderne tye nie.

Dus, wat gaan aan?
Is dit skrikwekkend om te besef dat ons werklik naby aan die einde van die menslike beskawing, soos ons dit geken het, is? Baie Bybelgeleerdes stem saam dat ons baie naaan die einde van 6,000 jaar van aangetekende menslike geskiedenis is. Die God van die Bybel toon duidelik dat Hy ’n 7,000 jaar plan in gedagte het. Die eerste 6,000 jaar – die “dae van die mens” – is afgestaan aan die mensdom wat onder die invloed van Satan die Duiwel leef. Gedurende hierdie tydperk skryf hulle die lesse van die lewe, maar dit nogtans nie leer nie, soos hulle dit wel later sal doen. Aan die einde van hierdie 6,000-jarige tydperk sal Jesus Christus terugkeer as Koning van die konings en die duisendjarige Sabbat inlui – die sewende “dag” of duisend-jaar tydperk van menslike geskiedenis. Daardie duisend jaar sal onder die direkte heerskappy en beheer van dielewende Jesus Christus wees. Hy sal ware vrede en vreugde aan die ganse mensdom bring (Jesaja 11:9-10).

Die hoogs gerespekteerde geskiedskrywer, Edward Gibbon, beskryf die oortuiging van die eerste eeu se Christendom as volg in sy monumentale werk, The Decline and Fall of the Roman Empire: “Die antieke en gewilde leerstelling van die Duisendjarige Ryk was in noue verband met die Wederkoms van Christus. Net soos die werke van die skepping in ses dae afgehandel was, is die duur daarvan in die huidige staat vasgestel op 6,000 jaar, volgens ’n tradisie wat aan die profeet Elia toegeskryf word. Deur dieselfde analogie word dit afgelei dat hierdie lang tydperk van arbeid en twis, wat nou byna verstreke is, opgevolg sal word deur ’n vreugdevolle Sabbat van ’n duisend jaar en dat Christus, saam met die triomfantlike groep heiliges en uitverkorenes wat die dood vrygespring het of wat bonatuurlik opgewek is, op die aarde sal heers tot die tyd wat bepaal is vir die laaste en algemene opstanding ... Die versekering van so ’n Millennium was sorgvuldig ingeprent deur ’n opeenvolging van [kerk]vaders van Justinus die Martelaar en Irenaeus, Lactantius, wat die onderwyser van Konstantyn se seun was ...” (Vol. 1, bl. 403-404).

Gibbon gaan egter voort om te verduidelik dat in die eeue wat gevolg het op die Apostoliese era – somtyds die “Donker Eeue” genoem – hierdie begrip van God se Plan genadeloos verwerp is: “Toe die gebou van die kerk bykans voltooi was, is die tydelike stut eenkant toe gestoot. Die leerstelling van Christus se regering op die aarde is eers bestempel as ’n versinnebeelding, later geleidelik beskou as ’n twyfelagtige en nuttelose opinie, en nog later verwerp as die belaglike versinsel van dwaalleer en dweepsug” (bl. 404).

My geliefde vriende, ons hele samelewing – insluitende die “hoofstroom” Christendom – het weggedraai van die God van die Bybel af. Selfs die meeste belydende Christene het basies die kwart van die hele Bybel wat geïnspireerde profesie is, verwerp. Nogtans begin die rampspoedige dinge wat die Bybel vir die laaste dae voorspel,  reeds almal gebeur !

Ons is verseker in die laaste dae! Wanneer ons sien dat al die “seepoorte” weggeneem is van Britse en Amerikaanse beheer, wanneer ons sien hoe Amerika en Brittanjeafgetakel word in die oë van ander nasies, wanneer die Amerikaanse dollar en Britse pond en ons lewenstandaard al hoe meer begin afneem, sal baie van ons vriende en bure miskien begin om wakker te skrik en te besef dat die Almagtige God betrokke is! U wat ons tydskrif gereeld gelees het – of na die Tomorrow’s World beeldsendings gekyk het – moet begin verstaan dat God uitdruklik belowe het om alle mense te straf wat afdwaal soos wat ons nou doen met ons toenemende seksuele onsedelikheid en perversie, ons stygende misdaad en geweld, die toenemende misbruik van alkohol en verdowingsmiddels en die hele benadering van goddeloosheid onder ons nasies as geheel!

In ’n tweeledige profesie wat betekenis gehad het vir ons voorvaders, maar selfs nog meer betekenis het vir ons vandag, sê die Ewige God: “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek – dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking [terreur] oor julle beskikdie tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ooktevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet (Levitikus 26:14-16).

Die Amerikaners en die volke wat van die Britte afstam, “verag” – deur ons gedrag en baie van ons wette – sekerlik God se insettinge teen aborsie, hoerery, owerspel, homoseksualiteit, dronkenskap, vloekery en amper enige ander vorm van veragtelike gedrag. God sê dat Hy onder sodanige omstandighede, “verskrikking” oor ons sal beskik! Miskien sal ons begin besef dat “9-11” inderdaad ’n waarskuwingsteken van ons Skepper was!

Na die beskrywing van die komende siekte-epidemies en voedseltekorte, sê Hy ten slotte: “En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper” (verse 18-19). Vir ’n meer volledige verduideliking van ons nasionale identiteit, bel of skryf dadelik aan ons vir u gratis kopie van ons insiggewende boekie wat oor hierdie einste onderwerp handel: Wat lê voor vir Amerika en Brittanje asook Suid-Afrika? Maak ook seker dat u my artikel “Wie is u, Werklik?” elders in hierdie uitgawe, sorgvuldig lees. Dit sal u selfs nog meer inligting gee oor die oorsprong van die Amerikaners en ander nasies van  Britse afkoms.

Weereens, wat gaan aan?
Wat aan die gang is, is dat die Ewige God – aan die einde van 6 000 jaar van menslike geskiedenis – begin om in te gryp en die nasies van die wêreld te skud en baie mense te help wat uiteindelik gewillig sal wees om wakker te skrik en hul na Hom wend! Voor Christus se Wederkoms sal God nog meer mense roep wat Hy wil oplei om konings en priesters te word in Christus se toekomstige Koninkryk (Openbaring 5:9-10). Ons wat Sy roeping aanvaar en volhou tot aan die einde, sal Christus help om oor hierdie aarde te regeer – ons sal nie hemel toe gaan met niks om te doen nie.

Baie duisende van u, die lesers van die Wêreld van More, begin om te verstaan. U begin om te reageer. U begin om te besef dat baie van die dinge wat u as “Christelikheid” geleer is, glad nie Bybelse Christelikheid is nie. U is gewillig om die betekenis van Jesus Christus se uitdaging aan mense van Sy tyd, te verstaan. “En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?” (Lukas 6:46).

Onthou dat die ware God van die Bybel vereis dat ons Hom gehoorsaam. Hy eis dat ons gewillig moet wees om te leef volgens “elke woord van God” (Lukas 4:4). In die geïnspireerde boek van Jesaja beskryf God dié soort individu wat Hy sal lei en seën in die verskriklike jare wat voorlê, “Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord” (Jesaja 66:2). Die meeste belydende Christene “bewe” nie vir God se geïnspireerde woord nie. Dit is omdat hulle ’n konstante dieet van idees en begrippe gevoer was en God “ver weg” is, asook dat die Bybel slegs maar oor duisende jare heen, die skryfwerk is van feilbare mense wat baie foute gemaak het terwyl hulle geskryf het. Die meeste van u vriende en familielede “vrees” moontlik nie werklik die God van die Bybel nie, al noem hulle hulself Christene.

Indien God besig is om u verstand te open, dring ek by u aan om werklik aan uself die bestaan van die ware Skepper God en die absolute inspirasie van die Heilige Bybel tebewys. Soos die meeste van u weet, stel ons baie boekies, herdrukte artikels en ’n volledige Wêreld van Môre Bybelstudiekursus heeltemal gratis beskikbaar op versoek – alles wat u kan help om hierdie dinge werklik te verstaan en te bewys. Ons vra nooit dat u vir enigiets moet betaal nie, en ons gee u Bybelse bewyse en spesifieke skrifverwysings in konteks, om u te help om aan uself hierdie wesenlike punte van lewe en dood te bewys.

Mag God Self u dus lei en inspireer om die geloof en die moed aan die dag te lê om nie slegs die Waarheid van God te bewys nie, maar om daarvolgens te handel! Ons in hierdie Werk is God se dienaars, deur Hom aangestel om Sy boodskap te verkondig en Sy finale waarskuwings aan die einde van hierdie tydvak te rig. Ons is nie volmaak nie. Ons het egter die bewyse – Bybelse bewyse – van dit wat ons in opregtheid skryf en verkondig. U sal aan uself en u gesin ’n groot guns bewys indien u die verstandelike en geestelike energie aan die dag lê om sorgvuldig die Waarheid te bestudeer, te bewys en tot werklike insig te kom van wat ons nou aan die hele wêreld bekend maak aan die einde van hierdie tydvak. Mag God u lei, bemoedig en seën wanneer u handel volgens Sy Waarheid en leer om na aan Hom te wandel.