Miljoene Amerikaners het gedurende die laaste dekade of twee die “hoofstroom” Christendom verlaat! Die situasie is soortgelyk in Brittanje, Kanada en elders. Baie mense word eenvoudig koudgelaat deur wat hulle “georganiseerde godsdiens” noem.

Waarom is meer en meer miljoene belydende Christene besig om hulle eie godsdiens uit te dink – op soek na “geestelike waardes” weg van bywoning van enige georganiseerde kerkverband? Die uitslag van ’n onlangse opname gedoen deur die program aangaande Openbare Waardes te Trinity College in Hartford, Connecticut, [VSA] was vir baie mense ’n skok. Die 2008 opname het gevra: “Wat is u godsdiens, indien enige?” Slegs een antwoord het in elke enkele staat toegeneem: Geen. Ongeveer 15 persent van die Amerikaners maak daarop aanspraak dat hulle glad geen godsdiens het nie. Soos die Seattle Times se rubriekskrywer, Lance Dickie, onlangs berig het: “Ou hoofstroom kerke van Protestantisme is statistiese gryswordende hersenskimme. Die Episkopale Kerk verteenwoordig 1.1 persent van die bevolking. Binnegevegte het ’n miljoen lidmate weggedryf – ongeveer ’n derde – vanaf 2001 tot 2008. Die aantal “ongespesifiseerde Christene” het van 8 miljoen in 1990 tot 16 miljoen in 2008 gegroei, maar die verandering in benadering is selfs nog groter ... Inderdaad, die idee van ’n persoonlike God verloor veld teenoor ’n vae, goddelike krag” (“Amerika se ontwikkelende geestelike profiel is ’n openbaring”, 19 Maart 2009).

Weereens, waarom? Wat is aan die gang?
Die waarheid is dat mense meer en meer agterkom dat die moderne belydende “Christendom” nie die antwoorde het wat mense in hulle lewens nodig het nie. Dit verduidelik nie werklik die ware doel van die menslike bestaan nie. Dit verduidelik nie die betekenis van huidige gebeure en die opwindende profetiese gebeurtenisse wat besig is om plaas te vind nie. Die grootste deel van moderne “kerkedom” is eintlik uit voeling met die uiteindelike werklikheid.

My vriende, soos die ou gesegde lui: “Waarheid is ’n magtige ding”. Dit is moeilik om weg te kruip vir die Waarheid, die Waarheid te ontduik en weg te hardloop van die Waarheid. Uiteindelik sal dit jou egter inhaal. Die werklike Waarheid is, soos baie van u lesers weet, dat hierdie wêreld se “Christendom” baie ver afgewyk het van wat Jesus Christus en die oorspronklike Apostels beoefen en geleer het. Hierdie wêreld se “Christendom” weerspreek hulself dikwels op verskeie maniere. Dit sê ons dikwels aan om “God se gebooie te gehoorsaam”, nogtans ontken dit die gebod om die sewende dag heilig te hou – wat God se woord uitdruklik beveel in die Bybel van die begin tot die einde. Ditontken die opdrag om die jaarlikse Heilige Dae te onderhou soos God Sy mense opdrag gegee het om te doen – wat die vroeëre Nuwe-testamentiese Christene onderhou het en wat in die toekomstige Duisendjarige heerskappy van Christus onderhou sal word (Sagaria 14:16-19).

Inderwaarheid ontken die hoofstroom Christendom dat u Bybel Jesus Christus se toekomstige duisendjarige heerskappy op hierdie aarde as Koning van konings, duidelik beskryf (Openbaring 11:15). Dit lyk asof hulle nie in staat is om die volgende duidelike stelling in God se geïnspireerde woord te lees of te verstaan nie: “Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?” (1 Korinthiërs 6:2). God se woord sê aan ons: “En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het” (Openbaring 2:26-27).

Weereens, God se woord beskryf die “nuwe lied” wat deur die ware heiliges gesing sal word en wat beskryf hoe Christus ons “gekoop” het deur Sy bloed, “en [Hy] het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers” (Openbaring 5:8-10).

Ten laaste: “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees ensal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank” (Openbaring 20:6).

Dit lyk asof die hedendaagse belydende Christendom hulself afgesny het van die basiese rede waarom die Skepper ons na Sy gelykenis geskape het – om Sy volwaardige kinders te word en saam met Christus oor hierdie aarde te heers gedurende die toekomstige duisendjarige tydperk! Dit is waarom ons moet “oorwin” en groei in genade en in kennis. Dit is waarom ons ons geestelike kragte en talente op elke moontlike manier moet ontwikkel. Indien al wat ons gaan doen sal wees om “heeldag in die hemel rond te rol”, dan sou daar glad geen nodigheid gewees het om ware karakter te ontwikkel nie!

Die God van die Bybel het ons geroep om “konings en priesters” in Sy toekomstige regering op hierdie aarde te wees. Daardie roeping gee ons ’n werklike doel vir ons lewens. Dit gee ons ’n rede om te oorwin, geestelik te groei en om meer soos Jesus Christus te word. Dit gee ook aan ons ’n werklike rede waarom ons moet leer om God se gebooieen Sy hele lewenswyse te onderhou. Binnekort sal egter van ons verwag word om daardie lewenswyse aan andere te leer in Christus se toekomstige Koninkryk – indien ons werklik “oorwinnaars” is.

Dit is die rede waarom ware Christene wat die Bybel bestudeer en glo, ag slaan op Skrifgedeeltes soos Openbaring 14:12: “Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar”. En: “Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhoudingvan die gebooievan God” (1Korinthiërs 7:19).

Ongeag van wat die “hoofstroom” kerke verkondig, daar is letterlik dosyne heel verstaanbareduidelike Skrifgedeeltes wat aan ons vertel dat ons God se Tien Gebooie as ’n lewenswyse moet onderhou. Die meeste predikante weet dat toe die jong man na Jesus Christus gekom en die weg na die ewige lewe gevra het, Jesus geantwoord het: “Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie” en toe begin Jesus om sommige van die Tien Gebooie op te noem (Mattheüs 19:16-19).

“Hoe”, mag u vra, “kan mense moontlik hierdie duidelike opdrag van Christus aangaande ware Christelikheid omseil?” Die verwarde predikante van “hoofstroom” Christendom systap die saak gewoonlik deur te sê dat Jesus se lering “onder die ou verbond” was. Ons vind egter dat aan die einde van die Apostoliese Era, die apostel Johannes nog steeds aan ware Christene die opdrag gee, “en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom” (1 Johannes 3:22).

Die kerke van hierdie wêreld praat dikwels slegs van verskillende vorme van “liefde”. Somtyds liefde vir ander mense in die algemeen, somtyds liefde vir ons naaste en vriende, en somtyds liefde vir sondaars – bekeerd of andersyds. Wat is egter die Bybel se omskrywing van Christelike “liefde”? God het die apostel Johannes geïnspireer om die antwoord te gee: “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie” (1 Johannes 5:3).

Kan enigiets meer duidelik wees? Nogtans neem ons die skouspel waar van veronderstelde “Christelike” predikante wat herhaaldelik leer dat mens nie letterlik die gebooie hoef te gehoorsaam nie, dat Christus se Koninkryk nie letterlik op hierdie aarde gevestig sal word nie en dat die dosyne spesifieke profesieë oor ons tyd – die “tyd van die einde” – eenvoudig vir hulle nie belangrik genoeg is om daaroor te preek nie!

Ons vind derhalwe dat “hoofstroom” kerke voortgaan met hulle “liefde” en “liewe Jesus” boodskappe – maar hulle verloën die ware Jesus Christus van die Bybel wat binnekort sal verskyn as Koning van konings en Here van here om oor hierdie aarde te regeer en die ganse mensdom ’n lewenswyse te leer wat op God se Tien Gebooiegebaseer is! Aangesien hierdie verwarde predikante hulle lidmate daarvan weerhou om profesieë en die ware betekenis van wêreldgebeure te verstaan – weerhou hierdie predikante eintlik miljoene mense daarvan om die grootse doel te verstaan wat tans hier benede uitgewerk word deur die God van die hemel wat die opkoms en val van nasies lei en wat tans gereed maak om Jesus Christus terug te stuur na hierdie aarde as Koning van konings! Die Almagtige God is op hierdie tydstip besig om Sy “klein kuddetjie” (Lukas 12:32) voor te berei om saam met Christus te regeer en om te help om die verskriklike verwarring, lyding, hongersnood, oorlog, smart en geestelike leegheid van die mense hier op planeet aarde uit te stryk.

Iewers op hierdie aarde is daar ’n ware “Kerk van God” – twaalf keer so genoem in u Nuwe Testament (sien Galasiërs 1:13; 1 Korinthiërs 1:2; 10:32; 11:16; 15:9; 1 Timotheüs 3:15). Hierdie klein maar baie toegewyde groep mense sal diegene wees wat “die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou” (Openbaring 12:17). Hulle sal ook diegene wees wat ywerig besig is “om die Werk te doen” wat voorbereiding tref vir Christus se Koninkryk, [die Werk] wat deur die “deure” van radio, televisie en die Internet – plus drukwerk – gaan om die hele wêreld te bereik met die boodskap van die toekomstige Koninkryk van God. Hulle sal diegene wees wat waarlik Mattheüs 24:14 vervul: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom”.

Moontlik is u verstand, nou, terwyl u hier lees, besig om geopen te word om te besef dat u op een of ander manier met daardie Kerk in aanraking gebring is. Mag God u help om te verstaan! Mag God u help om tot aksie oor te gaan. Indien u verdere inligting spesifiek volgens hierdie riglyne verlang, skakel ons of skryf vandag aan ons, of gaan na ons webwerf by www.wvm.co.za en vra om u gratis kopie van ons uiters belangrike boekie, Hervestig die Christenskap van die Apostels. Mag God u help om hierdie boekie tebestudeer en om die stellings daarin uit u Bybel en uit die geskiedenis te bewysDoen iets sodat u ’n ware verhouding met die Skepper van hemel en aarde mag hê, en begin om die doel waarvoor u geskape is, te vervul.