Op 31 Oktober 2016, die 499ste herdenking van Martin Luther se bekende “Vyf-en-negentig stellings oor die aflaat”, het die hoof van die Rooms-Katolieke Kerk, Pous Francis I, na Swede gereis om deel te neem aan die gebeure wat die 500ste jaar van die Protestantse Hervorming gedenk het. Terwyl hy daar was het hy deelgeneem aan ’n gesamentlike gebedsbyeenkoms in die stad Lund, in ’n Lutherse katedraal – ’n katedraal wat voorheen Katoliek was, maar die Swede het amptelik die Katolieke geloof verwerp as die staatsgodsdiens.

By hierdie vieringe van die lewe en werk van die man wat een van die grootste verdeeldhede in die geskiedenis tussen gelowe veroorsaak het, het Pous Francis erken dat Luther verstaanbaar ontsteld was oor die wêreldse sondes van die destydse Katolieke Kerk en gesê: “Met dankbaarheid erken ons dat die Hervorming gehelp het om groter eenheid tot die heilige geskrifte in die (Katolieke) Kerk se lewe te gee” (Reuters, “Pope, in Sweden, says Reformation had positive aspects”, 31 Oktober 2016).

Dit mag dalk vreemd voorkom om te sien dat Pous Francis, wie meer as enige ander mens op aarde tans die Rooms-Katolieke Kerk verpersoonlik, vir Luther prys – wie se beweging daarop aanspraak maak dat dit die einste gesag verwerp wat Francis na bewering uitoefen. Sulke optredes is ’n kenmerk van Francis, wie se volgelinge gesien het dat hy nie net na Lutherane nie, maar ook na Evangeliste, die Pinksterkerk en Ortodokse leiers uitreik. Dit wil voorkom of een of ander vorm van ekumeniese eenheid baie prominent in die gedagte van hierdie pous is.

Bybelprofesie verwys nie net na ’n korrupte, wêreldwye weergawe van Christenskap, uitgebeeld deur die groot hoer van Openbaring 17 wie op ’n denkbeeldige dier ry nie, maar ook na die hoerkinders (vers 5), wie die kerke verteenwoordig wat uit haar voortgespruit het.

Namate profesie ontvou, sal die geskiedenis soos uiteengesit in hierdie spesiale reeks help om u toe te rus met die sleutels om die gebeure in die hedendaagse nuus te verstaan!