Die heel eerste uitgawe van Tomorrow’s World is in Mei 1999 gepubliseer en 25 jaar later gaan God voort om hierdie tydskrif in staat te stel om die waarheid, profesie en hoop te verkondig. Dit het my nou die dag getref: Soms is ons hier by die Wêreld van Môre te ver voor met die plan. Ons gee vooraf waarskuwings, maar teen die tyd dat die gebeure van daardie waarskuwings realiseer, het mense reeds aanbeweeg en vergeet waar hulle dit gehoor het. Laat my toe om u te herinner aan verskeie artikels wat in die verlede in hierdie tydskrif geplaas was wat kragtige voorbeelde is.

Op die voorblad van ons April-May 2023 Engelse Tomorrow’s World-tydskrif het die vraag verskyn: “Has World War III Already Begun?” en u kan verwys na die Wêreld van Môre se hoofartikel in die Maart-April 2024 uitgawe met die titel “Slaapwandelend na Wêreldoorlog III”. Dit het op Europa gefokus, maar soveel meer toepaslik geword ná die streekoorlog wat uitgebreek het ná die barbaarse Hamas-aanval op Israel! Soos dit verduidelik is, was die laaste twee wêreldoorloë aan die gang voordat amptelike verklarings uitgereik is, met spanning en konflikte wat voorgekom het in kleiner streke, wat gepaard gegaan het met militêre voorbereidings, wat die toneel vir ’n volwaardige wêreldoorlog voorberei het. Dit is moeilik vir ons verstand om die ondenkbare te aanvaar, maar die waarskuwingstekens is daar vir diegene wat oplet, soos dit geskryf is deur die voormalige Sowjet-leier Mikhail Gorbatshof: “Meer troepe, tenks, pantserwaens en gewapende personeel word na Europa gebring ... NAVO en Russiese magte en wapens wat voorheen op ’n afstand ontplooi is, word nou nader aan mekaar geplaas om vanaf baie korter afstande te vuur. Politici en militêre leiers klink al hoe meer strydlustig en verdedigingstrategieë raak gevaarliker … Alles dui daarop dat die wêreld gereed maak vir oorlog” (NBC News, 27 Januarie 2017).

Die artikel is geskryf vyf jaar voor Rusland se aanval op die Oekraïne. Sedert daardie inval en die Weste se reaksie daarop, het gerespekteerde persone beweer dat die Derde Wêreldoorlog begin het. Diegene wat die ondenkbare uitspreek, sluit in die Russiese mediafiguur Olga Skabeyeva, die leier van die Franse intellektuele Emmanuel Todd en selfs Pous Franciskus, die Rooms-Katolieke pous – wie gesê het: “World War III has been declared” (America: The Jesuit Review, 14 Junie 2022).

Dit is nie slegs die Wêreld van Môre wat geskiedkundige ooreenkomste uitwys nie. Terwyl ander mense hierdie waarskuwings laat hoor, waarom het u ons nodig? Herhaal ons bloot wat ander mense sê? Glad nie! Die Wêreld van Môre voeg ’n dimensie by wat ander mense nie noodwendig raaksien nie. Ons artikel het verduidelik dat die gevolge van Rusland se inval gevolge het wat betref die vervulling van Bybelprofesieë. Lank voordat Skabeyeva, Todd of Pous Franciskus gebore is, het die profeet Daniël onder inspirasie van God, die geskiedenis uiteengesit vanaf sy tyd tot met die Wederkoms van Jesus Christus (Daniël 2:31-45; 7:1-27). Eeue later het Christus gewaarsku dat ons wêreldwye katastrofe in die gesig sal staar tensy ons ons tot God wend (Matthéüs 24:21-22).

Antieke profesie in moderne konteks

Duisende jare gelede het God se profete dit baie duidelik gemaak wat om te wagte te wees op plekke soos die Midde-Ooste en Europa. Ons Januarie-Februarie 2025 Wêreld van Môre uitgawe het artikels bevat wat ’n Bybelse perspektief gee oor wat in die Midde-Ooste besig is om te gebeur met verwysing na gedetailleerde profesieë vir ons tyd. Kenners gee menings oor wat hulle dink sal gebeur – die Bybel voorspel akkuraat wat sal gebeur. Dit verduidelik die geskiedkundige konteks waarvan min mense kennis dra en dit maak geskiedenis vooruit bekend! Ongelukkig is daar soveel dinge wat rondom ons gebeur dat dit maklik is om te vergeet wat ons net ’n paar maande gelede geskryf het.

Ons Februarie 2023 Tomorrow’s World se voorblad lui: “Will the U.S. suffer the fate of Rome?” In daardie artikel het ons daarop gewys hoe die Verenigde State besig is om “Rome se foute te herhaal”. Hordes mense wat van onderdrukking weggevlug het, het die Romeinse Ryk vanuit die noorde binnegekom. Miljoene onwettige migrante van regoor die wêreld stroom oor Amerika se suidelike grens, waar daar derduisende botsings met onwettige migrante plaasgevind het vanaf Oktober 2023 tot en met Januarie 2024. Ons het daardie artikel egter gepubliseer voordat die algemene burger bewus geraak het van die probleem. Met die skryf van hierdie artikel, dui peilings daarop dat dit die belangrikste kwessie is wat kiesers in die November 2024 verkiesing in die gesig staar en wat sal bepaal wie die V.S. vir die volgende vier jaar “regeer”. Brittanje en Europa ondervind soortgelyke probleme met migrasies vanuit Afrika en die Midde-Ooste.

Terwyl Amerikaners bewus geraak het van die probleem, wéét hulle wat die aanvanklike oorsaak daarvan is? Min mense weet selfs nie eers wie die Amerikaanse en Britse afstammelinge is nie óf dat aanstootlike onsedelikheid en sonde lei tot wat God byna 3,500 jaar gelede voorspel het: “Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak” (Deuteronómium 28:43). Beskryf dit nie wat ons vandag sien nie? Sommige onwettige migrante, maar beslis nie almal nie, kry gratis gesondheidsorg, finansiële hulp, gratis slimfone, gratis kamers in luukse hotelle, gratis kos en nog baie meer. Intussen is hierdie byvoordele nie beskikbaar vir behoeftige burgers wat al dekades lank in die land woon en belasting betaal het nie. Dwelms, bendes en misdaad is reeds aan die orde van die dag en tensy Amerika verander, sal dit erger word.

Die goeie nuus is ...

Gelukkig is daar ’n beter wêreld aan die kom. Dit is die goeie nuus wat die Bybel verkondig en die Wêreld van Môre deel ook daardie goeie nuus met u. Ons Maart-April 2024 se artikel, “Jerusalem: Toekomstige Hoofstad van die Wêreld”, het begin met ’n sub-opskrif wat verduidelik: “’n Stad wat sedert antieke tye gebuk gaan onder probleme, het ’n merkwaardige toekoms wat voorlê!” Nee, u sal nie hierdie soort nuus op televisie of TikTok kry nie, maar dit is nuus of u dit glo of nie! Daar is ’n God in die Hemel en Hy sal dit laat gebeur. Tyd sal bewys dat dit waar is.

Die Wêreld van Môre verkondig nóg goeie nuus. Hoeveel mense is al gemartel deur gedagtes van ’n geliefde wat in die hel brand – in folterende, eindelose pyn met geen hoop van ontsnapping nie? Baie mense in daardie veronderstelde toestand het nog ooit eers die Naam van Christus gehoor nie! U mag dit dalk moeilik vind om te glo dat mnr. Richard F. Ames se Januarie 2024-artikel die vraag, “Gaan u na die HEL?” beantwoord. Dit het ’n herrie ontketen toe hy geskryf het, “Sou u geskok wees om te hoor dat u Bybel eintlik leer dat niemand op hierdie oomblik in die hel brand nie? Trouens, daar is geen onsterflike siele wat vir ewig in die vlamme van die hel wriemel en skree nie en dit sal nooit gebeur nie. Ja, daar sal ’n helse vuur wees, maar nie die soort wat so baie mense hulle verkeerdelik voorstel nie”. Ongelukkig is daar ’n paar van ons lesers wat klaarblyklik lief is vir vuur en wie hou van die idee dat God mense vir ewig sal martel nadat hulle ’n paar jaar in onkunde op die aarde geleef het. Gelukkig is dit nié wat die Bybel sê nie.

Ons Kanadese streekredakteur Stuart Wachowicz, het reeds in ons Mei-Junie 2022-uitgawe geskryf: “Die waarheid aangaande Anti-Semitisme”. Hy verduidelik die geskiedenis, oorsake en toekoms van die irrasionele haat vir die Joodse volk. Hoeveel van ons lesers en nog minder mense in die wêreld, het die omvang van hierdie probleem besef? Wie sou egter kon dink dat daar later so ’n gewelddadige protes teen die Israeli's sou wees op 7 Oktober 2023 en hulle so wreed aangeval sou word?

Die Wêreld van Môre kyk ook na sosiale neigings wat ons lewens beïnvloed op maniere wat ons dalk nie besef nie. Vorige artikels sluit in “Die subtiele kuns om die Bybel te kanselleer” (Junie 2022), “New Gods, new Sins” (Tomorrow’s World March 2021), “Werk moderne moraliteit?” (Februarie 2023), “Is Big Brother aan die kom?” (September-Oktober 2021), “Die totstandkoming van moderne heidendom” (November-Desember 2020) en “Is manlikheid werklik toksies?” (Mei-Junie 2020).

Die basis van ons boodskap bring ons weer by een belangrike vraag: Is menselewe die onwaarskynlike gevolg van toeval en evolusie of is ons hier vir ’n doel wat deur ’n intelligente Skepper beplan is? “Verstommende Bybelprofesieë vervul” (Mei-Junie 2022) het verduidelik dat geen mens ooit toekomstige gebeure kan voorspel behalwe onder inspirasie van die Een na wie ons verwys as God nie. Selfs ons reeks oor “Die werke van Sy hande” herinner ons aan alledaagse wonders rondom ons wat op ’n magtige Ontwerper dui.

Ja, die Wêreld van Môre verduidelik ons samelewing soos geen ander tydskrif dit deesdae doen nie. Dit maak die geskiedenis lewendig, werp lig op skadelike sosiale neigings en verduidelik uit die Bybel wat om in die nabye toekoms te wagte te wees. Dit dui op die skandelike, die afstootlike en uiteindelik die goeie nuus van hoe dinge alles vir ’n lydende wêreld sal uitdraai.