U hele toekoms is op die spel! Dit word nou beïnvloed deur magte buite u beheer. U behoort te verstaan.


Ons weet almal dat mense graag die gek skeer met “doemprofete”. Dit is tog sekerlik beter om na die ligte kant te kyk en te probeer om positief oor die lewe te wees. Dinge gaan normaalweg beter so – ten minste op die korte duur.

Goed so. 
Ons behoort te leer om positief oor die lewe te wees. Daar is mos ’n wonderlike “groot doel en beplanning” wat hier op aarde uitgewerk word, soos Sir Winston Churchill se bekende gesegde gesê het. Baie min mense verstaan die ontsagwekkende doel waarvoor ons almal lewe en asem gegee is. Daardie doel het groot betekenis – en behoort aan elkeen wonderlike bemoediging te bied wanneer hulle begin verstaan en hul ware doel begin vervul.

Daar is egter tans diep krake in ons hele samelewing. Die hewige verskuiwing weg van tradisionele moraliteit en welvoeglikheid vind grootskaals plaas. Ons lees daagliks van die hoogste politieke leiers en bestuurshoofde van besighede wat lieg, steel, “bedrieg” met hul inkomstebelasting, “buite-egtelike verhoudings” het en hulle verlustig in allerhande soorte skelmstreke. Ons sien dat die hoofstroom media byna “druk uitoefen” om tradisionele gesinswaardes af te breek, asook so-te-sê elke ding wat ons in die verlede as normaal en ordentlik beskou het. Toenemende klem op die “regte” van perverte en afwykendes word in ons kele afgedruk, op so ’n wyse wat absoluut skokkend sou gewees het selfs 15 of 25 jaar gelede! Nogtans leer ons duidelik uit bykans 6 000 jaar se aangetekende geskiedenis dat die tradisionele gesinseenheid – een man en een vrou – nog altyd die hoeksteen van ’n ordentlike samelewing was. Elke nasie en elke samelewing wat hierdie maatstaf verwerp het, het ten gronde gegaan.

Indien daar ’n ware God is – ’n Geestelike Persoonlikheid wat die heelal geskep het en nou daaroor heers – wat sou Hy van dit alles dink? Nog die belangrikste van alles, wat gaan Hy daaromtrent doen?

Baie min belydende Christene glo deesdae in die absolute gesag van die geïnspireerde woord van God, die Heilige Bybel. Hulle is nie bekend met die ware God wat die Bybel geïnspireer het en wat die hemele en die aarde geskape het nie. Hulle ken nie en verstaan ook nie die uitvoerige bewyse wat dui op God se spesifieke ingryping in Sy handeling met antieke stede en ryke in die verlede nie – presies soos Hy dit in Sy woord voorspel het! As gevolg van ons ophopende sondes en ellendigheid is daardie einste ware God nou gereed om op ’n baie dramatiese wyse in te gryp in menslike sake – op ’n wyse soos wat dit nog nooit voorheen in die menslike geskiedenis ondervind was nie!

Hoe durf ek aanvaar dat ek weet wat God gaan doen? Wie gee hierdie armsalige ek die “reg om reg te wees”?
Wie?

Hoe kan ek seker wees?

Laat my verduidelik deur ’n paar feite aan u bekend te maak. Mag God u help om te luister! Dit is inligting wat u eie lewe oor die volgende paar jaar gaan raak.

As ’n jong seun wat grootgeword het in suidwestelike Missouri, geleef het in ’n tradisionele gesin en ’n “hoofstroom” Protestante kerk bygewoon het, het ek begin luister na ’n man by name Herbert W. Armstrong, wat gedurende die winter van 1944-45 oor die radio gepreek het. Selfs terwyl Duitsland besig was om vergruis te word deur Britse bombardering snags en Amerikaanse bombardering bedags (die Britte het radar uitgevind en was in staat om dit te gebruik), het mnr. Armstrong gesê dat – ten spyte van die klaarblyklike ondergang en nederlaag – Duitsland weer sal opstaan en ’n verenigde Europa sal lei. Hy het spesifieke profesieë uit die Bybel aangehaal om te wys waarom dit sal gebeur – en hoe dit Amerika en Brittanje sal raak na aan die einde van hierdie tydvak. Later was ek in staat om Ambassador Kollege in Pasadena, Kalifornië by te woon, en het gehoor hoe hy letterlik dosyne Bybelse profesieë wat die oorhoofse “Meesterplan” wat God hier benede uitwerk, in meer besonderhede verduidelik – spesifieke Bybelse profesieë van wat gaan gebeur.

Na graduering in 1952, was ek in staat om saam met mnr. en mev. Armstrong en hul oudste seun, Dick Armstrong, na Engeland te reis om te help om die Werk aldaar te begin. Gedurende die somer van 1954 het ek saam met hulle na Belfast en daarna na Glasgow, Manchester en Londen gereis vir ’n reeks openbare vergaderings met ons radio-luisteraars. Mnr. Armstrong het die Britte kragtig en rondborstig vertel dat hulle hul behoort te bekeer van verbreking van God se wette en dat hulle moet terugkeer na die God van die Bybel – anders sal hulle die groot “seepoorte” wat God aan die Britse en Amerikaanse volke geskenk het, verloor. Hy het, onder andere, spesifiek melding gemaak van die Suezkanaal, Singapoer en die Straat van Malakka.

Mnr. Armstrong het voortgegaan om te waarsku dat – tensy hulle hul werklik bekeer het en na God gedraai het – die Britse Ryk “nie meer sal bestaan” nie! Hy het direk – in 1954 – die ondergang vooruit beskryf van wat in werklikheid die grootste ryk was wat ooit in die menslike geskiedenis bestaan het! Die Romeinse Ryk kon – selfs op sy kruin – nie begin om vergelyk te word met die wêreldwye omvang van die Britse Ryk nie, wat ontsaglike groot dele van Afrika, Australië, Nieu-Seeland, Asië, die Midde-Ooste en Kanada beslaan het.

Dink! Mnr. Armstrong was besig om geweldige groot aansprake te maak oor spesifieke gegewens rakende sommige van die belangrikste nasies van die wêreld. Hoe kon hy, baiejare vooruitenigsins weet dat sulke dinge gaan gebeur? Dit nogal op ’n tydstip toe niemand anders hierdie soort rampe voorspel het nie? 

Dit het begin gebeur!

Twee jaar later is my vrou en ek na Londen gestuur om te help om die Werk daar op dreef te kry. Gedurende daardie einste winter van 1956-57 het die beroemde Suez-krisis plaasgevind. Beïnvloed deur die Amerikaanse Staatsekretaris, John Foster Dulles, het Amerika druk uitgeoefen op Engelse, Franse en Israelse valskermsoldate om te onttrek uit die Suezkanaal en om dit oor te gee aan die Egiptenare wat probeer het om dit van die Engelse af te neem. Die Engelse was baie ontsteld! Engelse vriende wat gewoonlik vriendelik was, sou aan my sê: “Jy weet, ons het jou nie vandag lief nie!” Hulle het probeer om ordentlik daaroor te wees, maar hulle was diep seergemaak, hulle het verraaigevoel deur ’n Amerika wat hulle gedwing het om een van die belangrikste “seepoorte” in die menslike geskiedenis, prys te gee – ’n lewensbelangrike deurgang wat groot invloed gehad het op militêre mag en internasionale handel.

Later sou Engeland ook beheer verloor oor Bab el Mandeb – die suidelike ingang tot die Rooisee, asook baie ander seepoorte, insluitende die Straat van Hormuz, wat nou erken word as van uiterste belang in die huidige Midde-Oosterse situasie. Nog ’n verlies was die beroemde Simonstadse seebasis in Suid-Afrika, wat die seeroete om die suidpunt van Afrika beheer. Verder was Singapoer en die Straat van Malakka ook weggeneem van onder Britse beheer. Mense wat Sjina deesdae dophou, weet dat die Straat van Malakka weereens dikwels in die nuus is as ’n seepoort van wesenlike belang in die magstryd en handelsaktiwiteite in ons huidige wêreld-ekonomie.

Amerika het ook sy paar seepoorte verloor, wat die toppunt bereik het met die Amerikaanse President Jimmy Carter se besluit om afstand te doen van beheer oor die Panamakanaal. Vandag is nog net twee noemenswaardige seepoorte onder Britse beheer – Gibraltar en die Falkland Eilande. Nogtans is dit elke maand in die nuus dat Engeland onder groot druk verkeer om afstand te doen van hierdie belangrike nasionale bates. Na jare van wêreldgebeure dophou, voel ek persoonlik dat binne ’n paar jaar ten minste een van hierdie twee – indien nie albei nie – nie meer onder Britse beheer sal wees nie. Ek kan myself ’n opvolg-artikel sien skryf: “En toe was daar niks!”

Persone wat lank reeds die Wêreld van Môre lees, het moontlik al ons werklik insiggewende en onthullende boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?, gelees. Dit gee spesifieke bewyse wat toon waar die Amerikaanse en Brits-afstammende nasies inpas in Bybelse profesieë. Dit toon hoe die grote God aan hulle beheer oor daardie allernoodsaaklikste “seepoorte” in die eindtyd belowe het, maar ook voorspel het dat hulle daardie beheer sal verloor. Indien u nog nie hierdie boekie ontvang en bestudeer het nie, kontak asseblief die Streekkantoor naaste aan u (gelys op bladsy 2 van hierdie tydskrif) of skryf aan ons vandag vir u eie kopie en die boekie sal heeltemalgratis, posgeld betaal, op u versoek aan u gepos word! U het werklik hierdie inligting nodig!

Net soos hy uit die Skrif getoon het wat sal gebeur met die seepoorte, het mnr. Armstrong ook gedurende die 1960s en 70s, in die openbaar gewaarsku dat, hoewel die beheer van die Sowjet-Unie oor die nasies van Oostelike Europa onwankelbaar voorkom, Bybelse profesieë aantoon dat hulle sal wegbreek – dat die Berlynse Muur afgebreeksal word en dat Duitsland weer sal herenig en die middelpunt van Europese mag sal word! Hoe kon daardie man moontlik enigsins dekades vooruit iets geweet het van hierdie soort aardskuddende gebeure? Niemand anders het hierdie soort dinge geprofeteer of voorspel nie! Die veronderstelde alleswetende “nuusfundi’s” het nie een woord vooruit gerep nie – want hulle het nie die spesifieke profesieë in die Bybel geken of verstaan nie!

Diegene wat egter geluister het na wat mnr. Armstrong uit die Bybel geleer het, het verstaan. Hulle was vooruit gewaarsku oor wat gaan gebeur! Ek onthou nog ’n onvergeetlike hoofartikel wat op 7 Desember 1989 in die Free Press van Hendersonville, Tennessee gepubliseer was: “Soos die meeste Amerikaners het ek die huidige politieke gebeure in Oos-Duitsland met belangstelling dopgehou. Terwyl baie hul verbasing oor die onlangse gebeure uitgespreek het en ook oor Oos-Duitsland se oproep tot die hereniging van Oos- en Wes-Duitsland, moet ek erken dat ek glad nie daaroor verras was nie. Die rede waarom ek nie eintlik verras was nie is omdat ek jare lank so dan en wan die publikasies van … wyle Herbert W. Armstrong … gelees het … Armstrong het voorspel dat die Berlynse Muur eendag afgebreek sou word en dat die twee Duitse state weer sou herenig in ’n magtige nasie”.

 Waarom het mnr. Armstrong verstaan wat so baie ander predikers in gebreke gebly het om te verstaan? Hoe kon hy die besonderhede van hierdie profetiese gebeure so goedvoor die tyd geken het? Waarom is die meeste hedendaagse predikers en godsdiensleiers steeds feitlik “in die duister” oor die belangrike profesieë wat reg voor hul oë hier op aarde uitgewerk word?

Hoe om te verstaan

Die “sleutel” tot die antwoord vind ons in Psalm 111:10: “Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid;almal wat dit beoefen, het ’n goeie verstand.Sy lof bestaan tot in ewigheid”.

Alhoewel die hele Bybel gevul is met Skrifgedeelte na Skrifgedeelte wat dieselfde basiese feit aandui, toon Psalm 111 baie duidelik dat God begrip verleen aan diegene wat Sy gebooie gehoorsaam! In die Nuwe Testament lees ons die apostel Johannes se begrip van hierdie beginsel: “... en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sygebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom” (1 Johannes 3:22).

Hierdie punt word baie duidelik gemaak in letterlik dosyne Skrifgedeeltes! Indien mense gewillig is om werklik te doen wat God sê – en ophou argumenteer en redeneer rondom God se duidelike opdragte om Sy gebooie en wette te gehoorsaam – dan sal God hul gebede aanhoor en hulle sal baie meer antwoorde op hul gebede ontvang. Hulle sal ook baie meer insig verkry in die Bybel, wêreldgebeure en in die kragtige profesieë wat nou hier in menslike sake uitgewerk word!

My vriende, met hierdie verskriklike finansiële krisis wat nou die hele wêreld affekteer en deur die ongeëwenaarde morele omwenteling wat ook die meeste van ons nasies raak, begin God om ons te verootmoedig en om ons voor te berei vir die finale gebeure van hierdie tydvak – wat baie duidelik geprofeteer is. Ons vind dat ons leiers nou verskeie vorms van onsedelikheid feitlik op die Amerikaanse volk “afdwing”! Die bevordering van die sogenaamde “gay”-regte, die groeiende getal wette en regeringsbeleide wat maklike toegang tot aborsie bevorder (die moord op ongebore kinders!), die groeiende onbehoorlikheid van lasterlike en vulgêre taal op televisie en in ander media – dit alles en baie meer tekens dui duidelik aan dat die sedelike onderbou van ons gemeenskap, bietjie vir bietjie, stadig maar seker, vernietig word. Mag God elkeen van ons help om wakker te word voor dit te laat is!

Daar word nou deur baie wetgewers toenemend beperkende wetgewing voorgestel wat die vermoë om duidelik die waarhede van die Bybel te verkondig inkort, om dit meer en meer onmoontlik te maak vir ware predikante om God se opdrag te gehoorsaam: “Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ’n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes” (Jesaja 58:1).

Die leiers van hierdie samelewing se “populêre opinie” – in die media, wetgewings en howe – sal meer en meer diegene wat daarna streef om tradisionele waardes hoog te hou asook die basiese sedelike en geestelike beginsels wat nog altyd die Amerikaanse lewenswyse omskryf het, as die “slegte ouens” bestempel! Die Amerikaanse volk en die volke wat van die Britte afstam, is op ’n sedelike sleerit wat reg na die Groot Verdrukking lei! Geen wonder dat ons Skepper genoodsaak sal wees om ons volke liefdevol te tugtig nie!

Teen die tyd dat dit gebeur, sal selfs baie “hoofstroom” Christene besef dat “iets sal moet meegee” – selfs al sou baie van hulle hul nog nie oorgegee het om die God van die Bybel ten volle te gehoorsaam nie.

Net ’n paar, selfs as sou hulle nog nie die volle waarheid ken nie, sal genoeg gesonde verstand hê om oor die algemeen te sien dat iets besig is om te gebeur. U mag moontlik die onlangse opmerkings van Billy Graham se dogter, Anne, gesien het toe sy gevra was hoe ’n liefdevolle God so ’n verskriklike tragedie soos die Orkaan Katrina kon toegelaat het. Hier is haar baie deurdagte reaksie: “Ek glo God is diep hartseer daaroor, net soos ons almal is, maar vir jare al sê ons aan God om uit ons skole, uit ons regering en uit ons lewens te bly. Omdat hy die Heer wat Hy is, glo ek, het God eenvoudig teruggestaan. Hoe kan ons verwag dat God ons moet seën en ons moet beskerm wanneer ons daarop aandring dat Hy ons alleen moet laat?”

Wees gewillig om te LEER en om te DOEN!

Sal gewillig wees om werklik die God van die Bybel te gehoorsaam?” Ons in hierdie Werk probeer om op elke moontlike manier na u uit te reik om aan u spesifieke bewyseuit die Bybel te gee dat ons samelewing besig is om ten gronde te gaan, tensy ons ons opreg na die ware God wend en Sy gebooie gehoorsaam – al tien van hulle!

Waarom hou so baie verdraaide leiers in ons samelewing aan om te bly aandring op hierdie onsedelike en ongoddelikke weë? Die apostel Paulus was geïnspireer om die antwoord te gee: “En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie” (Romeine 1:28).

Weereens, God het Paulus geïnspireer om aan ons te vertel waarom dit lyk of mense ’n afkeer het aan die ware God van die Bybel: “... omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie” (Romeine 8:7).

Dink! Die God van die Bybel openbaar dat die normale, fisiese, wêreldse denke “vyandig gesind” is teenoor God, omdat mense nie hou van die idee van ’n warewerklike God wat aan hulle vertel wat hulle moet doen nie! Dus sal hulle hul nie onderwerp aan die “Wet van God” nie. Hulle het dus vorendag gekom met verskillende vorms van sogenaamde “Christelike” leerstellings en gebruike – waarvan baie in direkte teenstelling is met die geopenbaarde leringe van Jesus Christus en die lewenswyse wat Hy en die oorspronklike Apostels geleef en daardeur aan ons ’n voorbeeld gestel het.

Hierdie Werk is ’n voortsetting van die kragtige Werk wat God gevestig het deur Herbert W. en Loma D. Armstrong, so lank terug as 1931! ’n Aantal van ons leiers – myself ingeslote – het direk geleer aan die voete van mnr. Armstrong. Ons ken God se manier van lewe en ons het baie, baie profesieë wat mnr. Armstrong verduidelik het, in ons leeftyd vervuld gesien – tot in die fynste besonderhede! Ons weet dat die Bybel sê wat dit bedoel en bedoel wat dit sê.

Mag God u help om te verstaan wat ons verkondig namate u die Werk van die Tomorrow’s World-beeldsendings en hierdie tydskrif volg! Ons kon seer sekerlik baie meerondersteuners gehad het indien ons sou terugval na “hoofstroom” en die sagte, mooi dinge van hoofstroom Christelikheid verkondig het. Ons het egter ’n ander manier gekies. God het ons uit hierdie huidige wêreld uit geroep en Hy gebruik ons as die “voorhoede” van die toekomstige Koninkryk of Regering van God wat op hierdie aarde gevestig gaan word deur Jesus Christus, binne die leeftyd van baie van u! Dit kom regtig! Die verskriklike tye van swaarkry gedurende die Groot Verdrukking – en daarna die Dag van die Here – sal baie gouer oor ons kom as wat baie besef.

Saam met ons kragtige boekie, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?, hoop ek dat baie van u ons ook sal nader om u gratis kopie van ons kragtige boekie,Die Dier van Openbaring, aan te vra. Ook vir diegene van u wat werklik gewillig is om die fisiese en geestelike ywer aan die dag te lê om te leer en te groei tot die volle begrip van ware Christelikheid en die “uitweg om te ontkom” in die moeilike jare wat voorlê, skryf asseblief in vir die gratis Wêreld van Môre se Bybelstudiekursus. Dit sal werklik u oë open! Dit is nie ’n lys van ons eie opinies terwyl ons beweer dat “die Bybel so sê”, nie – ons toon u eerder, tot in die fynste besonderhede, die spesifieke Skrifgedeeltes, tesame met historiese verwysings en ander feite om u te help om werklik te verstaan en aan uself te bewys waaroor God se openbaring, die Heilige Bybel, alles gaan – en om u te help om te verstaan wat die groot doel is wat tans hier benede uitgewerk word!

Mag God u help om te verstaan – en om te doen – namate Amerika se mag en aansien voortgaan om agteruit te gaan, en namate die sedelikheid en lewenswyse van die Amerikaanse volk en die volke wat van die Britte afstam, voortsnel op hul afwaartse sleerit! Terwyl Hy van ons tye gepraat het, het Jesus Christus beveel: “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Lukas 21:36).