David Cameron en sy koalisie-deelgenote wat gedurende Mei 2010 ingestem is, het aan hulself ’n monumentale taak gestel, toe hulle die leisels oorgeneem het na 13 jaar van Arbeidersregering. Wat is daardie taak? Hier is hoe Cameron dit beskryf het in ’n toespraak tydens ’n Julie 2008 tussenverkiesing in Glasgow, Skotland:

“Ons missie is om ons gebroke samelewing te herstel – om die wonde van armoede, misdaad, maatskaplike wanorde en verlies te heel wat stadig hierdie land vir heeltemal te veel mense ’n wrede, vreugdelose plek maak om in te leef ... Die draad wat dit alles saam verbind loop, ja, deur verbrokkeling van die gesin, afhanklikheid van welsyn, skuld, dwelms, armoede, swak polisiëring, onvoldoende behuising en agteruitgaande skole. Dit is egter ’n draad wat veel dieper gaan, namate ons ’n gemeenskap sien wat in die gevaar is om hul sin van persoonlike verantwoordelikheid, maatskaplike verantwoordelikheid, algemene ordentlikheid en ja, selfs openbare sedelikheid te verloor”.

Dit is moeilik genoeg om slegs net ’n nasie se ekonomiese sake aan te spreek. Cameron se noodbegroting wat op 22 Junie voorgelê is, het moedige, maar nogtans pynlike planne uiteengesit om die ekonomie weer in balans te bring en met die ontsaglike groot skuldlas te handel. Daar was vroeë tekens dat die Britse publiek hulle sal onderwerp en gewillig hul ondersteuning sal verleen, tot ’n vermenging van oordrewe streng besnoeiings in spandering en verhogings in belasting. Dit het gelyk of hierdie sterk maatreëls die internasionale obligasiemarkte sou gerusstel en die gevaar dat Brittanje se kredietwaardigheid verlaag word, sou voorkom.

Die huidige krisis strek egter baie dieper as blote finansies. Die ware wese en eenheid van die Britse gemeenskap is besig om te faal, vroeëre waardes en norme word verweer, geloof in God en die lewensweg wat Hy voorstaan (hoe onvolmaak dit ook al toegepas was) word geleidelik laat vaar. Verrotting het ingetree en bewyse van sedelike verval is oralIn ’n wyer sin is die Britse samelewing alreeds verbrokkel!

Sal die Eersteminister slaag in wat neerkom op ’n oproep tot ’n nasionale sedelike kruistog wat gemik is op individuele verandering van karakter? Sal die nasie op gepaste wyse reageer en sy voorbeeldige visie koop? Indien wel, waarheen kan hulle kyk vir inspirasie? Wel, die omvang van Engeland se ekonomiese sorge was vergelyk met die donker dae van die Tweede Wêreldoorlog en die nasleep daarvan. In hierdie 70ste jaar sedert Brittanje se “donkerste uur”, laat ons dus daardie historiese gebeure in ag neem, sowel as die ooreenkomste en lesse wat dit vir ons vandag mag openbaar.

Op die randjie

Terug in Mei-Junie 1940, het Brittanje gewankel op die randjie van uitwissing. Op 10 Mei – dieselfde dag as wat Winston Churchill Eersteminister geword het van ’n alle-partykoalisieregering – het die Nazi’s se leërmagte van Duitsland, hul blitzkrieg ontketen teen België, Luxemburg en die Nederlande. Gedurende die volgende maand het België, Holland en Frankryk vinnig na mekaar geval. In die Noorde van Frankryk is die Britse Ekspidisiemag teruggedryf tot by Calais en daarna tot by Dunkirk. Was dit nie vir Hitler se verstommende verposing in die vyandighede en die “wonderwerk van Dunkirk” nie, sou die Tweede Wêreldoorlog waarskynlik reeds tot ’n einde gekom het in Junie 1940, met Duitsland as die oorwinnaar!

Die werklike wanhoop van Brittanje se verknorsing in 1939 en 1940 het lank geneem om ten volle en algemeen besef te word. In nabetragting, kan ons sien dat daardie gevaarlike, onsekere dae van Mei-Junie 1940, die fulcra – die draaipunt – geword het van die koers wat die oorlog ingeslaan het. Historikus John Lukacs verwys na 28 Mei as die presiese oomblik van beslissing, toe Winston Churchill aangekondig het dat Engeland voort sal gaan om te veg, maak nie saak wat gebeur nie. Daar sal geen oorgawe, geen onderhandeling met Hitler wees nie. Op daardie dag het Churchill gesê: “Ons sal voortgaan en ons sal dit uitveg, hier of elders, en as hierdie lang eilandstorie van ons uiteindelik moet eindig, laat dit slegs eindig wanneer elkeen van ons op die grond lê en versmoor in sy eie bloed”.

Lukacs skryf dat draaipunte gesien kan word as “’n skielike verskuiwing van gebeure en ontwikkelings in ’n geveg of gedurende ’n rewolusie ... ’n Draaipunt mag voorkom in ’n persoon se gedagtes; dit mag ’n verandering van rigting beteken; dit dra gevolge wat veelvuldig en voorspelbaar is, gevolge wat meer as níe dikwels in nabetragting uitkenbaaris. ’n Draaipunt mag soms voorsienbaar wees, dog nie met sekerheid nie” (Five Days in London: May 1940, bl. 2).

Sewentig jaar later

Sewentig jaar later, presies op dieselfde dag, het David Cameron sy eerste beleidstoespraak as Eersteminister, op 28 Mei 2010 gelewer. Net soos Churchill voor hom, het hy sy verbintenis tot ’n oorlog wat baie mense dink nie gewen kan word nie, verklaar. Cameron veg egter teen ’n baie ander soort vyand. As sy eerste prioriteit het hy dietransformasie van ’n gebroke ekonomie en die stryd om Brittanje se skuldlas wat buite beheer is, in toom te hou, verklaar. Hy het gesê: “Brittanje staan by ’n draaipunt. Die beslissings wat ons nou neem sal vir baie toekomstige dekades met ons saamleef. Ons het vir baie jare die verkeerde koers ingeslaan”.

Cameron het ’n ambisieuse visie om Brittanje se ekonomie te herstel, uiteengesit, maar sy visie gaan baie verder as finansies. Hy beoog om welsyn te hervorm, oefen druk uit op maatskaplike vernuwing en “beywer hom aktief” vir baie meer betrokkenheid van die gemeenskap in nasionale en plaaslike sake. Die verandering wat Cameron beoog, sluit ’n morele dimensie in.

Cameron se “oorlog” mag nogtans baie moeiliker wees om te wen as Churchill s’n. Skuld en oorspandering mag lyk na die voor-die-handliggende vyand, maar dit is baie minder beperk en direk as vliegtuie, leërmagte, bomme en gewere. Hulle is ook simptome van iets baie meer diepliggend, dit is die vyand van binne, die stand van menslike natuur en die sedelike kompas wat elkeen van ons lei. Brittanje staan ongetwyfeld by ’n draaipunt, maar só doen elkeen van ons ook afsonderlik. Of die land sal oorleef en sy vermoë weer sal opbou, sal nie slegs afhang van die leierskap in beheer nie, maar ook van die gesamentlike en effektiewe deelname van ’n samewerkende bevolking, net soos in 1940.

Daardie samewerking begin by elkeen van ons, soos ons met ons Skepper saamwerk. Sonder Hom kan geen blywende morele verandering plaasvind wat Brittanje in staat sal stel om uitgestorwe waardes en ideale weer te laat herleef nie. Onthou, “... die vrees van die HERE is wysheid (Job 28:28; Psalm 111:10; Spreuke 15:33) en kennis” (Spreuke 1:7). Die “vrees van die HERE” is iets wat ons aktief moet kies (Spreuke 1:29); dit is om “te haat wat sleg is, hoogmoed en trotsheid” (Spreuke 8:13); dit lei na ’n lang lewe (Spreuke 10:27, 19:23); dit lei na “sterk sekerheid” en “is ’n fontein van die lewe” (Spreuke 14:26-27); daardeur “wyk ’n mens af van die kwaad” (Spreuke 16:6); dit lei na “rykdom en eer en die lewe” (Spreuke 22:4). In sy artikel elders in hierdie uitgawe, vra Dr. Roderick C. Meredith die vraag: “Vrees U God?” U toekoms hang af van hoe u hierdie vraag beantwoord!

Vir Brittanje, om sy vervloë grootsheid terug te eis, behoort die bevolking te onthou: “Geregtigheid verhoog ’n volk” (Spreuke 14:34), en dat dit God is wat krag aan ’n volk gee om rykdom te verwerf (Deuteronomium 8:18; Spreuke 10:22). God Self daag elkeen van ons uit – rig aan elkeen van ons ’n uitnodiging – om een van Sy mense te word en om Sy lewenswyse in hierdie wêreld te verteenwoordig. Hy het hierdie uitdaging gestel aan die Ou-Testamentiese nasie van Israel (Eksodus 19:5-6) en dieselfde uitdaging lê voor Sy Nuwe-Testamentiese Kerk (1 Petrus 2:9-10).

As ’n nasie mag Brittanje hierdie uitdaging aanvaar of verwerp. Hoe sal u, as ’n indiwidu, reageer?