Min mense verstaan vandag waarom Groot-Brittanje die wêreld se eerste supermoondheid geword en ’n ryk verkry het wat oor die hele wêreld gestrek het, of hoekom Amerika verrys het om die wêreldverhoog te oorheers. Nog minder mense begryp wat die toekoms inhou vir hierdie Anglo-Saksiese neefs! Bybelprofesieë bevat egter verrassende inligting oor die ware oorsprong van die Britse en Amerikaanse oorheersing en die ernstige lot van twee volke wat vergeet het van hul unieke oorsprong en dieverpligtinge wat gepaardgaan met seëninge en mag. Baie van hierdie merkwaardige profesieë is al vervul, en nog vele meer is vandag besig om gestalte aan te neem!

Unieke oorsprong en beloftes

Die Bybel bied ’n belangrike oorsig van wêreldgeskiedenis en onthul die sentrale rol wat God gespeel het om die verloop van groot gebeurtenisse te bepaal. Die boek Genesis boekstaaf dat God ’n man, genaamd Abram [Abraham], geroep het en beloftes aan hom en sy nageslag gemaak het wat onderworpe was aan gehoorsaamheid aan God en Sy wette. Aan Abraham is beloof dat, sou hy gehoorsaam wees aan God se opdragte, dan sou sy nageslag vermeerder en belangrik word, hulle sou oor die landsgrense versprei as ’n koloniserende volk, seëninge bring aan die volke van die wêreld en uiteindelik die poorte van hul vyande besit (Genesis 12:1-3, 22:16-18, 28:13-15). Die Jode het nie hierdie profesieë vervul nie, maar verskeie ander nasies het wel! Die Skrif maak dit duidelik dat hierdie beloftes uiteindelik vervul sou word deur ander stamme van Israel – die seuns van Josef: Efraim en Manasse. Die profesieë meld dat die afstammelinge van Manasse ’n groot nasie sou word en die afstammelinge van Efraim ’n groot “groep” of gemenebes van nasies. Die werklike rede waarom klein Engeland ’n wêreldwye ryk en Amerika die magtigste nasie in die wêreld geword het, is te danke aan die feit dat hierdie nasies die afstammelinge is van Abraham – die man wat aan God gehoorsaam was en Sy gebooie onderhou het (Genesis 26:4-5)! Geen ander nasie op aarde kom naby daaraan om hierdie profetiese beloftes te vervul nie. U kan meer leer aangaande hierdie boeiende onderwerp deur ons boekie Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika?, te lees. 

Voorwaardes en gevolge

Moses skryf in die boek Deuteronomium dat God die Israelitiese nasie Sy “uitverkore volk” noem – nie omdat hulle beter was as die ander nie – maar omdat Hy aan hulle Sy wette gegee het sodat hulle ’n voorbeeld vir ander nasies en ’n lig vir die wêreld kon wees – indien hulle God se wette sou gehoorsaam (Deuteronomium 4:1-10, 7:6-11). God het egter herhaaldelik Sy uitverkore volk gewaarsku: “Neem julle in ag dat julle die verbond van die Here julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet ... Neem jou in ag dat jy die Here jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie” (Deuteronomium 4:23, 8:11). Die antieke Israeliete (wat bestaan het uit twaalf stamme wat die nakomelinge is van die twaalf seuns van Jakob – die agterkleinseuns van Abraham) was ook daaraan herinner dat, indien hulle gehoorsaam sou wees aan God se wette, hulle geseën sou word, maar as hulle ongehoorsaam sou wees aan God se wette en van Hom sou wegdraai, hulle ernstige gevolge sou maai (Levitikus 26 en Deuteronomium 28). Ongelukkig het die antieke nasies van Israel en Juda nie ag geslaan op hierdie waarskuwings van God nie en het gevolglik militêre invalle en nederlae verduur, hulle is in nasionale ballingskap weggevoer deur die Assiriërs (vir Israel) en die Babiloniërs (vir Juda) as gevolg van hul vergeetagtigheid en ongehoorsaamheid. Hierdie tragiese voorbeelde is aangeteken as lesse vir ons vandag (1 Korinthiërs 10:11)!

Moses het egter ook profesieë wat tot in die verre toekoms strek, aangeteken vir die volke wat van Israel afstam. Voordat hy gesterf het, het Moses gewaarsku: “Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die Here om Hom deur die werk van julle hande te terg” (Deuteronomium 31:29). Moses waarsku ook dat die Israelitiese volke sal “gou omkom” as gevolg van die boosheid van hul weë (Deuteronomium 28:20). Hierdie selfde tema van ’n skielikekatastrofiese ondergang, gekoppel aanvergeetagtigheid en ongehoorsaamheid, word herhaal deur verskeie ander profete. Jesaja waarsku: “Wee die opstandige kinders ... wat die wet van die Here nie wil hoor nie ... waarvan die instorting heeltemal onverwags kom” (Jesaja 30:1,9,13). Jeremia waarsku: “Jy het My verwerp ... Ek laat skielik op haar val angs en verskrikkinge” (Jeremia 15:6-8, sien ook 6:26, asook 18:22). Die profeet Hosea waarsku: “Omdat Israel sy Maker vergeet ... daarom sal Ek ’n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer ... weens julle ontsettende boosheid; in die môre vroeg is dit gedaan, gedaan met die koning van Israel” (Hosea 8:14, 10:15).

Waarom sou God sulke verskriklike profesieë uiter teen Amerika en die nasies van Britse afkoms wie aanspraak maak om in “Christelike” nasies te woon? Nuusberigte vertel egter ’n ontnugterende storie! Die afgelope jare is “Christelike” godsdiensonderrig en gebede in die naam van Jesus Christus verban uit openbare skole, hoewel studente in baie gevalle kan leer van heidense godsdienste en selfs gebede opsê aan ander gode. Howe in belydende Christelike nasies het beveel dat uitstallings van die Tien Gebooie in openbare geboue verwyder moet word – dikwels as gevolg van regsgedinge wat aanhangig gemaak is deur ’n enkele ateïs! Sogenaamde Christelike nasies van die Weste is die wêreld voor in saamwonery en egskeidings, alhoewel die Bybel sê God haat egskeiding en verdoem hoerery (Maleagi 2:16; 1 Korinthiërs 6:18). Ons sien vandag een van die merkwaardigste omkerings van sedelike waardes in die aangetekende geskiedenis namate kerke, teoloë, opvoeders en staatsamptenare in die Westerse wêreld begin om homoseksualiteit en dieselfde-geslag huwelike aan te moedig as normaal – selfsindie bedieningen in die priesterskap – selfs al veroordeel die Bybel sulke gedrag as gruwels en afvalligheid (Levitikus 18:22; Romeine 1:23-28).

Ineenstorting onderweg?

Hierdie sedelike ineenstorting en wydverspreide verwerping van Bybelse godsdienstige waardes vind in dieselfde tyd plaas as wat die Amerikaanse en Britse afstammelinge wegsink in ’n see van skuld namate hulle geld leen van buitelandse leners en nasionale bates verkoop – asook die feit vergeet dat God dit voorsien het en lank gelede gewaarsku het dat die lener die slaaf sal word van die uitlener (Deuteronomium 28:43-45; Spreuke 22:7). Dit is geen toeval dat groot uitleners wat baie belê het in Amerikaanse staatseffekte, nou hulle geld na ander plekke verskuif, namate hulle die val van die Amerikaanse dollar voorsien! As gevolg van begrotingstekorte, maak Brittanje groot besnoeiings in haar gewapende magte wat ernstige beperkings plaas op haar kapasiteit om haar mag te laat geld – in ’n tyd wanneer die wêreld al hoe meer chaoties raak en ander nasies hulle militêre vermoëns opbou. Dit voorspel niks goeds vir die toekoms van Amerika en die volke wat van die Britte afstam nie!

In die lig van hierdie ontnugterende finansiële en sosiale werklikhede, is dit geen verrassing dat Brits-gebore Harvard professor Niall Ferguson wêreldleiers waarsku “oor die toenemende vooruitsig van die skielike ineenstorting van die Amerikaanse ‘ryk’ as gevolg van die land se stygende skuldvlak ... [omdat] ekonomiese skuld kan lei tot ’nskielikeverlies van militêre mag en wêreldwye respek” (Aspen Daily News, 6 Julie 2010). Volgens Bybelse profesieë wat vandag besig is om gestalte aan te neem, sal vergeetagtigheid en ongehoorsaamheid aan die wette van God – die Achilleshiel van die Amerikaanse en Brits-afstammende volke – hulle skielike ondergang veroorsaak – tensy hulle hul bekeer en terugkeer na die God wat aan hulle hul seëninge en mag gegee het!