Wat lê voor vir dié wat die God van die Bybel vertrou en gehoorsaam?


In ’n wêreld van soveel lyding, wag daar vreugde in die toekoms? Weet u waarom u gebore is? Het u lewe enige betekenis? Daar is goeie nuus! U Bybel openbaar ’n wonderlike ewigheid in die toekoms vir diegene wat hul na God wend!

U hoef nie lank te wag nie!
Die meeste van u weet dat profetiese gebeure die afgelope paar jaar baie vinnig gebeur. Die ewige God is beslis besig om die trots van die Amerikaanse en Britse mag te “breek” soos Hy so baie jare gelede geprofeteer het (Levitikus 26:19). Ons finansies, die manier van lewe en ons hele toekoms gaan binne die volgende 10 tot 15 jaar dramaties verander. Die Verenigde State, baie van sy bondgenote – veral die Engels-sprekende nasies – inderdaad ook groot dele van die wêreld – sal revolusionêre veranderings ondergaan binne hierdie geslag! ’n “Nuwe Wêreld” is binnekort hier!

Baie mense aanvaar dat verwarring en lyding sal voortgaan. Andere wat geen hoop het nie, glo dat ons wêreld homself letterlik sal vernietig, soos selfs Jesus gesê het, kangebeur as God nie ingryp nie (Mattheüs 24:22). Jesus het egter direk voorspel dat ’n werklike wêreld-regering gevestig sal word aan die einde van hierdie tydperk, wat God se Wet sal administreer onder Sy welwillende heerskappy.

Satan het egter die oorgrote meerderheid van hierdie wêreld grootliks mislei – moontlik ook baie van u! Ek was vir die eerste 19 jaar van my lewe mislei toe ek grootgeword het in ’n “hoofstroom” Protestantse kerk. Ek het gevoel God het geen spesifieke doel met my lewe nie. Ek het aanvaar dat, as ek ’n “goeie seun” was en nie te veel slegte dinge gedoen het nie, ek net sou “opvaar na die hemel” wanneer ek sterf, met basies niks om te doen nie. Die meeste belydende Christene het hierdie soort van vae idee oor hul toekoms, want ’n baie werklike Satan die duiwel het hulle mislei! Let op hoe die Skrif Satan beskryf: “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem wordduiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp” (Openbaring 12:9). Die apostel Paulus is geïnspireer om Satan te beskryf as “die god van hierdie wêreld [wie] die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Korinthiërs 4:4).

Satan het ’n valse “paradigma” van God se hele plan en doel daargestel! ’n “Paradigma” is ’n model of ’n uiteensetting van ’n idee of teorie. Die “hoofstroom” paradigma van die Christendom is dat u net hoef “te glo” in Christus, deur sekere kerk-rituele te gaan en dan sal u “opvaar na die hemel” met feitlik niks om te doen nie.

Dit is egter nie wat God duidelik sê in die Bybel nie! U behoort die waarheid te weet. Jesus sê: “Heilig hulle in u waarheid, u woord is die waarheid” (Johannes 17:17). U Bybel verduidelik tog baie duidelik die waarheid aangaande die bepaalde toekoms. Dit is werklik. Namate u die vinnig-bewegende profetiese gebeure dophou – gebeure waarvan ons in hierdie Werk u al vir dekades vertel het – sal u weet dat hierdie ware toekoms nader kom!

Dus, wat is daardie wonderlike toekoms?

U toekoms

God se Woord stel dit duidelik dat diegene wat Hom dien in hierdie tydperk, konings en priesters sal wees in ’n toekomstige wêreldregering, en aan mense God se hele lewensweg sal leer. Hierdie komende regering sal gevestig word – binne die leeftyd van die meeste van u wat hier lees – wanneer Jesus Christus terugkeer na hierdie aarde as Koning van die konings: “EN die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring 11:15). Aangesien Christus sal terugkeer as Koning “van die” konings, wie sal dieander konings wees? Die antwoord word duidelik gestel in die geïnspireerde “Lied van die heiliges”, wat Christus loof en sê: “U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers” (Openbaring 5:9-10). Let daarop! Die ewige beloning vir getroue Christene is nie om op te vaar na die hemel nie. Inteendeel, dit is die wonderlike geleentheid om onder Christus, die Koning, te dien om vrede en vreugde aan die mense hier op aarde te bring!

Dit is presies wat God die profeet Daniël geïnspireer het om, honderde jare voor die apostel Johannes, te skryf: “Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ’n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees” (Daniël 7:27).

Ware Christene, diegene wat dus bereid is om te verstaan en die opdragte van God en die Bybel te gehoorsaam – word opdrag gegee om daarna uit te sien om oor stede op hierdie aarde te regeer. Wanneer Hy Sy “getroue” dienaars beloon in die bekende “Gelykenis van die ponde” word die terugkerende Jesus Christus uitgebeeld as waar Hy sou sê: “Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede” (Lukas 19:17).

Die apostel Paulus was geïnspireer om die Christene in Korinthe te leer: “Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?” (1 Korinthiërs 6:2-3).

Hierdie hele gedeelte openbaar dat die “heiliges die wêreld sal oordeel”. God praat van die ware heiliges van God wat nou besig is om te leer om korrekte regering toe te pas(verse 1-2). Paulus was ook geïnspireer om te skryf: “As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word. Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?” (1 Korinthiërs 6:4-5). God het die apostel Paulus geïnspireer om Sy mense te leer dat hulle moet leer om korrekte regering uit te oefen. Hulle moet leer om behoorlike wysheid uit te oefen om die wêreld te “oordeel” in Christus se komende regering. Hulle moet sodanige wysheid ontwikkel dat hulle selfs gebruik sal kan word om oor “engele te oordeel” in die Wêreld van Môre, as Geestelike wesens in God se eie Gesin – omdat die engele ons dienaars sal wees, dan selfs nog meer effektief as nou! Hierdie beginsel van korrekte regering is absoluut basies om God se plan en Sy doel te verstaan om vandag met Sy mense te werk!

’n Georganiseerde regering

Die Skrif sit ’n regeringstruktuur vir die Koninkryk van God uiteen. Christus sal die “Koning van die konings” wees (Openbaring 19:16). Koning Dawid van Israel, opgewek en terug in sy ou werk, sal koning wees oor al twaalf stamme of nasies van Israel. Die profeet Hosea beskryf die “laaste dae”: “Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die Here hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die Here en na sy goedheid in die laaste van die dae” (Hosea 3:5). Jesus het ook aan die Apostels gesê: “En Ek beskik vir julle ’n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel” (Lukas 22:29-30). Dan, soos ons sopas gelees het in die gelykenis van die ponde, sal individuele Christene in beheer geplaas word van plaaslike regerings reg oor die hele aarde. Die organisatoriese struktuur oor Israel in Christus se komende regering is as volg: Eerstens, Jesus Christus as Koning van die konings; dan, Koning Dawid oor al twaalf “stamme” of nasies van Israel; daarna sal elk van die twaalf Apostels gesag gegee word oor een van die nasies van Israel.

Sonder twyfel sal ander sleutelposisies beklee word deur Abraham, Isak, Jakob, Josef, Moses, Elia, Elisa en ander belangrike manne en vroue van God. Dit behoort ooglopend te wees – gebaseer op God se openbaring, wat die “gedagtes van God” is – dat Abraham, die “vader sou wees van almal wat glo” (Romeine 4:11). Hy sal ’n baie hoë pos beklee as God se sleutel-adviseur oor die hele aarde, bygestaan deur Isak, Jakob en andere.

Net soos Dawid in die antieke tyd aangestel was oor die hele huis van Israel – wat nou die magtige nasies van Amerika en die nasies van Britse afkoms en die vreedsame, demokratiese volke van Noordwes Europa is – kan Daniël dalk die geleentheid gegee word om, onder Christus, te regeer oor die aktiwiteite van die heidense nasies. Hy was tog deur God gebruik om op ’n kragtige wyse met hulle interaksie te hê in die grootste heidense ryk van alle tye, antieke Babilon (Daniël 2:37-49). Selfs Moses – die man wat deur God gebruik was om Sy werklike vorm van hiërargiese regering in te stel, sal moontlik deur God in ’n sleutelposisie gebruik word om die aktiwiteite van die hele aarde en die verskillende beheerliggame, onder Christus, te koördineer.

Daarbenewens sal baie individuele gelowiges – vandag se ware Christene wat die “oorwinnaars” is (Openbaring 2:26-27) – direkte gesag gegee word om individuele stede te regeer (Lukas 19:17). Let daarop dat God die hoogste lof wat aan enige een van die “sewe gemeentes van Openbaring” gegee kon word (Openbaring 2-3), aan diePhiladelfiese Kerk, wat getrou was aan God en die “sleutel van Dawid” het, gegee is – wat alles met korrekte regering te doen het. Wat is die beloning van die Philadelfiërs? God sê aan hulle: “Wie oorwin, Ek sal hom ’n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam” (Openbaring 3:12).

Dink daaroor! As ons waarlik “alles in die stryd werp” om ons lewens aan ons Skepper te onderwerp, dan word ons wonderlike geleentheid om Christus by te staan om hierdie wêreld reg te ruk, spesifiek in die Bybel verduidelikWaarom het die “hoofstroom” Christendom u nooit van hierdie manjifieke Waarheid geleer nie?

Vriende, is al hierdie inligting oor die wonderlike geleentheid vir ware Christene om oor die wêreld te regeer onder Jesus Christus, net ’n nuut uitgedinkte begrip van ’n klein groepie mense? Geensins nie!

Baie gerespekteerde geskiedkundiges het egter spesifiek die feit vermeld dat die vroeëre Christene hierdie werklike Waarheid geleer is! Edward Gibbon, die beroemde historikus en outeur van die monumentale en hoogsgerespekteerde werk, The Decline and Fall of the Roman Empire, het geskryf oor die gebruike en oortuigings van die vroeëre Christene. Hy het nie as teoloog geskryf nie, maar as ’n sekulêre historikus wat probeer het om sy feite agtermekaar te kry! Hier is wat Gibbon skryf oor die vroeëre Christene:

“Die antieke en populêre leerstelling van die Millennium was nou verweef met Christus se wederkoms. Net soos wat die skepping van die aarde in ses dae voltooi is, is hul duur in hul huidige staat, volgens ’n tradisie wat aan die profeet Elia toegeskryf word, vasgestel op sesduisend jaar. Volgens dieselfde analogie word afgelei dat hierdie lang tydperk van swoeg en twis, wat nou amper verstreke is, opgevolg gaan word deur ’n vreugdevolle Sabbat van ’n duisend jaar, en dat Christus, met die triomferende groep heiliges en die uitverkorenes wat die dood vrygespring het, of wat wonderbaarlik opgewek is uit die dood, op die aarde sal heers totdat die tyd van die laaste en algemene opstanding aanbreek” (The Decline and Fall of the Roman Empire, bl. 403).

Hoekom het die ontwikkelende Roomse kerk nie voortgegaan met hierdie leerstelling nie? Waarom is dit nie deur die Donker Eeue verkondig nie, en daarna deur die Protestantse kerke? Hoekom nie? Gibbon gaan voort: “Maar toe die bou van die kerk byna voltooi was, is die tydelike ondersteuning verwyder. Die leerstelling van Christus se heerskappy op die aarde was aanvanklik beskou as ’n diepgaande versinnebeelding, in ’n sekere mate as ’n twyfelagtige en nuttelose opinie, en ten laaste verwerp as die absurde uitvindsel van dwaalleer en dwepery” (ibid., bl. 404).

Dit, my vriende, is waarom baie van u Protestantse en Katolieke vriende sal dink dat u “fanaties” is wanneer u uiteindelik glo wat die Bybel werklik sê oor die hemel, die hel, die ware doel van die menslike lewe, en die geleentheid wat u en ek sal hê in Christus se toekomstige Koninkryk. Dit is een rede waarom ons deur God beveel word om “uit” die moderne godsdienstig-politieke stelsel “te gaan”, wat God “Babilon” noem (Openbaring 18:4)!

Ons wie waarlik God se geïnspireerde Woord glo, moet vorentoe kyk en onsself inderdaad voorberei om God se regering tans ten volle aan te leer en toe te pas. Dan sal onsbaie vertroud wees met die basiese beginsels van hoe dit behoort te werk en sodoende baie meer voorbereid wees om ons posisie op te neem as konings en priesters in Christus se toekomstige regering! Waarom is u hierdie basiese waarhede nooit voorheen geleer nie?

Christus se regering in aksie

In die beskrywing van Christus se toekomstige regering, word ons herhaaldelik vertel dat die hele wêreld sal leer om “die gebooie te onderhou”, soos Jesus die jong man wat die weg na die ewige lewe gevra het beveel (Mattheüs 19:17). Kyk na wat God Jesaja geïnspireer het om oor die “laaste dae” te skryf: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaanen die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Jesaja 2:2-4). Let op: “... uit Sion sal die wet uitgaan”. Het u vir een oomblik gedink God praat van “verkeerswette”?

Van die een kant van die Bybel tot aan die ander kant, maak God dit duidelik dat Sy basiese geestelike wette uiteengesit word in die Tien Gebooie! Hierdie fundamentele beginsels vertel aan ons hoe om God lief te hê en hoe om ons naaste lief te hê. Hierdie wette, tesame met God se insettinge in die Ou Testament – en soos uitgebrei deur Christus en die Apostels – sal die vaste grondslag wees van Christus se vorm van regering in die Wêreld van Môre.

Die profeet Miga was geïnspireer om ons basies dieselfde ding te vertel aangaande die vorm van God se regering in die Wêreld van Môre: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wetuitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die Here van die leërskare het dit gespreek” (Miga 4:1-4).

Let daarop dat elkeen onder sy eie wingerdstok en vyeboom sal sit. Daar sal eiendomsreg wees en ’n korrekte vorm van kapitalisme. Dit sal nie ’n vorm van kommunisme of kollektivisme wees waarin die regering die gesag oor privaat eiendom sal inpalm soos vandag se regerings dit dikwels doen nie. ’n Man sal in staat wees om die vrugte van sy eie arbeid te pluk! Selfs die Sabbatgebod omsluit hierdie stelling: “Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God” (Eksodus 20:9-10).

In sy vroeë jare is antieke koning Salomo en al twaalf nasies van Israel ontsagwekkende seëninge gegee vir gehoorsaamheid aan God se opdragte. “En as jy in my weë wandel, deur my insettinge en my gebooie te onderhou, soos jou vader Dawid gewandel het, dan sal ek jou dae verleng” (1 Konings 3:14). Solank Salomo – oor die algemeen – hierdie basiese gebooie gehoorsaam het deur te lewe volgens God se wette en hulle behoorlik toepas, sê God aan ons: “Verder was Salomo heerser oor al die koninkryke van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne, en tot by die grens van Egipte; hulle het belasting aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe ... sodat Juda en Israel veilig gewoon het, elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, van Dan tot Berséba, al die dae van Salomo” (1 Konings 4:21, 25). In die Wêreld van Môre, sal daar dus op ’n wêreldwye grondslag so ’n mate van vrede en vreugde wees, soos wat nog nooit tevore ondervind is nie!

Wanneer beskryf word van die volke van moderne Brittanje, Amerika en noordwestelike Europa se terugkeer uit hul ballingskap ná die geprofeteerde Groot Verdrukking, beskryf God se woord die vrede en die seëninge wat hulle dan sal ervaar na die tyd van swaarkry: “Vir koper bring Ek goud en vir yster bring Ek silwer, en vir hout koper en vir klippe yster; en Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel en Geregtigheid as jou bestuurders. Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie – van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof ... Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die Here sal vir jou wees ’n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby. En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit – as lote deur My geplant, ’n werk van my hande, tot my verheerliking” (Jesaja 60:17-18, 20-21).

Aangaande die toekomstige tyd van heropbouing verkondig die Ewige God aan ons: “Die vreemdelinge sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees. Maar júlle sal priesters van die Here genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem. In plaas van julle skande ontvang julle ’n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land ’n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet” (Jesaja 61:5-7).

 

Israel, die prototipe

Regdeur die Bybel word Israel voorgestel as ’n tipe van al die nasies. Soos selfs die heidense nasies “ingeënt sal word” in geestelike Israel in die Wêreld van Môre (Romeine 11), so sal die hele wêreld dié soort seëninge ervaar namate al die mense leer om die ware God van Israel “te soek” – en om gehoorsaam te wees aan Sy wet en Sy wonderlike lewenswyse, wat vrede bring.

Terwyl Hy die gebeure in die “laaste dae” wat binnekort voorlê beskryf, sê die Ewige God aan ons wat sal gebeur in “al” die geslagte van Israel wanneer hulle terugkeer ná die Groot Verdrukking (Jeremia 30:24; 31-32). God gaan dan voort: “Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in ’n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe. Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ’n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ’n Vader, en Efraim is my eersgeborene” (Jeremia 31:8-9).

Wanneer God letterlik miljoene der miljoene ballinge terugbring uit die Groot Verdrukking wat sal kom oor die Amerikaanse en die nasies van Britse afkoms, mag selfs baie van ons vriende en familie terugkom “met geween, en met smekinge” (vers 9). Mense sal uiteindelik gereed wees om te luister na die Ewige God en wat Hy baie duidelik stel in Sy geïnspireerde Woord! Dan, sê God: “En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die Here, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos ’n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie” (vers 12).

Die Almagtige God sal dus die moderne afstammelinge van Israel en Juda wonderlik seën indien hulle uiteindelik tot ware bekering kom en begin om Sy gebooie te gehoorsaam en volgens Sy weë te leef. God sal dus op daardie tydstip ’n “Nuwe Verbond” met hulle sluit: “Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie – my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die Here. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees” (Jeremia 31:31-33).

 

God se WET in mense se harte en verstand

Ja, God sal dan Sy wet in hul verstand en harte plaas. Mense sal leer om ’n lewende geloof te hê en hul werklik te onderwerp sodat Jesus Christus in hulle kan leef. ’n “Sleutel”-verduideliking van hierdie soort geloof vind ons in Paulus se sendbrief aan die Galasiërs: “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het” (Galasiërs 2:20).

Onder die direkte instruksie van Christus in die Wêreld van Môre, sal mense verkies om dit werklik te begin doen, eerder as om net te praat oor hoe hulle “God liefhet” – terwyl hulle voortdurend ongehoorsaam is aan byna alles wat die Here ons spesifiek geleer het!

God sê: “En Ek sal die lot van Juda en die lot van Israel verander en hulle bou soos tevore. En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het. En die stad sal vir My wees ’n vreugdevolle roem, ’n lof en ’n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys” (Jeremia 33:7-9).

Wanneer dit hierdie wonderlike tyd van Christus se toekomstige heerskappy oor hierdie aarde beskryf, sê God se Woord aan ons: “O God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning. Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg. Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid. Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel” (Psalm 72:1-4).

God sê verder: “Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien. Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie. Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red. Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë” (verse 11-14). Ja, die arme sal verlos word en die behoeftige sal gehelp word en God sal die lewens van almal wat verdruk word, verlos. Die lewe vanelke menslike wese van watter geslag, ras of kleur ookal, sal “kosbaar” wees in die oë van God en van Sy Gees-gebore kinders – wat almal van ons behoort in te sluit – in die wonderlike toekoms wat aan elkeen van ons belowe word, as ons daartoe kom om God se Woord te glo en om wat ons Skepper ons beveel, te gehoorsaam.

Werklik, ons geprofeteerde toekoms is ontsagwekkend!