Die verrassende waarheid van Jesus se boodskap is lank genoeg begrawe! U behoort die werklikheid van God se profesieë te verstaan – en hulle spesiale betekenis vir ons vandag!


Regerings reg oor die wêreld is in chaos! Dit lyk of nie een van hulle die antwoord ken wat vrede en voorspoed vir hulle mense sal bring nie. Wat kan ons doen?

Sommige mense kyk na ’n wêreldregering as die antwoord. Net soos die mislukte Volkerebond voor dit, is die Verenigde Nasies gevorm in ’n poging om alle nasies onder een gemeenskaplike wet saam te voeg. Bykans elkeen stem egter saam – die Verenigde Nasies het misluk. Niemand skyn dit egter ernstig op te neem nie.

Kan die mensdom se godsdienste ’n wêreldregering teweegbring? Duisende Moslem ekstremiste glo dat die wêreld uiteindelik deur oorlog en terrorisme die Dar-al-Islam – die “land van Islam” – kan word, maar selfs godsdiensyweraars kan oor baie min saamstem. Daar is dosyne wedywerende Moslem sektes, en honderde maal honderde “Christelike” groepe met almal heeltemal verskillende oortuigings van “wêreld-eenheid”. Met so baie wedywerende boodskappe in ons moderne tyd, is dit belangrik watterboodskap ons glo?

Deesdae sê baie predikante: “Glo net in die naam van Jesus Christus en jy sal gered word”. Hulle sê dikwels wat mens aangaande Christus en Sy boodskap glo, is nie so belangrik as om in Hom as Persoon te glo en Hom lief te hê nie.

Wat nou hiervan? Is dit belangrik om die einste boodskap wat Jesus Christus verkondig het, te glo? Het Hy dan nie ’n besondere boodskap verkondig nie? Is Sy boodskap dan so allesomvattend dat ons soveel botsende sektariese idees en tradisies uit daardie boodskap kan put?

’n Geïnspireerde WAARSKUWING

Die geïnspireerde antwoord op daardie vraag vind ons in die eerste hoofstuk van Paulus se sendbrief aan die Christene in Galasië. Die apostel van Christus was onthuts dat hierdie mense alreeds besig was om af te dwaal – nie van Christus as persoon nie, maar van Sy boodskap af! “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van Hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai” (Galasiërs 1:6-7).

Let daarop dat Paulus ontsteld is omdat mense die waarheid van Christus se boodskap verdraai het – nie iets oor Hom as persoon nie. Hy gaan voort: “Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!” Dan herhaal Paulus hierdie veroordeling en maak dit ’n dubbele vloek: “Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ’nvervloeking wees!” (verse 8 en 9). In die apostel Paulus se gedagtes was daar een ware evangelie – enige ander evangelie is ’n vervalsing wat ’n vloek van apostoliese gesag vereis!

Wat is die ware evangelie wat Paulus suiwer probeer hou het? Wat is die waarheid wat God deur Sy Seun Jesus Christus na hierdie wêreld gestuur het?

Christus was ’n BOODSKAPPER

Christus het met ’n boodskap van God die Vader gekom wat die probleme van hierdie laaste geslag op aarde sal oplos!

Let op na die profesie in Maleagi aangaande Sy eerste koms: “Kyk, Ek stuur My boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na Sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare” (Maleagi 3:1).

In werklikheid sê Christus hier – as die Woord of Woordvoerder van die Ou Testament – dat Hy ’n boodskapper voor Hom uit sou stuur om die weg vir Hom voor te berei. Christus moes die Boodskapper van die Verbond wees.

In Handelinge 10 vind ons ’n beskrywing van die boodskap soos wat dit die eerste maal aan die nie-Joodse Christene verkondig was. Die eerste deel van die hoofstuk toon hoe Cornelius gekies was as die eerste nie-Jood om die ware evangelie van Christus te ontvang en hoe Petrus na sy huis gestuur was om die waarheid van God te bring. Ons lees: “En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is” (Handelinge 10:34-35). Hier erken Petrus dat God nou nie-Jode roep na dieselfde waarheid wat sedert Pinkster aan Jode geopen was.

Hy gaan voort: “Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus – Hy is die Here van almal. Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het” (Handelinge 10:36-37). Soos hy direk deur God geïnspireer was om hierdie eerste nie-Joodse Christen te bereik, verwys Petrus dadelik na die waarheid as die woord wat God deur Jesus aan Israel gestuur het en wat vanuit Galilea begin het, ná Johannes die Doper se prediking.

Petrus verwys hierna as die boodskap aan beide Israel en die nie-Jode. Dit was dus God se boodskap aan die hele mensdom!

Die BOODSKAP wat Jesus gebring het

Wat was Christus se boodskap en hoe en wanneer het Hy dit verkondig? Neem kennis: “En nadat Johannes oorgelewer was [dit was die tyd], het Jesus [dit is dieBoodskapper] in Galiléa [die plek] gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie” (Markus 1:14-15).

Hier vind ons die ware Boodskapper, die tyd en die plek. Hier vind ons die werklike boodskap van God! Dit is die goeie nuus of die evangelie van die Koninkryk van God. In Die Multivertaling Bybel word dit die “koninklike regering” van God genoem. Dit is die blye boodskap van God se Koninkryk – Sy heerskappy – Sy regering wat uiteindelik vrede op hierdie aarde sal bring!

Let daarop dat hierdie ware evangelie nie die mens se evangelie is oor die persoon van Christus nie, dit is Christus se boodskap. Dit is die boodskap wat Hy van God die Vader gebring het, oor die toekomstige regering van God, of die Koninkryk van God, op hierdie aarde. Dit is noodsaaklik dat u hierdie boodskap glo en gehoorsaam! Jesus sê: “Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag” (Johannes 12:48). Dus sê Jesus dat u geoordeel sal word deur Sy woord – Sy boodskap!

Jesus Christus het altyd oor die Koninkryk van God onderrig gegee. Lukas vermeld: “En daarna het Hy die een stad en dorp na die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom” (Lukas 8:1).

Selfs Jesus se gelykenisse was almal gemoeid met die Koninkryk van God. “En Sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog? En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie” (verse 9-10).

Aangesien Jesus Christus en al die Apostels en profete voortdurend van die Koninkryk van God gepraat het, behoort ons te verstaan wat ’n koninkryk is.

Wat is ’n Koninkryk?

Elke koninkryk bestaan uit vier elemente. Ten eerste is daar ’n koning of heersende gesag. Tweedens is daar ’n grondgebied waaroor die koninkryk beheer uitoefen. Derdens is daar onderdane of burgers in elke koninkryk. Vierdens moet elke koninkryk oor wette en ’n vorm van regering beskik.

Dit is hoe God se koninkryk ook georganiseer is. Jesaja onthul wie die koning of heersende gesag in die toekomstige wêreldregering sal wees. “Maar daar sal ’n takkie uitspruit uit die stomp van Ísai, en ’n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here. En Hy het ’n welgevalle aan die vrees van die Here; en Hy sal nie regspreek na wat Sy oë sien nie, en nie oordeel na wat Sy ore hoor nie; maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van Sy mond en met die asem van Sy lippe die goddelose doodmaak” (Jesaja 11:1-4). Hier is die welbekende profesie dat Christus – deur Dawid van Isai afgestam – met Sy Wederkoms koning sal wees oor die hele aarde.

Voor Jesus se menslike geboorte, het ’n engel hierdie profesie aangaande Sy toekomstige heerskappy aangekondig: “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van Sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan Sy koninkryk sal daar geen einde wees nie” (Lukas 1:32-33). Christus gaan werklik op die troon van Dawid regeer. Daardie troon is vandag op hierdie aarde! Hy sal heers oor die huis van Jakob, ofIsrael. Hierdie is mense hier op hierdie aarde! Indien u nie die nasionale identiteit van moderne Israel verstaan nie, skryf asseblief dadelik en vra om ’n gratis kopie van ons boekie Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid Afrika?

Ja, ’n wêreldregering met Jesus Christus as die Goddelike Heerser, gaan spoedig kom! Die apostel Johannes beskryf een van die ontsagwekkendste gebeurtenisse in die geskiedenis: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van Sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring 11:15).

Christus sal aan ons wys hoe om vrede op hierdie aarde te hê! Dit is die enigste wyse waarop ons ooit vrede sal hê!

God se Regering op hierdie aarde

Noudat ons bewys het dat Christus die Koning van die toekomstige Koninkryk van God is, laat ons nou bepaal waar daardie koninkryk geleë sal wees. Het u opgemerk dat in bogenoemde skriftuurlike aanhaling “die koninkryke van die wêreld” deur Christus regeer sal word?

Dit word bevestig in Daniël 2:44, in die afsluiting van Daniël se profesie oor die vier groot wêreldregerende koninkryke wat die Westerse wêreld sal oorheers. Soos wat bykans alle Bybelgeleerdes erken, is die vierde groot koninkryk die Romeinse Ryk wat – met sy verskeie herlewings – tot die einde van hierdie tydperk die septer sal swaai. “Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan”. Dit dui duidelik daarop dat die Koninkryk van God hierop hierdie aarde sal wees – nadat Christus, die “Klip” (vers 45) al die ander koninkryke vernietig en God se regering gevestig het om vrede te bring.

Jesaja se beskrywing toon dat die Koninkryk op hierdie aarde sal wees. “Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op My hele heilige berg [koninkryk] nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek” (Jesaja 11:9).

U het waarskynlik teen hierdie tyd al opgemerk dat die onderdane of burgers van God se Koninkryk die fisiese mense is wat nog lewend sal wees op hierdie aarde! Jesaja 11:10 beskryf Christus as die “Wortel van Isai” en sê “die [nie-Joodse] nasies sal na Hom vra” (NV). Hier vind ons dat selfs die nie-Joodse nasies op hierdie aarde deur Christus regeer sal word. Lees nou verder van vers 11 af: “En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer Sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van Sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte ... en uit die kuslande van die see; en Hy sal ’n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde” (verse 11 en 12).

Dit sal die tyd van die glorieryke herversameling van die Israelitiese volke wees, wat met Christus se Wederkoms teruggebring sal word uit hul ballingskap. Hulle sal dan leer om God se heerskappy, Sy Wette, Sy regering en Sy Weg van lewe te verstaan en te waardeer! Wat ’n wonderlike wêreld sal dit tog nie wees nie!

Die Wette van God se Koninkryk

Slegs God ken die weg na vrede en blydskap! Hy openbaar hierdie Weg van die begin van Genesis af tot aan die einde van Openbaring. Dit stem nie altyd ooreen met die weg wat vir die “mens reg lyk” nie, maar dit is die Weg na ware vrede op hierdie aarde.

Regdeur die profesieë toon God dat Sy Koninkryk op daardie wyse regeer sal word, die Weg wat gebaseer is op Sy Wet. Lees nou Jesaja se geïnspireerde beskrywing van God se Koninkryk soos wat dit op hierdie aarde administreer sal word: “En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons Sy weë kan leer en ons in Sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem” (Jesaja 2:3).

Ja, God se heerskappy is volgens Sy WetDie geestelike beginsels van God se Tien Gebooie is die weg na vrede en vreugde en elke goeie ding wat hierdie wêreld regtig graag wil hê. Mense hardloop egter vandag so vinnig as wat hulle kan weg van daardie Weg af!

Na Christus se Wederkoms sal Hy die nasies van hierdie wêreld eers moet straf om hulle te temper, sodat hulle kan leer om Sy Weg en Sy Wet te waardeer! “En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (vers 4). As Koning van die konings, sal Christus die nasies moet teregwys en hulle letterlik die weg na vrede moet leer– en God se Wette wat vrede sal bring.

Vandag verkeer baie mense onder die wanindruk dat die Nuwe Verbond wegdoen met God se Wet! Inteendeel, in die beskrywing van hierdie einste gebeure wat sal plaasvind met Christus se Wederkoms en die vestiging van God se Koninkryk, openbaar die profesieë dat God se Wet die letterlike basis van die Nuwe Verbond sal wees en van die ooreenkoms wat Christus met fisiese Israel aangegaan het – en wat Hy aangaan met individuele Christene uit alle nasies wanneer hulle hul bekeer. “Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die Here: Ek gee My wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees” (Jeremia 31:33).

Die mens sal nie vrede kan hê voordat die menslike natuur verander word nie! God se Wet openbaar die aard en karakter van God. Na Christus se Wederkoms om al die nasies te bekeer, sal Hy God se Wet in die denke en harte van mense skrywe. Dit sal dus deel van hulle aard word! Hulle sal dan die weg na vrede ken! – en na vreugde! – en blydskap! Jesus Christus Self het openbaar dat God se Wet die einste basis van Sy Koninkryk is. Hy sê: “Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wetsou val” (Lukas 16:16-17). Hier vind ons Jesus se duidelike stelling dat die Wet van God ’n integrale deel vorm van die boodskap van die Koninkryk van God!

Praat Jesus egter van die Wet van die Tien Gebooie? Ja, Hy doen! Hy gaan in die volgende asem voort: “Elkeen wat van sy vrou skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk” (vers 18). Hier toon Hy inderdaad dat die Wet waarvan Hy praat, die gebod teen egskeiding insluit wat gebaseer is op die Tien Gebooie. Christus het daardie Wet vergroot deur spesifieke enger riglyne te gee vir egskeiding (Mattheüs 19:9). Indien u meer oor hierdie onderwerp wil weet, skryf asseblief om u gratis kopie van ons boekie, Bou ’n Vreugdevolle huwelik.

Daardie Wet is nog steeds bindend op ons vandag! Indien ons beplan om in God se Koninkryk te wees – om vir altyd deel van Sy regering te wees – behoort ons te leer om God se Wet hier en nou in hierdie lewe, te onderhou en te gehoorsaam!

Hoe om te kwalifiseer vir God se Koninkryk

Om ons te help om hierdie beginsel van gehoorsaamheid te verstaan, laat ons terugkeer na die heel begin van Jesus se bediening en wat Hy werklik hier op aarde onderrig het. Toe Hy deur die Duiwel versoek was, het Hy een van die mees basiese waarhede van alle tye gestel: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Mattheüs 4:4).

Onthou dat die enigste geskrewe woord van God in die tyd toe Jesus dit gesê het, die Ou Testament was! Dit is die woord wat die Wet van God bevat – die Wet wat so baie predikante vandag skynbaar haat! Nogtans sê Jesus dat ons moet leef volgens hierdie geïnspireerde woord!

Na Sy versoeking deur Satan begin Jesus die boodskap van God se Regering verkondig. “Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom” (Mattheüs 4:17). Weereens, let asseblief op dat dit altyd die boodskap van God se Koninkryk – of regering – is wat Jesus verkondig het. Hy toon dat die mense hulle moet bekeer van hul weë en hulle moet onderwerp aan daardie regering.

Die volgende drie hoofstukke van Mattheüs bevat wat populêr bekend staan as die “Bergpredikasie”. Baie min mense verstaan dit, maar hierdie hele preek is gevul met Jesus se aansporing om God se Wet te gehoorsaam!

Kyk wat sê Mattheüs 5:17 tot 19: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul” – dit beteken om dit te doen of uit te voer en aan ons ’n voorbeeld te stel. Jesus vervolg: “Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie” – of om in werking te wees, soos die oorspronklike Grieks aandui.

Dan sluit Jesus af: “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek” [dit dui op die toekoms] – dit maak nie saak watter gebod die mense die minste ag nie – “en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele”.

Jesus sê dat solank as wat die hemel en die aarde bly staan, God se Wet nooit mee weggedoen sal word nie! Diegene wat in God se Koninkryk beloon sal word sal selfs die “minste” van God se Wet en Gebooie aan ander leer en dit gehoorsaam!

Is hierdie die ENIGSTE ware evangelie?

Is hierdie boodskap van gehoorsaamheid aan God se Wette en voorbereiding vir Sy toekomstige Koninkryk – of wêreld heersende regering – die enigste weg na redding? Was ’n deel van hierdie boodskap dalk slegs vir die Jode van Jesus se tyd? Was daar ’n ander evangelie voorgestel vir nie-Joodse Christene?

Hier is wat Jesus Christus beveel het na Sy opstanding uit die dood: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen” (Mattheüs 28:19-20). Hier beveel Christus Sy dissipels om die hele wêreld in te gaan en om presies dieselfde boodskap van gehoorsaamheid aan God se Koninkryk en Sy Wette te verkondig as wat Hy aan hulle geleer het!

Ons moet ons bekeer van ons weë en ons sondes, Christus as ons Verlosser (Redder) en Heerser aanvaar en begin om Hom toe te laat – deur Sy Gees – om ’n lewe van gehoorsaamheid in ons te leef, om ons voor te berei vir die ewige lewe in God se Koninkryk en om weer gebore te word as ’n lid van Sy eie gesin! Hierdie is die wareevangelie wat u moet glo en gehoorsaam ten einde gered te kan word!

Jesus het aan Sy Apostels gesê: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word” (Markus 16:15-16).

U behoort te glo in die vreugdevolle boodskap van God se regering wat spoedig gaan kom en wat vrede deur Sy weë en Sy Wet gaan bring! U behoort uself hier en nou voor te berei vir u aandeel in daardie Koninkryk.

Wat behoort u dan te doen? 
Om die weg aan te toon hoe om te begin met hierdie lewe van gehoorsaamheid en oorgawe aan God, sê Petrus: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang” (Handelinge 2:38).

U moet bekeer van sonde. God sê aan ons in 1 Johannes 3:4: “Sonde is immers oortreding van die wet van God” (NV). Die Bybel sê sonde is die verbreking van die Wet van God!

U behoort hieroor berou tot bekering te hê – en ook oor u hele gesindheid van ongehoorsaamheid en vyandigheid teenoor God se heerskappy en gesag oor u lewe. U behoort nederig soos ’n klein kindjie te word en God dag-vir-dag toelaat om u deur Sy Woord te lei en te leer. U behoort gedoop te word – as ’n uiterlike teken van u bereidwilligheid om u ou self te begrawe onder die water en om u lewe letterlik aan God oor te gee om te gebruik soos dit Hom behaag.

God belowe dan om in u, Sy verwekte seun of dogter, Sy kosbare Heilige Gees te plaas, sodat u Sy ware aard en karakter kan ontwikkel.

Let daarop dat selfs die Heilige Gees ontvang word deur gehoorsaamheid, want Petrus praat van “die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is” (Handelinge 5:32).

Na bekering en doop kan ’n Christen ’n lewe begin van oorwinning oor sonde en gehoorsaamheid aan God se Wet en Sy Koninkryk hier en nou. Dit word vermag deur die Heilige Gees en dié Gees se krag wat dan in hom is. Hierdie was die boodskap wat al God se dienaars regdeur die vroeëre, geïnspireerde Nuwe Testamentiese Kerk verkondig het!

Die evangelie verander nooit

Let op wat Filippus verkondig het toe hy die nie-Joodse stad Samaria besoek het. “Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en dieNaam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue” (Handelinge 8:12).

Die apostel Paulus het hierdie evangelie aan die nie-Joodse Christene in Efese verkondig. Hy vertel aan hulle met sy laaste besoek: “En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie” (Handelinge 20:25).

Tot aan die heel einde van sy bediening het Paulus voortgegaan om hierdie boodskap te verkondig! “En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het, terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering” (Handelinge 28:30-31).

Die boodskap van die toekomstige Koninkryk van God was die enigste boodskap van Jesus Christus! Daardie boodskap is die evangelie van vrede (Romeine 10:15; Efesiërs 6:15). Dit is die evangelie van redding (Efesiërs 1:13). Dit was die enigste boodskap wat Sy geïnspireerde Kerk en Apostels aan die wêreld geleer het! Dit was nog altyd dieboodskap van God se ware Kerk deur die eeue heen!

Jesus Christus het gesê dat Sy ware Kerk daardie einste boodskap sal verkondig as ’n laaste “getuienis” aan al die nasies van ons dag, net voor Sy Wederkoms! “En hierdieevangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (Mattheüs 24:14).

U ontvang daardie evangelie op hierdie einste oomblik! Deur die Tomorrow’s World beeldsending en Wêreld van Môre-tydskrif word hierdie boodskap van Christus na al die nasies uitgedra as ’n laaste “getuienis”, voordat Christus sal terugkeer om Sy heilsame regering oor die hele mensdom tot stand te bring. Mag God u help om te verstaan en daarop ag te slaan!