Dit is oral rondom u. Die geraas, die rumoer en talle afleidings wat die meeste mense daarvan weerhou om diep te dink oor die doel van hulle lewens. Baie min mense op hierdie aarde – insluitend belydende Christene – verstaan selfs vaagweg  die opperste doel waarvoor hulle geskape is. kan egter waarlik verstaan indien u gewillig is om opreg en nederig na daardie insig en kennis te soek van die ware God.

Ware God?
Ja! Word asseblief wakker! Vals “gode” en vals godsdienste en vals leringe vul hierdie hele wêreld. Hoe durf ek dit sê? Omrede u eie Bybel dit op baie verskillende maniere oor en oor sê. Hierdie basiese feit maak egter die meeste mense ongemaklik. Hulle hou nie daarvan om dit selfs te oorweeg dat hulle grootliks mislei mag wees oor die mees lewensbelangrike vrae in die hele lewe nie – hoekom ons gebore is, wat die werklike doel van ons lewens is, en hoe ons daardie groot doel kan verwesenlik.

Die “sleutel” tot insig is om gewillig te wees om uself te verootmoedig, om tyd af te sonder om diep na te dink oor die basiese vrae van die lewe. Dan moet ons almal vurig bidvir insig, vir die gewilligheid om aan onsself te bewys dat die Bybel werklik die antwoorde op hierdie vrae het – indien ons gewillig is om te glo dat die Bybel sê wat dit bedoel en bedoel wat dit sê!

U mag vra: “Maar glo meeste Christene dit nie?”
Nee! Hulle glo dit eerlikwaar nie! In dosyne en vele leringe glo die “hoofstroom” kerke van hierdie wêreld egter talle leerstellings en idees wat lynreg in teenstelling is met wat u Bybel duidelik sê!

Byvoorbeeld, die oorgrote meerderheid van belydende Christene praat gedurig van “hemel toe gaan” wanneer hulle sterf. Hulle wys voortdurend daarop dat die ewige loon van ’n ware Christen “hemel toe gaan” is, met wesenlik niks om te doen nie, vir alle ewigheid. 

Niks om te doen nie? Net ’n gevoel van leegheid en niks om te doen vir alle ewigheid? Dit klink heel opwindend, of hoe? Ons behoort onsself nogtans af te vra, watter soort God sal ons in die ewigheid plaas met niks om te doen nie, met geen sin van vervulling nie, eenvoudig net doelloos rondsit vir ewig?

My vriende, wat sê die Bybel werklik – oor en oor – aangaande lewe na die dood? Jesus Christus sê: “Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe” (Mattheüs 5:5). Jesus sê ook prontuit: “En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is” (Johannes 3:13). Weereens word dit in die Bybel voorspel dat Christus na hierdie aarde sal terugkeer en sal heers oor die Koninkryk hier op hierdie aardenie bo in die hemel nie: “EN die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Openbaring 11:15).

Sal die ware heiliges van God Christus bystaan om oor hierdie aarde te heers? Of sal hulle bo in die hemel wees met niks om te doen nie? Weereens antwoord die geïnspireerde Bybel: “En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het” (Openbaring 2:26-27).

Die rede waarom ware Christene dus nou “oorwinnaars” moet wees is omdat ons nou “in opleiding is” – besig is om voor te berei om Christus by te staan om oor hierdie aarde in die Wêreld van Môre te regeer! Die Bybel praat herhaaldelik hiervan as die ware doel waarvoor ons moet voorberei en van die verantwoordelikheid wat ons sal hê na die opstanding uit die dood in die komende Koninkryk van God. In die geïnspireerde “lied van die heiliges” lees ons wat die ware beloning van die heiliges sal wees. Die heiliges word uitgebeeld as singende van hulle toekomstige beloning en van Jesus Christus: “Toe sing hulle ’n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers” (Openbaring  5:9-10).

Ja! Ware heiliges sal Jesus Christus bystaan om op die aarde te “heers” – of te regeer!

In 1 Korinthiërs 6:1-5 is die apostel Paulus geïnspireer om ons in te lig oor die toekoms van die ware heiliges van God. Hy beskryf hoe ons – in persoonlike geskille – nie moet toelaat dat ons deur die buitewêreld “geoordeel” word nie, maar eerder deur ware leiers in God se Kerk. Hy sê: “Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?” (verse 2-3). Die ware heiliges is dus nou “in opleiding” om “die wêreld te oordeel”. In die toekoms, sal ons werklik ook vir God bystaan, indien ons “engele [sal] oordeel”.

Werklik, die wonderlike toekoms wat vir alle mense wag in die ware Koninkryk of Huisgesin van God, is byna bo die mens se begrip. Ons is gemaak “na die beeld” van God in meer as een opsig. Hy werk met ons – indien ons bereid is om ons aan Hom te onderwerp. Hy fatsoeneer en vorm ons. Hy leer ons lesse vir alle ewigheid. Ons moet egter gewillig wees om ons opreg te onderwerp aan ons Skepper en om Sy doel en wil in ons lewens te soek. Baie min mense op aarde is gewillig om dit nou te doen, want God het, soos die Bybel duidelik aandui, werklik die meeste mense “verblind”. Baie van u wat hier lees is waarskynlik “geroep” anders sou u nie die Waarheid van God op ’n gereelde basis lees nie!

Dus, wil u ware insig hê in die werklike doel vir u lewe? Is u gewillig om alles in die stryd te werp om te “soek” na daardie doel? Is u gewillig om geloof en moed te beoefen om die doel waarvoor u gebore is, te bereik? Terwyl “groot menigtes” Christus gevolg het, het Hy besef dat die meeste van hulle nie werklik bereid was om “alles in die stryd te werp” om Sy dissipels te wees nie! Dus sê Hy vir hulle: “As iemand na My toe kom en hy haat [of het minder lief] nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie” (Lukas 14:26-27).

Elkeen van u wat intekenaars is, sal hierdie saak die een of ander tyd in u lewe in die gesig moet staar. Namate die profetiese gebeure, wat ons vir dekades al voorspel, tot hulle uiteinde kom, namate die menslike gemeenskappe rondom ons in duie stort en die “wêreld” soos ons dit geken het, op baie slegte maniere stadig begin verander, wat gaan u doen? Weereens, mag God u die geloof en moed gee om eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid te soek (Mattheüs 6:33). Mag Hy u die geloof en moed gee om Christus meer lief te hê as “vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook ... [u] eie lewe”.

Indien u opreg God se dienaar wil wees, om die ewige lewe in die Wêreld van Môre te hê en u doel vir die lewe te vervul, begin dan assseblief nou om iets daaraan tedoen. Leer om werklik die artikels in hierdie tydskrif te bestudeer – bewys wat dit sê deur die Skrifte na te slaan in u eie Bybel. Probeer om gereeld na die beeldsendings van dieTomorrow’s World te kyk en – weereens – die Skrifverwysings na te slaan in u eie Bybel. Skryf vir en ontvang ons gratis boekies aangaande so baie lewensbelangrike onderwerpe en bewys wat dit sê vanuit u eie Bybel.

Ten slotte vertel ek u in alle opregtheid, dat een van die kragtigste hulpmiddels in die hele wêreld, wat vandag tot u beskikking is, die Wêreld van Môre Bybelstudiekursus is. Hierdie kursus – net soos al ons ander leesstof – is heeltemal gratis, sonder enige verpligting. Ek moedig u aan – eintlik versoek ek u dringend in die Naam van Jesus Christus – om ons te nader en in te skryf vir u gratis intekening vir die Wêreld van Môre Bybelstudiekursus. Hierdie kursus sal u stap vir stap deur die basiese waarhede van die hele Bybel neem indien u dit sal lees en bestudeer saam met u eie Bybel en hierdie waarhede aan uself bewys. Dit sal werklik u lewe verander! Al wat van u verwag word om te doen, is om die tyd op te offer en die moeite te doen om werklik hierdie kursus te bestudeer en om gewillig te wees om te verstaan en te leer wat u Bybel in werklikheid sê. Mag God u die insig, die geloof en die moed gee om ooreenkomstig bogenoemde riglyne te handel, sodat u u deel kan doen om voor te berei vir die doelwaarvoor u geskape is!