Is u een van die miljoene mense wat mislei is om ’n valse Jesus te aanbid? Lees hierdie artikel om seker te maak dat u nie mislei is nie!

Om ’n valse god te aanbid is ’n ernstige sonde (Exodus 20:3-5). Die apostel Paulus skryf: “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here” (Romeine 6:23). U antwoord op die opskrif-vraag van hierdie artikel is dus regtig ’n saak van lewe of dood! Lees hierdie artikel en handel dan volgens die waarheid!

Luister! Dit mag u skok. Wat miljoene belydende “Christene” nie besef nie, is dat hulle gelei is om in ’n valse Christus en ’n valse god te glo. Soos die Almagtige God die apostel Johannes geïnspireer het om ons aangaande die eindtyd te vertel: “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp” (Openbaring 12:9). Satan die duiwel word direk uitgebeeld as die “god” van hierdie huidige wêreld, hierdie huidige beskawing. Is u deel van die huidige samelewing en ’n aktiewe deelnemer aan hierdie wêreld se godsdienste? Is u bereid om te erken dat udalk mislei kon gewees het deur die “groot bedrieër” van die hele mensdom?

Onthou dat God die apostel Paulus geïnspireer het om ons te waarsku: “Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval” (2 Korinthiërs 11:4)! Later ook: “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (verse 13-15).

In daardie gedeelte waarsku die ware God van die Bybel ons dat “valse” leraars die vermoë het om hulleself in iemand soos die Apostels van Christus te “verander”. Op die oog af “lyk hulle goed”. Hulle boodskap bring egter uiteindelik die dood in die poel van vuur mee! Hierdie geïnspireerde boodskap wys ons ook daarop dat Satan “sy leraars” het wat mense mislei, maar wie se “einde sal wees volgens hulle werke”. Dit is nogtans hierdie leraars wat verkondig dat almal onder die “genade” is en dat daar geen nodigheid vir werke van enige aard is nie! Hierdie leraars verkondig ’n “ander Jesus” as wat die Bybel duidelik in die geïnspireerde Woord van God geïdentifiseer het.

Sal u aanvaar wat die Bybel regtig sê?

Die meeste mense bly in gebreke om te besef dat die wêreld se feeste van “Kersfees” en “Paasfees” Jesus Christus en Sy leerstellings op ’n heeltemal ander manier uitbeeld as wat die Bybel dit doen. Wanneer die wêreld se feeste nie hulle aandag toespits op die sprokies van Kersvader en die paashasie nie, beeld hulle Christus dikwels uit as ’n hulpelose klein “kindjie in ’n krip” en as ’n tingerige en selfs verwyfde “hippie”-figuur wat na Sy kruisiging gelei word. Ja, daar is dalk aan ons vertel van ’n wonderbaarlike maagdelike geboorte en ’n verheerlikte opstanding. Die belangrikste “temas” wat dan in die denke van aanbidders ingeprent word – ongetwyfeld as kinders, maar selfs tot by volwassenheid – kom dikwels neer op weinig meer as geskenke uitruil, partytjies hou, vroeg opstaan vir “sonsopkoms-dienste” en om die “Paashaas” se eiers te soek. By ’n groot deel van die belydende Christendom word daar feitlik geen klem gelê op die Ou Testament, die vooraf-bestaan van Christus, Sy lewe as ’n jong Jood wat in Judaïsme opgevoed was, of enige verwysing wat daarop dui dat Christus die “God van die Ou Testament” was lank voordat Hy in die menslike vlees gekom het nie.

Indien u persoonlik bereid is om dit aan uself te bewys, sal u maklik kan bevestig dat die “kleine heer Jesus” van die hoofstroom Christendom nie die ware Jesus Christus is wat in die Bybel beskryf word nie. Inteendeel, hierdie Jesus is ’n produk van die verbeelding van die swart-geklede priesters van die Middeleeue. Die “hoofstroom” Jesus van wie die meeste mense hoor, is inderdaad ’n “ander Jesus” teen wie Paulus waarsku. Dit my vriende, is die rede waarom die Jesus Christus van die Bybel uitdruklik gewaarsku het: “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooitgeken nieGaan wegvan My, julle wat dieongeregtigheid werk!” (Mattheüs 7:22-23)!

Dink!
Die gebruik van al die heidense simboliek wat veronderstel is om ons te help om Christus te aanbid, slaag daarin om die ware oorsprong en doel van die ware Jesus Christus van die Bybel en die werklike betekenis van Sy boodskap, die ware Evangelie, te verberg. Indien ons dus opreg in die Waarheid belangstel, laat ons dit eerlik “ondersoek” deur te bestudeer wat die Bybel regtig oor Christus se oorsprong sê en waarom Hy in hierdie wêreld ingekom het. Wat is dus die “Waarheid”? Jesus het self gesê: “Heilig hulle in u waarheid. U woord is die waarheid” (Johannes 17:17).

Die Woord het van ewigheid af bestaan!

U Bybel sê duidelik dat die “Persoonlikheid” wat Jesus van Nasaret geword het, van ewigheid af saam met die Vader was! Bestudeer asseblief die geïnspireerde verse hieroor in u eie Bybel! Lees eerstens Johannes 1:1-3: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie”. Dus was die “Woord” – die Een wat duidelik beskryf word as die Christus voor Sy menslike geboorte – die Een deur wie God “alle dinge” geskape het. Hy was die “lig” wat God die wêreld ingestuur het. “Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense [die Joodse volk] het Hom nie aangeneem nie” (verse 10-11).

Later: “En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid” (vers 14). Uit hierdie en talle ander verwysings in die Nuwe Testament, is dit duidelik dat Jesus Christus van die begin af saam met die Vader van ewigheid al bestaan het. In die Ou Testament word God baie keer die “Rots” genoem. Wie was daardie God, daardie “Rots” van Israel? Hy was die Een wat met Adam en Eva in die tuin van Eden gepraat het, wat met Abraham, Isak en Jakob gepraat het en later die Tien Gebooie en baie ander opdragte deur Sy profeet Moses uitgespreek het. Wie was Hy?

Let op hoe die Bybel dit baie duidelik maak! Onder inspirasie sê die apostel Paulus: “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, en almal dieselfde geestelike spys geëet het, en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ’n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus” (1 Korinthiërs 10:1-4). Later word aan ons gesê ons moet “Christus nie versoek soos ook sommige van hulle gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom” (vers 9).

Moenie deur duiwels mislei word nie!

Die Een wat Jesus Christus geword het, was dus die Een wat Moses en die volk van antieke Israel gelei het. Hy was die een wat destyds deur hulle beproef of “uitgedaag” is toe hulle “deur die slange omgekom het” (vers 9). Dit was hulle wat dikwels deur Satan mislei is tot verskeie afgodspraktyke. Daarom waarsku die apostel Paulus Christene vandag: “... vlug vir die afgodediens” (vers 14). Later, in dieselfde gedeelte, sê Paulus onder inspirasie aan ons: “Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie” (verse 20-21).

Geagte Lesers, dit is nie “polities korrek” om aan ons moderne wêreld bekend te maak dat hulle geliefkoosde godsdienstige gebruike moontlik duiwelsaanbidding mag insluit nie. U Bybel waarsku ons nogtans duidelik en herhaaldelik! Onthou, die “Rots” van Israel was die Een wat met die profete van die ou tyd gepraat het en Hy was die Een wat die Tien Gebooie persoonlik uitgespreek het, wat direk die ware Sabbat beskryf, die “sewende dag van die Here jou God” en herhaaldelik beklemtoon het dat Sy ware dienaars moet leer om die Tien Gebooie lief te hê en te gehoorsaam. Koning Dawid, die “man na God se hart”, is geïnspireer om te sê: “Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag. U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig” (Psalm 119:97-98).

Hierdie “Rots” van Israel is die Een wat antieke Israel uit Egipte verlos het, wat die Rooi See deur ’n ongelooflike wonderwerk geskei het! Hy is die Een wat skrikwekkendeplae oor die Egiptenaars gestuur het om hulle gewillig te maak om Israel te laat gaan. Indien u dít verstaan, is Hy dieselfde Een wat binnekort soortgelyke plae oor ’n rebelse wêreld sal bring, wat so mislei is dat hulle direk teen Christus sal veg wanneer Hy terugkeer na hierdie aarde as Koning van die konings! (Openbaring 17:14). Deur Sy “twee getuies” is Hy die Een wat aan hierdie twee geïnspireerde manne “... die mag [sal gee] om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil” (Openbaring 11:6).

Die ware Christus van die Bybel is nie ’n hulpelose “klein Here Jesus” wat toevallig in ’n stal gebore is nie. Hy is nie ’n swak, onmanlike, hulpelose jong Jood wat teen die Romeine ’n nederlaag gelei het nie. Hy is magtig en soos die Bybel dit duidelik maak: “Jesus Christus is gister en vandagdieselfdeen tot in ewigheid” (Hebreërs 13:8). Indien u dus die groot Persoonlikheid werklik wil verstaan, Hy wat die ware Jesus Christus geword het en wat weer sal kom as Koning van die konings, behoort u die hele Bybel tebestudeer en te glo, van Genesis tot Openbaring. Onthou, Jesus het voortdurend na die Ou Testament as “die Skrif” verwys. Terwyl dit die enigste Skrif is wat geskryf was, het Jesus beveel: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4). Ons behoort dus te leef volgens elke woord van die geïnspireerde Bybel en nie net volgens wat ons die Nuwe Testament noem en wat uit verband geruk word en afgesonder word vandie Ou Testament, waarvan dit slegs ’n vervulling is, nie!

Die God van Israel was NIE die Vader nie!

Die Nuwe Testament maak dit baie duidelik: “Niemand het God ooit aanskou nie” (1 Johannes 4:12). In die beskrywing van die tyd toe God die Tien Gebooie gegee het, sê Hy nogtans aan ons: “Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel. En hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos ’n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self. Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou, daarop het hulle geëet en gedrink” (Exodus 24:9-11). Hierdie baie Bybelse gedeelte wys duidelik daarop dat hierdie oudstes die God van Israel “gesien” het en “hulle het God aanskou, daarop het hulle geëet en gedrink” (vers 11).

Weerspreek die Bybel homselfNee! Jesus Christus het verduidelik dat “die Skrif nie gebreek kan word nie” (Johannes 10:35).

Die antwoord? Die ooglopende antwoord vir diegene wat bereid is om te verstaan, is dat niemand nog ooit die “Vader” gesien het nie. By ’n hele paar geleenthede het Moses en andere wel die “God van Israel” gesien, die Een wat Jesus Christus geword het toe Hy in die vlees gekom het, bietjie meer as 2,000 jaar gelede. Hy is die Een wat deur die Vader gebruik is om waarlik die hemel en die aarde te skep. Hy is die Een wat die Tien Gebooie gegee het en met Moses en die oudstes van Israel en andere “gespreek” het. Hy is die Een wat Homself later ontledig het (Filippense 2:7) en ’n mens geword het sodat Hy as betaling vir ons sondes kon sterf. Daarna is Hy die Een wat opgewek is en nou aan die regterhand van God in die hemel sit – ons toekomstige Koning en Regter.

Hierdie is die ware Jesus Christus van die Bybel. Hy behoort aanbid te word. Hy is die Een wat ons sal oordeel en die Een wat in die opstanding aan ons lewe sal gee: “Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil. Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee, sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie” (Johannes 5:21-23).

Daardie ware Christus wie se offer ons sondes weg was, sê ook herhaaldelik aan ons om die Gebooie van God te gehoorsaam – nie om aan hulle ongehoorsaam te wees nie! Wanneer ’n jong man die weg na die ewige lewe gevra het, antwoord Jesus: “Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie” (Mattheüs 19:17). Nadat die jong man gevra het: “Watter?” het Jesus begin om sommige van die Tien Gebooie op te noem. Vroeër in die bergpredikasie het Jesus beveel: “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele” (Mattheüs 5:19).

Wetteloosheid is nie Christus se manier van doen nie!

Ons word dus deur Christus Self beveel om nie eers een van die “minste” van God se Gebooie te “breek” nie. Dit is waarom Jesus die waarskuwing wat vroeër aangehaal is, teen die einde van die Bergpredikasie, aan diegene rig wat dink hulle leer die Waarheid aan andere of dat hulle in Jesus se naam preek: “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mattheüs 7:23).

Jesus het definitief nie van verkeerswette gepraat nie. Indien ons eerlik wil wees, het Hy vanselfsprekend van die Tien Gebooie gepraat, die grondliggende Wet wat nog altyd deel van die leerstellings van die “God van Israel” was, wat nou Jesus Christus, onse Here is!

Sommige mense sal egter sê: “Behoort ons nie net ‘liefde’ te hê in plaas van ’n ou wet nie?” Ons behoort dus navraag te doen oor die Bybel se definisie van watter soort “liefde” God vereis. Hier is die Bybel se antwoord: “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie” (1 Johannes 5:3).

Deur noukeurig al die verwante Skrifgedeeltes te lees en te bestudeer, kom ons tot die begrip dat daar ’n basiese eenheid is in die manier waarop God bedoel het mense behoort te leef, selfs van die begin af. Soos die Bybel sê: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Hebreërs 13:8).

Al die pad vanaf die “Vader van die gelowiges”, die aartsvader Abraham, tot aan die heel einde van die boek Openbaring, word die basiese lewenswyse, soos God dit bedoel, duidelik geopenbaar. Die Bybel openbaar dat ons vader Abraham geseën was “omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het” (Genesis 26:5). Soos ons gesien het, het Jesus Christus Self gereeld gehoorsaamheid aan die Tien Gebooie verkondig (Lukas 16:17-18). Selfs die apostel Paulus – van wie sommige mense in hulle wildste verbeelding gedink het dat hy met God se Gebooie “weggedoen” het – stel dit duidelik: “Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God” is wat saak maak (1 Korinthiërs 7:19). Hoe duidelik!

Die wet van vryheid

Jesus se eie fisiese broer, die apostel Jakobus, stel dit uitdruklik: “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ’n oortreder van die wet geword” (Jakobus 2:10-11). Jakobus het duidelik aangedui dat die “Wet” waarvan hy praat, met diegene wat “egbreuk pleeg” of wat “moord pleeg” te doen het. Hy sluit af: “Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word” (vers 12).

Jakobus het dus God se Tien Gebooie as die “Wet van vryheid” gedefinieer. Indien dit gehoorsaam word, sal hierdie Wet werklik die ganse mensdom “bevry” van die teistering van oorlog, van moord, gebroke huise en verwarde kinders, om deur u naaste of deur u handelaars “bedrieg te word” en van talle ander “plae” wat ons moderne samelewing teister, ’n samelewing wat weier om die geestelike Wet van ons Skepper te gehoorsaam! Waarom? Weereens, omdat hulle werklik deur Satan die duiwelmislei word om te dink dat God Self op een of ander manier met Sy eie basiese geestelike Wet “weggedoen” het!
In ’n waarskuwing aan ons almal om nie deur verwarde geestelike leiers mislei te word nie, sê Jesus: “Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val” (Mattheüs 15:13-14).

Jesus se geliefde apostel Johannes, stel dit uitdruklik: “En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom – en sy gebooie nie bewaar nie, is ’n leuenaar en in hom is die waarheid nie” (1 Johannes 2:3-4). ’n Persoon mag “weet” van God, maar niemand kan God eintlik “ken” of werklik verstaan en met God “wandel” nie, tensy hy Sy Gebooie bewaar! Hy moet Christus toelaat om in hom te leef (Galasiërs 2:20) en moet letterlik God se konstante opdrag om dit te doen,gehoorsaam. ’n Ware Christen sal bewus raak van die ware aard en karakter van God, omdat hy die ware lewe van God deur die Heilige Gees in hom sal ervaar namate hy “met God wandel” deur die krag van God se Gees.

Johannes maak dit voortdurend duidelik van watter Gebooie hy praat. Met “God” as die voorafgaande, sê Johannes: “... en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sygebooiebewaar en doen wat welgevallig is voor Hom” (1 Johannes 3:22).

Ten slotte, Johannes is geïnspireer om aan die einde van die hele Bybel aan ons te sê: “Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad” (Openbaring 22:14).

Christus die Openbaarmaker!

Die ware Christus van die Bybel is die Een wat God die Vader “openbaar”. “Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar” (Mattheüs 11:27). Ons behoort die feit te erken dat Jesus Christus die Een isdeur wie God die hemel en die aarde geskape het, die Een wat u geskape het en lewe en asem gegee het, die Een wat Homself geopenbaar het en met Abraham, Isak en Jakob, Moses en baie ander profete gepraat het. Hy is die Een wat in werklikheid die Tien Gebooie gegee het. Daarna het Hy in die menslike vlees gekom en die Tien Gebooie “groot en heerlik gemaak” en aan ons gewys hoe om dit in die “gees” te onderhou, nie net in die letter nie – hoewel die Bybel dit baie duidelik maak dat dit nie “wegdoen” met die onderhouding van die letter van die Wet nie! Hierdie Jesus Christus het geopenbaar dat gehoorsaamheid aan God se Wet ’n hele lewenswyse is, waarop God se wonderlike plan vir die mensdom gesentreer is.

Hierdie Jesus Christus het in Israel grootgeword en het as jong Jood altyd die sewendedag-Sabbat onderhou, “soos Hy gewoond was” (Lukas 4:16). Weereens, Hy het Godnie gehoorsaam net omdat Hy ’n Jood was nie, maar omdat Hy gekom het om die “Vader te openbaar” en aan ons ’n voorbeeld te stel sodat ons in Sy voetstappe kan volg (1 Petrus 2:21).

’n Wonderbaarlike beloning vir Sy ware volgelinge!

Wanneer ons in die lug opkyk en die heerlikheid van die son, die maan en die hele kosmos sien, besef ons dat die groot God van die heelal Homself deur Jesus Christus openbaar, Hy wat “gister en vandag dieselfde is en tot in ewigheid”. Hy het nog altyd Sy dienaars onderrig, van Abraham af, tot by Moses, Dawid, Jakobus, Petrus, Johannes en die apostel Paulus, om die Tien Gebooie te gehoorsaam. Christus het daardie gehoorsame lewenswyse as voorbeeld gestel deur God se Gebooie te gehoorsaam(Johannes 15:10). Dit is die ware geloof, die ware “weg” na die ewige lewe.

Die enigste manier waarop ons werklik Sy Gebooie kan bewaar en met God kan “wandel”, is deur die ware Jesus Christus wat Sy lewe deur die Heilige Gees in ons leef. Soos die apostel Paulus dit duidelik geopenbaar het: “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie; maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in [van] die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het” (Galasiërs 2:20).

Vir u eie beswil en vir u ewige lewe, onthou asseblief die apostel Jakobus se kragtige waarskuwing: “En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie” (Jakobus 1:22).

Mag God u persoonlik help om op die Waarheid te reageer en u aan die ware Christus oor te gee as u Verlosser, u lewende Hoof, u Hoëpriester en u toekomstige Koning. Indien Hy werklik u “Here” is, sal u Hom gehoorsaam en nie probeer om “rondom” die duidelike stellings van Sy geïnspireerde Woord te redeneer nie.

Geagte Lesers, indien u opreg na God en Sy Waarheid wil “soek” soos nooit tevore nie, indien u ernstig Sy geïnspireerde Woord vir ware antwoorde wil bestudeer, indien uvurig bid en God vra om u te help om Hom en Sy wil te verstaansal Hy u hoor en antwoord! Die ware God van die Bybel – toe Hy beskryf het wat ons mense behoort te doen in hierdie “laaste dae” – sê aan Sy mense: “Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die Here jou God terugkeer en na sy stem luister” (Deuteronomium 4:29-30).