Vraag: U tydskrif beskryf dikwels die Tien Gebooie en ander Ou-Testamentiese leerstellings as nog steeds van toepassing vandag op Christene. Is Christene dus veronderstel om die opdrag in die wet van Moses te volg deur “klossies” of tossels aan hul klere te dra (Numeri 15:38-41; Deuteronomium 22:12)?

Antwoord: Eerstens moet ons verstaan wat die klossies simboliseer. Antieke Israel het die Tien Gebooie wat Moses van die berg Sinai af gebring het, oortree (sien Eksodus 32). As ’n gevolg van daardie oortreding, was ’n ander wet bygevoeg tot wat God voorheen gegee het (Galasiërs 3:19). Daar word soms na die bygevoegde wet verwys as die “Mosaïese wet”.

Om nie verwar te word met die tydlose bepalings van die Tien Gebooie nie, bevat die Mosaïese wet insettings en verordeninge van ’n uitgebreide offerstelsel en verbandhoudende seremonies – waarvan baie ’n fisiese voorafskaduwing was van Jesus Christus se volmaakte offer vir die mensdom se sondes (Hebreërs 9:1-14). ’n Aantal van die instellings het ook aan die Israeliete fisiese simbole gegee wat dui op die rol van die opgestane Christus in die lewens van ware Christene (Galasiërs 2:20).

Die insetting wat die dra van klossies voorskryf, is eintlik ’n fisiese simbool wat ingestel is en wat in die plek staan van die Heilige Gees, wat God sou gee aan diegene wat Hom gehoorsaam (Handelinge 5:32). Die klossies was aan die vier hoeke van ’n mantel of buitenste kledingstuk aangebring as herinnering om God se gebooie te gehoorsaam.

Tydens Jesus se tyd het die Fariseërs alreeds basiese reëls uitgedink vir die fatsoen van die buitenste kledingstuk of mantel (vierkantig) en die aanbring en die dra van die klossies op die hoeke. Hierdie buitenste mantel was die voorganger van die gebedstjalie wat deesdae gedra word deur baie mense wat rabbynse Judaïsme beoefen. Rabbynse bronne beskryf vyf van die kledingstukke wat ’n Joodse man moes dra: Sy skoene, sy hoofbedekking, sy vierkantige oormantel, sy gordel en sy onderkleed.

Baie Christene besef nie dat die Nuwe Testament duidelik toon dat Jesus in wese dieselfde klere gedra het as wat enige bedagsame Joodse man sou gedra het nie. Die Skrif beskryf dat die Romeinse soldate wat Jesus gekruisig het, gedobbel het om te bepaal wie sy naatlose onderkleed sou kry (Johannes 19:23). Vier keer in die Evangelies verwys die Griekse woord kraspedon na die klossies aan Jesus se klere, waaraan mense probeer raak het, sodat hulle genees kon word (Mattheüs 9:20; 14:36; Mark 6:56; Lukas 8:44).

Aangesien Christene vandag veronderstel is om Jesus se voorbeeld in hul persoonlike lewens te volg (1 Petrus 2:21), beteken dit dat ons klossies moet dra, soos Hy gedra het? Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons eers verstaan wat daardie klossies te kenne gee.

Antieke Israel het ’n konsekwente “geskiedenis” gehad van ongehoorsaamheid aan God, wat beide swakheid en eiesinnigheid weerspieël. Deur gebruik te maak van ’n goed-gedokumenteerde gebruik van daardie tyd, het God bepaal dat die dra van klossies deur antieke Israel as ’n herinnering moet dien (Numeri 15:38-41). Het antieke Israel bewys dat hulle in staat was om een van die heel eerste gebooie wat God aan die mensdom gegee het, te gehoorsaam – “Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,” insluitende die boom van die lewe, maar nie van die boom van kennis van goed en kwaad nie (Genesis 2:16-17) – dan sou klossies nooit nodig gewees het as ’n fisiese herinnering nie. God se gebooie sou op die harte en in die gedagtes van al die antieke Israeliete geskryf gewees het, net soos hulle tans geskryf is op die harte van ware Christene (vgl. Jeremia 31:3-4; Hebreërs 8:8-13).

Ten einde te kon preek in die sinagoges van Sy dag, het Jesus die gewoonte gevolg om die tradisionele drag, soos voorgeskryf deur die Joodse owerhede, te dra. Hy het eintlik “gewoon” gelyk – net soos die ander Jode van Sy tyd, tot so ’n mate dat die owerhede Judas se hulp nodig gehad het om hom in ’n skare uit te ken toe hulle Hom in hegtenis wou neem (Markus 14:45). Alhoewel Jesus die klossies wat algemene gebruik was in Sy dag, gedra het, het Hy dit nooit persoonlik nodig gehad om “herinner” te word aan dit waarvoor die klossies bedoel was nie (Johannes 2:25; 3:34).

Die simbool van die klossies het dus onnodige geword – oortollig – nadat Jesus Christus opgevaar het na die hemel en die Heilige Gees aan Sy Kerk gestuur het. Iemand in wie God se Heilige Gees woon, “dra” die geestelike vervulling van dit wat die klossies veronderstel was om uit te beeld!