Alhoewel baie mense nie hierdie feit begryp nie, sal die toenemende invloed van “politieke korrektheid” uiteindelik help om die Verenigde State, Groot Brittanje en Kanada tevernietig! As ’n man wat in Amerika grootgeword en omtrent vier jaar van my volwasse lewe in Brittanje deurgebring het, kan ek eerlik getuig dat in my amper 80 jaar van menslike ondervinding ek nog nooit die basiese waardes en die lewenswyses van ons voorouers in al ons Engelssprekende nasies so erg ondermyn sien word nie. “Politieke korrektheid” is soos ’n kanker. Dit versprei stadig en byna onnaspeurbaar deur die liggaam totdat die dood verseker is. Miljoene mense het geliefdes of vriende weens kanker verloor. Ontelbare miljoene meer mense gaan nogtans in ons lande vernietig word as gevolg van die “kanker” van politieke korrektheid.

Hoe durf ek dit skryf?
Omdat politieke korrektheid feitlik elke basiese waarde ondermyn waarop ons Westerse nasies in die dekades van die verlede gebaseer was. Elke ware Christen wat dit probeer teenstaan sal wreed vervolg word. Alhoewel hulle dit selde indien ooit sal erken, vertoon die voorstanders van “politieke korrektheid” ’n onderliggende wrok en dikwels selfshaat teen die idee van ’n ware God – ’n God wat aan hulle kan sê wat om te doen, en hoe hulle hulle lewens behoort te leef. Soos Jesus Christus gesê het: “En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos” (Johannes 3:19). Die “lig” wat Jesus Christus verkondig behels inderdaad ’n bestendige manier van lewe wat gebaseer is op opregte gehoorsaamheid aan die wette en beginsels saamgevat in die Tien Gebooie. Jesus het ook gesê: “Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4).

Wanneer God se duidelike instruksies in die Bybel nogtans in die openbaar herhaal of deur sommige van ons instansies gepropageer word, word ultra-liberale “politiek korrekte” indiwidue sigbaar woedend. Hulle handel asof mense gekant is teen dit wat goed en redelik is wanneer hulle praat van God as die Skepper, of sê dat die Bybel die basis behoort te wees van alle korrekte gedrag. Hoe ver het ons geval!

Soos baie van u weet, het die vroeë leiers van beide Amerika en Brittanje ontsaglike agting gehad vir die leringe van die Bybel. President George Washington het gesê: “Dit is onmoontlik om die wêreld reg te regeer sonder God en die Bybel”. Die bekende staatsman, Daniel Webster, het opgemerk: “As daar enigiets aan te beveel is in my gedagtes of styl, kom die krediet my ouers toe wat in my ’n vroeë liefde vir die Skrif ingeboesem het. Indien ons hou by die beginsels wat in die Bybel geleer word, sal ons land voortgaan om te floreer en om voorspoedig te wees; maar indien ons en ons nakomelinge die Bybel se instruksies en gesag verwaarloos kan niemand sê hoe skielik ’n katastrofe ons kan oorweldig en al ons glorie in diepe duisternis hul nie”.

William Gladstone – wat gerespekteer word as een van Brittanje se grootste leiers – het gesê: “Ek het 95 van die wêreld se groot manne in my tyd geken, 87 van hulle het die Bybel gevolg. Die Bybel is gekenmerk met ’n Besondersheid van Oorsprong, en ’n onmeetlike afstand skei dit van alle mededingers”. Die beroemde Britse wetenskaplike, Sir Isaac Newton, het gesê: “Daar is meer betroubare tekens van egtheid in die Bybel dan in enige ongewyde geskiedenis”.

Wanneer Christen leraars vandag egter verduidelik dat hoerery, owerspel, dronkenskap, homoseksuele praktyke en aborsie absoluut verkeerd is, neem die wêreldlikes – insluitend, droewig genoeg, baie senior joernaliste – groot aanstoot. Inderwaarheid probeer hulle dikwels diegene vervolg wat sulke sienings het – en verseker daardie ware predikers wat God se opdrag volg om daardie sienings te onderrig! Nadat Jesus Self die tyd van oorlog, opstand en verskriklike aardbewings, hongersnode, pessiektes en “verskriklike dinge” beskryf het wat die einde van hierdie tydvak sal aandui, sê Hy: “Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van my Naam” (Lukas 21:12).

Waarom?
Omdat Jesus Christus gesê het dat “mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos” (Johannes 3:19). Hierdie “wêreldlike” indiwidue – toenemend in beheer van ons hele gemeenskap – kry ’n verskriklike skuldgevoel wanneer gekonfronteer word met die waarhede van die Bybel. Om hierdie skuldgevoel te verlig draai hulle teen ander wat ’n lewenswyse onderrig wat nog altyd vrede en bestendigheid regdeur enige gemeenskap gebring het tot die mate waartoe dit opreg toegepas was.

Die Wêreld van Môre-tydskrif publiseer die waarhede van die Bybel. Ons gee u baie profetiese artikels wat spesifieke geprofeteerde gebeure verduidelik wat gebeur het of wat nou begin om te gebeur. Hierdie gebeure sal veral die Amerikaners en nasies wat van die Britte afstam raak, wat inderwaarheid die fisiese afstammelinge is van die sogenaamde “Verlore Tien Stamme van Israel”. Soos ons boekie met die naam, Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid Afrika? duidelik aandui, wanneer God praat van straf vir “Israel” aan die eindtyd, het dit te doen met die Amerikaanse en nasies van Britse afkoms. Indien u nog nie geskryf het vir enhierdie wesenlike waarheidbestudeer het nie, bel ons streekskantoor naaste aan u of skryf vir u gratis kopie van die bogenoemde boekie! U kan dit ook aanlyn lees of bestel by www.wvm.co.za!

Een voorbeeld van die Bybel se eindtyd verwysings na ons vandag, sowel as na die antieke Huis van Israel, is te vinde in die boek Hosea. Die profeet was geïnspireer om te skryf: “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet. Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander” (Hosea 4:6-7).Omdat ons nasies se politieke, opvoedkundige en godsdienstige leiers aanhoudend die wette en leringe van die Bybel verwerp het, is ons bestem vir verdrukking erger as wat die wêreld nog ooit gesien het! Dit sal egter liefdevolle tugtiging wees van die Skepper, wat dit haat om ons op die verkeerde pad te sien wat ons verstrengel in skandelike praktyke wat die wese van menslike ordentlikheid vernietig – soos Hy dit sien.

Diegene wat werklik die geïnspireerde woorde van die Bybel glo sal inderdaad toenemend vervolg en geteister word in die volgende paar jaar. “Polities korrekte” leiers sal voortdurend goddelose mans, vrouens en praktyke van alle soorte prys. Hulle sal graag God se woorde vergeet: “Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle. Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die Here soek, verstaan alles” (Spreuke 28:4-5). Sodanige mense hou verseker nie daarvan om te hoor wat die skrywer van Spreuke kort daarna sê nie: “Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ’n gruwel” (vers 9).

Mense wat aanhoudend God se wet “versaak” soos dit in die Bybel geopenbaar word, se gebede sal nie deur die ware God van die Skepping verhoor word nie! Hulle sal niegeseën word aan die einde nie. Alhoewel hulle sal toeneem in mag en invloed vir ’n paar jaar, wys God se woord dat hulle nie sal seëvier aan die einde nie.

In ’n tweeledige profesie wat duidelik vir ons dag sowel as vir antieke Israel bedoel is, het die Ewige God aan ons voorvaders gesê: “Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek – dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet. En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie” (Levitikus 26:14-17).

Binne die volgende paar jaar sal ons begin sien hoe Amerikaanse en Britse Gemenebes magte verslaan en verootmoedig word meer as in enige ander tyd in die geskiedenis! Opstand teenoor God sal die oorsaak wees. Soos hierdie gebeure ontvou, mag die Ewige God help om te verstaan.

Soos ultra-liberale en “polities korrekte” indiwidue toenemend ons gemeenskap oorneem en byna totaal die media domineer – waar so baie mense hulle idees vandaan kry – maak seker dat u en u familie bewus is van wat werklik om u aangaan. Wees bewus daarvan dat u, as ’n feit, naby die einde van hierdie huidige tydvak leef net voor Christus se wederkoms. Wees bewus dat alhoewel dit wel “die donkerste word net voor dagbreek”, Jesus Christus spoedig sal kom met groot mag om Sy mense te verlos en in Sy ewigdurende Koninkryk te bring. Nadat Hy sommige van die verskriklike gebeure wat binnekort voorlê beskryf het, sê Jesus: “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Lukas 21:28).

Dus is daar groot hoop vir die toekoms! Soos God die Psalmdigter geïnspireer het om die Messias se komende heerskappy oor die hele aarde te beskryf: “In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie” (Psalm 72:7).