’n Storm broei op die horison. Is u voorbereid?
“Red sky at night, sailor’s delight. Red sky at morning, sailors take warning”.


Vir eeue het mense besef dat dit voordelig sou wees om in staat te wees om die tekens van die tye te lees, om toekomstige gebeure te voorspel. Soms kan die tekens duidelik wees vir almal om te sien, maar net diegene wat in staat is om hulle in die regte konteks te plaas, kan verstaan wat dit vir die toekoms beteken!

Matrose, en ander mense wie se lewens afhang van die see, het geleer dat ’n rooi lug in die oggend ’n heel ander betekenis het as ’n rooi lug in die aand. Aangesien die meeste weerpatrone van wes na oos beweeg, beteken ’n rooi lug in die aand – wanneer die son sak in die weste – dat daar mooi weer voorlê. In teenstelling hiermee, beteken ’n rooi lug in die oggend dat die son teen die onderkant van naderende stormwolke skyn.

Jesus Christus verwys na hierdie einste verskynsel wanneer Hy met die Fariseërs en Sadduseërs praat. “In die aand sê julle: Mooi weer, want die lug is rooi. En in die môre: Stormweer vandag, want die lug is donkerrooi” (Mattheüs 16:2-3).

Die Fariseërs en Sadduseërs het ’n sekere mate van insig gehad, wat hulle in staat gestel het (onder andere) om die komende weerpatrone te lees. Hulle was nogtans nie so wys as wat hulle gedink het hulle is nie. Christus het hulle bestraf vir hul onvermoë om die tekens van die tye waarin hulle geleef het, te lees. “Geveinsdes, julle weet wel om die voorkoms van die lug te onderskei, en kan julle nie die tekens van die tye onderskei nie?” (Mattheüs 16:3). Hulle het gewag dat die Messias moes verskyn, maar kon Hom nie eien toe Hy reg voor hulle gestaan het nie! Later het Christus ’n soortgelyke gesegde gebruik om Sy dissipels te leer hoe om op die uitkyk te wees vir Sy wederkoms (Mattheüs. 24:32-35). Hy het aan hulle vertel wat die tekens is wat Sy wederkoms en die einde van die tydperk, sal vergesel (Mattheüs 24:3).

Hou u die tekens van die tye dop? Sien u die storm wat op die horison broei? Paulus skryf dat, aan die einde van hierdie tydperk, “swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (2 Timótheüs 3:1-5). Watter ander tydperk kan dit beskryf behalwe die huidige een? Die profeet Daniël beskryf die einde van die tyd as ’n tyd wanneer “baie dit [sal] deursoek, en die kennis sal vermeerder” (Daniël 12:4). Die NKJV vertaling stel dit so: “Baie sal heen en weer hardloop, en kennis sal vermeerder”. Dink aan die vooruitgang in die vervoerwese gedurende die afgelope eeu, asook die ontploffing van kennis wat deur die digitale tyd plaasgevind het.

Aanbieders en skrywers van die Tomorrow’s World bied ’n reeks insiggewende byeenkomste aan om intekenare te help om die gevaarlike tyd waarin ons leef, beter te verstaan, sowel as God se wonderbaarlike plan om die mensdom te red van wat andersins beslis algemene uitwissing sou wees. Onder die titel, “The Gathering Storm”, word hierdie byeenkomstes in stede regoor Amerika en Kanada gehou. In Julie en Augustus van 2012 is aanbiedings oor Amerika gehou in Albany, New York; Albuquerque, New Mexico; Oklahoma City en Tulsa, Oklahoma; Reno, Nevada; Sacramento, California en Worcester, Massachusetts. In Kanada, is aanbiedings gehou in Winnipeg, Manitoba en in Yorkton, Saskatchewan, sowel as in verskeie plekke in Ontario areas: London, North Bay, Ottawa, Sarnia, Sudbury en Thunder Bay. Ander plekke sal nog bygevoeg word, gaan asseblief die TomorrowsWorld.org webwerf na vir die jongste inligting daaroor.

Daar is ’n gloeiende rooi oggendlug. Die tekens is daar om te sien, maar hulle kan nie reg vertolk word sonder die konteks van God se Woord – die Bybel – nie. Die tekens vestig ons aandag op ’n broeiende storm wat die mensdom heeltemal kan vernietig, was dit nie vir die geprofeteerde wederkoms van Jesus Christus om die wêreld weer in orde te kry nie! Is u voorbereid? Kom na ’n Tomorrow’s World Spesiale Aanbieding en leer wat u en u geliefdes kan doen om gereed te wees.