Baie wetenskaplikes is oortuig dat ons heelal een van baie heelalle is. Is hulle dalk reg en waarom maak dit saak?
Stel u voor dat, terwyl u hier op planeet Aarde leef, daar iewers ’n ander persoon soos u is wat sy of haar lewe op ’n ander Aarde uitleef terwyl dit om ’n ander son, in ’n ander sonnestelsel, in ’n ander heelal wentel. Stel u nou voor daar is ’n oneindige aantal ander mense wat presies soos u is. Sommige van hulle het lewens wat baie soortgelyk is aan u lewe – met dieselfde werk, dieselfde vriende, dieselfde roetine en ander beleef ’n dramatiese lewe, byna ondenkbaar anders. Sommiges is ryker, sommiges is armer. Sommiges is skatryk en beroemd, terwyl ander in ’n koue, donker tronksel ly. Elkeen van hulle is boonop presies net so werklik soos u.
Welkom by die veelal.
Eerstens, ’n vinnige definisie. U het dalk gehoor van die “metaverse” – dit is iets anders. Die metaverse beloof die gebruik van kunsmatige intelligensie en rekenaarskerms wat waarskynlik op brille of donkerbrille geprojekteer word om ons siening van die wêreld rondom ons te vergroot en ons te dompel in ’n tempterende vermenging van rekenaargegenereerde, sowel as werklike sensoriese insette. Die “veelal” daarenteen, is die idee dat ons heelal net een is van talle ander heelalle, waar statistieke betekenisloos raak aangesien daar genoeg heelalle is om met elke moontlike waarskynlikheid rekening te hou.
Variasies op die veelal is al eeue lank die vernaamste aspek van fantasie en wetenskapfiksie. Dit geniet nogal ’n renaissance [’n oplewing] op ons rolprentskerms en dienste wat gebeeldsend word. Die media kragreus Disney se Marvel Entertainment het die idee van ’n veelal gebruik om die Desember 2021-treffer Spider-Man: No Way Home te help om byna $2 miljard in te samel van rolprentgangers wêreldwyd wat gretig was om hulle gunsteling Spider-Men uit verskeie rolprent-heelalle – Tom Holland, Andrew Garfield en Tobey Maguire – saam te sien veg teen slegte ouens. (Indien u nie hierdie rolprent gesien het nie, stel u voor dat al die verskillende James Bond-akteurs saamspan om hulle ou skurke te beveg.) In Mei 2022, kon Marvel hierdie veelal die middelpunt maak in Doctor Strange in the Multiverse of Madness.
Van wetenskapfiksie tot ... wetenskaplike feit?
Die huidige belangstelling in veelal-idees word tog nie bevoordeel deur rolprentateljees wat fiksie bevorder nie, maar eerder deur ’n toenemende aantal wetenskaplikes – teoretiese fisici, kosmoloë en andere – wat dit as ’n werklikheid voorstel. Die invloedryke fisikus David Deutsch, van die Universiteit van Oxford, het byvoorbeeld verklaar dat ons net so seker van die veelal kan wees as wat ons van die bestaan van dinosourusse van die verlede is. Soos die wetenskapskrywer Philip Ball in sy 2020-boek Beyond Weird opmerk, sê Deutsch oor die geloof in ’n veelal: “Die enigste verstommende ding is dat dit steeds omstrede is”.
Vir Deutsch en baie ander wetenskaplikes, is die veelal-scenario wat deur rolprente van wetenskapfiksie en fantasieboeke aan ons voorgehou word – naamlik dat die realiteit saamgestel is uit ’n oneindige versameling heelalle met oneindige weergawes van u wat oneindig baie verskillende lewens leef. Dit is wat realiteit in werklikheid is. Indien ons nie daardie “feit” aanvaar nie, word ons as onkundig beskou óf dat ons nie die moed het om ongemaklike waarhede te aanvaar nie.
Hoe het so baie wetenskaplikes wat normaalweg met bewysgebaseerde redenasie en ’n passie vir konkrete feite geassosieer word, na ’n geloof in ’n baie teoretiese veelal verander?
Die antwoorde openbaar baie oor die rigting wat ons kultuur en samelewing inslaan. Dit wys ons net hoe ver sommige mense sal gaan om selfs die geringste erkenning aan die moontlikheid van ’n God wat ons heelal geskep en ontwerp het te vermy. Laat ons eerstens daarop let dat, met al professor Deutsch se bravade, daar geen enkele “veelal-teorie is nie”. Daar is dalk heel gepas, veelvuldige veelal-teorieë in kompetisie met mekaar:
Ewige of chaotiese inflasie: Die huidige weergawe van die Oerknal-teorie – die veronderstelling dat ons heelal van tyd, ruimte, materie en energie as ’n oneindig digte eenheid begin het en vinnig uitgebrei het om die uitdyende kosmos te word wat ons rondom ons sien – neem aan dat daar ’n kort maar deurslaggewende tydperk van kosmiese inflasie was. Gedurende hierdie tydelike periode het die ruimte in die baie jong heelal, terwyl dit nog mikroskopies klein was, vinniger as die spoed van lig uitgebrei. So ’n tydperk van inflasie word gesien as ’n oplossing vir die onverwagte eenvormigheid van die uitgestrekte kosmos.
Invloedryke fisici soos Andrei Linde en Alan Guth, het egter opgemerk dat huidige modelle van inflasie lyk of dit impliseer dat nie net ons heelal sou ontwikkel nie, maar ook ’n versameling van ontelbare bykomende heelalle – ’n eindelose proses wat ’n oneindige aantal heelalle voortbring.
Snaarteorie: In die soeke na ’n “Theory of Everything” wat alle teorieë oor die natuurwette sou verenig, het die snaarteorie baie gewild geraak. Terwyl verskillende soorte van die snaarteorie bestaan, lê die idee daarin dat dit wat ons as fundamentele deeltjies van materie beskou, eintlik onbegryplike klein, vibrerende snaartjies is.
Alhoewel die teorie deur baie mense as uiters belowend beskou word, het dit baie teenstanders. Van die bekommernisse is die huidige onvermoë om te toets of die teorie waar is, tesame met die ontstellende feit dat die aantal ongespesifiseerde parameters in die teorie beteken dat 10500 (dit is ’n 1 met 500 nulle daarna) heelalle uit sy vergelykings gegenereer kan word. Sommige mense sien dit egter nie as ’n fout nie, maar as ’n kenmerk wat ’n veelal moontlik maak om te bestaan, waarin alle moontlikhede gerealiseer word.
Die veel-wêrelde interpretasie van kwantummeganika: Vir dekades het die meeste fisici wat aan kwantummeganika werk, die idee verkies dat kwantumvoorwerpe nie spesifieke waardes het totdat dit gemeet is nie. ’n Nuwe idee kom egter nou na vore – die veel-wêrelde interpretasie – wat daarop dui dat kwantumvoorwerpe alle potensiële waardes behou wanneer dit gemeet word en dat die heelal in soveel heelalle verdeel kan word as wat daar waardes is. Dit is wanneer mens ’n sessydige dobbelsteen gooi, dat ‘n mens een resultaat sou sien terwyl vyf ander weergawes van uself elkeen ’n ander resultaat in ’n ander heelal sou waarneem.
In ’n 2014 New Scientist-artikel “Multiverse Me: Should I Care About My Other Selves?” (ja, dit is die regte titel), som fisikus Deutsch die implikasies van die vele-wêreldse-interpretasie” op deur op te merk dat “wanneer ’n mens ’n keuse maak, die ander keuses ook gebeur”. Hy voeg by: “Indien daar ’n klein kans op ’n nadelige gevolg is, sê maar iemand wat vermoor word, lyk dit op die oog af of ons die feit in ag behoort te neem dat iemand in werklikheid vermoor sal word, al is dit net in ’n ánder heelal”.
Max Tegmark se “Ultimate Ensemble”: In wat miskien die grootste en gewildste weergawe van die veelal is, stel kosmoloog Max Tegmark van die Massachusetts Institute of Technology voor dat die wyse waarop die heelal rondom ons klaarblyklik wiskundige wette volg, behoort te dui op ’n radikale besef dat wiskunde die uiteindelike werklikheid is.
In Tegmark se hipotese beskryf wiskundige strukture nie die werklikheid nie – die wiskundige strukture is eerder die werklikheid en die heelal wat ons rondom ons sien is bloot ’n realisering van een stel wiskundige strukture. Hy skryf in sy 1998-referaat in die Annals of Physics: “Die enigste veronderstelling in hierdie teorie is dat alle strukture wat wiskundig bestaan, ook fisies bestaan” (volume 270, uitgawe 1). Die resultaat sou ’n ondenkbare versameling van veelalle wees wat alle moontlike wette van fisika in alle moontlike dimensies insluit – ’n versameling wat Tegmark die “Ultimate Ensemble” genoem het.
Bestaande chaos
Voordat ons kyk na hoe feit-gebaseerde wetenskap by ’n plek gekom het waar sulke fantasieë wat in teorieë verander het so volkome aanvaar is, behoort ons in ag te neem dat elke “veelal”-teorie soortgelyke kommerwekkende gevolge meebring. Indien fisikus Deutsch korrek is, bestaan daar ’n ander heelal vir elke moontlike resultaat van elke besluit wat u ooit kan neem. Indien u dus in die versoeking kom om leuens te vertel, is daar ’n heelal waarin u die waarheid vertel en ’n heelal waarin u leuens vertel. In hierdie teorie is vrye wil ’n illusie – u maak glad nie regtig ’n keuse nie, aangesien daar weergawes van u in verskeie heelalle is wat elke moontlikheid “kies”. Daar sou ’n heelal wees waarin u ’n ou dame vriendelik help om die straat oor te steek en daar sou een wees waarin u haar ignoreer. Daar sal egter ook een wees waarin u haar opsetlik in die verkeer instamp en een waarin u haar kruideniersware vir uself steel.
Die lys van verskillende heelalle en verskillende weergawes van u wat baie verskillende dinge doen, is in wese oneindig. Per slot van rekening, indien u soos fisici hulleself voorstel, is u net ’n samestelling van kwarke, elektrone, ensovoorts en elke moontlike kombinasie van daardie deeltjies wat in die een of ander heelal gebeur, dan is daar meer heelalle as wat u uself kan voorstel, waarin u al hierdie dinge doen.
Dit is werklik bestaande chaos. U het die volste reg om ’n verduideliking te eis vir die onsin wat dit blyk te wees, want – ongeag hoe die beskrywings hulleself versterk met die gevoel van “konkrete wetenskap” en skyn met ’n skynsel wat ontleen is aan fisika en hulleself voorhou met die betroubare houding van wiskundige onvermydelikheid – veelal idees is in baie opsigte nie veel meer as fantasie nie – ver van die wêreld van werklike wetenskap.
Hoe het ons hier gekom?
Dit laat ’n vraag ontstaan: Hoe het dit gebeur dat idees wat so totaal denkbeeldig in hulle gevolgtrekking is, deur soveel mense as die hoofstroom-beskouings van fisika en kosmologie gesien word?
Is dit so dat ons bykomende heelalle gesien het? Het ons hulle op een of ander manier opgespoor wat vereis dat ons hulle bestaan aanvaar? Glad nie. Pogings is al aangewend – sommige wetenskaplikes het byvoorbeeld gedink dat ’n koue kol in uitstraling wat die aarde vanuit die ruimte bereik (wat baie mense glo ’n gevolg van die Oerknal is) dalk ’n botsing tussen ons heelal en ’n ander heelal kan aandui. Verdere ontleding het egter getoon dat ander kenmerke wat met so ’n botsing gepaard gaan, soos polarisasie van die uitstraling, eenvoudig nie teenwoordig was nie.
Ons het nie net gefaal om bykomende heelalle op te spoor nie; volgens die meeste veelal-teorieë behoort daardie veelalle feitlik onopspoorbaar te wees. Dit het daartoe gelei dat baie wetenskaplikes veelal-teorieë as blatant onwetenskaplik afgemaak het. Die wiskundige George Ellis het in die agtenswaardige wetenskaptydskrif Nature opgemerk: “Die veelal-argument is ’n goed gefundeerde filosofiese voorstel, maar aangesien dit nie getoets kan word nie, hóórt dit geensins in die wetenskaplike afdeling nie”. Volgens Ellis se skatting begin “wetenskaplikes die wetenskap met wetenskapfiksie verwar”.
Trouens, sommige wetenskaplikes het opgemerk dat die veelal erger as onwetenskaplik is – dit is ’n moordenaar van die wetenskap.
Dink daaraan – in ’n veelal waarin elke gebeurtenis in ten minste een heelal plaasgevind het, hoe onwaarskynlik ook al, sou daar ’n heelal wees waarin elke muntstuk wat ooit in die lug opgegooi is, “kop bo” geëindig het. Uiters onwaarskynlik? Ja! Is dit egter onmoontlik? Nee. Trouens, in ’n veelal moet daar ’n heelal wees waarin dit gebeur. Hoe sou die wetenskaplikes van daardie heelal hierdie verskynsel verklaar? Hulle sou dit nie kon doen nie, want daar sou geen wetenskaplike verduideliking wees nie. Hulle sal eenvoudig hulle hande uit frustrasie in die lug gooi, aangesien geen oorsaak gevind sou kon word wat ooit hierdie heeltemal toevallige effek kan verklaar nie.
Dit is ’n relatief klein voorbeeld, maar dit illustreer ’n probleem wat baie wetenskaplikes besef het: Indien die veelal waar is en alle moontlike gebeure plaasvind – indien dit oneindig in ’n oneindige aantal heelalle gebeur – dan raak wetenskap betekenisloos. Elke toevalligheid kan verduidelik word as: “Wel, ek raai ons is maar net in een van daardie heelalle!”
Dit is nie net ’n denkbeeldige gebeurtenis nie. Die veelal word juis op hierdie manier in werklike wetenskaplike artikels gebruik.
Die evolusionêre bioloog Eugene V. Koonin het byvoorbeeld beraam dat die kans dat lewe met ’n RNA-molekule begin het wat in staat is om herhaling en verplasing op die vroeë aarde uit te voer – komplekse funksies van lewe wat nodig is vir evolusie om te begin – feitlik nie bestaan nie: 1 uit ’n getal wat geskryf kan word as ’n 1 met 1,017 nulle daarna. Die kanse is so belaglik klein dat dit ondenkbaar is.
Dit sou normaalweg gesien word as die doodsklok vir hierdie evolusie-vriendelike “oorsprong van lewe” scenario. Die veelal kom egter tot die redding! Deur die “towerstaffie” van ’n oneindige veelal te swaai, merk Koonin op: “In ’n oneindige heelal (veelal), is die toevallige verskyning van hoogs komplekse stelsels onvermydelik”.
Met die waai van ’n veelsydige towerstaf word dit wat onmoontlik was nou “onvermydelik”. Sodanige redenasie is ’n bespotting van wetenskaplike denke. ’n Teorie wat alles voorspel, voorspel werklik niks. Die veelal is niks minder nie as die dood van die wetenskap.
In hierdie laaste voorbeeld, kom ons tog uiteindelik by die rede waarom die onwetenskaplike veelal by wetenskaplikes aanklank vind. Hoe het ons onsself hier bevind, verlore in die veelal? Te veel mense in ons samelewing is bereid om enige snert te aanvaar om te kan leef sonder dat hulle ’n Skepper erken.
’n Desperate teengif teen “God”
Wetenskap word lank reeds “geteister” deur ’n ongemaklike waarheid: Baie van wat ons weet dui op die werklikheid van ’n magtige God wat die wêreld en kosmos rondom ons geskep het. Net soos evolusioniste probeer om daardie bewyse weg te redeneer deur dit toe te skryf aan tyd, toeval en die strewe na oorlewing, probeer baie kosmoloë om ’n Skepper en Ontwerper weg te redeneer deur hulle op die veelal te beroep.
In ’n artikel in die 2008 Discover-tydskrif met die titel “Science’s Alternative to an Intelligent Creator: The Multiverse Theory,” som die kosmoloog Bernard Carr die kwessie bondig op: “Indien daar net een heelal is, mag u dalk ’n fyn insteller hê. Indien u nie vir God wil hê nie, behoort u liewer ’n veelal te hê”.
’n Mens behoort hulle eerlikheid te waardeer. Voorbeelde van hierdie fyn instelling is eindeloos, van die onwaarskynlike massas van verskeie fundamentele deeltjies tot die presiese sterktes van die fundamentele kragte. Terwyl die snaarteorie genoeg vrye veranderlikes en parameters voorstel om 10500 heelalle te genereer, is die aantal van dié wat ’n lewensvriendelike heelal sou produseer feitlik nul. Sonder ’n fyn instelling van God wat beskikbaar is om die parameters “aan te pas” om “net reg” te wees, behoort ons bestaan as onmoontlik beskou te word.
In net een poging om die waarskynlikheid van ’n heelal soos ons s’n vas te stel, het wyle fisikus Lee Smolin die waarskynlikheid geskat as 1 in 10229 – dit is as ’n wenk, 1 uit ’n getal wat normaalweg as ’n 1 geskryf sou word, gevolg deur 229 nulle. Vir diegene wat van vreemde woorde hou, sou dit in Engels “one in ten quinseptuagintillion” wees.
Selfs die veelal en sy groot, waarskynlike hulpbronne is steeds nie genoeg om God weg te redeneer nie. Wetenskaplikes soos Paul J. Steinhardt, wat die eerste keer die hipotese van “Ewige Inflasie” aan die wêreld bekendgestel het, het opgemerk dat inflasie steeds onverklaarbare fyn instelling verg om ’n veelal te genereer. Fisikus Alexander Vilenkin en kollegas het bewys dat ’n inflasionêre heelal nie vir ewig in die verlede geprojekteer kan word nie – daarom moet selfs ’n veelal ’n begin hê.
Miskien is dit die eenvoudigste om te sê dat berigte oor die dood van God aan die hand van die veelal grootliks oordrewe is.
’n Filosofie wat in die samelewing weerspieël word
Daar is ’n direkte verband tussen die soort denke en redenasie wat ons in veelal-teorieë sien en die agteruitgang na immoraliteit en irrasionaliteit wat ons in die samelewing rondom ons sien. Die apostel Paulus waarsku dat die ontkenning van die bewyse van God wat in die heelal ingeprent is, tot ’n samelewing sal lei waarin ons nie sal wil leef nie. Om diegene te verkleineer wat die bewyse van God se bestaan insien, maar weier om dit te aanvaar, het Paulus die verwarring, irrasionaliteit en verdorwenheid opgemerk wat onvermydelik voortspruit uit hulle doelgerigte onkunde.
“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, mense wat – al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien – dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen” (Romeine 1:28-32).
Slegs die opsetlike blindes kan nie daardie toestande sien wat vandag in ons beskawing ontwikkel nie. Baie mense is so desperaat om die gevolgtrekking dat God bestaan te vermy, selfs wanneer bewyse van Sy Hand wat voorsien ons in die gesig staar, dat hulle enigiets sal doen wat nodig is om hulle ’n bestaan sonder Hom in te dink.
In die kosmologie lei daardie soort denke tot die irrasionele chaos van die veelal. In die samelewing lei dit tot die toenemende chaos wat ons elke dag om ons sien. Deur ’n Goddelike Ontwerper te verwerp, laat dit ons die huwelik opnuut voorstel soos wat ons dit wil hê en ontken dat ons geslag aan ons biologie gekoppel is. Dit laat ons die moord op kindertjies in hulle moeders se baarmoeders regverdig. Dit laat monsteragtige ideologieë ’n hele ras of nasie “onmenslik” verklaar om volksmoord te regverdig.
Ongelukkig lyk dit asof wetenskaplikes en maatskaplike manipuleerders baie in gemeen het; hulle sal enige fantasie glo wat hulle ook al móét glo om voor te gee dat daar geen God is deur wie hulle eendag aanspreeklik gehou sal word nie.
Die pad huis toe: Neem die werklikheid aan
Ons hoef egter nie die chaos te aanvaar nie. Liggelowiges se geloof in die veelal is nie ’n vereiste nie. Opsetlike onkunde van die werklikheid is ’n verpligting wat op niemand geplaas word nie.
In een sin maak dit nie eers saak of God ander heelalle geskep het nie; ons is hier en ons het die Godgegewe vermoë om die hand van die Skepper in Sy skepping raak te sien (Romeine 1:20). Die Skrif sê nie vir ons dat die waarheid van ons wêreld slegs toeganklik is vir die verstand van die beste wetenskaplikes wat die mees ingewikkelde teorieë kan saamstel nie. Dit herinner ons eerder aan die opregtheid wat in Christus is (2 Korinthiërs 11:3). God sê vir ons dat Hy Sy waarheid aan “kindertjies” geopenbaar het (Matthéüs 11:25). Ons kan ons verstom oor die blote kreatiwiteit wat getoon word deur daardie wiskundiges, fisici en filosowe wat tot sulke uiterstes gegaan het om die werklikheid te verduidelik terwyl hulle God uitsluit, maar ons behoort die werklike beginsels van die wetenskap te volg en te erken dat die eenvoudigste en beste verduideliking die korrekte een is: Daar is ’n God wat ons heelal geskep het.
Wetenskapfiksie en fantasie sal voortgaan om fantastiese stories te vertel. Sommige daarvan is geïllustreer deur ingewikkelde spesiale effekte, wat denkbeeldige wêrelde en fantasievolle weergawes van ons eie wêreld uitbeeld. Ons behoort egter nie sulke verhale met enige skyn van die werklikheid te verwar nie, selfs al word die skeiding tussen wetenskaplikes en storievertellers steeds toenemend vaag.
Ja, die waarheid is eenvoudig en merkwaardig en dit word deur die hele skepping uitgesaai: God bestaan. Sy Hand van oorvloed is duidelik vir diegene wat bereid is om dit waar te neem. Die feit dat ons heelal – wat die heelal wat ons kan sien en aanraak, die enigste een wat ons weet werklik is – voorkom asof dit spesiaal geskep is vir ons om in te leef en van te leer, is geen verrassing vir diegene wat weet hulle Skepper leef nie. Trouens, Hy maak Homself en Sy rol in ons bestaan duidelik in die bladsye van die Skrif: “Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het – Hy is God! wat die aarde geformeer en dit gemaak het – Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word – Ek is die HERE, en daar is geen ander nie” (Jesaja 45:18).