Die Bybel waarsku: “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom”. Vandag sien ons dat elke soort gevaar besig is om oor die hele wêreld toe te neem. Ons sien ook ’n leuen. Om die leuen te glo, beteken om die duidelike waarskuwings van die Skrif en die realiteit van die gebeure in die wêreld, te ontken. Om die leuen te aanvaar beteken om ons self en ons geliefdes aan gevaar bloot te stel.

Die Skrif voorspel dat, aan die einde van hierdie tydperk, hierdie “swaar tye” (2 Timótheüs 3:1) nie net gekenmerk sal word deur traumatiese wêreldwye rampe nie, maar ook deur toenemende sedeloosheid en sonde (vgl. verse 2-4)! God het die profeet Jesaja geïnspireer om die gesindhede en toestande wat heersend sal wees aan die einde van hierdie tydvak, te beskryf. Jesaja skryf van die leuen wat baie mense vandag glo: “Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!” (Jesaja 56:12). Jesaja beskryf die gesindheid wat sê: “Eet, drink en wees vrolik, en die lewe sal met verdrag net beter word”.

Sal ons in hierdie swaar tye op ons hoede wees en “waak en bid” (Markus 13:33)? Of sal ons onsself besig hou met die vleeslike afleidings van hierdie wêreld, onkundig oor die profetiese tekens rondom ons? Sal ons die leuen glo, of sal ons die feite voor oë hou? Sal ons deur die wêreld oorwin word, of sal ons die wêreld oorwin?

Die weer en ekonomiese gevaar

Dit is ’n feit dat die wêreldwye ekonomie in gevaar is. Die Verenigde State van Amerika is op pad na ’n fiskale afgrond en pynlike besparings soortgelyk as wat lande soos Griekeland, Spanje en Portugal ervaar het. Dit is ’n feit dat Europa in ’n resessie gedompel is. “Europese aandele tuimel namate die euro-sone in ’n resessie sink”, Reuters, 15 November 2012). Oor die volgende paar jaar sal pynlike besparingsmaatreëls, stakings en onluste erger word en ook versprei na ander lidlande van die Europese Unie.

Bybelprofesie het lank reeds voorspel dat aan die einde van hierdie tydvak, die Amerikaners en nasies van Britse afkoms sal aanbeweeg van ’n tyd van voorspoed na ’n tyd van rampspoed. Die feit is, ons is in daardie eindtyd. “Vandag ontbreek dit Amerika aan finansiële krag, politieke moed en maatskaplike wil” om baie te doen om te probeer terugkeer na daardie grootheid. Amerika is ’n supermoondheid in ekonomiese en sedelike verval, op pad na ’n potensiële “nagmerrie scenario” waarin “alle hoop vir Amerika se toekoms kan verdwyn” (“Notes on the Decline of a Great Nation”, Der Spiegel, 5 November 2012).

Afgesien van die dreigende ekonomiese krisis, word die VSA en ander lande ook geteister deur toenemend weer-verwante rampeNypende droogtes duur voort dwarsdeur sentraal Amerika, die Verenigde Koninkryk en elders. Verlede jaar se dodelike “Superstorm Sandy” sal die Noordooste van Amerika minstens “$50 miljard kos aan skade en verlies aan ekonomiese bedrywighede” (“New Jersey officials mum on amount of Sandy economic damages”, CNBC.com, 13 November 2012).


Sedelike Gevaar

Dit is ’n feit dat ’n enorme sedelike verval tansaan die kom is, soos die apostel Paulus waarsku in 2 Timótheüs 3. ’n Voortdurende neiging na meer gewelddadige, demoniese en okkultiese vermaak word vergesel van ’n ewe onbybelse gesindheidsverskuiwing ten opsigte van seksuele sedeloosheid en die rol van die huisgesin. Soos ons Hoofredakteur, dr. Roderick C. Meredith, ons in die November-Desember 2013-uitgawe van hierdie tydskrif herinner, Satan en sy demone is baie werklike magte wat vir sommige mense “baie fassinerend voorkom”. Nogtans “beveel die Ewige God ons: ‘Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die Here julle God’ (Levitikus 19:31)” (“Weerstaan Demone!”, bl. 3).

In die Amerikaanse verkiesings van November 2012 het kiesers vir die eerste keer “dieselfde-geslag huwelike” in twee state goedgekeur en die eerste openlik homoseksuele Amerikaanse senator verkies. Die hoofstroom media neem daarvan kennis: “Populêre stemme weerspieël selde sulke dramatiese maatskaplike veranderings” (“Voters approve same-sex marriage for the first time”, CNN.com, 11 November 2012).

Soortgelyke verwikkelings vind plaas in ander Westerse nasies. Dit word van Franse wetgewers verwag om in Januarie oor ’n wetsontwerp te stem wat “die grootste stap vorentoe sal wees vir voorstanders van Franse gay regte in meer as ’n dekade” en sal ’n groot stap wees in die rigting van ongekende huweliks- en aannemingsregte van lesbiese en homoseksuele paartjies (“French ministers back draft bill on same-sex marriage”, CNN.com, 7 November 2012).

Baie mense wil al te dikwels die feit ignoreer dat seksuele sedeloosheid en selfsug nie net alleen lei tot emosionele pyn en fisiese siekte nie, maar ook tot die aborsie van ongebore babas. Volgens ’n onlangse internasionale studie, eindig ongeveer een uit elke vyf swangerskappe in aborsie – meer as 40 miljoen aborsies wêreldwyd elke jaar!Alhoewel daar sedert 1973 ’n beraamde 50 miljoen aborsies in die Verenigde State uitgevoer is, is dit in Europa en Latyns-Amerika waar die aborsie-getalle die hoogste is (“Induced abortion: incidence and trends worldwide from 1995 to 2008”, The Lancet, 19 Januarie 2012). Die astronomiese getal geaborteerde babas is nog ’n teken dat ons in “swaar tye” leef – waar, in stede van om getrou te wees binne die huwelik en werklike liefde te betoon aan ongebore babas, gans te veel mense “liefhebbers [is] van hulleself” en “meer liefhebbers [is] van genot as liefhebbers van God” (vgl. 2 Timótheüs 3:2-5).

Dink ook aan die feit dat dit lyk asof die wêreld besig is om die stryd teen dwelms teverloor. In die November 2012 verkiesings het Amerikaanse burgers in Colorado en Washington gestem om die ontspanningsgebruik van dagga in hul state te wettig. Hoewel Amerika die afgelope dekade minstens $25 miljard spandeer het om onwettige dwelmbesit en handel te bekamp, sê baie kenners dat dit bykans geen positiewe uitwerking gehad het nie (“US should honor states’ new pot laws”, CNN.com, 13 November 2012).

Interessant genoeg, waarsku die Skrif dat aan die einde van hierdie tydvak, selfs ná die toekomstige Groot Verdrukking, mense hulle nie sal bekeer van hul moorde, seksuele sedeloosheid of eksperimente met dwelms nie (Openbaring 9:21). Dit is insiggewend dat die Griekse woord pharmakeia – wat gewoonlik vertaal word as “towerye” – ook dui op narkotiese dwelms! Wat ’n ontnugterende aanklag van die mensdom se hardnekkige opstandigheid!

Verlossing uit gevaar

Moet nie die leuen aanvaar dat “môre sal wees soos vandag, selfs nog beter” nie. Ons leef in gevaarlike tye. Daar is egter goeie nuus; u en u geliefdes kan seëvier! Hoewel hulle menslik swak mag wees, verstaan Christene dat hulle geestelik sterk kan wees met Christus wat in hulle leef (2 Korinthiërs 12:10; Galasiërs 2:20). Deur die krag van Christus in hulle, verwerp en oorwin ware Christene sonde en die leuens en die gevare van hierdie wêreld. Hulle beur vorentoe (Filippense 3:12-14), nie meer as “liefhebbers van hulself” of “trots” of “onheilig” of “liefhebbers van genot eerder as liefhebbers van God” nie (2 Timótheüs 3:2-4).

Getroue Christene is oorwinnaars – diep dankbaar om deur Jesus se gestorte bloed gered te wees van die straf van die sonde van die verlede (Titus 3:4-7) dan vertrouend op die wete dat as hulle getrou hul wedren hardloop (1 Korinthiërs 9:24; Hebreërs 12:1), hulle nou gered word van die gevare van hierdie wêreld (2 Korinthiërs 2:15) deur die lewende Christus (Romeine 5:10). Hulle sal uiteindelik beloon word met ’n onverwelklike kroon (1 Korinthiërs 9:25) en met die ewige lewe in die ware huisgesin van God (Openbaring 22:5).

Ons leef in swaar tye, maar Mattheüs 24:12-13 belowe dat die Christene wat tot die einde toe volhard, gered sal word. Deur Christus wat in ons woon, verwerp ons die leuen en is ons vol vertroue dat ons redding uit sonde en gevaar sal ontvang!