Die gier wat ons skole se benadering oor onderrig bepaal, is dikwels ideologies gedrewe – dit is meer nadelig as goed vir ons kinders!

In ’n artikel in The Province (12 Junie 2014) met die titel “The Guys Crisis: Boys are falling badly behind the girls in school”, sê die skrywer Paul Luke: “In die hoërskool oortref meisies se uitslae oor die algemeen dié van seuns. In Kanada is 60% van universiteitstudente dames”. Hy verduidelik die verskynsel deur te beweer dat die behoeftes van meisies te lank in die skool oor die hoof gesien is en nou dat dinge meer regverdig is, oortref meisies die seuns wanneer dit by studie kom. Is dit regtig die geval?

Onlangs het dr. Jim Dueck, skrywer en voormalige Assistent-Adjunkminister van Onderwys vir die provinsie Alberta en voormalige hoof van Aanspreeklikheid- en Studente-evaluering, ’n onthullende ontleding gedoen oor huidige praktyke in studente-evaluering. Die uitslae was nie net merkwaardig nie maar baie ontstellend en openbaar wat eintlik ’n institusionele onderdrukking van die prestasievermoë van manlike studente kan wees.

Dr. Dueck het sy ontleding gebaseer op die uitslae van die provinsiale diploma-eksamens, wat deur alle graad twaalf studente in hoof vakgebiede geskryf is. Hierdie standaard-eksamens word gebruik om toelatingsvereistes vir na-sekondêre programme te bepaal. Geskiedkundig maak die eksamens 50% uit van die finale punt van die studente, terwyl die ander 50% deur die kursusinstrukteur toegeken word.

Aangesien die eksamens noukeurig opgestel word om die studente se begrip van die leerplan te bepaal, behoort daar relatief min variasie te wees tussen die onderwyser-toegekende punt en die punt wat in die provinsiale eksamen verkry word. Aangesien die klaskamer se onderrigstandaarde gedaal het weens die beduidende toename in “progressiewe” of “ontdekkingsleer”-strategieë en minder gefokus is op direkte onderrig, is dit opgemerk dat die onderwyser-toegekende punte oneweredig hoër as die eksamenpunt is. Hierna word gewoonlik as “punte-inflasie” verwys.

Dr. Dueck het die ontleding nog ’n stap verder gevoer en skryf: “Terwyl graadinflasie ’n ernstige probleem is omdat belastingbetalers nie die vlak van opvoeding ontvang wat hulle glo hulle gekoop het nie, is hulle ook onbewus daarvan dat manlike studente se punte aansienlik laer aangepas word. Navorsing toon nou dat hierdie diskriminasie teen manlike studente veral oor Noord-Amerika en Europa duidelik is” (“Males: The Hidden Underclass”, parentchoice.ca).

Sy ontleding van die Junie 2016 eksamenuitslae toon dat die punte-inflasiekoers vir meisies konsekwent hoër was in Engels, Wiskunde, Biologie, Fisika en Sosiale Studies (Geskiedenis). In laer graad (nie-universiteitstoelating) kursusse het die onderwyser-gegewe resultate selfs ’n groter geneigdheid getoon om vroulike studente te bevoordeel. Nogtans het die uitslae van die provinsiaal-geadministreerde eksamens getoon dat manlike studente se punte gelykstaande of hoër is in vyf uit die ses vakke.

Dr. Dueck voeg by: “Hierdie voordeel het tot gevolg dat meer beurse en plasings in vooraanstaande universiteite plaasvind en verduidelik waarom 11 Kanadese universiteite nou ’n vroulike studentetal van meer as 66% het” (ibid.).

Ongelukkig, soos dr. Dueck aantoon, blyk die neiging dwarsdeur Kanada, die Verenigde State en Wes-Europa om die opvoedkundige uitslae van vroulike studente kunsmatig te verhoog endemies te wees. Die gevolg hiervan is natuurlik die beduidende en potensieel rampspoedige verlies van akademiese deelname van manlike studente in die toekoms. Dit sal nie net massiewe ekonomiese gevolge hê nie, maar sal ook uit ’n maatskaplike perspektief uiters destabiliserend wees.

Maatskaplike “heropbou” of maatskaplike vernietiging?

Oor die afgelope vier dekades was daar ’n voortdurende verskuiwing in Kanadese en Amerikaanse skole van ’n direkte onderrigmodel waar onderwysers die leerders ’n ryk kennis-gebaseerde kurrikulum geleer het, na ’n ontdekkings-metode of konstruktiewe model van onderrig. Hierdie nuwer metodes kan redelik goed vergelyk word met dalende opvoedkundige standaarde regoor Noord-Amerika.

Hierdie verandering is ’n uitvloeisel van die invloed van die “Nuwe Linksgesinde” – ’n beweging van die 50’s en 60’s. Radikale aktiviste wat in Noord-Amerika en Wes-Europa ontstaan het, het gelei tot baie van die gewelddadige protesaksies van die 1960’s. Hulle het latere groepe met verskillende belange op die gebied van maatskaplike verandering in die samelewing beïnvloed. Herstrukturering van onderwys was ’n belangrike metode om lewering van maatskaplike revolusie teweeg te bring. Waardes van die vorige generasie, tradisionele rolle, die plek van godsdiens en die geskiedenis en literatuur wat daardie stories vertel het, moes onderdruk word met nuwe waardes en ander rolmodelle wat bevorder moes word om die menings van die samelewing te hervorm. Die lank-verwerpte filosofie van “konstruktivisme” was weer geaktiveer om toekomstige generasies van hulle kulturele agtergrond te distansieer.

Die navraag-gebaseerde model is op die konstruksionele leerteorie gebaseer. Dit beteken dat ’n probleem aan ’n student gestel word wat dan deur middel van sy of haar eie ervaring, ’n oplossing soek of ’n waarheid of verhouding ontdek wat die student sal help om ’n situasie of feit te verstaan. Hierdie metode kan goed werk met gevorderde studente wat reeds vaste beginsels gebou het. Baie bekende navorsers spreek egter ernstige kommer uit omdat die metode nie ag slaan op wat deur kognitiewe wetenskaplikes verstaan word oor hoe die menslike brein leer nie. Sonder ’n voorafbestaande basis van kennis om nuwe inligting te evalueer, werk ontdekkingsleer nie. Dié benadering gaan gesonde verstand te bowe. Die algemene publiek is onbewus van hoe radikaal hierdie verandering in die opvoedkunde is en hoe dit studente verder sal benadeel – veral manlike studente wie se leerstyl ’n grondslag van feite benodig.

Daar is ’n liggaam wat toenemend navorsing doen om die skynbare voordeel wat vroulike studente in die openbare skoolstelsel geniet, as gevolg van hulle inskikliker en passiewe gedrag in die klaskamer, te ondersoek. (Fakulteit van Opvoedkunde, Rhodes Universiteit: Gender Differences in Conformity). Manlike studente is meer geneig om twyfel oor ’n onderwerp uit te spreek en om hulle onderrig te betwis. Hierdie gedragsverskil wat noodsaaklik is vir studiebeurse, blyk die bron van negatiewe diskriminasie in moderne skole te wees. Soos dr. Dueck daarop wys: “Navorsers skryf hierdie vroulike voordeel toe aan hulle meer inskiklike gedrag in die klaskamer. Die geskilpunt is of die kennis van berekening byvoorbeeld, met klaskamergedrag saamgesmelt behoort te word?” Hy wonder wanneer regerings “sal begin om hulle verantwoordelikheid in hierdie gemors te verstaan en die klasonderwysers se vermoë wat manlike studente verhoed om op ’n gelyke speelveld mee te ding te verminder” (ibid.).

’n “Nuwe” manier om dinge te doen?

Moontlik is dit tyd vir ouers en alle belangstellende partye in die samelewing om te besef dat hulle onwetend slagoffers van die ideologiese dwang van die “Nuwe Linkses” geword het. Miskien behoort mense na die kulturele waardes terug te keer wat ’n sterk, goed opgevoede en stabiele samelewing geskep het waarin die potensiaal van jong manne en jong vroue ontwikkel kan word buite die raamwerk van ’n stelsel wat ontwerp is om die potensiaal van seuns te onderdruk.

In hierdie verband behoort ons ’n profesie in gedagte te hou wat as ’n waarskuwing aan die eindtydse afstammelinge van Israel gegee is: “Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ’n dwaalweg gemaak” (Jesaja 3:12).

Ons kan na ’n tyd uitsien wat ook geprofeteer is om te kom wanneer alle mense met billikheid en regverdigheid behandel sal word in ’n samelewing wat vir geluk ontwerp is.