Hoe sou u daarvan hou om ’n einde aan oorlog en geweldsmisdaad te maak? Wat van die beëindiging van armoede, besoedeling, egskeiding, rassevooroordeel en diefstal? Besef u dat u dit kan doen? Dit word alles in die Bybel uiteengesit – op ’n wyse wat baie mense hulleself dit nooit sou kon voorstel nie.
Ons by die Wêreld van Môre sien reeds lank daarna uit om ’n oplossing vir die wêreld se probleme te vind. Die Tomorrow’s World word al vir meer as 25 jaar gepubliseer en die Wêreld van Môre-tydskrif al 23 jaar. Terwyl ek hier skryf, is hierdie die 100ste uitgawe van ons Spaanse tydskrif, El Mundo de Mañana, wat verduidelik dat ons uitsien na daardie beter wêreld wat voorlê. Ons wil almal ’n einde maak aan armoede, besoedeling, egskeiding, rassevooroordeel en jeugmisdaad. Ons vertrou dat u daardie begeerte met ons deel. Ons hóóp egter nie net nie, ons beplan om presiés net dit te doen.
Ons weet dat individue en organisasies verandering teweeg kan bring, maar tot dusver het niemand universele en blywende vrede na planeet Aarde gebring nie. Dit is egter presies wat ons beplan om te doen. U mag tereg wonder of dit realisties is? Is ons bloot ontnugterde dromers? Is sulke ideale haalbaar? Die eenvoudige antwoord is, ja, ons sal die wêreld verander! Wat meer is, u kan aandeel hê aan daardie verandering!
Die goeie nuus wat Jesus gebring het, is dat ek en u kan help om hierdie huidige toestand van die wêreld totaal te verander – maar nie op die manier wat u dalk in gedagte mag hê nie. U hoef nie by ’n protesbeweging van universiteitstudente aan te sluit of om vir nét die regte politieke kandidaat ondersteuners te werf nie. Vir duisende jare het mense ’n messíasfiguur gesoek om die mensdom se probleme op te los, maar die oorlog “om alle oorloë te beëindig” het gekom en gegaan en ander oorloë het gevolg. Weliswaar is sommige beter leiers as ander, maar niemand ken die weg na vrede nie en die wêreld gaan dus voort op sy meedoënlose pad na vernietiging.
Min belydende Christene verstaan die goeie nuus wat Jesus vir drie-en-’n-half jaar lank vóór Sy kruisiging verkondig het, maar daar is niks geheimsinnig betreffende Sy boodskap nie: “En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galilea gekom en die evangelie [goeie nuus] van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie” (Markus 1:14-15). Op watter wyse maak die geloof in Christus se boodskap dit vir u moontlik om die wêreld te verander?
Die beste nuus wat u nog nooit gehoor het nie
’n Heerser van die Jode – ’n Fariseër met die naam Nikodémus – het in die nag na Jesus gekom en was geskok toe Jesus vir hom sê: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” (Johannes 3:3). Om weer gebore te word, beteken veel meer as ’n tydelike emosionele ervaring. Dit behels ’n verandering van vlees en bloed na gees (verse 6, 8). Jare later het die apostel Paulus verduidelik dat “vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie” (1 Korinthiërs 15:50). Vir ’n vollediger begrip van hierdie onderwerp, kan u ’n gratis eksemplaar van ons insiggewende bron, Johannes 3:16: Verborge Waarhede van die Goue Vers, bestel.
Jesus verwys drie keer na “die owerste van hierdie wêreld” deur wie Hy teëgestaan word (Johannes 12:31; 14:30; 16:11). Paulus voeg by dat hierdie heerser die god van ons huidige tyd is: “Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Korinthiërs 4:3-4). Ons lees ook dat hierdie heerser, Satan die duiwel, die hele wêreld mislei (Openbaring 12:9).
Liewe vriende, ek en u gaan nie Satan se wêreld op hierdie stadium verander nie al probeer ons ook hoé hard. Ons en ons ondersteuners het ’n groter platform as die meeste van ons lesers, maar ons kan steeds nie die verloop van hierdie wêreld op hierdie tydstip verander nie. Ja, ons kan ons eie lewens verander en deur die Wêreld van Môre-tydskrif, ander mense help om dieselfde te doen, maar ons kan nie ’n einde maak aan oorloë, haat en geweld nie. Hoe is dit dus dan dat, volgens die goeie nuus wat Christus gebring het, ek en u die wêreld kan verander?
Jesus sê vir ons dat die mensdom ’n punt sal bereik waar alle lewe vernietig sou word as dit nie vir Sy ingryping sou wees nie (Matthéüs 24:21-22). Hy sal ons waansin beëindig en die plek van die huidige heerser inneem. Glo u wat Jesus sê naamlik dat Hy sal terugkeer om Koning van konings te wees om ons van onsself te red? Dit staan presiés so in die Bybel en hierdie wêreld is presiés op pad in die rigting wat Jesus gesê het dit sal gebeur.
Die profeet Sagaría skryf van ’n tyd in die nabye toekoms wanneer al die nasies van die aarde bymekaar sal kom om teen die Jode te veg om Jerusalem in besit te neem. Kan ons nie sien hoe dit nou al gestalte aanneem nie? Eers dán sal die Verlosser, Jesus Christus, terugkeer om die Jode en die mensdom in die algemeen te red. “En die Here sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog. En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg ... En die Here sal Koning wees oor die hele aarde” (Sagaría 14:3-4, 9). Met Christus se Wederkoms sal een van sy eerste take wees om van die huidige heerser – wie die mensdom mislei en die verloop van hierdie wêreld lei – ontslae te raak (Openbaring 20:1-3; 12:9; Efésiërs 2:2).
Waarom word hierdie opwindende nuus nie wyd en syd verkondig nie? Maak u Bybel oop en lees hierdie gedeeltes! Moenie enigiets glo net omdat Ek dit sê nie, maar moenie dit verwerp sonder om u Bybel oop te maak en sélf uit te vind nie!
Waarom verstaan die meeste mense dit nie? Die rede is nie verborge nie: “Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie” (Matthéüs 13:14-15). Ek hoop dit is nie op u van toepassing nie!
Wie sal die wêreld verander?
Ons kan nie op hierdie tydstip die mensdom se algehele koers verander nie. Slegs Jesus Christus kan dit doen. Hy sal egter nie alleen wees wanneer Hy dit doen nie – die dienaars van God wat uit die dood opgewek is, sal saam met Hom regeer. “En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank” (Openbaring 20:4).
Ja, diegene wat met Jesus se Wederkoms tot die ewige lewe opgewek word, sal ook gedurende daardie duisend jaar saam met Hom regeer, maar nie in die Hemel nie. Inteendeel, hulle sal “konings en priesters vir onse God” wees en hulle “sal as konings op die aarde heers” (Openbaring 5:9-10).
Die Bybel verduidelik vir ons – en demonstreer deur ondervinding – dat Satan die god van hierdie huidige era is. Dit sal verander wanneer Jesus Christus terugkeer as die Koning van die konings en Here van die here (Openbaring 19:11-16). Een van daardie konings sal Dawid wees, wie oor al twaalf stamme van Israel sal heers (Jeremia 30:9; Eségiël 34:23-24). Die Twaalf Apostels sal Dawid bystaan en elkeen van hulle sal oor een van die stamme heers (Matthéüs 19:28). Ander ware dienaars van God sal oor stede heers en sal ook oor ander administratiewe sake aangestel word – nie net in Israel nie, maar regoor die hele wêreld (Lukas 19:12-19). Let egter op Christus se gelykenis: Die een wat ’n geleentheid gegee word, maar niks doen gedurende sy leeftyd nie, verloor selfs dit wat hy gegee is (verse 20-26).
Dit is na die Wederkoms van Jesus Christus dat ek en u – indien ons oplettend is en vandag die werk van God doen – deel kan wees van die grootste verandering van hierdie aarde wat die wêreld nog ooit ondervind het! Ja, u kan die wêreld verander!


