Op 20 Januarie 2025 sal die magtigste land ter wêreld onder nuwe leierskap kom, aangesien Donald J. Trump vir die tweede keer as president van die Verenigde State van Amerika ingehuldig word. Dit veronderstel natuurlik dat niks tussen hierdie artikel se publikasie en die inhuldiging gebeur nie – ’n onsekere aanname in hierdie toenemend chaotiese wêreld, veral met ’n nuwe president wat twee sluipmoordpogings oorleef het terwyl hy bloot ’n kandidaat was.
Hierdie nuwe leierskap dra daarmee saam die hoop en drome van die miljoene wat daarvoor gestem het. Baie mense het tot die gevolgtrekking gekom dat die getalle wat stemme uitgebring het om vir mnr. Trump te stem, daarop neerkom om hom ’n mandaat te gee, hoewel die vorm en besonderhede van daardie mandaat ’n bietjie van ’n vraagteken is. Om die waarheid te sê wil die meeste mense die land se ekonomie in 'n gesonder toestand hê: Ten spyte van al die gepraat van goeie ekonomiese aanwysers, vind Amerikaners dat daardie “aanwysers” nie hulle beursies vol maak of hulle groterwordende rekenings betaal nie. Baie burgers wil sien dat die V.S. se grens strenger beheer word aangesien hulle bekommerd is oor wat hulle sien as ’n vloedgolf van onwettige immigrante wat finansiële hulpbronne gebruik wat in hulle eie behoeftes voorsien kon word. Ander mense is bekommerd oor die bewuswording van sosiale ongeregtigheid [“woke”] agendas wat hulle in hulle skole sien – dikwels gelukkig om te “leef en te laat leef”, maar wil nie hê dat ideologieë op hulle afgedwing word of in die besonder, in hulle kinders se denke gevestig word nie.
Die mees waarskynlike stelling wat ’n mens dalk oor die November-verkiesing kan maak, is dat Amerikaners besluit het dat hulle iets anders nodig het. Die weke en maande wat voorlê, sal verseker interessant wees om dop te hou.
Amerikaners sal nie die enigstes wees wat dit dophou nie. Amerika se verandering in regering sal veel meer doen as om die lewens van sy eie burgers te beïnvloed. Amerika is die wêreld se leier-nasie. Soos ons in “The End of Pax Americana” in ons Junie 2022 Tomorrow’s World geskryf het, was die nasie se onbetwiste mag en gesag regoor die wêreld in staat om wêreldwye vrede en welvaart vir dekades lank ná die Tweede Wêreldoorlog te bevorder op vlakke wat ongehoord was in die menslike geskiedenis – selfs al was sommige van daardie vrede meer voorgee as realiteit.
Die V.S. hou steeds ’n kombinasie van mag, rykdom en invloed op wêreldsake wat geen ander nasie kan ewenaar nie of hulle nou werklik die onontbeerlike nasie was wat dit eens was of nie – indien Amerika ’n verkoue kry, nies die res van die wêreld. Veranderings in die V.S. beteken veranderings vir die res van die wêreld.
As dit die verwagtings is wat Amerikaners vir hulle nuwe regering het, wat is die verwagtings van die wêreld? Wat wil die wêreld van die Verenigde State hê? Nog belangriker, wat het die wêreld nodig?
’n Sak gemeng met hoop en vrees
Die antwoord sal verskil na gelang van watter leiers en watter nasies gevra word. Volodymyr Zelensky, president van die Oekraïne, smag sekerlik na Amerikaanse geld en militêre ondersteuning om steeds in sy oorlog-kiste te vloei. Intussen hoop sy teenstander, die Russiese president Vladimir Poetin, om ’n V.S. president te vind wat meer simpatiek teenoor sy belange is en ’n vreedsame einde begeer wat hom in staat stel om die grondgebied wat hy in Oekraïne ingeneem het te behou asook om die aansien van sy nasie te behou.
In die Midde-Ooste vestig baie mense dalk hulle hoop op mnr. Trump se voorliefde vir “groot transaksies”. Terwyl hy baie mense in die Arabiese wêreld kwaad gemaak het toe hy die V.S. ambassade na Jerusalem verskuif het, was die Abraham-ooreenkomste wat tydens sy administrasie onderteken is – wat Israel, Bahrein, Marokko, Soedan en die Verenigde Arabiese Emirate betrek het – sedertdien die mees wesenlike vredesooreenkoms in die streek sedert Israel se stigting in 1948. Sommige mense het selfs bespiegel dat Saoedi-Arabië se potensiële steun vir sulke vrede moontlik bygedra het tot Hamas se besluit om sy afskuwelike aanval op 7 Oktober 2023 uit te voer, met die hoop om chaos in die streek te veroorsaak en daardie vreedsame toenaderings te ondermyn. Baie mense in Amerika hoop nogtans dat mnr. Trump se administrasie sy vroeë pogings sal hervat en dalk selfs die Gasa-konflik sal beëindig.
In die Verenigde Koninkryk het eerste minister Keir Starmer in die verlede groot minagting teenoor mnr. Trump uitgespreek. Terwyl mnr. Starmer sekerlik hoop om Amerika en Brittanje se gevierde “spesiale verhouding” voort te sit, hoop hy ongetwyfeld dat die V.S. president hom by sy eie sake sal hou, terwyl mnr. Starmer en sy Arbeidskollegas poog om beleide vir die VK saam te stel wat meer in ooreenstemming is as wat ’n Harris-administrasie dalk na die Verenigde State sou gebring het.
Regoor Europa is leiers bekommerd oor mnr. Trump se “America First”-verklarings en wonder of langdurige Amerikaanse geldelike ondersteuning en beskerming sal begin opdroog. Indien wel, sal hulle dalk vind dat dit nodig is om die leemte te vul deur ooswaarts in plaas van weswaarts te soek vir nuwe alliansies en vennote.
Regoor die wêreld is nasies met nasionalistiese of populistiese leiers waarskynlik op soek na die nuwe administrasie om hulle eie pogings te ondersteun. Mnr. Trump het Argentinië se vryheidsgesinde, regeringsverminderende president Javier Milei, sy “gunsteling president” genoem en Amerika se invloed op die Internasionale Monetêre Fonds sal waarskynlik van groot belang wees vir mnr. Milei aangesien hy op soek is na befondsing vir sy nasie se toenemende behoeftes.
President Xi Jinping van China – aan die ander kant – is dalk versigtiger. Terwyl mnr. Trump gespog het oor sy verhouding met die leier van die nasie met die tweede grootste bevolking ter wêreld, sal sy belofte van ’n terugkeer na strawwe handelstariewe mnr. Xi baie belê in wat Amerika oor die volgende vier jaar verkies om te doen.
Waarom Amerika?
Die wêreld hoop en vrees terwyl dit wag vir die V.S. om weer te besluit watter soort nasie hulle werklik is. ’n Polisieman vir die wêreld? ’n Oorweldigende ekonomiese mag wat voorspoed vir almal bring? Is ’n nasie wat na binne gefokus is, onaangeraak oor die lot van diegene buite sy grense? Met al die verandering wat deur die inkomende administrasie beloof is, wag die wêreld angstig om te sien watter soort Amerika sal verskyn nadat die stof gaan lê het.
Waarom dan Amerika? Hoe het dit gebeur dat een nasie hierdie invloed in die wêreld het? Sulke vrae was voorheen ten opsigte van die Verenigde Koninkryk gevra, maar word nou aan haar voormalige kolonie gevra. Die antwoord op daardie vrae – die ware rede vir die plek van prominensie wat die V.S. nou beklee – is heeltemal onbekend aan die wêreld se toonaangewende ekonome, geskiedskrywers en politici.
Daardie antwoord openbaar tóg wat die wêreld werklik van Amerika nodig het. Dit openbaar wat die nasie werklik kan doen om die toestand van die wêreld fundamenteel te verbeter, die lewenstandaarde van mense oral te verbeter, vrede te bring waar daar konflik is en verreikende hoop te verskaf aan ’n toenemend wanhopige mensdom.
Wat die wêreld se vernaamste kundiges nie weet nie, maar wat God aan ware Christene, Sy getroue dienaars openbaar, is dat die Verenigde State en ander nasies van Britse afkoms ’n oorvloed van Godgegewe seëninge ontvang het wat hulle nie verdien het nie, voordelige omstandighede wat nie deur hulle geskep is nie en suksesse waarvoor hulle geen krediet kan ontvang nie. Waarom? Die rede is dat God hulle met ’n doel uitgesonder het.
Daardie nasies is erfgename gemaak van die seëninge wat God beloof het aan die antieke aartsvader Abraham, wat verbonde was aan die tien “verlore stamme” van Israel. Omstreeks 930 v.C. het die Bybelse nasie van Israel in twee verdeel. Die suidelike gedeelte, wat hoofsaaklik uit die stamme van Juda en Benjamin bestaan het, het die nasie van Juda geword – die Jode – die afstammelinge word gesien in die hedendaagse Joodse volk en die hedendaagse nasie van Israel. Die noordelike tien stamme het egter ’n aparte nasie geword, wat voortbestaan het onder die naam Israel – totdat dit uiteindelik vernietig is, in ballingskap geneem is en onder die nasies verstrooi is, omdat hulle God se Wette ontheilig het, gereeld Sy Sabbatte verbreek het en afgod-aanbidding aangeneem het (sien Eségiël 20).
Israel het God se Wette ontheilig, maar die beloftes wat Hy aan die aartsvader Abraham en sy nageslag gemaak het, was onvoorwaardelik (Génesis 22:16-18). Die ongehoorsaamheid van Israel en Juda sou veroorsaak dat Hy daardie seëninge vir ’n tyd lank sou uitstel, hoewel God wél Sy belofte vervul om daardie seëninge te skenk, gee Hy Sy volk nog ’n geleentheid om hulle harte aan Hom te openbaar – óf om te wys dat hulle hulle God waardeer, Sy weë sal volg en Sy begeerte vir hulle sal vervul of om weer teen Hom te draai in opstandigheid en eiesinnigheid.
Dit mag moeilik wees om te glo vir diegene van u wat dit nog nie in u eie Bybels bestudeer het nie. Ons het simpatie! Dit is egter die enigste verduideliking wat ooreenstem met die geskiedkundige opkoms van hierdie nasies en met die profetiese beloftes wat in God se onfeilbare Woord opgeteken is. Soos altyd doen ons ’n beroep op u om nie óns woord ten opsigte van hierdie saak te neem nie, maar om dit self na te vors in u eie Bybel. Versoek asseblief ons gratis hulpbron Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika? of lees dit aanlyn by wvm.co.za. Dit sal u bo alle twyfel oortuig dat die rede waarom die V.S. en die Britse volk die magtigste nasies in die menslike geskiedenis geword het, nie is wat die akademiese en politici vertel nie. Dit is nie te wyte daaraan dat Amerika op een of ander wyse “beter” as alle ander nasies is nie – soos wat kenners van “American Exceptionalism” sal beweer. Dit is ook nie as gevolg van hartelose en onderdrukkende kolonisering en uitbuiting soos “progressiewes” sal beweer nie. Die waarheid is aangeteken in u Bybel en dit is nodig dat u dit self verstaan en dit aan uself bewys! Wanneer u dit verstaan, word dit glashelder wat die wêreld werklik van Amerika nodig het – hoevéél ons ook al mag wanhoop dat Amerika werklik daardie behoefte sal vervul.
God se eie begeerte vir die Verenigde State
Kom ons kyk na die antieke begin van die Israelitiese nasie om beter te verstaan. God verander nie (Maleági 3:6) en Sy roeping en doel vir ’n volk verdwyn nie – inderdaad, dit is onherroeplik (Romeine 11:29). Die Ewige sê Hy sal verseker dat Sy planne uitgevoer word! Soos Hy deur Jesaja verklaar: “... so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur” (Jesaja 55:11).
Wat was God se doel met antieke Israel? Sy dienaar Moses het verduidelik:
“Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die Here my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem. Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en verstandige volk.
Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die Here onse God so dikwels as ons Hom aanroep? En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?” (Deuteronómium 4:5-8).
God het begeer dat antieke Israel ’n baken van hoop vir die nasies van die wêreld sou wees – nié vir die vryheid van spraak of godsdiens, sy vryemarkkapitalisme, sy multikulturalisme of sy politieke filosofieë nie.
Die Ewige het eerder gestreef na ’n nasie om ’n skitterende voorbeeld te wees van die seëninge wat voortspruit uit die volle aanvaarding van die Skepper van die heelal en Sy Wette, Sy leiding en Sy lewenswyse en van die voorreg om Hom tussen hulle te laat woon om hulle Sy eie spesiale mense te maak.
Het die V.S. al ooit daardie doel verwesenlik?
Sommige mense mag dalk glo dat “Uncle Sam” daardie verhewe doel in die verlede vervul het en dat dit nodig is om sy ou waardes te aanvaar om daardie doel weer te vervul. Amerika se toewyding aan vryemark-kapitalisme het immers sy burgers se lewenstandaard tot so ’n mate verhoog dat miljoene desperate migrante van regoor die wêreld probeer om die grens na die V.S. oor te steek op enige manier wat moontlik is – wettig of onwettig.
Nasies regoor die wêreld het probeer om Amerika se ekonomiese sukses na te volg met hulle eie benaderings op kapitalisme en vryemarkstelsels. Terselfdertyd, het die Amerikaanse styl van vryemark-kapitalisme opgedirkte verbruikerspassie en hebsugtige winssoekende uitbuiting in die posisie van beheer van nasionale kultuur geplaas. Enigiets wat geld kan genereer – of dit nou sosiale opheffing van rykdom of dekadente kultuurgif is – wat die ratte van industrie laat draai, gereed om verbruikers te voed wat ook al hulle vleeslike harte begeer, met géén besorgdheid ten opsigte van die uitwerking op sedes, waardes, fisiese en geestelike gesondheid of die einste karakter van die bevolking nie.
Die grondbeginsels van radikale individuele vryheid in die hart van die “Land van Vryheid” het die mense wat na vryheid soek regoor die wêreld geïnspireer, wat in skrille kontras staan met die vervolging en gesentraliseerde beheer wat miljarde mense verpletter het wat onder onderdrukkende regimes geleef het. Daardie selfde beginsels van “vryheid” het die opkoms van selfvernederende leefstyle en die toename van verdraaide subkulture moontlik gemaak wat die sedes en samelewingstruktuur van mense en nasies regoor die wêreld vernietig.
Amerika se gesogte regte op vryheid van spraak maak die verkondiging van die Evangelie deur hierdie tydskrif vanaf ons hoofkantoor in Noord-Carolina moontlik – ’n vryheid wat ons by die Wêreld van Môre waardeer en waarvoor ons God dank, omdat ons eerstehands weet hoe moeilik dit kan wees om die ware Evangelie aan baie ander nasies te verkondig. Op stuk van sake bly dit waar dat Amerikaanse instellings steeds meer Bybels aan die wêreld versprei as dié van enige ander nasie hoewel die oorgrote meerderheid van daardie Bybels nou in China gedruk word. Daardie selfde reg op vryheid van spraak dra egter ook by om die V.S. die wêreld se grootste vervaardiger van pornografie te maak. Die impak van daardie Bybels verminder in vergelyking met die giftige en tragiese impak van net 4 persent van die menslike bevolking wat meer as 'n kwart van die wêreld se video-vieslikhede vervaardig en huisves 60 persent van alle pornografiese webwerwe.
Nee, die Verenigde State van Amerika het nie God se doel vervul nie. Dit het nog nooit nie. In plaas daarvan om bo-op ’n heuwel te skyn as ’n voorbeeld van God se Wette en liefde in aksie, is die nasie ’n voorbeeld van net nog ’n land wat eet van die boom van die kennis van goed en kwaad, alles terwyl hy die onverdiende seëninge van sy voorvader Abraham geniet. Amerika het nie God se manier van lewe uitgeleef nie – hulle leef volgens die Amerikaanse lewenswyse. Diegene wat nie die werklike verskille tussen die twee lewenswyses kan sien nie, is diep verward.
Wat die wêreld waarlik van Amerika benodig
Dus, op hierdie oomblik van oorgang vir die magtigste land ter wêreld, wat het die res van die wêreld werklik van hulle nodig? Wat kon die V.S. doen wat nie net die grootste voordeel vir ander nasies sou bied nie, maar ook homself op die beste moontlike manier dien?
Bekeer. Eenvoudig en maklik.
Nie ’n skyn van bekering nie. Nie ’n oppervlakkige “ons behoort beter te doen” nie. Nie ’n gedeeltelike bekering waar sekere Bybelse waardes “herontdek” en aanvaar word, terwyl ander tersyde gestel word as teenstrydig met Amerikaanse idees van diversiteit en persoonlike vryheid nie. Nee – algehele, grens-tot-grens terugkeer na God en verwerping van sonde. Nasionale bekering op gelyke voet soos met Jona 3:5-10. Die ware Jakob.
Die wêreld het die V.S. nodig om sy ware oorsprong te herontdek – oorsprong wat baie verder teruggaan as 1776, 1619 en selfs 1492. Dit is nodig om die ware bron van sy seëninge te herontdek – die nederige gehoorsaamheid van Abraham en om dan die enigste pad ten volle te aanvaar om daardie seëninge sonder onderbreking te behou: Heelhartige en volkome gehoorsaamheid aan die God wat vir die land gesorg het en onwrikbare onderwerping aan Sy opperheerskappy.
Gedurende die dae van koning Salomo, ná die inwyding van die tempel, het die Ewige God ’n paar kragtige woorde wat dikwels aangehaal word, met die koning gespreek, maar dit word selde volledig aangeneem: “As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees” (2 Kronieke 7:13-14).
Die probleme, beproewings en laste wat die V.S. in die gesig staar, is nie fundamenteel ten opsigte van beleid en politiek nie – hoewel sulke faktore sekerlik ’n rol speel. Dit is eerder te wyte aan die mense se hardnekkige onwilligheid om hulle – totaal en sonder voorbehoud – tot God te wend, tot die God wat hulle geskep het en die Verlosser Wie vir hulle gesterf het. Dit is te danke aan Amerikaners se verslawing aan eie wil – hulle gewilligheid om die naam “Christen” te koppel aan ’n verskeidenheid en chaotiese reeks oortuigings en gebruike wat min of geen verbintenis het met wat Jesus Christus sélf ingestel het toe Hy Sy kerk gevestig het nie.
Die grootste enkele verandering wat die Amerikaanse volk sou kon maak, tot voordeel van die nasies van die wêreld, sou wees om hulle na Jesus Christus, die Seun van God, te wend, in volslae en volkome bekering, met ’n nuutgevonde passie vir gehoorsaamheid en met harte wat heelhartig toegewy is aan die saak van die Ewige. Die V.S sou dan nie net die voorbeeld word waarna God nog altyd verlang het hulle sou wees nie, maar ook ’n middel om onbeperkte seëninge te ontvang – nie net vir hulleself nie, maar vir alle mense in elke nasie van die wêreld.
Daardie seëninge sou nie net blote materiële seëninge wees nie. Amerika is vir baie dekades ’n bron van materiële seëninge vir die wêreld, maar die onopregte aard van daardie fisiese seëninge begin om om te draai en te verrot. Dit sou nie seëninge van “onbeperkte vryheid” wees nie – die vryheid van ’n treinwa wat uiteindelik van sy spore “ontspoor” is, wat buite beheer raak voordat dit bots, roes en verweer. Daardie seëninge sal eerder die opregte seëninge wees wat voortspruit vanuit die heerskappy van die Verlosser van die mensdom, die gewig van sondes afwerp wat mens verstrik en verdorwe, die gawe van Sy Heilige Gees ervaar en die transformasie wat dit meebring, asook die wette aanvaar wat ’n volk verhef soos hulle leer om toe te neem “in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Petrus 3:18).
Wat om te verwag
Wat is die waarskynlikheid van so ’n ommekeer? Sal ons ’n nasionale bekering sien? Ons kan so ’n verandering van nasionale hart nie ’n herlewing noem nie, want sedert sy grondlegging was die Verenigde State van Amerika nog nooit in so ’n toestand van gehoorsaamheid soos wat die wêreld dit nodig het om te aanvaar nie.
Indien daar egter geen hartsverandering is nie, weet ons wel wat daar wag. Bybelprofesie maak dit duidelik: Ons wêreld sal binnekort die feitlik onbetwiste opkoms van ’n vervalste Christendom in die gesig staar, wat regoor die hele aarde sal uitbrei: “... en hy het uitgegaan as ’n oorwinnaar en om te oorwin” (Openbaring 6:2). Daardie bedrieglike, toegeeflike kerk – alreeds die “Christelike” norm in die wêreld vandag – sal gelei word deur ’n wonderwerkende valse profeet wat saam met die geprofeteerde “dier” van Openbaring sal werk in die vorm van 'n herleefde heilige Romeinse ryk in Europa (Openbaring 13:11-14).
Die gesamentlike ekonomiese, militêre en politieke kragreus wat hulle uitoefen, sal deurdrenk wees met godsdienstige ywer en dit saam sal die ondergang van die V.S. en ander nasies van Britse afkoms van die wêreld teweegbring in ’n tyd van lyding, bekend as die Groot Verdrukking. Baie profesieë in die Ou en Nuwe Testament, met inbegrip van Jesus Christus se eie woorde, beskryf hierdie komende tyd as een van lyding “soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie” (Matthéüs 24:21). Gedurende daardie jare sal die vervolging van ware Christene – diegene wat die Tien Gebooie onderhou en die geloof en werklike leerstellings van Jesus Christus volg (Openbaring 12:17) – wreedaardig wees aangesien die valse, vervalste Christendom seëvierend regeer. Die goddeloses van die wêreld sal verryk word en diegene wat toegee, sal veiligheid geniet en die regverdiges sal ly.
Daardie jare sal voortduur totdat Christus terugkeer en Sy Koninkryk vestig – wat daardie valse stelsel sal vermorsel en dit sal wegwaai soos stof in die wind (Daniël 2:34-35, 44).
Die wêreld het geestelike leierskap van Amerika nodig. Die wêreld het die V.S. nodig om te bekeer van sy nasionale ongehoorsaamheid aan God en dit is nodig dat sy burgers hulle Skepper en Sy wense vir hulle nasie, hulle gesinne en hulle individuele lewens ten volle aanvaar. Dit mag dalk na ’n strawwe opdrag lyk, maar God beperk nie Sy eise tot daardie dinge wat waarskynlik sal gebeur nie. Indien Hy sy doel vir Amerika bereik voor Christus se Wederkoms of daarna, Hy sal Sy doel bereik – vir die V.S. en vir die res van die wêreld.
Intussen moet elkeen van ons individueel kies om voort te gaan en deel van die probleem te wees – diegene wat kies en keur tussen die bevele van God en leerstellings van Jesus en dit verdraai met ons eie planne, doelwitte en gevoel van reg en verkeerd – óf om deel te wees van Christus se oplossing en alles wat Hy van ons vra ten volle te aanvaar. Die Vader soek nóú diegene wat presies dít sal doen (Johannes 4:23-24).


