Vir die meeste mense wat hulself “Christene” noem, is die bywoning van ’n erediens op die meeste Sondae, die een enkele daad wat hul godsdienstige toewyding beskryf. Ware Christenskap is egter ’n veranderende manier van lewe wat baie min mense vandag verstaan!


Die ware Jesus Christus van die Bybel sal binnekort terugkeer na die planeet Aarde – hierdie keer as Koning van die konings (Openbaring 11:15). Watter soort “Christelikheid” sal die terugkerende Christus uitken as Sy ware boodskap? Dink u vir een oomblik dat Jesus Christus die sowat 400 of 600 verskillende denominasies en sektes wat almal Sy naam gebruik en hulself “Christene” noem, sal erken en goedkeur?

Dink weer!
Indien u werklik die Bybel glo, sal u gou besef dat die oorgrote meerderheid van die mensdom mislei is. U mag onthou dat die geliefde apostel Johannes geïnspireer was om te skryf: “En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satanwat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp” (Openbaring 12:9). U mag moontlik nie ingestel wees op wat die apostel Johannes geskryf het aangaande ’n toekomstige geveg tussen honderde miljoenemense wat beïnvloed is deur die toekomstige “Diermoondheid”, wat so mislei sal wees dat hulle letterlik teen Jesus Christus sal veg met Sy wederkoms nie! Hoe mislei kan mense nie wees nie!

God se Woord openbaar dat die wederkoms van Christus “die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete” sal kenmerk (Handelinge 3:19-21). Die “wederoprigting van alle dinge” sal honderde en duisende veranderings in die manier waarop mense leef en die wysewaarop hulle die Skepper aanbid behels! Byvoorbeeld, die meeste van u, het nooit, terwyl u grootgeword het, gehoor van die godsdienstige feeste wat in u Bybel beveel word nie. U en ek het geleer van Kersfees en Paasfees, van Kersvader en die Paashaas. Nogtans onthul u eie Bybel duidelik dat die hele wêreld binnekort die jaarlikse Huttefeeselke September-Oktober sal onderhou as ’n lewensbelangrike deel van die aanbidding van die Skepper.

“Die fees van wat?” Dit sal die eerste reaksie van miljoene mense wees! Tog openbaar u geïnspireerde Bybel: “En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die Here van die leërskare, en om die huttefees te vier” (Sagaria 14:16). Dan gaan die profeet Sagaria voort: “En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die Here van die leërskare, te aanbid nie – hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die Here die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie” (verse 17-19).

Dus, die werklike God – die God van die Bybel – sal nie met Hom laat mors en toelaat dat kweekskool gegradueerdes met Hom argumenteer en Hom probeer wysmaak dat al Sy Wette “verouderd” of mee “weggedoen” is nie! Inteendeel, Hy sal tot straf-aksie oorgaan om te wys wie God is!

Kan u in u gemoed die feit erken dat hierdie huidige wêreld en sy godsdienste inderdaad “mislei” is – net soos dosyne gedeeltes in u Bybel so duidelik aantoon? Kan u ten volle besef dat die oorgrote meerderheid van vandag se “Christendom” onbybels en net eenvoudig verkeerd is?

Soos die beroemde filosoof en teoloog, Soren Kirkegaard opmerk: “Die Christelikheid van die Nuwe Testament bestaan eenvoudig nie ... wat gedoen moet word, is om lig te werp op ’n kriminele oortreding teen Christelikheid wat volgehou is deur die eeue, gepleeg deur miljoene (in ’n meerdere of mindere mate skuldig). Hulle het hierdeur slinks, onder die dekmantel om Christelikheid te vervolmaak, daarna gesoek om God bietjie-vir-bietjie uit Christelikheid te verneuk en het daarin geslaag om Christelikheid presies die teenoorgestelde te maak van wat dit in die Nuwe Testament is” (Attack Upon Christendom, bll. 32-33).

Professor Rufus M. Jones beskryf ook hoe die “hoofstroom Christendom” die leerstellings van Jesus Christus verwerp het: “Indien Christus Self deur Sy latere volgelinge as die model en voorbeeld van die nuwe weg geneem is en ’n ernstige poging aangewend was om Sy lewe en leerstellings as norm en standaard vir die Kerk te neem, sou Christelikheid iets baie anders gewees het as waarin dit ontwikkel het. Dan sou ‘dwaalleer’ wees wat dit nou nie is nie, dit sou ’n afwyking wees van Sy weg, Sy leerstellings, Sy gees, Sy Koninkryk … Wat ons na regte ‘Galilese Christelikheid’ mag noem, het ’n kort lewensduur gehad, alhoewel daar merkbare pogings was om dit te laat herleef, en hier en daar het geestelike profete daarop aangedring dat enigiets anders as hierdie eenvoudige Galilese godsdiens ‘dwaalleer’ is; maar die hoofsaaklike historiese ontwikkeling het ’n ander koers ingeslaan en het die klem heeltemal anders laat val (The Church’s Debt to Heretics, bll. 15-16)”.

Alhoewel hulle nie daarvan hou om dit aan hulle gemeentes en medegelowiges te beken nie, erken baie gerespekteerde teoloë en historici duidelik die bogenoemde feite.Hierdie feite is ’n belangrike tema van hierdie einste Werk wat die Wêreld van Môre-tydskrif publiseer en die Tomorrow’s World TV-program borg – “die hervestiging vanoorspronklike Christelikheid beklemtoon!

Hervestig oorspronklike Christelikheid

Terwyl u die bogenoemde feite in gedagte hou, verstaan die meeste van u gereelde lesers van die Wêreld van Môre-tydskrif – sowel as kykers van die Tomorrow’s World TV-uitsendings – waarom ons klem lê op die tema: “Die hervestiging van oorspronklike Christelikheid”. In teenstelling met wat sommige misleide teoloë verkondig, het die apostel Paulus nie nuwe leerstellings ingestel wat die voorskrifte van Jesus Christus en die oorspronklike Twaalf Apostels ter syde stel nie. Dit is waarom ons soms in ons uitsendings of publikasies praat van die hervestiging van die Christenskap van die Apostels – die ware Christelike geloof wat deur die Apostels verkondig en beoefen was.

Dus, is ons bereid dat die Bybel ons vertel wat oorspronklike Christelikheid alles behels? Gaan ons die ou swart-geklede priesters van die Middeleeue met hul verbeeldingsvlugte volg, of gaan ons die voorbeeld en leerstellings van Jesus Christus volg? Besef ons waarlik dat Jesus Christus die Een is wat die Christendom begin het? Dus behoort Hy te weet wat Christelikheid behels!

Wanneer u dit verstaan, is Satan, die duiwel, ’n slim “vervalser”. ’n Vervalste honderd-Rand noot lyk baie na die oorspronklike – maar dit is niks werd nie! Groot dele van vervalste Christelikheid lyk ietwat eenders. Nogtans – wanneer u dit verstaan – is die hele uitgangspunt van “hoofstroom Christelikheid” dat ons moet navolg wat deur die Middeleeue heen aan ons oorgedra is deur verwarde mense, tesame met slegs enkele leerstelling en gebruike wat aangebring is deur Martin Luther en die Hervormers. Dit is waar dat die Hervorming veroorsaak het dat baie valse leerstellings van pouslike oppergesag en die aanbidding van Maria afgeskaf is. Ander idees betreffende “hemel toe gaan” met geen werklike doel voor oë nie, en die teorie dat geloof in Christus teenstrydig is met gehoorsaamheid aan die Tien Gebooie as ’n lewenswyse – het alles dieselfde gebly. Misleide “Protestantse” hervormers het nie toegegee dat hulle die hele pad terug sou moes gaan na die Bybel om te sien wat “oorspronklike Christelikheid” eintlik is nie!

Wanneer u werklik die Bybel bestudeer – veral die boek Handelinge – sien u dat die vroegste Christene almal besnede Jode was. Hulle het verstaan en geglo in God se geestelike Wet, die Tien Gebooie, en ’n hele lewenswyse wat gebaseer is op die geestelike beginsels van die Ou Testament – hoewel hulle besef het dat die rituele wette nie meer bindend was nie. Hulle het nie Christelikheid beskou as ’n “nuwe uitvindsel” nie. Hulle het geweet dat Jesus se leerstellings eenvoudig ’n uitbreiding is van die geestelike wette en die lewensweg wat geopenbaar word regdeur die Ou Testament (Jesaja 42:21). Die apostel Paulus skryf aan Timótheüs dat hy “van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus” (2 Timótheüs 3:15). Paulus het erken dat die Ou Testament geïnspireerd is aangesien die enigsteSkrifte wat aan Timotheus van kleins af beskikbaar was, dié is wat ons vandag die “Ou Testament” noem. Jesus het voortdurend uit die Ou Testament aangehaal as diegeïnspireerde Woord van God. Jesus leer ons: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4).

Tog huldig die meeste van vandag se “hoofstroom Christene” die idee – direk of indirek – dat die belangrikste ding is om net te “glo in Jesus” en sentimenteel te wees oor SyPersoon. Hulle word nie geleer om ’n diepe eerbied en ontsag te hê vir God – die “vrees van die Here” en die begrip dat ons beveel word om te leef volgens elke woord van God in die Bybel nie. Dus onderhou vandag se Christene baie van die antieke heidense vakansiedae en – as gevolg van hul verwarring – weier hulle om die Heilige Dae wat direk in die Bybel beveel word, te onderhou, soos ons vroeër in Sagaria 14 gesien het!

Jesus het gewaarsku: “Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?” (Mattheüs 15:3). Markus se evangelie gee ons Jesus se stelling: “Maartevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is” (Markus 7:7). Jesus sê hier duidelik dat ’n mens Hom werklik kan aanbid, en dat die aanbidding tog eintlik “vergeefs” kan wees! My vriende, ware Christelikheid behoort nie gebaseer te wees op die “tradisies” van mense nie, maar op die Wette en die voorbeelde wat in die Bybel gegee word! Dit is absoluut lewensbelangrik dat ons kyk na die Bybel vir God se definisie van wat ware Christenskap werklik is!

Satan, die duiwel, het subtiel maar seker die meeste van vandag se belydende Christene mislei om te glo dat Christelikheid afgesny is van die Ou Testament. Daar is honderde miljoene mense wat in die naam van “Christelikheid” verwerp wat Jesus Christus – die God van die Ou Testament (1 Korinthiërs 10:1-4) – deur Moses, Sy dienskneg, aan die Israeliete gegee het.

Die Bybelse en historiese feite wys duidelik dat ware Christelikheid ’n voortsetting is – ’n uitbreiding en “vergroting” van die leer wat God deur Moses gegee het – en nie iets splinternuut nie! Soos God die apostel Paulus geïnspireer het om aan die heiden Christene in Efese te verduidelik: “So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is” (Efesiërs 2:19-20). Soos ons dan sien, is ’n basiese deel van die ware “fondament” van Christelikheid die geskrifte en leerstellings van die Ou-Testamentiese profete – waarna Christus en die Apostels herhaaldelik verwys het as “Skrif”!

Onthou, Jesus Christus was ’n besnede Jood (Lukas 2:21-22; Hebreërs 7:14). Dit was Sy “gewoonte” om die sewende-dag Sabbat te onderhou – net soos die ander Jode saam met Hom (Lukas 4:16). In plaas van om God se Sabbat af te skaf, het Jesus gesê dat die Sabbat vir die “mens” gemaak is – nie net vir Jode nie, en dat Hy “Here” van die Sabbat is. Die Sabbat is dus, in werklikheid, die werklike “Here se Dag” so ver dit ’n rusdag en dag van aanbidding aanbetref!

Lank ná Christus se dood en opstanding, was dit steeds die apostel Paulus se “gewoonte” om die sewende-dag Sabbat te onderhou (Handelinge 18:4). Ons vind ook dat Paulus die jaarlikse Bybelse feeste onderhou het – dae soos Pinkster (1 Korinthiërs 16:8), Pasga en Ongesuurde Brode (1 Korinthiërs 5:7-8). Ongelukkig, saam met die verwerping van die Bybelse feeste wat deur God in die Ou Testament beveel is, het “hoofstroom Christelikheid” in baie opsigte ’n duidelike anti-Joodse vooroordeel ontwikkel, wat totvandag toe voortduur!

Tog maak die Bybelse Heilige Dae nog saak vir God! Die ware Kerk van God – twaalf keer in die Nuwe Testament die “Kerk van God” genoem – het selfs op Pinksterdag, een van die sewe jaarlikse Sabbatte wat God Sy mense gegee het, begin. By Sy wederkoms sal Christus terugkeer met die blaas van die “sewende basuin” (Openbaring 11:15) – uitgebeeld deur die Fees van Basuine, nog een van die Bybelse Heilige Dae. Dieselfde Jesus Christus wat die hele Bybel geïnspireer het, het Sy dienskneg Sagaria geïnspireer om te verduidelik dat, na Christus se wederkoms, die hele wêreld die Huttefees sal onderhou (Sagaria 14). Kyk ook na hierdie beskrywing van hoe geleef sal word gedurende die toekomstige duisendjarige Vrederyk van Jesus Christus: “En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die Here” (Jesaja 66:23).

Dus, ware Christene wat die weeklikse en jaarlikse Sabbatte en feeste onderhou volg nie slegs die “voorbeeld” van die oorspronklike Christelikheid nie; ons doen “baanbrekerswerk” vir die lewensweg wat al die nasies binnekort in die Wêreld van Môre sal leer! Deur middel van hierdie ware Werk is ons besig om oorspronklike Christelikheid te hervestig. Dit is ’n belangrike rede vir hierdie Werk van die lewende God aan die einde van hierdie tydperk. Almal wat reageer op Sy leerstellings sal beslis ’n “kortkop voor” wees in hul voorbereiding om daardie konings en priesters te wees wat Christus nou oplei om Hom by te staan om oor die hele wêreld te heers in die toekomstige Koninkryk van God.

Die meeste mense in die wêreld gaan net kerk toe om saam met hulle bure te wees, ’n “lekker gevoel” te hê dat hulle “nog reg is” en dat hulle werklik iets leer wat die moeite werd is. Baie min van die meer as twee miljard mense wat hulself “Christene” noem, verstaan die begrip dat hulle nou “in opleiding” is om Christus by te staan in Sy toekomstige Regering om ware vrede en vreugde te bring in die Wêreld van Môre.

Bewys die Waarheid uit die BYBEL!

Soos opname na opname bevind het, bestudeer en verstaan slegs ’n baie klein groepie belydende Christene die Bybel werklik. Die meeste belydende Christene kan nie eens die name van die vier Evangelies opnoem nie, laat staan nog verstaan wat dit sê, of wat in die res van die Bybel staan, of wat ’n kwart van die hele Bybel wat aan profesie gewy is, te sê het. Dus verstaan hulle nie die tye waarin ons leef, of dat hierdie wêreld nou besig is om rondom ons in duie te stort en dat dit sal voortgaan om in duie te stort as gevolg van ons verkeerde lewenswyse nie, totdat Christus terugkeer en werklik dinge weer regruk deur Sy regverdige Regering!

Onthou, die Apostel Paulus het aan die Christene in Korinthe gesê: “Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?” (1 Korinthiërs 6:2-3).

Die meeste van u sal besef dat die hele benadering van hierdie geïnspireerde woorde van Paulus baie anders is as die idee van Christelikheid wat in die meeste van vandag se kerke voorgehou word! Dit is oorweldigend dat die meeste mense nie geleer word dat dit die uiteindelike doel van ’n Christen is om voor te berei om ’n koning of priester te word om Christus by te staan om oor die wêreld te regeer in Sy toekomstige Koninkryk, nie. Die meeste mense in die “hoofstroom” kerke word eerder geleer dat hulle eenvoudig sal “opsweef na die hemel” met wesenlik niks om daar te doen nie! Hulle het derhalwe nie ’n werklike rede om die Skepper te gehoorsaam, om ’n oorwinnaar te wees en om in Christus se toekomstige Koninkryk te wees nie. Hierdie oppervlakkige benadering – die algehele “voorkoms” van die hoofstroom-Christendom – is baie andersas dit wat die Bybel duidelik aandui! Jesus sê: “En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het” (Openbaring 2:26-27).

Die apostel Johannes skryf ook oor die geïnspireerde “lied” van die heiliges: “Toe sing hulle ’n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as koningsop die aarde heers” (Openbaring 5:9-10).

In God se groot Meesterplan, het die Skepper “ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers”. Ons heerskappy sal nie in die hemel wees nie. Dit sal op hierdie fisiese aarde wees, waar Jesus Christus binnekort as Koning van die konings sal regeer.

In daardie toekomstige Koninkryk sal die ware Christus van die Bybel ’n regverdige regering administreer wat die hele lewensweg, gegrond op die wette van God, sal leer. Die Tien Gebooie sal die grondslag van die Wette daarvan wees (Jesaja 2:1-4). God se Sabbatte en Heilige Dae sal oor die hele aarde onderhou word en sodoende God se Plan uitbeeld om die mense saam te bring op ’n manier wat die Skepper sal vereer.

Mense sal geleer word om die Tien Gebooie werklik te gehoorsaam – insluitende dat hulle werklik te bang sal wees om ’n ander mens dood te maak, selfs in oorlog. Hulle sal geleer word dat egbreuk nie net bloot ’n fisiese daad is nie, maar dat selfs die begeerte na ’n ander se gade, in werklikheid egbreuk is (Mattheüs 5:27-28). Mans en vrouens sal geleer word om te gee, te help, te deel en om mekaar te dien in die vrees van God. Daar sal vrede en vreugde wees ver bo enigiets wat die wêreld nog ooit ervaar het!

In die beskrywing van die toekomstige Koninkryk, die wêreld-regerende heerskappy van Jesus Christus, het God hierdie woorde geïnspireer, “o God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning. Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg. Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid. Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos, en die verdrukker verbrysel” (Psalm 72:1-4).

In God se toekomstige Koninkryk sal daar regverdige oordeel wees vir elke mens, en die “armes” sal geregtigheid ontvang. Let op: “In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie” (vers 7). Dit is moeilik om mens die ongelooflike gevoel van ware vrede en vreugde in te dink wat die hele wêreld sal oordek wanneer ware Christenskap elkeen se lewensweg is! Mag God ons almal help om gewillig te wees selfs om nou al daarheen terug te keer – na die ware Christelikheid van die oorspronklike Christene en van Jesus Christus Self.

Soos Jesus se fisiese broer, die apostel Judas, geïnspireer was om te skryf: “Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën” (Judas 3-4).

Waarlik, ons moet “stry” – gewillig wees om te baklei – om terug te keer na die ware geloof “wat eenmaalaan die heiliges oorgelewer is” – selfs al het sekere mense ongesiens ingesluip en feitlik weggedoen met daardie oorspronklike geloof .

Wanneer die werklike Jesus Christus van die Bybel weer kom as Koning van die konings en rondkyk na diegene wat gewillig was om Hom opreg te dien en die oorspronklikeChristelikheid uit te leef, mag God gee dat u en ek onder daardie mense sal wees. Dit is lewensbelangrikNou is die tyd om iets daaraan te doen!