Waarom is so baie Protestantse kerke in ’n krisis gedompel? Wat openbaar die profesieë sal met hulle gebeur wanneer die einde van hierdie tydvak nader kom?

Massa afvalligheid uit Protestantse kerke is nou aan die orde van die dag! 
Metodiste, Presbiteriaanse en Anglikaanse kerke het in totalitiet miljoene lidmate verloor. Ander Protestantse groepe het ook baie lidmate verloor – net soos baie “onafhanklike” kerke.

Waarom?

Baie meningspeilings toon aan dat toenemende getalle mense voel die kerke “staan nie regtig vir iets” nie. Hulle het al soveel van wat hulle glo afgewater en gaan al hoe meer “saam met die wêreld” dat dit moeilik is om die lewenswyse van kerkgangers te onderskei van die algemene bevolking van hierdie wêreld. ’n Artikel in USA Todaytoon die volgende aan:

Die meeste jong volwassenes bid deesdae nie, hulle aanbid nie en hulle lees nie die Bybel nie, volgens ’n groot opname wat gedoen is deur ’n Christelike navorsingsfirma.

Indien die neigings voortduur, sal “die Millenium-geslag sien dat kerke so vinnig soos motorhandelaars sluit”, het Thom Rainer, president van LifeWay Christian Resourcesgesê. Van die groep van 1,200 respondente tussen die ouderdom van 18 en 29 jaar was daar 72% wat sê dat hulle “baie meer geestelik as godsdienstig is ...
Ons het die betekenis van om deel te wees van die kerk al so vereenvoudig dat dit omtrent niks meer beteken nie, selfs vir mense wat reeds sê hulle is deel van die kerk” sê Rainer (27 April 2010).

Waarlik, die “hoofstroom” kerke het die betekenis van godsdiens “eenvoudig” gemaak. Hulle “staan” nie regtig “vir enigiets” nie! Inteendeel, hulle het eintlik deel van die wêreld geword. Waarom sou enigiemand dus by hulle aansluit? Mense dink toenemend: “Wat is die verskil” tussen diegene in die kerk en diegene wat nie in die kerk is nie. Hulle wonder: “Is daar enige godsdiens in die wêreld wat werklik vir iets staan?”

Interessant genoeg, “lyk dit” of die Rooms-Katolieke kerk standpunt inneem vir waarin hulle glo – selfs al dryf die hoofstroom media dikwels die spot daarmee. Nogtans word baie mense wat in die Bybel glo afgesit deur die “pousgesindheid” of Maria-eerbiediging en so ook baie gebruike wat duidelik uit die antieke heidendom oorgeneem is. Wat miljoene mense wil hê is ’n godsdiens wat gebaseer is op die Bybel. Een van die beroemde Protestantse teoloë van sy tyd het geskryf: “Die Bybel, die hele Bybel enniks anders as die Bybel nie, is die godsdiens van die Protestante” (Schaff - Herzog Cyclopedia of Religious Knowledge, artikel “Chillingworth, W.”).

Die “hoofstroom” is MISLEI!

Dit is so jammer, maar die oorgrote meerderheid van die “hoofstroom” kerkgangers het byna geen benul van wat die Bybel werklik leer nie! Die predikante in hierdie kerke staan op en gee algemene preke wat na die Bybel verwys, maar dit gebeur selde dat hulle uit die Bybel lees, die hele gedeelte verduidelik en verklaar om sodoende die mense te leer wat die Bybel sê. Die meeste Amerikaners en Britte bestudeer nie die Bybel in die fynste besonderhede om uit te vind wat die Skepper werklik aan hulle sê oor die betekenis van die lewe en wat hulle behoort te doen nie. Omdat hulle nie ’n stewige Bybelse grondslag vir hulle geloof het nie, gaan die meeste moderne predikante “geheel en al” saam met die idees en tradisies van mense. Sonder ’n kragtige en ware toegewydheid om die God van die Bybel te “soek” en te doen wat Hy sê, is hulle volgelinge stadig maar seker besig om in feitlik alles met Satan die duiwel se agenda tot ’n vergelyk te kom. Dit sal nie meer baie jare duur voordat hierdie Protestantse leiers van die belydende Christendom nie net homoseksuele praktyke vir hulle lidmate toelaat nie, maar ook sal begin om veelwywery, veelmannery en “groepshuwelike” goed te keur! Hoe durf ek dit sê? Omdat dit beslis die pad van voortdurende toegewing is waarop hulle nou beweeg. Daar is geen aanduiding dat hulle ooit van daardie pad sal afwyk nie!

 Die Evangelie van Johannes veroordeel spesifiek die godsdienstige leiers in Jesus se tyd deur te sê: “Want hulle het die eer van mense meer liefgehad as die eer van God” (Johannes 12:43). My vriende, is u lief vir “die eer van mense”? Glo u werklik dat hierdie nietige mense in die komende Groot Verdrukking in staat sal wees om u te red?

Dink!
Die geïnspireerde Woord van God waarsku ons almal: “Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here afwyk” (Jeremia 17:5). Soos die ewige God ons in die boek van Spreuke waarsku: “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood” (Spreuke 14:12). Indien u wat hierdie artikel noukeurig lees u Skepper getrou en waarlik wil gehoorsaam en deel in Sy ewige Koninkryk, dink asseblief versigtig na oor wat ek skryf en moetnie net saamgaan met die heidense idees wat vermom is as Christelikheid nie!

Die gerespekteerde “hoofstroom” Protestantse geskiedkundige, Jesse Lyman Hurlbut, skryf in sy bekende geskiedkundige werk met die titel, The Story of the Christian Church, van die vroeëre dekades wat ons die “Donker Middeleeue” noem, toe die hoof ontwikkelende heidense kerk die naam van Christelikheid oorgeneem het:

Die gebruike en seremonies van die heidendom het geleidelik in die erediens ingesluip. Sommige van die ou heidense feeste het kerkfeeste geword met slegs die wyse van aanbidding wat verander het. Teen ongeveer 405 n.C. het beelde van heiliges en martelare in die kerke begin verskyn; aanvanklik as gedenktekens, maar later is hulle opeenvolgend vereer, verafgod en aanbid. Die verering van die maagd Maria het in die plek gekom van die aanbidding van Venus en Diana; die Laaste Avondmaal het ’n offerande geword in plaas van ’n gedenkdiens en die ouderling is van ’n prediker tot ’n priester bevorder. Ten spyte van die feit dat die kerk soveel mag gekry het, sien ons nie dat Christelikheid die wêreld verander het na sy eie idee nie, maar eerder dat die wêreld die kerk oorheers (bl. 79).

Dit is jammer dat nie die Protestante of die Katolieke teoloë in geheel ooit die eenvoudige, onomwonde leerstellings van Jesus ernstig opgeneem het nie. Jesus Christus is deur ’n jong man die weg na die ewige lewe gevra. Hy het toe geantwoord: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie” (Mattheüs 19:17). In die welbekende bergpredikasie sê Jesus duidelik: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele” (Mattheüs 5:17-19).

Baie belydende Christene begryp nie naastenby die belangrikheid van hierdie woorde nie. Christus het in verband met die wet gesê dat nie “een jota of een titteltjie” – die kleinste merkies in die Hebreeuse skrif – daaruit sal verbygaan voordat die hemel en die aarde verbygegaan het nie. Omdat die hemel en aarde nog nie verbygegaan het nie, moet ons begryp dat die wet nog bly bestaan. Het Sy “vervulling” van die wet op een of ander manier hierdie gebooie verander? Of het hulle verander ná Christus se opstanding? Nee! Die hemel en aarde het nie verbygegaan met Sy opstanding nie. Ons sien ook uit Jesus se eie voorbeeld dat Hy al tienvan die Tien Gebooie onderhou het (Lukas 4:16)!

Petrus se waarskuwing

Aan die einde van sy lewe, in sy heel laaste brief, waarsku die apostel Petrus spesifiek dat misleide mense die leerstellings van die apostel Paulus kan verdraai en as ’n verskoning kan gebruik om die wet van God af te skaf! Petrus beskryf Paulus se sendbriewe as ’n deel van die Skrif – maar as ’n deel “wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose [wettelose] mense en wegval uit jul eie vastigheid nie” (2 Petrus 3:16-17).

Wetteloos? Dink u vir een oomblik dat Petrus van verkeerswette gepraat het? Natuurlik nie! Hy het gepraat van die geestelike Wet van God – die Tien Gebooie. God het natuurlik vooruit geweet dat valse leraars te voorskyn sal kom – soos Petrus en Paulus herhaaldelik gewaarsku het – om mense te laat wegdraai van ’n lewenswyse wat gegrond is op die Tien Gebooie wat deur God bestem is vir alle ware Christene om na te volg. Paulus het God se wette konsekwent gehoorsaam – hy het die weeklikse Sabbatte en die Heilige Dae onderhou – hy het nooit een keer gesê dat God se geestelike wet afgeskaf is nie! Anders sou hy homself weerspreek het toe hy in God se geïnspireerde Woord geskryf het: “Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God” (1 Korinthiërs 7:19) is wat saak maak.

Biskoppe en pouse het nogtans die duidelike leer en voorbeeld van Jesus Christus vervang met hulle eie heidense leerstellings en “kerk-tradisies”. Baie van hierdie plaasvervangings is aanvaar en selfs aangehang deur die Protestantse “hervormers”. Martin Luther het gesê: “Niemand kan ontken dat ons vashou aan, glo, besing en alles bely in ooreenstemming met die ou kerk nie. Dat ons niks nuuts daarvan gemaak of iets daarby gevoeg het nie en by wyse hiervan behoort ons ook aan die ou kerk en is ons een daarmee” (Lindsey, A History of the Reformation, Vol. 1, bl. 468).

Volgens hulle eie verklarings is dit dan bewys dat die Protestante hulleself alleenlik beskou het as ’n voortsetting van die historiese Katolieke kerk, maar in ’n ander en “gesuiwerde” vorm. Luther self bevestig heftig hulle belangrike eenheid met die Katolieke Kerk!

Die gerespekteerde historikus, George Park Fisher het toe hy van Johannes Calvyn, die ander groot Protestantse Hervormer gepraat het, gesê: “Hy het nie ontken dat die Christelike gemeenskappe wat die Pous erken ‘kerke van Christus’ is nie ... Hy ontken met verontwaardiging dat hy hom onttrek het uit die Kerk” (History of Christian Doctrine, bl. 304).

Schaff sê aan ons dat daar van die sigbare of historiese Katolieke kerk gepraat word wanneer Calvyn skryf: “Aangesien dit ons huidige plan is om die sigbare kerk te hervorm, kan ons selfs die titel van moeder van haar leer, hoe nuttig en selfs noodsaaklik dit vir ons is om haar te ken” ( Schaff, Vol. VIII, bl. 450).

Die Protestantse leiers se aandrang op hulle basiese eenheid met die Katolieke kerk en hulle identifisering van haar as hulle “moeder”-kerk is baie betekenisvol!

God identifiseer die Roomse kerk

In die vroeë uitgawes van Martin Luther se vertaling van die Nuwe Testament, is daar baie illustrasies wat die “Hoer van Babilon” uitbeeld as die Rooms-Katolieke Kerk.Wanneer hy hierdie algemeen verstaanbare interpretasie beskryf, sê Bainton aan ons: “Die gevalle Babilon is duidelik Rome” (Here I Stand, bl. 258).

Talle Protestantse boeke, pamflette en traktate maak vandag dieselfde identifikasie. Hulle bestempel die Rooms-Katolieke kerk as die “groot hoer” van Openbaring 17.

Daar moet egter erken word dat die meeste van die meer konserwatiewe Protestantse kerkskrywers nie meer hierdie identifikasie maak nie. Na daardie eerste uitgawes van die Bybel, pamflette en traktate, het hulle skielik tot die verbysterende besef gekom dat hulle hulleself verklik! In een van die maklik verstaanbare gedeeltes in hierdie geïnspireerde profetiese boek, beskryf God ’n groot valse godsdienstige stelsel wat sal verrys en bestempel dit as “die groot Babilon” (Openbaring 17:1-6).

Indien ons na Openbaring 17 blaai, sien ons dat die vrou wat hier uitgebeeld word, ’n gevalle vrou is – ’n “groot hoer”. Sy sit op die “baie waters”. In vers 15 identifiseer die profesie self hierdie waters as “volke en menigtes en nasies en tale”. Hierdie gevalle vrou is dus ’n groot kerk wat oor baie nasies en volke regeer. Sy word daarvan beskuldig dat sy “hoereer” met die konings van die aarde. Geestelik kan dit net beteken dat sy skuldig is aan inmenging in die politiek en die oorloë van hierdie wêreld.

Christus het gesê dat Sy koninkryk nie van hierdie wêreld is nie (Johannes 18:36). Jakobus praat van daardie mense wat deel het aan die materiële welluste en oorloë van hierdie wêreld as geestelike “egbrekers” (Jakobus 4:1-4). Die profesie word nou duidelik! Hierdie afvallige kerk word veroordeel omdat sy ’n rol in die politiek gespeel en deelgeneem het aan die oorloë van die wêreld.

Hierdie gevalle vrou of kerk is getooi in pers en skarlakenrooi kleure. Die pers simboliseer koninklike mag en waardigheid. Die rooi dui haar geestelike hoerery aan! Sy is ’nryk kerk, “versier met goud en kosbare stene en pêrels” (Openbaring 17:4). Johannes skryf ook: “En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien” (vers 6).

Hierdie kerk het baie van God se heiliges wreed vervolg en gemartel. Haar rykdom, haar mag en haar koninklike majesteit het egter selfs vir Johannes met ’n mate van ontsag geïnspireer! Later openbaar God: “Die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde” (vers 18).

Die profesie vervul

Al hierdie beskrywings is perfek van toepassing op die Rooms-Katolieke Kerk! Hierdie is die kerk wat God se verspreide mense deur die eeue heen vervolg het. Hierdie is die kerk wie se rykdom en materiële mag geen gelyke het nie. Hierdie is die kerk wat sy eie weermag het en wat reeds aktief deelgeneem het aan die oorloë en die politiek van hierdie wêreld!

Slegs die hoofstad van “Christendom” in Rome kan werklik ’n “groot stad” wat oor die konings van die wêreld geheers het, genoem word. Daar is geen twyfel oor hierdie identifikasie nie! Alexander Hislop skryf in sy merkwaardige boek, The Two Babylons: “Daar was nog nooit enige probleem by enige verligte Protestant om die vrou wat ‘op sewe berge sit’ en op wie se voorkop geskrywe is ‘Verborgenheid, die groot Babilon’ te identifiseer as Rome nie” (Hislop, bl. 1).

Hy sê aan ons: “Dit was nog altyd bekend dat die Pousdom slegs ’n gedoopte heidendom is; maar God maak dit nou bekend dat die heidendom wat Rome gedoop het, in al sy wesenlike elemente, dieselfde heidendom is wat geheers het toe Jehova in die letterlike antieke Babel die dubbeldeure van brons voor Kores oopgemaak en die stawe van yster stukkend gesny het” (ibid., bl. 2).

In hierdie uiters insiggewende werk bewys Hislop verder dat die Rooms-Katolieke kerk inderdaad die filosofieë, die tradisies en die kerklike feeste van die antieke heideneaangeneem het. Roomse Katolisisme is niks anders as ’n “gekerstende heidendom” nie!

Hislop skryf: “Rome is inderdaad die Babilon van Openbaring. Die wesenlike karakter van haar stelsel, die spoggerige wyse van haar aanbidding, haar feeste, haarleerstellings en tug, haar rituele en seremonies, haar priesterdom en hulle ordes, spruit alles voort uit die antieke Babilon” (ibid., bl. 3). Dit is geen wonder dat God hierdie stelsel “Verborgenheid, die groot Babilon!” noem nie. Die Rooms-Katolieke stelsel bevat presies dieselfde leerstellings, rituele en heidense godsdienstige vakansiedae as die van die antieke, heidense stad Babel – wat so dikwels gebruik word om sonde uit te beeld.

Sover het ons twee belangrike punte uitgelaat. Die eerste is dat in die beskrywing van hierdie groot valse kerk, Johannes sê: “... en die bewoners van die aarde het dronkgeword van die wyn van haar hoerery” (Openbaring 17:2). Hislop onthul dat die aanbidders letterlik dronk gemaak is in die oorspronklike Babiloniese godsdiens sodat hulle die heidense “geheimenisse” gunstig kon ontvang (Hislop, bl. 5). Dit is ’n aanduiding dat die aanbidders in Rome geestelik dronk gemaak is, sodat hulle nie die geestelike waarhede duidelik kon sien nie. God sê: “... omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery” (Openbaring 18:03).

Hierdie giftige leerstellings en valse konsepte het reeds elke beskaafde nasie op aarde binnegedring. Die mense van die aarde het geestelik dronk geword van hierdie valse leerstellings! Wanneer hulle nader aan die Bybel en die geestelike waarhede beweeg, raak hulle deurmekaarverward en verdeeld.

“Babel of Babilon” beteken letterlik verwarring. Dit is groot verwarring! Dit is tipies van wat ons gesien het by die Protestantse hervormers – argumente, gekibbel enverdeeldheid selfs onder mekaar. Dit beskryf die deurmekaar, self-weersprekende rigting wat Luther, Calvyn en die ander hervormers ingeslaan het. Die hervormers het eintlik teen slegs ’n klein gedeelte van die Rooms-Katolieke leerstellings in opstand gekom. Hulle was geestelik dronk en het nie geweet waarheen hulle wou gaan, of hoe om daar te kom nie, terwyl hulle steeds gelei en mislei is deur ’n agtergrond van Roomse leerstellings en konsepte wat verheidens is. Soos ons gesien het, het hulle nadat hulle uit die Rooms-Katolieke kerk gekom het, die meeste van die kerk se leerstellings en tradisies saam met hulle gebring!

Die Protestantse beweging geïdentifiseer

Ons behoort nou duidelik die volle naam en beskrywing van hierdie hele afvallige stelsel te kan verstaan! Dit word in Openbaring 17:5 gegee: “... en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde”.

Die korrupte Roomse “moeder”-kerk het geboorte geskenk aan hoerdogters! Indien die duidelike, konsekwente beginsels van die skriftuurlike identifikasie eerlik toegepas word, is die Protestantse kerke die “hoerdogters” van die heidense, afvallige Rome! Hulle het met protes uit haar gekom, maar soos ons egter duidelik gesien het, hulle hetdie meeste van haar heidense leerstellings en konsepte behou. Hulle volg nog steeds Rome se voorbeeld van inmenging in die politiek en oorloë van hierdie wêreld. Alhoewel Jesus Christus hierteen gewaarsku het, vervang hulle die gebooie van God met die “tradisies” van mense (Mattheüs 15:3-9). Ons het al oorvloedige Protestantsebewyse gesien dat hulle Rome as hulle “moeder” erken!

’n Protestantse geskiedkundige merk die volgende op oor Luther: “Hy het begin om ’n kerk te stig uit diegene wat geloof en geestelike visie het en wat ’n vermoë en krag openbaar het om die Woord van God te verkondig. In werklikheid het hy egter ’n groot oorblyfsel van die antieke geloofsbelydenisse, ’n uitgebreide ‘oorskot’ van bygelowe,tradisies en towery tesame met ’n groot erfenis van uiterlike gesag in volle werking gelaat” (Jones, The Church’s Debt to Heretics, bl. 228).

Dr. Jones gee duidelik te kenne dat die Protestante steeds baie heidense leerstellings en tradisies behou wat hulle van Rome geërf het. Ons het opgemerk dat sommige van hierdie valse tradisies die heidense vakansiedae insluit wat die vroeë Katolieke aangeneem en Christelik-klinkende name gegee het. Ons behoort hierdie dinge te ondersoek!

Die Protestantse kerke staan soos duidelik geïdentifiseer deur die Almagtige God bekend as die “hoerdogters” van afvallige Rome! Terwyl Hy van hierdie algehele Babiloniese stelsel praat beveel God: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Openbaring 18:4). Die vraag is of ons gehoorsaam sal wees aan ons Skepper of nie!

Wat beteken dit dus alles vir u lewe? Dit beteken dat indien God u verstand open vir Sy Waarheid en indien u aan uself bewys het dat die Bybel inderdaad diegeïnspireerde Woord van God is (2 Timótheüs 3:16), dan moet u gewillig wees om Jesus Christus se basiese opdrag te gehoorsaam. Jesus Christus sê: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4). Daar is slegs een Kerk op aarde wat hierdie opdrag met algehele respek behandel. Dit word genoem “die Kerk van God” – die geïnspireerde naam vir God se Kerk wat twaalf keer in die Nuwe Testament genoem word. Dit is daardie Kerk wat gewillig is om die vierde gebod van God te gehoorsaam en om die dag wat deur God “heilig gemaak is”, “heilig te hou” – die sewende-dag Sabbat (Exodus 31:15). Dit is daardie Kerk wat ook onderworpe genoeg is aan God om Sy sewe jaarlikse Sabbatte sowel as die weeklikse sewende-dag Sabbat te onderhou. Dit is die Kerk wat werklik bereid is om te groei “in die genade en kennis” en om te groei “tot die mate van die volle grootte van Christus” (Efesiërs 4:13). Dit is die Kerk wat gewillig is om die ware Werk van God te doen soos Jesus Christus ons beveel: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom” (Mattheüs 24:14).

Sal Protestantisme verdwyn?

Ja, Protestantisme sal ongetwyfeld binne die meeste van u wat hierdie artikel lees se leeftyd verdwyn! Wanneer u die duidelike verklarings lees wat aantoon dat die “herleefde” Romeinse Ryk feitlik die hele wêreld sal oorneem (Openbaring 18:3) en sy godsdiens sal afdwing op ander mense deur pyn of dood indien hulle sou teëstribbel (Openbaring 13:15), sal u gou sien dat geen lewensvatbare alternatiewe godsdiens sal bly bestaan in die westerse wêreld nie. Wanneer u as langtermyn-intekenaars van die Wêreld van Môre begin “sien” hoe die groot profetiese gebeure wat ons aan u beskryf het, werklik op groot skaal begin plaasvind – wanneer die hele “wêreld” rondom u toenemend gewelddadig, verward en mislei raak – mag God u dan help om te reageer op die Waarheid!

Indien u graag met ’n verteenwoordiger van die ware Kerk van God wil praat – wat hierdie Werk borg – laat ons dan van u hoor. Sê spesifiek dat u met een van ons verteenwoordigers kontak wil maak en gee aan ons u adres of telefoonnommer. Daar sal geen druk op u wees om by iets “aan te sluit” of om geld te gee vir enigiets of om iets soortgelyks te doen nie. Ons weet dat dit net God is wat mense “roep” om te verstaan en om te handel volgens Sy Waarheid. Enige sodanige kontak kan die belangrikste “keerpunt” in u hele lewe wees! Mag die Almagtige God aan u almal die begrip en ook die geloof en die moed gee om “uit” die moderne Babilon te kom. Mag u dan waarlik die Skepper dien en gehoorsaam wees aan die Een wat aan u lewe en asem skenk en wat nou besig is om kragtig in die wêreld se sake in te gryp.

Gelowe van verskillende denominasies
  Satan is werklik  Christus was sonder sonde
Adventiste 64% 37% 45%
Vergadering van God 77% 56% 70%
Baptiste (enige) 66% 34% 55%
Kerk van Christus 57% 36% 54%
Episkopaal 22% 20% 28%
Lutherse (enige) 34% 21% 33%
Metodiste (enige)  38% 18% 33%
Pinkster 81% 47% 73%
Presbiteriaans (enige) 40% 22% 45%

 

Persentasie Amerikaners in “hoofstroom” Protestantse denominasies
1967 51% 1988 42%
1969 50% 1992 43%
1974 51% 1993 41%
1975 46% 1994 43%
1976 47% 1995 40%
1978 42% 1996 39%
1980 41% 1997 40%
1983 43% 1998 38%
1984 41% 2000 42%
1985 40% 2001 36%
1986 38% 2002 38%
1987 40% 2008 18%