In die laat 1990’s het die Arbeidersregering onder leiding van mnr. Tony Blair, referendums gehou om sekere magte en verantwoordelikhede na verskeie gedeeltes van die Verenigde Koninkryk oor te dra. Die proses is genoem devolusie, wat in die Britse konteks verwys na die oordrag van sekere magte en verantwoordelikhede vanaf die sentrale regering in Westminster na streekregerings, soos dié in Skotland, Wallis en Noord-Ierland. Alhoewel die VK verenig is onder Londen as sy hoofstad, is dit nietemin ’n nasie wat geskiedkundig uit verskillende gedeeltes bestaan. Engeland en Wallis is sedert Tudor-tye in ’n staat van eenheid, wat saam die staat geskep het wat nou Brittanje genoem word.

Vereniging met Skotland in 1707 het ’n nuwe entiteit, naamlik Groot-Brittanje, geskep. Die “Groot” was nie ’n verklaring wat betref die vergrote nasie se krag of omvang in die wêreld nie, maar bloot ’n erkenning van sy groter grondgebied. Daarna vind ’n vereniging met Ierland in 1801 plaas, wat gelei het tot die skepping van die Verenigde Koninkryk en wat, nadat die verdeling in die 1920’s in werking getree het, afgeskaal is na die ses graafskappe van Noord-Ierland-Ulster.

Wat Tony Blair via daardie referendums aangebied het, was nie nuut nie. Selfregering is in 1914 aan Ierland toegestaan wat voortgesit is in Noord-Ierland, wat vanaf die 1920’s ’n eie regering gehad het, hoewel dit nogtans ’n deel van die VK was. Die Stormont in Belfast was ’n plaaslike parlement vir Noord-Ierland, wat magte met betrekking tot interne aangeleenthede behou het, terwyl nasionale kwessies soos verdediging of buitelandse sake stewig in Londen onder die beheer van die sentrale regering by Westminster gevestig was. Alhoewel devolusie in Noord-Ierland al dekades lank sy ritme gevind het, het dit ’n nuwe dinamiek geskep toe dit uitgebrei is na nuwe organisasies in Skotland en Wallis.

 

Die saad van ontevredenheid is gesaai

’n Goed gevestigde beginsel van bestuur leer ons dat eie aan enige oplossing vir ’n probleem, die saad vir die volgende probleem is. Dit gee Job se woorde weer dat “die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg” (Job 5:7). Dit was inderdaad die gevolg van devolusie.

Die Skotse Nasionale Party (SNP), het devolusie gebruik om nie net streek- en plaaslike bestuur in werking te stel nie, maar totále onafhanklikheid van die VK. Alhoewel Skotland in ’n referendum van 2014 die idee van onafhanklikheid verwerp het, beskou die meerderheid kiesers van die politieke party in Skotland – die Skotse Nasionale Party (SNP), die vestiging van onafhanklikheid vir Skotland as sy hoofdoel. Die SNP, wat vanaf Holyrood in Edinburgh werksaam is, het sy strewe na onafhanklikheid voortgesit, selfs terwyl kwessies van leierskap wat op eiebelang gefokus was, onstabiliteit in die party geskep het; In April 2024 is SNP-leier, Humza Yousaf, gedwing om te bedank ná net 14 maande in die amp.

Minister Yousaf het eerstens die belange van sy party, tweedens die behoeftes van sy regering en derdens die behoeftes van Skotland as sy redes aangevoer en het onder kritiek deurgeloop oor die volgorde waarin hy daardie prioriteite geplaas het. Baie mense voel inderdaad, dat streek- en partydige belange klaarblyklik voorrang geniet bo nasionale belange. Byna ’n soortgelyke situasie geld in die Stormont in Noord-Ierland, waar die funksie as ’n parlement belemmer word as gevolg van partydigheid en wantroue tussen die vakbondlede wat deel van die VK wil bly en die lede van Sinn Fein [’n politieke party] wat wil hê dat Noord-Ierland herenig met die Republiek van Ierland, met sy hoofstad Dublin, in die suide. Demografiese veranderings binne Noord-Ierland neig na ’n Sinn Fein-meerderheid in die staat.

 

Onenigheid in Engeland

Daar is ook nog ’n ander – dalk verrassende – bron van onenigheid wat besig is om te voorskyn te kom. Onlangse plaaslike verkiesings in Engeland het nóg ’n ander groep se belangstelling blootgelê. Die Arbeidersparty was tradisioneel die politieke keuse van die meeste van die VK se Joodse bevolking en is meer onlangs deur sy Moslem-bevolking bevoordeel (vir meer inligting oor Islamitiese invloed op die VK, lees gerus ons Mei-Junie 2025-artikel: “Die VK-immigrasiekrisis”).

Die Arbeiders-party, het ’n storm oorleef met betrekking tot persepsies dat sy voormalige leier Jeremy Corbyn, anti-Semities is. Die party het hard gewerk om van daardie beeld ontslae te raak en het Israel ondersteun in die nadraai van die Hamas-aanval op 7 Oktober 2023. Nadat stellings gemaak is deur twee plaaslike kandidate tydens tussenverkiesings wat as anti-Semities bestempel is en op band vasgelê is, het die huidige hoof van die Arbeidersparty, Keir Starmer, sy party van daardie stellings gedistansieer. Starmer se optrede het sy party egter in onguns gebring by sy Moslem-kiesers oor die situasie in Gasa. Die plaaslike verkiesings het nie die oorwinnings opgelewer wat die Arbeidersparty verwag het nie aangesien Moslem-kiesers die party verlaat het en kandidate gekies het wat die Palestynse saak goedgesind was.

Om die verdeeldheid nog verder te vererger het Moslem-aktiviste ’n lys van 18 punte uitgereik wat die Arbeidersparty sou moes aanvaar om hulle steun in ’n komende algemene verkiesing te kry (“Moslem-groep stel 18 eise vir Keir Starmer om kiesers wat as gevolg van Gasa verloor is, terug te wen”. The Independent, 7 Mei 2024). Dit sluit bepalings in wat Sharia-wetgewing ondersteun. Die linksgesinde joernaal New Statesman het ’n algemene aangeleentheid wat uit sulke ontwikkelings spruit uitbasuin onder die hoofopskrif “Sectarianism has returned to England” (11 Maart 2024). Die subopskrif lui: “The country’s silent majority is being outflanked by religious and political extremists”.

In sy uitstaande boek My Promised Land, kom die Israeliese joernalis Avi Shavit tot die gevolgtrekking dat sy nasie – hoewel ryk aan waardevolle individualisme – die eensgesinde begeerte verloor het wat Israel eens geken het. Terwyl geskryf is oor ’n land wat so ver as halfpad van die wêreld van die Verenigde Koninkryk verwyder is, is daardie waarneming só kenmerkend van die Westerse wêreld. Die VK word vandag oorweldigend voortgedryf deur individuele begeertes eerder as gesamentlike behoeftes.

Die lirieke wat by Elgar se bekende “Pomp and Circumstance March number 1” gevoeg is en wat by so baie gradeplegtighede gespeel word, gee aan ons insig. Hierdie lirieke wat geskryf is deur A.C. Benson sluit die frase in: “God, wat jou magtig gemaak het, maak jou nog magtiger”. Dit beklemtoon ’n sleutelelement van die verlies van gesamentlike doel. Daardie lirieke is geskryf tydens ’n era wat respek vir God gehad het en wat nie meer ’n plek in ons hedendaagse nasies het nie. Ons het deur onsself en ons eiebelang verteer geraak.

 

Vergete ideale

Die apostel Paulus het in ’n brief wat aan die Evangelis Timótheüs geskryf is, opgemerk dat aan die tyd van die einde, eie belang sal oorheers (2 Timótheüs 3:1-9). Paulus het opgeteken dat mense “meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God” sal wees (vers 4). Interessant genoeg is dit die geskiedenis van die mense van die VK oor die afgelope eeu. Selfs in Noord-Ierland, wat voorheen bekend was vir die welsprekendheid van Protestantse predikers soos Ian Paisley, is godsdiens nou verlore as die motivering van die Unioniste. In navolging van die voorbeeld van Brittanje en Skotland, is die soeke na die goeie lewe, hiér en nóu die dryfveer.

Voordat hulle die Jordaanrivier oorgesteek het om die Beloofde Land te beërf, is Moses geïnspireer om die kinders van Israel te waarsku teen ’n toestand wat vandag maklik op die VK toegepas kan word. Indien Israel God sou vergeet, net soos die VK God vergeet het, sal spesifieke strawwe oor sy mense kom (Deuteronómium 28:15-68). Hierdie strawwe sal toeneem totdat die nasie verdelg is. Israel was gewaarsku: “Die Here sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het” (vers 20).

Dit is die toestand waarin die VK homself deesdae bevind – verward en vervloek in alles wat hulle poog om te bereik. Geen wonder nie, aangesien die VK bestaan het uit mense wie se voorgeslagte verbind is aan die antieke koninkryk van Israel. Dit is nodig dat die VK ag slaan op die waarskuwings wat aan ons voorvaders gegee is indien dit ’n ware Verenigde Koninkryk wil bly.