Indien u eerlik na die feite kyk, is die meeste van ons voorheen belydende Westerse “Christelike nasies” vinnig besig om hulle te distansieer van byna elke oorblyfsel van Bybelse moraliteit.

NeeEk maak nie ’n grap nie! Die min mense wat nog in die Bybel glo, behoort daardie onweerlegbare feit raak te sien. God laat Hom nie bespot nie. Wanneer u as intekenare van die Wêreld van Môre lees of op u TV-nuus van die voortgesette ontbinding van die tradisionele gesinseenheid hoor, wanneer u al hoe meer miljoene jong mense sien wat “saamwoon” sonder die voordeel van ’n huwelik, wanneer u al hoe meer kinders sien grootword sonder albei ouers – of miskien met geen ouers nie, wanneer u ons finansiële krisis selfs sien versleg, wanneer u die onbestendige weerstoestande sien, die kragtige aardbewings en die verskriklike naderende siekte-epidemies, besef dan asseblief dat ons Skepper ons uitdruklik teen hierdie talle rampe gewaarsku het. Weereens, God laat Hom nie bespot nie!

Die apostel Paulus het oor die sogenaamde geleerde en vooraanstaande mense van sy tyd geskryf: “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword” (Romeine 1:22).

Paulus is deur die Almagtige God geïnspireer om verder te skryf: “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie” (verse 26-28). Nee, die opstandige vleeslike mensdom hou niedaarvan om God in gedagte te hou nie. Die ware God – die God van die Bybel – skyn egter Sy “lig” van Waarheid en geregtigheid op diegene wat gewillig is om na Hom te luister. Soos Jesus egter gesê het, “... die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos” (Johannes 3:19).

God het ook die apostel Paulus geïnspireer om die normale, “vleeslike denke” van die meeste mense te beskryf: “Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedinkvyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie” (Romeine 8:6-7). Let op na die “sleutel”-kwessie! Die denke van die meeste mense is in “vyandskap” met God. Waarom? “Want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie”.

Opstand teen vryheid

Rebelse mense hou nie van ’n God wat hulle beveel wat om te doen nie! Dus word hulle – dalk onwetend – deur Satan die duiwel beïnvloed om in “vyandskap” te wees met hulle eie Skepper en Sy regverdige wet – wat in Sy woord beskryf word as die “... wet van vryheid” (Jakobus 2:12).

Die Almagtige God het, toe Hy met ons voorvaders gepraat het, diegene wat aan Hom ongehoorsaam is gewaarsku: “Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet” (Levitikus 26:16).

Soos ons al verskeie kere uitgewys het kan die Hebreeuse woord vir “verskrikking” beslis die betekenis dra van “terreur, dus terrorisme” – die heel eerstewaarskuwingsteken wat God op 11 September 2001 aan ons Westerse nasies gegee het! Later in dieslfde Skrifdeel sê God: “En as julle dan nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig. En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper. En julle krag sal tevergeefs verbruik word” (verse 18-20).

Terwyl u almal die agteruitgang van die Amerikaners en nasies van Britse afkoms dophouword asseblief wakker! Verstaan dat namate die voorspelde “terrorisme” toeneem, namate “verterende siektes” soos VIGS en kanker ons mense al hoe meer vernietig en namate ons nasionale mag en prestige aanhou om afwaarts te tuimel, bly die grote God – die God van die Bybel – leef! Indien ons die Bybel “uitwis” uit ons eie verstand – indien ons nie tot opregte individuele en nasionale bekering kom nie – dan sal die God van die Bybel ons God-verwerpende, opstandige en uitermate sedelose samelewings uitwis!

God het ons volke tog gewaarsku teen die verskriklike gevolge van opstand teen hulle Skepper en Sy opdragte, onder andere: “Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jý sal laer en laer afsak. Hý sal aan jou leen, maar jý sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees” (Deuteronomium 28:43-44).

Tugtiging en verandering vorentoe!

Word asseblief wakker! Dit is werklik. Dit begin nou u lewe en die lewens van u vriende, kinders en kleinkinders beïnvloed.

Namate die vleeslike mensdom probeer om die Bybel “uit te wis” en om die diepe respek wat die mensdom vir God en Sy geïnspireerde Woord behoort te hê te vernietig, sal die ware God ons hele opstandige samelewing “tugtig”. Hy sal binnekort die God-verlatende en Godverlate samelewing vervang met die Koninkryk van God! Die geïnspireerde apostel Petrus het gesê dat die grote God binnekort “... Hom ... stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete” (Handelinge 3:20-21). ’n Algehele nuwe samelewing sal tot stand kom met die wederkoms van Jesus Christus as Koning van die konings, om te heers oor die nasies hier op hierdie aarde(Openbaring 5:10).

Die Tien Gebooie sal die werklik grondliggende beginsels word vir die volmaakte regering onder Jesus Christus. Mense sal leer om diepe agting en eerbied vir hulle ouers te hê – dit is die vyfde gebod. Hulle sal nie owerspel pleeg of die normale gesin op enige wyse deur perversie of ander maniere opbreek nie. Gesinne sal sterk wees en ouers sal hulle kinders leer om die weë van God lief te hê, hoe om God lief te hê en hoe om ander mense wat na die beeld van God geskape is lief te hê. Die mensdom sal dan waarlik verstaan dat Jesus Christus dit regtig bedoel het toe Hy gesê het: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4).

Opstandige mense mag probeer om God se Woord uit te wis, maar hulle sal uiteindelik misluk! In plaas daarvan sal die Almagtige God alle menslike samelewings en nasies wat Hom teenstaan, uitwis. Hulle wat Sy gebooie “verag” en wat selfs nou oor miljoene mense ’n ongelooflike mate van wanhoop, lyding en oënskynlike hopeloosheid bring.

Christus en die Bybel geregverdig!

Waar die toekomstige en werklike Koninkryk of Regering van God onder Jesus Christus beskryf word, sê u Bybel: “Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel ... Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien. Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie. Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red. Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë” (Psalm 72:4-14).

Is u besig om voor te berei vir daardie wonderlike tyd waaroor daar geprofeteer is? Bestudeer u u Bybel? Indien u graag persoonlik die God van die Bybel werklik wil ken en Sy ware seëninge en beskerming wil hê in die tye wat voorlê, versoek ek u om nou op te tree! Het u al ingeskryf vir ons absoluut gratis Wêreld van Môre Bybelstudiekursus? Indien nie, moedig ek u aan om dit te doen. Beywer u om gereed te wees vir die dag van Christus se wederkoms en mag God daardie dag bespoedig!