Die meeste mense verwerp die kommersialisering, die heidense invloed en die onmoontlikheid van ’n geboorte van Christus op 25 Desember en hulself regverdig dit met slagspreuke soos “Sit Christus terug in Kersfees”. Hoeveel belydende Christene sal egter gemaklik voel om Kersfees te vier indien hulle verstaan dat hulle nie Christus in Kersfees kán terugsit nie omdat Kersfees Satanies is?

Dit is glad nie ’n nuwe begrip nie, maar die kerke van die wêreld verberg of ignoreer hierdie waarheid. The Catholic Encyclopedia maak dit baie duidelik dat “Kersfees nie een van die vroegste feeste van die Kerk was nie. Kersfees verskyn glad nie op die lys van feeste wat Irenaeus en Tertullianus opgestel het nie” (“Christmas,” NewAdvent.org, verkry 4 Oktober 2022). Kersfees was selfs kortstondig in Massachusetts in 1659 en gedurende die 1600’s in Engeland verbied as on-Bybels.

Baie mense verstaan dat die Romeinse Saturnalia waarop Kersfees gegrond is al lank vóór Kersfees gevier was. Tertullianus, wat as 'n vroeë Katolieke kerkvader beskou was, het geskryf dat tydens die Saturnalia, geskenke uitgeruil is en “elke prag en praal van die duiwel word herhaal” (“On Idolatry (Tertullianus)”).

Die Saturnalia was bloot ’n aanwending van iets van vroeër – die Persiese Mithraïsme. In Mithraïsme het die mid-winterfeeste begin met aanbidding van Zurvan en die vierings het op 24 Desember geëindig. Die vierings het dan oorgegaan om die wedergebore Zurvan te aanbid as die pasgebore Mithras, wat gebore is op 25 Desember en wie die son ná die wintersonstilstand teruggebring het (vergelyk M.J. Vermaseren, Mithras, the Secret God, 1963).

Die Romeine het Mithraïsme gretiglik aangeneem in die vorm van die Saturnalia. Saturnus, soos hy bekendgestaan het, onder die naam wat deur die Romeinse wêreld bekend gemaak is, was in werklikheid die antieke Persiese god Mithra, die wedergebore Zurvan. Soos in die Catholic Encyclopedia opgeteken is, het keiser Diocletianus ’n tempel vir Mithra in Carnuntum gebou en “25 Desember is onderhou as sy verjaardag, die natalis invicti, die wedergeboorte van die winterson” (“Mithraïsme”).

Die heidense god Zurvan is uitgebeeld as ’n gevleuelde wese – deels mens en deels leeu. Ons sien dus dat Zurvan engelagtige en gérubagtige kenmerke uitbeeld (2 Kronieke 3:13; Eségiël 10:14). Verder was Zurvan tipies vergesel van slange wat om sy bene, arms of lyf gedraai is (Franz Cumont, The Mysteries of Mithra, 1903, bl. 93). Die Skrif maak dit duidelik dat Satan ’n gevalle gérub is (Eségiël 28:14-16) en met die slang geassosieer word (Génesis 3:1-14; Openbaring 20:2).

’n Regverdige engel sal nie toelaat dat hyself aanbid word nie (Openbaring 19:10; 22:9). Openbaring 9:20 waarsku dat afgodedienaars in der waarheid, demone aanbid. Dit is duidelik dat die gérub wat aanbidding vereis tydens die wintersonstilstand is glad nie ’n regverdige engel nie. Of hy homself Zurvan, Saturnus of enige ander naam noem, hierdie godheid is ’n verteenwoordiger vir niemand anders nie as die gevalle gérub met die naam Satan.

 

Christenskap, nie Kersfees nie

Selfs die Romeinse Saturnalia en Persiese Mithraïsme was oorblyfsels van ’n nóg vroeër misteriegodsdiens – die Babiloniese misterie-kultus. Die antieke Babiloniërs het die wedergebore Nimrod as die pasgebore Tammuz verheerlik deur ’n immergroen boom te aanbid – nou die gewone Kersboom. Die Babiloniërs het ook hierdie wedergeboorte tydens die wintersonstilstand gevier. Jeremia veroordeel antieke Israel vir die nabootsing van hierdie verskriklike heidense praktyk en beskryf selfs spesifiek die versierde boom in Jeremia 10.

Ongeag die goeie herinnerings en of “almal dit doen”, ’n ware Christen sál Kersfees verwerp omdat Christus volstrek weier om enige deel aan afgodery te hê (2 Korinthiërs 6:15-16). Christus was nooit deel van Kersfees nie en Hy sal nie daarin “teruggesit” wil word nie.

God beveel ons om heidense weë te verwerp (Jeremia 10:2), en openbaar dat heidense vierings vir Hom gruwels is (Jeremia 10:3-4; Eségiël 8:13-14) en maak dit duidelik dat ons nie mag verander aan dit wat deur Christus en die Apostels aan ons geleer is nie (2 Thessalonicense 2:15). Om hierdie waarheid te verstaan, sal ’n ware Christen dit nie eers oorweeg om Kersfees te vier nie en sal besef dat hierdie vierings van die wintersonstilstand inderdaad Satan se vierings is.

Om meer te wete te kom, kyk na die kragtige Tomorrow’s World se TV-uitsendings, “Christmas: The Missing Message” en “Insight into Christmas” of lees die insiggewende artikel “Moet Christene Kersfees hou?” Dit alles kan maklik aanlyn verkry word by www.wvm.co.za.