Vraag: God sê aan Sy volk om navolging van heidense praktyke te vermy. Ek sien egter die meeste belydende Christene beskryf hulle denominasies en die geboue waar hulle aanbid, as “kerke”. Aangesien “Circe” (Grieks Kirke, beteken “valk”) die naam is van ’n Griekse godin, hoe kan dit geassosieer word met Christelike aanbidding?

Antwoord: Wie was Circe? In verskeie verhale in die Griekse mitologie, was sy “’n towenares, die dogter van Helios, die songod, en die seenimf Perse” (EncyclopaediaBritannica, “Circe”). Sy het veral bekend geraak deur haar verskyning in Homer se The Odyssey, maar andersins is Circe ’n relatief onbenullige mitologiese figuur.

Circe se verbintenis met die “songod” het daartoe gelei dat ’n paar mense die Engelse woord “Church” en die voorgeskiedenis daarvan verbind het met haar naam as nog ’n voorbeeld van hoe heidense sonaanbidding “hoofstroom Christendom” binnegedring het. Behalwe vir die toevallige ooreenkoms in spelling tussen Circe se naam en die voorgeskiedenis van “kerk” op verskillende tye, bestaan daar tog geen bewyse van ’n konneksie nie. Dit is nie soos die goed-gedokumenteerde konneksie tussen die Anglo-Saksiese vrugbaarheidsgodin Oestre (die godsdienstige ekwivalent van die Midde-Oosterse godinne Astarte en Ishtar), en die naam Easter [Paasfees] nie. Dáár kan mens die historiese en ten minste ook sommige van die taalkundige konneksies naspoor. Daar bestaan geen konneksie tussen “Circe” en “kerk” nie.

Dit is waar dat “kerk” [church] teruggevoer kan word na ’n Oud Engelse woord wat soms circe gespel word (in sommige historiese bronne word dit cirice gespel). Enige van die beter woordeboeke met etimologiese verwysings sal hierdie inligting in sy geheel of gedeeltelik aangee. Sommige mense maak dan tog ’n aanname wat die woordeboeke nie doen nie: Hulle verbind die Oud Engels van cir(i)ce met die Circe of Kirke van klassieke mitologie.

Met behulp van verskeie verwysings oor die onderwerp (The Oxford Unabridged DictionaryThe American Heritage Dictionary, en The Merriam-Webster’s CollegiateDictionary), kan ons die spoor volg van die ontwikkeling van die woord “kerk” of “church” en die ooreenkomste daarvan in ander tale. Die finale bron is waarskynlik die vroeë Christelike Griekse frase kyri(a)kon (doma), “die Here se (huis)”. Die Griekse kyriakon (letterlik “van die Here”) was gebruik vir huise van Christelike aanbidding sedert ongeveer 300 n.C., veral in die Ooste, hoewel dit minder algemeen was in hierdie sin as ekklesia of basilike. Hierdie woord is ’n voorbeeld van direkte Grieks-tot-Germaanse ontlening van Christelike woorde deur die Gote, en was waarskynlik gebruik deur die Wes-Germaanse volke in die voor-Christelike tydperk. Die woord was ook geleen deur Slawies vanaf Germaans (vgl. Oud Slawies criky, Russies cerkov). Romaanse en Keltiese tale gebruik variante van die Latynse vorm ecclesia, wat in die Latynse Vulgaat-weergawe te vinde is.

Aangesien Engels ’n Germaanse taal is, is dit nie verbasend dat kyriakon direk uit die Grieks via Germaans oorgedra is nie. Dit was in Engels gebruik voor 900 n.C. In Oud Engels verskyn dit as cir(i)ce; in Middel-Engels as chir(i)che; en in Moderne Engels as church (daar was ’n parallelle mutasie van klinkers in wat die Engelse woord bury[begrawe] geword het). Church is dus soortgelyk aan die Nederlandse kerk, die Duitse Kirche, die Oud Noors kirkja, en die Skotse kirk. Hulle kom almal van Grieks via Germaans. Hierdie woorde (soos hul oorspronklike Griekse bron) beteken egter almal die plek waar byeengekom word, eerder as die byeenkoms self, soos die Bybelse ekklesiabeteken. William Tyndale se Nuwe Testament gebruik “robbers of churches” net in Handelinge 19:37 en dan slegs in verwysing na diegene wat heiligskennis pleeg teen heidense tempels (die Griekse woord vertaal as “robbers of churches” is die meervoud van hierosulos). Hy vertaal ekklesia deurgaans as “gemeente”, ongeag die konteks.

Gegewe hoe kyriakon ontwikkel het tot church en die ooreenstemmings daarvan in ander tale, is dit onvermydelik dat daar ’n toevallige ooreenstemming met Circe of Kirkesou kon ontstaan in terme van spelling. Dit verg egter meer as toeval om die woord “church” af te lei van ’n minder belangrike figuur in die Griekse mitologie, of dit nou gekoppel is aan ’n belangrike mitologiese songod of nie. So ’n hipotetiese verbinding is sonder konkrete ondersteuning, en druis in teen ander vorms van werklike bewyse. God beveel nêrens die gebruik van ’n spesifieke taal aan as heilig vir sy volk vandag nie, nog minder verbied Hy die gebruik van die “omgangstaal” om uitdrukking te gee aan konsepte soos ekklesiakyriakon, of selfs die name van God self.