Diep binne-in u kop, bedek deur ’n flap van kraakbeen en vel is wat ons die oor noem, is ’n navigasiestelsel. Dit verduidelik dalk nie aan u hoe om by ’n kruidenierswinkel in Pretoria of Kaapstad uit te kom nie, maar dit gee u wel die persepsie van u posisie met betrekking tot waar bo en waar onder is. U brein se waarneming van posisie en beweging word in werklikheid bewerkstellig deur verskeie stelsels, met inbegrip van horisontale bewustheid deur die oë, strekking wat op senuwees van bindweefsel en gewrigte uitgeoefen word en selfs aanraking en drukking op die vel. Ons interne navigasiestelsel, wat in die uitvoering van elke prestasie, vaardigheid en fisiese aktiwiteit vertoon word, voorsien ons gesonde liggame van buitengewone balans en posisionele bewustheid. Of dit nou deur die professionele atleet of deur die daaglikse funksies van die gewone lewe vertoon word, mense is inderdaad ontwerp om te weet “wat aangaan”.

 

’n Delikate balanseringswet

Spesifiek geskep om verskillende tipes rotasiebewegings te bespeur, is daar unieke halfsirkel-vormige kanale, elk minder as 25mm in deursnee, wat deel vorm van die vestibulêre stelsel. Hierdie kanale herinner aan tonneltjies wat deur ’n wurm gelaat word wanneer hulle deur ’n appel vreet, lê diep binne die been van u skedel en is gevul met ’n dik, helder vloeistof genaamd endolimf, wat in die kopholtes rondskommel. Binne ’n gedeelte van die halfsirkelvormige kanale wat die ampulla genoem word, reageer haaragtige struktuurtjies met beweging soos gras wat in ’n briesie heen en weer wieg.

Hierdie haartjies is gesetel in ’n spesiale senuwee wat die vestibulocochleêre senuwee genoem word wat spesifiek ’n roete volg om seine te herlei na die breinstam, waar die inligting presies na die “korrekte” areas van die brein oorgedra word. Hierdie ander areas van die brein integreer die inkomende inligting oor liggaamlike posisie en beweging met betrekking tot aspekte soos spierbeheer van die liggaam en oë, aanpassings in sirkulasie en asemhaling, beskermende reflekse en selfs emosies en bewuste denke om keuses te maak en besluite te neem. Hierdie goed-ontwerpte vloei van inligting en kommunikasie wat plaasvind wanneer ons selfs in die bed omdraai, is werklik ontsagwekkend inspirerend!

Drie verskillende halfsirkelvormige kanale lê op drie verskillende vlakke, reghoekig met mekaar, wat ons in staat stel om beweging in ons drie-dimensionele wêreld waar te neem. Wat die plasing van hierdie strukture verder bemoeilik, is hoe hulle sorgvuldig elke beweging oriënteer tussen die linker- en regterkant van die skedel. Die brein maak sin van die kinkels en draaie van ’n olimpiese gimnas of selfs ’n kleuter se vloermoer – in sommige gevalle deur outomaties seine wat van teenoorgestelde kanale inkom, uit te doof. Die meeste van ons het al in ’n sirkel op ’n vertikale as gestaan en getol en die persepsie van beweging hier sou een halfsirkelvormige kanaal behels. ’n Ander kanaal stel ’n mens in staat om ’n perfekte wawiel met vaardigheid uit te voer, alles meubels te versteur sonder om die. Ten slotte laat die derde halfsirkelvormige kanaal ’n persoon toe om ’n vorentoe of agtertoe beweging te maak soos om bollemakiesie te slaan – of, vir diegene wat minder atleties georiënteerd is, om eenvoudig net instemmend te knik in ooreenkoms met hierdie artikel sonder om onsself te disoriënteer.

Interessant genoeg, die plasing van die halfsirkelvormige kanale in die skedel laat hulle toe om die inligting wat daardeur oorgedra word met visuele inligting van die oë te integreer. Die menslike brein is voortdurend besig om inligting uit hierdie kanale te integreer met wat die oë sien. Soos wat die missiel waarnemingsmeganisme vasgenael is op ’n teiken, laat ons brein ons toe om ’n fokuspunt met die oë te volg en te behou. Die menslike brein, soos ’n massiewe vlugbeheertoring, monitor tallose posisie- en bewegingsinligting wat van regoor die liggaam inkom en is voortdurend besig om sy verskillende bronne te rekonsilieer om ’n akkurate beeld van die liggaamshouding, posisie en beweging te skep.

Die presiese afduik van ’n wêreldklas duiker wat vreesloos tol en draai, is ’n fantastiese toets van die grense van die vestibulêre sisteem. Hierdie sintuie vir navigasie kan egter selfs gebruik word deur vlieëniers van ’n vliegtuig wat deur die lug voortspoed. Selfs te midde van die komplekse tegnologie wat vandag in moderne vliegtuie beskikbaar is, gebruik kleiner, nie-kommersiële vliegtuie steeds sig-gebaseerde vliegmetodes, aangesien hulle vlieëniers landmerke, berge, paaie en riviere volg en leiding van die binne-oor vestibulêre stelsel gebruik om die vliegtuig behoorlik georiënteerd te hou.

 

Geestelike vlugbeheer

Ongeag hoe kundig God ons gemaak het, is daar nogtans perke aan ons fisiese liggame. Ons vestibulêre stelsel en selfs ons verstand en hart kan ons in die steek laat om ons deur die lewe se storms te lei. Die psalmis sê: “Al beswyk my vlees en my hart” (Psalm 73:26). Let op dat hy nie sê sy vlees en hart kan faal nie – dit is ’n uitgemaakte saak dat sy vlees en hart hom wel in die steek kan laat. Ons het ’n naïewe vertroue in ons eie sienings wanneer ons jonk is, maar die skade asook die foute van die lewe help ons om ons eie feilbaarheid raak te sien. So goed ontwerp soos wat ons is, kan ons onder druk en spanning, ons oordeel en selfs ons waarneming van die werklikheid verdraai

Net soos wanneer ’n vlieënier sonder instrumente en met beperkte sigbaarheid vlieg, kan vestibulêre sintuiglike illusies soms die veiligheid van vlieënier en passasiers bedreig. Die “graveyard spin” is só ’n gevaar. In hierdie dodelike illusie registreer ’n draai van die vliegtuig eers in die halfsirkelvormige kanale van die binne-oor. Soos wat die endolimf dan ophou om rond te “spoel” in daardie kanale, hou die seine van beweging op en wanneer die vlieënier ’n teenoorgestelde rigtingsroer aanwend om die wenteling van die vliegtuig te stop, veroorsaak die skielike stilstand beweging in die endolimf, wat die illusie van ’n wenteling skep wat in die teenoorgestelde rigting plaasvind. In swak sigbaarheid is dit waar ’n dodelike fout kan voorkom – ’n vlieënier wat die rigtingsroer aanwend om die waargenome wenteling te stop, kan veroorsaak dat die vliegtuig per ongeluk weer in sy aanvanklike wenteling ingaan. Ononderbroke oor-kompensasie veroorsaak ’n toenemend hewiger onbeheerbare wenteling wat die tempo van neerdaling na die grond versnel. Volgens CBS News is dit waarskynlik wat op 28 Desember 2019 in Lafayette, Louisiana plaasgevind het. Kort nadat die vliegtuig opgestyg het, het die vlieënier, swak sigbaarheid in die gesig gestaar vanweë slegte weerstoestande. Hy het oor-korrigeer en in ’n onbeheerste wenteling ingegaan en uiteindelik het die vliegtuig op die grond neergestort. Aan boord was ses passasiers, met inbegrip van ’n moeder en haar tienerseun, wat na ’n sokkerwedstryd van sy universiteit op pad was. Die tragiese ongeluk het net een oorlewende gehad.

Soms word ons gekonfronteer met storms van onsekerheid waarin ons oorlewing heeltemal uit ons hande is. Dit is in hierdie oomblikke dat ons moet vertrou op wat seker en onwankelbaar is. Die psalmis beantwoord sy eie onsekerheid deur te vertrou op wat seker is: “... my vlees en my hart – God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.” God is ’n onfeilbare Rots deur wie ons ons lewe kan oriënteer. Een van Sy seker en onwankelbare elemente is die Wet wat Hy aan ons openbaar: “Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige” (Psalm 19:8). God se insettinge dui vir ons ’n weg aan wat gevul is met blywende vreugde – die weg wat Sy uitverkorenes vir ewig sal bewandel.

Ons kan nie altyd op ons eie instinkte staatmaak in plaas daarvan om op ons instrumente te vertrou nie. Trouens, ons kan nie eens met behulp van die wonderlike halfsirkelvormige kanale vlieg wat in die benige areas in ons ore ontwerp is nie. Wanneer ons wêreld onvermydelik omvêrgewerp word en ons vlees en hart ons in die steek laat, kan ons terugkeer na wat seker en onwankelbaar – God en Sy Wette. Dit mag lyk asof ons besig is om ’n wêreld in ’n “graveyard spin” te aanskou. Vir ’n nuwe siening oor die instrumente wat elke mens na ’n veilige en stabiele lewenswandel kan lei, vra ’n gratis kopie van ons boekie Die Tien Gebooie aan of lees dit aanlyn by www.wvm.co.za.