Daar is ’n rede waarom u geen “Wookiees” daar buite sal vind nie. (“Wookiees”: Fiktiewe, aapagtige wesens in die fliek Starwars)

Die Star Wars-reeks van flieks – in teaters vertoon sedert 1977 – wat die lys van topverkopers gehaal het, het die toeskouers opgewonde gehad met wat nou genoem word Episode IV. Die rolprent bevat die ikoniese “cantina-toneel”, wat ’n gunsteling onder Star Wars-liefhebbers is. In hierdie toneel is daar talle wesens uit ’n verre sterrestelsel wat sosiaal met mekaar verkeer en hulle bisarre, dikwels afstootlike vorms wat hulle aanneem ooreis die verbeelding. Waarom sien ons nie sulke abnormale wesens soos hierdie in die werklike lewe nie?

Die heelal bevat beslis ’n enorme hoeveelheid sterrestelsels. Tog, sover vasgestel kon word deur die nuutste teleskope en die mensdom se pogings om ons eie sonnestelsel te verken, is die uitgestrektheid van die buitenste ruimte onherbergsaam vir lewe. Die aarde is ’n pragtige juweel in die ruimte, met net die regte hoeveelheid atmosfeer, water, landmassa en gematigde sones om dit bewoonbaar te maak vir die mensdom en vir diere, insekte en plantelewe. Terwyl daar beslis fantastiese wesens in hierdie fisiese skepping is, bestaan die verskillende variasies van lewe met intelligensie op menslike vlak, wat gewild gemaak is deur fantasie en wetenskapfiksie, eenvoudig nie.

Die mensdom bestaan in verskillende kleure, vorms en groottes, maar elke etniese groepe en ras is onmiskenbaar menslik in sy vorm. Die Bybelse verslag van die skepping onthul waarop hierdie vorm gebaseer is: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Génesis 1:26-27).

Uit een bloed

Ons menslike vorm is soos ons Skepper se vorm, dit wil sê ons is soos God, nie God is soos ons nie. Jesus het dit aan Sy Dissipels verduidelik toe Hy gesê het: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien” (Johannes 14:9). Christus is soos die Vader in vorm en karakter.

Die apostel Paulus het dit baie duidelik gemaak toe hy verduidelik het: “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon ... As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie” (Handelinge 17:26-29).

Wanneer ons ons oorsprong as menslike wesens verstaan en waarheen ons op pad is in die plan wat ons hemelse Vader vir die mensdom het, verdwyn die wydverspreide mistigheid van verwarring en openbaar die doel vir menslike lewe. Daar is geen gronde vir rassevooroordeel nie. Paulus het uitdruklik gesê dat “daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Sceith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal” (Kolossense 3:11).

Vir een bestemming

Hierdie begrip openbaar waarom Star Wars se biologie nie soos die werklike biologie lyk nie: God het spesifiek intelligente lewe ontwerp – werklike intelligente lewe – om soos Hy te wees. Die vele en uiteenlopende wedlope van fantasie en wetenskapfiksie kan maklik ’n mens se kop laat draai. Daarteenoor is God se ontwerp van die uitsonderlike menslike ras so volmaak in sy eenvoud dat daar slegs verwarring kan heers wanneer ons onsself onbeholpe verkeerdelik vertolk.

Wanneer mens byvoorbeeld die Skepper erken, is daar geen verwarring oor geslag nie, want “man en vrou het Hy hulle geskape”. Die Bybel maak dit duidelik dat alle pogings om hierdie eenvoudige feit van biologie te verwar, God nie behaag nie. Die begrip “geslags-vloeibaarheid” moedig die verkeerde gebruik van die vorm wat na Sy beeld gemaak is aan en sal nie in Sy Koninkryk toegelaat word nie (vgl. Romeine 1:20-24; Openbaring 21:8; 22:15).

God het egter beplan dat ons nie net Sy ewebeeld sou deel nie, maar ook Sy natuur. Paulus het hierdie belangrike punt aan die Christene van sy dag verduidelik: “Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort” (1 Korinthiërs 6:19-20).

Om soos God te word, nie net in gedaante nie, maar ook in ons gees en karakter, is ’n bestemming wat so min mense hulle regtig kan indink – maar dit is nietemin ons Skepper se ware en glorieryke doel vir ons.

Ons gratis boekie U uiteindelike Lotsbestemming gee wonderlike besonderhede oor u toekoms in God se plan vir die mensdom. U kan dit aanlyn lees by wvm.co.za of u gratis eksemplaar bestel by ons streekkantoor naaste aan u.